TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Die Regering van Suid-Afrika
Dienste
Gesondheid
Chroniese Siektes
Chroniese Gesondheidsorg
Chroniese Gesondheidsorg
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
n Chroniese siekte is een wat vir 'n lang tyd voortduur of oor 'n lang tydperk weer en weer voorkom. Sommige van die algemeenste chroniese siektes is asma en hoë bloeddruk (hipertensie).
Wat is chroniese siektes?Voorkoming en behandeling op die vlak van primêregesondheidsorgAsma: voorkoming, behandeling en beheer
Hipertensie: voorkoming, behandeling en beheer
WAT IS CHRONIESE SIEKTES?
Chroniese siektes kan oorerflik wees, maar dit is bekend dat verskeie lewenstyl- en omgewingsfaktore soos die rookgewoonte, ontoepaslike dieet, gebrek aan oefening en oormatige alkoholverbruik risiko's beduidend verhoog. Hierdie faktore is in 'n sekere mate binne die beheer van 'n goed ingeligte persoon, maar daar is dikwels ander faktore, soos armoede, ondervoeding tydens swangerskap en die babajare, genetiese vatbaarheid/geneigdheid en ouderdom, waaroor die individu min of geen beheer het nie.
Benewens vroeë diagnose, behandeling en die beperking van skade is die fokus van die diens grotendeels op die voorkoming van siekte en die bevordering van gesonde gedrag.
Chroniese siektes wat prioriteit geniet, is hoë bloeddruk of hipertensie, asma, epilepsie, beroerte, niersiektes, kanker, obstruktiewe longsiekte en Diabetes Tipe 2. (Diabetes Tipe 1, wat meesal in die vroeë kinderjare gediagnoseer word, kom minder algemeen voor.) Die meeste van hierdie siektes is langtermynsiektes en, hoewel baie van hulle nie genees kan word nie, kan hulle beheer word.
Mense van alle ouderdomme word deur chroniese siektes aangetas, maar die risiko om 'n chroniese siekte te ontwikkel is hoër onder bejaardes; so ook die kans dat die chroniese siekte tot liggaamlike ongeskiktheid kan lei.
VOORKOMING EN BEHANDELING OP DIE VLAK VAN PRIMEREGESONDHEIDSORG
Op die vlak van primêregesondheidsorg berus die diens op voorkoming, deur mense oor die voordele van 'n gesonde lewenstyl op te voed. Elke kliniek het 'n personeellid wat oor die vaardighede beskik om chroniese toestande by pasiënte van alle ouderdomme te diagnoseer en dit te behandel. Dit is vir pasiënte moontlik om dieselfde verpleegster vir opvolgbesoeke te sien as hulle gereeld op die bepaalde kliniekdag vir diabetes, hipertensie of asma aanmeld. Hulle ontvang 'n spesiale kaartjie of plakker op hulle lêer wat gebruik word om deurlopende gesondheidsorg te verseker. Berading en pasiëntsamewerking maak ook deel van die diens uit. Dokters/mediese beamptes besoek van tyd tot tyd klinieke om pasiënte met chroniese siektes te evalueer.
Reëlings word deur die kliniek getref om pasiëntvervoer tot die minimum te beperk (veral vir bejaardes) deur 'n voorraad middels voor te skryf wat van een tot drie maande sal hou. Die personeel fasiliteer dikwels die totstandkoming van klubs en spesiale ondersteuningsgroepe vir mense met chroniese siektes. Hierdeur word 'n pasiënt in staat gestel om meer inligting oor spesiale sorg en gesondheidsopvoeding oor hulle toestand te bekom.
Indien komplikasies ontstaan, word pasiënte na die volgende vlak van gesondheidsorg verwys.
Voorbeelde van hoe chroniese siektes voorkom, bestuur en behandel word, word hieronder gegee
ASMA: VOORKOMING, BEHANDELING EN BEHEER
Asma affekteer volwassenes en kinders. Dit is 'n chroniese inflammasie van die lugweë en word deur 'n allergie veroorsaak. Asma kan nie genees word nie, maar kan doeltreffend behandel word deur daagliks voorkomende medikasie te neem. Die evaluering en behandeling van volwassenes vind by primêregesondheidklinieke plaas waar kliënte ondersoek word, spesiale ondersoeke uitgevoer word en behandeling voorgeskryf word. Kliënte word opgevoed oor hoe om hulle asma te bestuur en ingelig oor faktore wat dit kan vererger, soos sigaretrook, gebrek aan oefening en huisstofmyte. Vir kliënte wat ernstige asma-aanvalle kry, mag noodbehandeling en verwysing na 'n hospitaal nodig wees.
HIPERTENSIE: VOORKOMING, BEHANDELING EN BEHEER
Hipertensie of hoë bloeddruk is 'n lewenstylsiekte wat voorkom en behandel kan word. Indien die bloeddruk te lank hoog bly, kan ernstige komplikasies intree. Dit kan die bloedvate, die hart, die niere en die oë aantas. Die gevolge van hipertensie kan beroerte, hartsiekte of nierversaking en selfs die dood insluit. Op die vlak van primêregesondheidsorg sal kliënte met hoë bloeddruk ingelig word oor hoe om hulle algemene gesondheid te verbeter en ander risikofaktore vir hartsiekte te verminder, deur bv. oefening te kry, die rookgewoonte te laat vaar en die gebruik van alkohol en dwelms te staak, en soutinname te verminder. Indien die bloeddruk hierna hoog bly, sal behandeling voorgeskryf word. Vir gereelde ondersoeke en medikasie moet kliënte die kliniek besoek. Ernstige komplikasies soos beroerte, hartsiekte en nierversaking moet op hospitaalvlak behandel word.
Chroniese gesondheidsdienste op al drie vlakke - primêr, sekondêr en tersiêr - fasiliteer die lewering van welsynsdienstoelaes aan mense wat dit nodig het.
VOORSKRIFTE:
Hierdie dienste is by alle klinieke en hospitale regdeur die Wes-Kaap beskikbaar. Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n lêer vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
PRYS:
Gratis, maar daar is koste verbonde aan hospitaalbesoeke. Dit word volgens die hospitaal se tariefskaal gebaseer op die pasiënt se verdienste en die getal afhanklikes van pasiënte.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 November 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
