TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Hof- en Regsdienste
Munisipale Howe
Munisipale Howe
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Munisipale Howe hanteer hoofsaaklik die vervolging van verkeersoortredings en oortredings van munisipale regulasies, soos dié vir:
sonering en bouwerk waterbesoedeling afvalbestuur lugbesoedeling vuurwerke informele handeldryf parkering.
Munisipale Howe hanteer ook sake wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwys word wat met verkeersoortredings te doen het.
Daar is tienMunisipale Howe in die Stad Kaapstad se gebied. Jy behoort 'n verkeersboete van enige plek in die Stad Kaapstad by enige van dié Munisipale Howe te kan betaal.
Die meeste Munisipale Howe is in die Landdroshowe in daardie gebied geleë. Die Nasionale Departement van Justisie verskaf die landdroste vir die Munisipale Hof. Dié landdroste tree gewoonlik ook in die gewone Landdroshof op. Die Departement lei ook die Klerke van die Munisipale Hof op.
Die Stad Kaapstad verskaf die aanklaers, persele en administrasie. (Die Direkteur van Openbare Vervolgings het stadsraadamptenare die gesag gegee om sake oor munisipale regulasies te vervolg. Die Direkteur het die mag om gesag om te vervolg oor te dra aan enige amptenaar, of enige werknemer.)
VOORSKRIFTE:
As jy 'n verkeersboete wil betaal, moet jy na die navraagkantoor van jou naaste Munisipale Hof gaan. Hulle sal jou stuur na die persoon wat die gebied hanteer waarin jou verkeersoortreding gepleeg is. Jy kan dan die boete by die kontantkantoor betaal.
Let asseblief daarop dat die navraagkantoor om 3.00nm en die kontantkantoor om 3.30nm sluit.
As jy 'n dagvaarding ontvang het om in 'n Munisipale Hof te verskyn, sal die betrokke Hof op jou dagvaarding aangedui word, sowel as die tyd en datum waarop jy moet verskyn.
VERSKAF BY:
Munisipale Howe
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 24 Februarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
