TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Die Regering van Suid-Afrika
Departement van Waterwese en Bosbou
DEPARTEMENT VAN WATERWESE EN BOSBOU: OORSIG
OORSIG
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
KONTAK
Die Departement van Waterwese en Bosbou is die bewaarder van Suid-Afrika se water- en bosboubronne. Die Departement se doelwitte is die volgende:
om die beskikbaarheid en voorraad van water op nasionale vlak te verseker om regverdige en doelgerigte voorsiening van waterdienste op plaaslike vlak te verseker om volhoubare bosboubestuur te bevorder
Die Departement is verantwoordelik vir die formulering en implementering van beleid wat hierdie sektore beheer.
Tesame met die strewe om aan alle Suid-Afrikaners toegang tot skoon water en veilige sanitasie te verseker, bevorder die watersektor ook effektiewe en doeltreffende bestuur van waterbronne om volhoubare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te verseker.
Die bosbouprogram bevorder die volhoubare bestuur van die land se natuurlike bosbronne en kommersiële bosbou vir die blywende voordeel van die bevolking.
Van die projekte en programme waarby die Departement betrokke is die volgende:
Gemeenskapswaterfluoridasie
Strategiese Omgewingsassessering vir Watergebruik
Werk vir Waterprogram
Die primêre dienste wat deur die Departement voorsien word, hou verband met:
damme, strome en oorstromings gratis basiese water en sanitasie lisensiëring en registrasie van waterverbruik volhoubare ontwikkeling sanitasie rampbestuur cholera
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
