TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Die Regering van Suid-Afrika
Departement van Openbare Ondernemings
DEPARTEMENT VAN OPENBARE ONDERNEMINGS: OORSIG
OORSIG
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
KONTAK
Die doel van die Departement van Openbare Ondernemings is om die versnelde herstrukturering van ondernemings in staatsbesit te lei en te bestuur om die waarde vir aandeelhouers te optimaliseer.
Die Departement het ses programme:
Program 1: Bestuur en Administrasie
Hierdie program is verantwoordelik vir die oorkoepelende leiding en bestuur van die Departement en die Ministerie. Dit omvat die Ministerie, die Kantoor van die Direkteur-Generaal, Kommunikasie, die Interne Ouditeenheid, Finansiële Bestuur en die Hoofdirektoraat Korporatiewe Dienste.
Program 2(a): Herstrukturering van Ondernemings in Staatsbesit
Die program ontwikkel en implementeer die herstruktureringsprogram om die Regering se ekonomiese en maatskaplike doelwitte te bereik. Dit bevat die eenhede Energie en Telekommunikasie, Vervoer, Finansiële Modellering en Risiko-analise, Verdediging en Regsdienste.
Die kantoor van die Aanvanklike Openbare Aanbod is verantwoordelik vir die formulering en bestuur van die implementering en uitvoer van regeringsbesluite betreffende die notering van ondernemings in staatsbesit op die binnelandse en internasionale aandelebeurse.
Program 3(a): Prestasiemonitering en Normbepaling
Hierdie program is verantwoordelik vir die monitering en evaluering van die finansiële, sosio-ekonomiese en nie-finansiële prestasie van ondernemings in staatsbesit, sowel as vir die bevordering van die beste prestasiebestuurspraktyke om die aandeelhouer se waarde deur verbeterde korporatiewe staatsbestuurstrukture te verhoog.
Program 3(b): Strategiese Analise
Die doel van hierdie program is om strategiese beleidsraamwerke te ontwikkel en sektorstrategieë en ekonomiese kwessies te analiseer ten einde versnelde herstrukturering van ondernemings in staatsbesit moontlik te maak.
Program 4: Alternatiewe Dienslewering
Die doel van hierdie program is om die dienslewering in die versnelde herstrukturering van ondernemings in staatsbesit deur alternatiewe diensleweringstrategieë te optimaliseer.
Die Departement is verantwoordelik vir ses ondernemings in staatsbesit, naamlik:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
