






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Toerisme pryse : Bedryf gaan die voortou neem

Toerisme pryse : Bedryf gaan die voortou neem


16 uJanuwari 2004
UMTHOMBO WEENDABA

Opvolgend op verskeie berigte, menings en briewe in dagkoerante oor dramatiese prysverhogings in die Kaapse toerisme bedryf, het Joyce Witbooi, Wes-Kaapse Minister van Toerisme en Dobbelary, ges dat die Wes-Kaapse toerisme departement tans besprekings fasiliteer waar die bedryf en ander toerisme vennote hierdie aangeleentheid debatteer. "Dit is nie die rol van regering om pryse te reguleer nie, maar ons kan 'n fasiliteringsrol speel en die situasie moniteer."

'n Vergadering is vandeesweek met sleutel rolspelers in die bedryf gehou, insluitend die Kaapse Kamer van Koophandel en die drie Wes-Kaapse afdelings van die drie grootste handelsliggame in die Suid-Afrikaanse toerisme bedryf - ASATA wat die kleinhandel bedien, Fedhasa wat die verblyf en restaurant sektore bedien, en SATSA, wat die inkomende sektor bedien (toer operateurs, lugrederye, bestemmings, ens.).

Minister Witbooi het ges "Dit is debateerbaar of pryse op toerisme getalle impakteer. Ons het so pas statistiek van Kaapstad Internasionale Lughawe ontvang wat dui op 'n toename in passassiersvloei. Internasionale aankomste in Desember is met 5% op, terwyl plaaslike aankomste met 6-7% verhoog het teenoor dieselfde tyd verlede jaar."

"Wat wel waar is, is dat daar gesoleerde gevalle van dramatiese prysstygings was, maar hierdie is die uitsondering eerder as die rel. Die sterkte van ons wisselkoers op die hoogtepunt van die seisoen het ook die pryssituasie vererger. In vergelyking met verlede jaar hierdie tyd, het die wisselkoers beduidend versterk."

Minister Witbooi het ges dit is belangrik dat die bedryf verstaan dat lang termyn toerisme groei die sleutel is tot die skep van werksgeleenthede en armoede verligting in ons provinsie. Indien toerisme 'n volhoubare komponent van die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan wees, moet die bedryf groei en transformeer. Om dit te vermag, moet die Wes-Kaap 'n waarde-vir-geld bestemming wees en ook bekend wees as een.

"Ek wil graag 'n beroep op ons bedryf doen om hierdie provinsie se naam as 'n waarde-vir-geld bestemming te handhaaf. Die toerisme bedryf kan net tot 'n volhoubare bedryf ontwikkel as ons deurlopend goeie diens lewer. Wanneer hulle vertrek, moet hulle voel die besoek was goeie waarde vir geld, dat hulle weer sal wil kom en dat hulle die Kaap aan familie en vriende sal aanbeveel. So sal die bedryf volhoubaar ontwikkel. In die lang termyn sal die bedryf nie groei as ons oordrewe pryse vir ons dienste vra nie."

Verteenwoordigers van die besigheidsektor het by die vergadering sekere probeem gebiede gedentifiseer en onderneem om binne die sakesektor daarmee te handel.

Minister Witbooi het bygevoeg, "Ek dink dit is in die beste belang van die Wes-Kaap dat die aangeleentheid rondom kompeterende pryse nou na vore gekom het. Ons toerisme bedryf is relatief jonk, en hierdie uitdagings bied aan bestaande strukture die geleentheid om die aangeleentheid in vennootskap aan te spreek."

Uitgereik deur: Wes-Kaapse Ministerie van Toerisme en Dobbelary
Kontak persoon: Hlne Rossouw, openbare skakel praktisyn
Sel: 082 771 8834
E-pos: herossou@pgwc.gov.za




This content also available in English

UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 24 uMatshi 2004



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





