TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Energiebesparingswenke
Departement van Minerale en Energie (Die Regering van Suid-Afrika)
OUTEUR: Departement van Minerale en Energie
OPSOMMING
Die publikasie gee verbruikers wenke oor hoe om krag en energie te bespaar.
WENK 1
Verlaag die temperatuur van jou warmwatertoestel tot ongeveer 55 grade sodat jy nie te veel koue water hoef by te voeg wanneer jy stort of skottelgoed was nie.
WENK 2
Onthou om die deksel op die pot te sit wanneer jy kook om hitte en energie te bespaar.
Die grootte van die pot behoort ooreen te stem met die grootte van die stoofplaat - dit kan jou tot 25% bespaar op die elektrisiteit wat jy gebruik terwyl jy kook.
WENK 3
Maak die vensters en deure toe wanneer die verwarmer aan is en spaar geld!
WENK 4
Maak die deur toe elke keer wanneer jy iets uit die yskas haal en maak ook seker dat dit behoorlik verseël is.
WENK 5
Week bone, stampmielies en ander soortgelyke droë kos oornag. Dit sal tyd, geld en ure se kookwerk bespaar.
WENK 6
Probeer net die water kook wat jy nodig het, in plaas daarvan om elke keer 'n vol pot of ketel te kook.
WENK 7
Isoleer jou warmwatertoestel deur koerante, ou komberse of ander isoleermateriaal om dit en die warmwaterpype te draai.
WENK 8
Skakel ligte, waaiers, rekenaars en ander kragtoestelle af wanneer jy die kamer verlaat. Dit sal jou geld spaar.
WENK 9
Probeer altyd die gepaste kombuisgoed gebruik wanneer jy kook, byvoorbeeld potte en panne met plat bodems, hulle gebruik tot 50% minder krag. Wees bewus daarvan dat elektriese stowe baie krag verbruik en gebruik dus die plate en oond so min as moontlik.
WENK 10
Gebruik die regte energie vir die regte doel, byvoorbeeld verwarmers om 'n ruimte te verhit eerder as warmplate, gebruik 'n elektriese ketel om water te kook eerder as 'n gewone pot op die stoof. Jy sal omtrent 50% minder krag gebruik.
Nota: Elektrisiteit is goed vir elektroniese toestelle maar gas is meer doeltreffend vir verwarming en kook.
WENK 11
Geniet in die somer en winter 'n gemaklike klimaat binnenshuis deur jou kamer daagliks behoorlik lug te gee. Onthou om jou verwarmer, waaier of lugversorger af te skakel terwyl jy die kamer lug gee.
WENK 12
Verminder jou kragrekening deur die wasmasjien se voor-was siklus oor te slaan as jou klere nie baie vuil is nie. Dit sal tot 20% minder elektrisiteit gebruik.
WENK 13
Bespaar water en krag deur jou lakens teen 60 grade, in plaas van 90 grade te was. Dit sal nog skoon wees!
WENK 14
Verlaag die temperatuur van die verwarmer van volle hitte tot 'n gemaklike vlak.
WENK 15
Skakel alle bystandsmodusse af elke keer wat jy die huis verlaat of voor jy bed toe gaan.
WENK 16
Gebruik kragbesparingsgloeilampe. Hulle hou baie langer en gebruik minder krag en spaar oor die lang termyn geld.
WENK 17
Verminder jou kragrekening deur al jou strykwerk op een slag te doen.
WENK 18
Gaan jou elektrisiteits- en gasmeter gereeld na en stel aktief belang in jou energieverbruikvlak.
WENK 19
Deel jou energieverbruikinligting met jou bure - bespreek julle elektrisiteitsrekenings!
BRANDSTOFBESPARINGSWENKE
Stig indien moontlik saamryklubs.
Skakel oor na straalbande omdat hulle minder rollende weerstand bied en langer hou as die kruislaag soort.
Moenie ry met bande wat nie styf genoeg gepomp is nie, want banddruk wat te laag is vermeerder nie net verbruik nie, dit laat die band ook aansienlik gouer verweer.
Vermy 'n stilhou-en-ry manier van bestuur
Trek stadig weg
Moenie jaag nie. Hoe vinniger jy ry, hoe meer brandstof gebruik jy.
Bron: Departement van Minerale en Energie
VERWANTE INLIGTING
Gratis Water en Elektrisiteit (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 Februarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
