TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Projekte
Landboubesigheid
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
EINDE:
Afgehandel
BESKRYWING:
Landbou is in die eerste 100 dae bevorder deur:
Die opening van die Clanwilliam Landbouskool
Die nastreef van 'n uitvoerooreenkoms met die Europese Unie
DIE OPENING VAN DIE CLANWILLIAM LANDBOUSKOOL
Landbou-opleiding het vir die mense van die Weskusstreek meer toeganklik geword met die opening van die Clanwilliam-landbouskool op Vrydag 6 Augustus 2004. Die skool, 'n satellietkampus van die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding: Elsenburg, is spesifiek ontwerp vir plaaswerkers en boere in die gebied met beperkte bronne.
Satellietkampusse neem landbou-opleiding na die mense wat dit die nodigste het. Talle boere met beperkte bronne en plaaswerkers in plattelandse gebiede sukkel om kursusse by die hoofkampus in Stellenbosch by te woon. Daarom word satellietkampusse as deel van die bemagtigingsprogram van die Provinsiale Departement van Landbou geopen. Die eerste satellietkampus is in 2003 in George geopen, en kursusse is ook in Oudtshoorn aangebied.
Ongeveer 48 kort kursusse in vakke soos Landbou en Finansiële Bestuur, Lewensvaardighede, Groenteproduksie, Vrugteproduksie, Wingerdbou, Diereproduksie (grootvee, kleinvee en pluimvee) en Landbou-ingenieurswese word deur die Kaapse Instituut aangebied.
Die kursusse word op Nasionale Kwalifikasie-raamwerk vlakke 1 tot 4 (voor-matriekvlak) aangebied, en omtrent 2,000 studente word reeds jaarliks só opgelei. Die opening van die Clanwilliam-skool behoort die aantal te verhoog wanneer daar in Oktober 2004 met die kursusse begin word.
Die Premier van die Wes-Kaap, Mnr Ebrahim Rasool, vergesel van die Minister van Landbou, Cobus Dowry, het die skool by die Augsburg-gimnasium in Clanwilliam geopen, en by 'n belofte gehou wat die Premier vir sy eerste 100 dae in die amp gemaak het.
UITVOEROOREENKOMS
Daar is gehoop dat 'n landbou-uitvoerooreenkoms vir die uitvoer van lamsvleis aan die been binne die eerste 100 dae met die Europese Unie (EU) onderteken sou kon word.
Dit is moontlik gemaak deur die ondertekening van 'n protokol met die EU vir die registrasie van skaapplase en die daaropvolgende akkreditasie van 'n aantal plase. Die abattoir in Swellendam is ook vir uitvoere na die EU goedgekeur.
Die EU wou die uitvoerstelsels self inspekteer en goedkeur voordat hulle die ooreenkoms onderteken en sou dit in Junie 2004 gedoen het.
Die Nasionale Departement van Landbou het egter die besoek van die EU aan die geakkrediteerde plase in die Karoo uitgestel, omdat hulle nie in staat is om die huidige uitbraak van bek-en-klouseer in Limpopo en van voëlgriep in die Karoo, saam met 'n besoek deur die EU te hanteer nie.
Die Provinsiale Departement van Landbou sal steeds ontwikkelings steun met betrekking tot die ondertekening, wat 'n seën vir Karoo-boere behoort te wees.
Terug na 100 Dae Depositos: Rapport
GEBORG DEUR:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 September 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
