TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Gesondheid
Baba en Kind
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
GHKS is 'n strategie wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se afdeling vir kindergesondheid en ontwikkeling en UNICEF ontwikkel is. Dit is in meer as 30 lande wêreldwyd ingevoer om aan siektesyfers en sterftes by kinders jonger as vyf jaar aandag te gee. Die strategie fokus op die kind as 'n geheel eerder as op 'n enkele siekte of toestand. Siek kinders beland dikwels by primêregesondheidsorgfasiliteite met 'n aantal siektes en moet dan op 'n geïntegreerde wyse by die huis en by die kliniek behandel word.
Daar sterf elke jaar omtrent 12 miljoen kinders in ontwikkelende lande voordat hulle hulle vyfde verjaardag bereik, baie tydens hulle eerste lewensjaar. Sewe uit 10 van hierdie sterftes is die gevolg van vyf belangrike siektes: akute asemhalingsinfeksies (veral longontsteking), diarree, masels, wanvoeding, en malaria (wat net in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voorkom).
Riglyne is deur die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid ontwikkel om die WGO se lys aan te vul en om dit aan te pas om prioriteitstoestande wat kinders in die Wes-Kaap in die besonder aantas, in te sluit. Die onderstaande siektes geniet aandag vandat die kind 'n week oud is tot op vyf jaar:
diarree akute respiratoriese infeksies (met inbegrip van asma)
wanvoeding tuberkulose
MIV-vigs kindermishandeling meningitis bestuur van die kind wie se siekte kritiek is
Primêregesondheidsorgpersoneel is opgelei om kinders wat hierdie siektes het, te identifiseer. Siek kinders word geassesseer op grond van hulle simptome en tekens. Behandeling word gegee indien nodig, en die versorger/ouer word voorgelig en geadviseer met betrekking tot die opvolg van die pasiënt. Ernstige siek kinders word dringend na 'n hospitaal verwys, redelike siek kinders kry spesifieke behandeling op primêre- gesondheidsorgvlak en tuis en dié wat net effens siek is, ontvang ondersteunende terapie en berading.
VOORSKRIFTE:
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste maal besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, as u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring ook die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart.Obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens of primêregesondheidsorgklinieke en -sentrums bied geïntegreerde hantering van kindersiektes. As u of u kind verder verwys word, sal u na 'n stedelike of plattelandse streekhospitaal of 'n tersiêre hospitaal gestuur word.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis.
VERWANTE INLIGTING
Behandeling van Kindermishandeling (Diens)
Immunisering (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Augustus 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
