TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Gesondheid
Moeder- en Vrouegesondheid
Voorkoming en Behandeling van Fetale-Alkoholsindroom
Voorkoming en Behandeling van Fetale-Alkoholsindroom
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Fetale-alkoholsindroom of FAS is die algemeenste voorkombare vorm van intellektuele gestremdheid in die wêreld, en tog is dit 'n ernstige openbaregesondheidsprobleem in die Wes-Kaap.
FAS beskryf kinders wat groeivertraging en fisiese abnormaliteite en afwykings van die sentrale senustelsel vertoon as gevolg van blootstelling aan alkohol terwyl hulle moeders hulle verwag het. Alkohol kan onomkeerbare skade aan die ontwikkelende fetus veroorsaak.
Die Voorkoming van Foetale Alkoholsindroom
Behandeling
Risikofaktore
Hoe om die diens te bekom
Nuttige kontakte
DIE VOORKOMING VAN FOETALE ALKOHOLSINDROOM
Die diens is tweeledig. Eerstens beoog dit om FAS te voorkom deur opvoeding, inligting en voorligting aan moeders omtrent die gevare van drank terwyl hulle swanger is.
BEHANDELING
Tweedens beoog dit om geaffekteerde kinders te diagnoseer en te behandel. Afgesien van fisiese abnormaliteite kan kinders met FAS ook neurologiese, gedrags- en leerprobleme hê. Programme word tans ontwikkel om hoërisiko-moeders te identifiseer en by te staan en om kinders met FAS so vroeg moontlik te diagnoseer. Alhoewel baie van hierdie kinders leerprobleme ervaar, word programme met betrekking tot stimulering en hantering ontwikkel om ouers en versorgers by te staan. Indien 'n ouer/versorger of opvoeder bekommerd is oor 'n kind, kan die kind na die naaste kliniek geneem word waarvandaan die kind na die geskikste diens verwys sal word vir verdere assessering
RISIKOFAKTORE
Risikofaktore wat met FAS geassosieer word, sluit die volgende in :
Enige alkohol wat deur 'n swanger moeder ingeneem word: Dit is nie veilig om enige alkohol tydens swangerskap te gebruik nie!
Die tydstip gedurende swangerskap waarop alkohol gedrink word.
Bykomende middelmisbruik.
Hoe ouer die swanger moeder is wat alkohol gebruik, des te hoër die risiko vir die fetus.
Indien die moeder aanhou drink, raak die gevolge wat alkohol vir die ontwikkelende fetus inhou, erger met elke daaropvolgende swangerskap.
Genetiese faktore: die genetiese samestelling van die moeder en/of fetus kan hulle beskerm teen die uitwerking van alkohol, of hulle juis kwesbaar maak.
Die gesondheid en voedingstatus van die moeder.
Armoede.
Die lae opvoedingspeil van die moeder.
Die aanwesigheid van 'n drinkmaat.
VOORSKRIFTE:
HOE OM DIE DIENS TE BEKOM
U kan hierdie diens by primêregesondheidsorgklinieke, voorgeboortelike klinieke of by sekondêre en tersiêre hospitale kry indien u verder verwys word.
As u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart. Indien u bekommerd is oor u alkoholinname of vrae aan die gesondheidswerker wil vra, doen dit gerus.
NUTTIGE KONTAKTE
Verskeie privaat organisasies kan ook help met fetale-alkoholsindroom:
Organisasie
Tel
Faks
Webwerf
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Nageboortesorg (Diens)
Menslike Genetiese Dienste (Geboortedefekte) (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 Oktober 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
