TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Voorkoming van Geweld
Beskerming teen huishoudelike mishandeling
Beskerming teen huishoudelike mishandeling
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Indien jy 'n slagoffer van huishoudelike mishandeling is en jou mishandelaar is iemand met wie jy in 'n huishoudelike verhouding verkeer, kan jy ingevolge die Wet op Huishoudelike Geweld aansoek doen om 'n beskermingsbevel. 'n Beskermingsbevel bevat voorwaardes wat dit wat die mishandelaar mag en nie mag doen nie, uiteensit. Indien die mishandelaar nie hierdie voorwaardes nakom nie, kan hy gearresteer word. Indien die mishandeling 'n kriminele oortreding behels, kan die mishandelaar daarvan aangekla word.
Die woorde 'huishoudelike verhouding' dek talle verhoudings. Jy is in 'n huishoudelike verhouding met iemand indien julle:
met mekaar getroud is of was, ongeag of julle saamwoon of nie;
lewensmaats van dieselfde geslag is, ongeag of julle saamwoon of nie;
julle verloof is of was, uitgaan of uitgegaan het, of in 'n gebruiklike verhouding, of in enige verhouding wat jy of die ander persoon as romanties beskou, is of was;
n seksuele verhouding het of gehad het, selfs vir 'n kort rukkie;
die ouers van 'n kind is, of dieselfde huis of woonplek deel of onlangs gedeel het.
Huishoudelike mishandeling' sluit die volgende in:
fisieke mishandeling seksuele mishandeling emosionele mishandeling verbale mishandeling sielkundige mishandeling ekonomiese mishandeling intimidasie bekruipery skade aan eiendom die betreding van jou eiendom sonder jou toestemming, wanneer julle nie saamwoon nie enige ander beheersugtige gedrag wat jou veiligheid, gesondheid of welsyn kan benadeel
Deur om 'n beskermingsbevel aansoek te doen, dien jy nie 'n kriminele klagte in nie en jy hoef nie 'n kriminele klagte in te dien om 'n beskermingsbevel te kry nie. Indien jy egter die slagoffer is van 'n vorm van huishoudelike mishandeling wat ook 'n misdaad is, kan jy, indien verkies, aansoek doen om 'n beskermingsbevel, of 'n kriminele klagte indien, of albei doen. Dade van mishandeling wat ook misdade is, sluit in gewone aanranding, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike besering te veroorsaak, onsedelike aanranding, verkragting, bloedskande, poging tot moord, kwaadwillige beskadiging van eiendom, die rig van 'n vuurwapen, en dieremishandeling.
Wanneer jy in besit is van die beskermingsbevel en jou mishandelaar oortree die bepalings van dié beskermingsbevel, is dit 'n misdaad en kan hy vervolg word vir die misdaad of vir minagting van die hof (selfs al is die oortreding van die bepalings nie normaalweg 'n misdaad nie, byvoorbeeld beheersugtige gedrag). Indien die oortreding van die bepalings op sigself 'n misdaad is, byvoorbeeld aanranding, kan hy vervolg word vir minagting van die hof sowel as aanranding.
Om in besit van 'n beskermingsbevel te wees, beteken jy het die mag om jou mishandelaar te laat arresteer sodra hy 'n daad van mishandeling pleeg. Al wat jy hoef te doen, is om te rapporteer dat hy die bepalings oortree het en dan moet die polisie onmiddellik optree.
Voordat jy 'n beskermingsbevel kry, kan jy taamlik gou 'n tussentydse beskermingsbevel kry deur sekere vorms in te vul, en dié tussentydse bevel sal 'n datum spesifiseer wanneer die finale bevel oorweeg sal word (die keerdag). As 'n finale bevel eers uitgereik is, is dit blywend en kan dit slegs verander word deur by die hof aansoek te doen.
Die soort beskerming wat jy in 'n beskermingsbevel kan kry, sluit voorwaardes in:
dat jou mishandelaar geen daad van huishoudelike mishandeling mag pleeg nie;
dat jou mishandelaar jou huur, verband of ander nooduitgawes moet betaal;
dat die polisie beslag moet lê op enige vuurwapens of gevaarlike wapens in jou mishandelaar se besit;
dat die polisie saam met jou moet gaan en jou moet help om jou persoonlike besittings te gaan haal, en dat jou adres mag nêrens op die beskermingsbevel verskyn nie.
VOORSKRIFTE:
Die eerste stap om 'n beskermingsbevel te kry, is om 'n vorm bekend as Vorm 2: Aansoek om 'n Beskermingsbevel in te vul.
Waarheen moet ek gaan?
Moet ek self aansoek doen? Kan ek namens iemand anders aansoek doen?
Watter inligting het ek nodig?
Wat sal gebeur nadat ek die aansoekvorm ingevul het?
Wanneer sal die tussentydse beskermingsbevel toegestaan word?
Wat gebeur nadat die tussentydse bevel toegestaan is?
Wat gebeur indien die tussentydse bevel nie toegestaan word nie?
Wat gebeur op die keerdag?
Onder watter omstandighede sal 'n finale beskermingsbevel toegestaan word?
Onder watter omstandighede sal die beskermingsbevel afgewys word (nie toegestaan word nie)?
Onder watter omstandighede sal die saak eerder vir verhoor verwys word?
Wat gebeur nadat 'n finale beskermingsbevel toegestaan is?
WAARHEEN MOET EK GAAN?
Vorm 2 is by polisiestasies en howe beskikbaar asook by hierdie webadres, maar die polisie kan jou dalk na die howe stuur vir hulp om die vorm in te vul. Die polisie behoort ook vir jou Vorm 1 te gee, 'n dokument wat jou regte verduidelik. Indien jy beseer is of 'n ander plek moet vind om te bly as gevolg van die mishandeling, moet die polisie jou help om mediese behandeling te kry en jou help om 'n veilige plek te vind om te skuil.
Enige hof wat die gebied dek waarin jy woon of werk, of waarin jou mishandelaar woon of werk, of wat die gebied dek waarin enige voorvalle van mishandeling plaasgevind het, kan 'n beskermingsbevel aan jou uitreik. Normaalweg behoort jy gedurende normale hofure (weeksdae, 08:00-16:00) na die hof te gaan. Na ure sal aansoeke normaalweg slegs aanvaar word indien jy kan wys dat jy uitermate sal swaarkry indien die saak nie onmiddellike aandag geniet nie.
Party howe het 'n vertrek wat opsygesit is om gevalle van huishoudelike geweld te oorweeg. Vrywilligers is soms beskikbaar om jou te help om Vorm 2 in te vul, en die griffier sal jou dalk ook kan help. Die griffier sal ook vir jou Vorm 3 gee, wat verduidelik hoe die beskermingsbevel werk en jou waarsku teen leuens wanneer jy Vorm 2 invul, want dit is 'n kriminele oortreding.
MOET EK SELF AANSOEK DOEN? KAN EK NAMENS IEMAND ANDERS AANSOEK DOEN?
Iemand anders kan namens jou aansoek doen. Al wat hulle nodig het, is jou geskrewe toestemming om dit te doen. Indien jy 'n kind is (onder 18 jaar), verstandelik gestrem, bewusteloos, of om enige ander rede nie in staat is om toestemming te gee nie, kan iemand anders sonder jou toestemming namens jou aansoek doen. Indien jy 'n kind is, kan jy sonder jou ouers, voog of enigiemand anders se bystand om 'n beskermingsbevel aansoek doen. Indien jy namens 'n kind aansoek doen, kan jy dit sonder die kind se ouers, voog of enigiemand anders se bystand of toestemming doen.
WATTER INLIGTING HET EK NODIG?
Vorm 2 bestaan uit 'n aantal afdelings.
Deel 1: Die aansoeker
Dit is inligting oor die aansoeker, ook die klaer of klaagster genoem. Jy is die aansoeker, tensy jy namens iemand anders aansoek doen, in welke geval dit inligting is oor die persoon namens wie jy aansoek doen - die persoon wat die slagoffer van mishandeling is. Jy sal die aansoeker se identiteitsnommer, huis- en werkadres, telefoonnommers, werk en verwantskap van die slagoffer (byvoorbeeld vrou, vriend of woonstelmaat) met die mishandelaar (die verweerder) moet verskaf.
Deel 2: Indien jy nie die aansoeker is nie
Indien jy vir jouself aansoek doen, hoef jy nie hierdie deel in te vul nie. Indien jy egter namens iemand anders aansoek doen, moet jy hierdie inligting oor jou verskaf. Dit sluit in jou identiteitsnommer, huis- en werkadres, werk en verwantskap met daardie persoon (byvoorbeeld vriend, berader of polisie), rede vir die aansoek, en of jy die persoon namens wie jy aansoek doen se toestemming het.
Deel 3: Die verweerder
Inligting oor die mishandelaar (die verweerder) sluit in sy identiteitsnommer, huis- en werkadres, telefoonnommers en werk. Die adresse is baie belangrik. Indien jy nie die adresse ken nie, behoort jy enige inligting te verskaf oor waar hy aangetref kan word, soos klubs of vriende wat hy dalk dikwels besoek. Dit is sodat die balju of polisie hom kan opspoor.
Deel 4: Ander wat geraak word
Besonderhede oor enigiemand anders wat ook geraak word deur die huishoudelike geweld, hoe hulle geraak word en of enigeen van hulle gestremd is.
Deel 5: Verklaring van mishandeling'n Beëdigde verklaring deur jou met inligting oor die dade van huishoudelike geweld deur die mishand
VERSKAF BY:
Landdroshof
Skuilings vir Mishandelde Vroue
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 11 Mei 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
