TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Gesondheid
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Anti-retrovirale is medisyne wat gebruik word om mense te behandel wat MIV(Menslike Immuniteitsgebrek Virus) positief is.
Voorkoming en bewustheid
MIV of die Menslike Immuniteitsgebrek Virus , veroorsaak MIV infeksie. Waneer 'n persoon geïnfekteer is met die virus is dit vir die res van hul lewe. MIV veroorsaak op die lang temyn Vigs (Verworwe Immuniteits Gebrek Sindroom). Vigs mag slegs ontwikkel na jare se infeksie met MIV.
Die MIV word oorgedra van persoon tot persoon deur liggaamsvloeistowwe. Die mees moontlikste manier om met die virus geinfekteer te word is om aan 'n MIV positiewe persoon se seksuele vloeistowwe blootgestel te word gedurende seksuele omgang. Een in elke ses persone in Suid Afrika is MIV positief. 'n Persoon hoef nie baie seksmaats te hê of gereeld seks te beoefen om met MIV geïnfekteer te word nie.
MIV kan ook oorgedra word deur bloed of deur 'n geïnfekteerde moeder na haar baba tydens swangerskap, geboorte of borsvoeding. Dit kan nie oorgedra word deur soen, deur die deel van eetgerei of deur dieselfde toilet te gebruik nie.
VOORKOMING EN BEWUSTHEID
Voorkoming en bewustheid bly die hoeksteen van die Departement van Gesondheid se benadering tot die behandeling van MIV/Vigs. Dit berus op drie sleutelbeginsels: onthouding van seks, wedersydse getrouheid en konsekwente gebruik van 'n kondoom:
Onthouding van seks - Dit is die enigste onfeilbare beskerming teen MIV-infeksie.
Wedersydsegetrouheid - Seksmaats moet aan mekaar getrou bly. Hulle moet vry wees van MIV en ander seksueel oordraagbare siektes en met niemand anders seks he nie.
Gebruik konsekwent 'n kondoom- Gebruik dit elke keer tydens seksuele omgang en gebruik dit reg.
DIE IMMUUN STELSEL:
Jou liggaam het 'n immuun stelsel wat dit beskerm en wat jou gesond hou. MIV val die "soldate" in die immuun stelsel(genoem CD4 selle) aan en maak hulle dood. Sonder hierdie CD4 selle kan jou liggaam nie homself beskerm teen kieme nie.
Dit neem die MIV baie jare (tussen 3 en 20) om al die CD4 selle te vernietig, dus neem dit 'n lang tyd voor dat daar te min is om die liggaam te beskerm. Dit is baie jare na infeksie wat 'n persoon gesond kan bly.
Stadium 1: Gedurende hierdie periode is die "soldate" nog redelik sterk. 'n persoon met stadium 1 MIV lyk en voel gewoontlik goed. Kliere wat opswel in die nek en lieste is normaal - dit is 'n teken dat die immuun stelsel die MIV beveg.
Stadium 2: Soos die CD4 telling daal sal minder erenstige siektes ontwikkel, soos vel uitslag en diarrhoea. Mense met Stadium 2 infeksie kan gewig begin verloor.
Stadium 3: Tuberkulose is 'n algemene stadium 3 in die Wes-Kaap. Mense met stadium 3 siekte kan sproei in hulle monde opmerk. Meer gewigsverlies en diarrhoea kan voorkom tydens stadium 3 voorkom. Ander infeksies soos longontsteking kan voorkom. Mense met Stadium 3 MIV moet medisyne , genoem co-trimoxazole, elke dag drink. Dit help om bors infeksies en diarrhoea te voorkom.
Stadium 4: 'n Persoon met stadium 4 MIV infeksie staan gevaar om opportunistiese infeksies te ontwikkel. Hierdie infeksies kom net voor in mense met baie swak immuun stelsels(CD4 tellings van minder as 200 selle/mm3). Wanneer een van hierdie siektes voorkom, word daar gese dat die persoon Vigs het.
Baie siektes wat MIV geinfekteerde persone ontwikkel kan behandel word, veral waar dit vroegtydig gediagnoseer word. Party ander siektes kan voorkom word. Dit is baie belangrik dat MIV geinfekteerde persone hul verpleegster of dokter gaan spreek indien hulle ongesteld raak, sodat die probleem vroegtydig behandel kan word.
Anti-retrovirale is medisyne wat vir mense met MIV gegee word om die virus in die bloed te onderdruk. DIT GENEES NIE MIV/Vigs NIE. Dit velaag net die vlakke van die virus in die bloed. Dit laat die immuun stelsel toe om te herstel(die CD4 telling kan toeneem). Mense wat anti-retrovirale middels neem mag vind dat hulle eetlus verbeter, hulle tel gewig op en probleme soos diarrhoea of vel uitslae verbeter.
Indien anti-retrovirale middels gereeld en korrek geneem word, kan die medisyne die virus in die bloed verlaag tot 'n vlak waar dit nie meer gemeet kan word nie (onopspoorbaar).
Mense wat met MIV besmet is hoef nie die ant-retrovirale middles te gebruik terwyl hulle immuun stelsel nog sterk is nie(Stadium 1, 2 en 3). Anti-retrovirale middels moet slegs gebruik word wanneer die immuun stelsel verswak het. Anti-retrovirale behandeling moet oorweeg word wanneer 'n volwasse persoon se CD4 telling Mense wat met MIV besmet is hoef nie die ant-retrovirale middles te gebruik terwyl hulle immuun stelsel nog sterk is nie(Stadium 1, 2 en 3). Anti-retrovirale middels moet slegs gebruik word wanneer die immuun stelsel verswak het. Anti-retrovirale behandeling moet oorweeg word wanneer 'n volwasse persoon se CD4 telling 200 selle, of indien hulle 'n erenstige Stadium 4 siekte ontwikkel het. /p p
Anti-retrovirale medisyne sal net effektief wees indien dit gereeld en korrek gebruik word. Mense wat anti-retrovirale behandeling oorweeg moet bereid wees om elke dag , twee keer op 'n dag tablette te drink. Mense met 'n dwelmmiddel afhanklikheids probleem, soos alkohol misbruik, vind dit moeilik om medisyne betroubaar te neem elke dag. Dwelm misbruik probleme moet eers aangespreek word voordat daar met anti-retrovirale behandeling begin word. /p p a name="armskind"
Kinders benodig anti-retrovirale behandeling wanneer hulle siek word met MIV verwante siektes of indien hulle 'n lae Code4 persentasie het.
Antiretrovirale medisyne(ARMs) maak deel uit van die versorging van MIV positiewe mense. MIV positiewe mense kan 'n gesonde lewe lei vir baie jare voordat hulle ARMs behandeling moet ontvang. Dit is baie belangrik dat mense wat MIV positief is gereeld hulle primêre gesondheidsorg eenheid vir 'n ondersoek gaan. Mense wat MIV positief is moet dadelik na hulle primêre gesondheidsorg eenheid gaan indien hulle siek voel.
Wanneer 'n MIV positiewe persoon enige van die volgende simptome opmerk, moet hulle onmiddelik na hulle primêre gesondheidsorg eenheid vir 'n ondersoek gaan:
Aanhoudende gehoes (
2 weke),
Merkbare gewigsverlies ('n paar kilogram)
Aanhoudende nag sweet (
2 weke)
Los stoelgang of diarrhoea vir meer as twee weke
Kwaai hoofpyn of depressie
Enige ander simptome waaroor hulle bekommerd raak
VOORSKRIFTE:
TOEGANG TOT ARM'S
Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n lêer vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam.
NUTTIGE KONTAKNOMMERS
Die volgende NRO's werk ook op hierdie gebied:
VERSKAF BY:
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Die Voorkoming van Moeder-na-Kind Oordrag (VMNKO) (Diens)
Behandeling van Opportunistiese Infeksies (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Desember 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
