TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Die Regering van Suid-Afrika
Nasionale Tesourie
Dienste
Sake en Ekonomie
Inligting
OORSIG
DIENSTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsliggame steun baie private ondernemings deur kontrakte toe te ken vir enigiets van die verskaffing van skryfbehoeftes tot padbou. Om 'n regeringskontrak te kry, sal jy 'n bod moet indien in antwoord op 'n tender.
Jy sal eers moet uitvind watter tenders tans oop is, of geadverteer word. Die meeste van die inligting is aanlyn beskikbaar:
NASIONALE REGERING
Vir inligting oor nasionale regeringstenders, laai die weeklikse Tenderbulletin af. Dit bevat besonderhede van alle tenders, waaronder sluitingsdatums, wie gekontak moet word met vrae en waar aansoeke ingedien moet.
Wes-Kaapse Provinsiale Regeringstenders is beskikbaar op die tenderafdeling van die werf , wat elke week opgedateer word. Jy kan deur die insette soek deur of die kategorie te kies (bv. medies of rekenaartoerusting) of deur enige ander sleutelwoord wat jy kies.
Meer inligting oor die tenderproses en hoe dit werk
Tenderbeleid
Hoe om 'n tender in te dien .
Die Stad Kaapstad publiseer al hulle oop tenders op die Stad Kaapstad se webwerf .
VOORSKRIFTE:
Registreer as 'n Verskaffer
Enigeen kan tenders indien vir regeringskontrakte - maar om 'n kontrak af te handel met die Provinsiale Regering of die Stad Kaapstad, sal jy jou moet laat registreer op die Wes-Kaapse Verskaffersdatabasis. Registrasie is gratis, en beide die provinsie en die stad gebruik dieselfde databasis, so jy sal jou net een keer hoef te laat registreer.
Registrasie-inligting op die Stad Kaapstad se webwerf
Laai die verskaffersregistrasievorm af
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Nasionale Tesourie (Die Regering van Suid-Afrika)
Provinsiale Tesourie (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Die RED-deur - Ware Ondernemings-ontwikkelingsinisiatief (Staatsliggaam)
Swart Ondernemings Verskaffersprogram (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 Augustus 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
