TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Binnelandse Sake
Dienste
Lewe en Familie
Huwelik / Egskeiding
Vergunning om te trou, indien minderjarig
Vergunning om te trou, indien minderjarig
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Seuns jonger as 18 en dogters jonger as 15 kan nie sonder spesiale vergunning in die huwelik tree nie en enigeen jonger as 21 moet hul ouers se toestemming kry alvorens hulle in die huwelik kan tree.
n Huwelik wat sonder die vereiste toestemming gesluit is, kan ongeldig verklaar word. Dit beteken dat die Hooggeregshof dit nietig kan verklaar.
Die ouers of voog kan by die Hooggeregshof aansoek doen om die huwelik nietig te verklaar. Sodanige versoek moet gerig word:
voor die minderjarige 21 word;
binne ses weke nadat daar van die huwelik te wete gekom is.
Die minderjarige mag te eniger tyd voordat hy/sy 21 word, of binne drie maande nadat hy/sy 21 geword het, by die hof aansoek doen om die huwelik nietig te verklaar.
VERGUNNING VAN OUERS VIR MINDERJARIGES (ENIGEEN JONGER AS 21)
Waar albei ouers lewe en nie een van die ouers die minderjarige se alleenvoog is nie, moet beide ouers skriftelik op vorm BI-32 tot die huwelik instem.
Indien die minderjarige 'n kind is wat buite die huwelik gebore is, word slegs die moeder se toestemming op vorm BI-32 verlang.
Indien een ouer as die minderjarige se alleenvoog aangewys is, word slegs daardie ouer se skriftelike toestemming op vorm BI-32 verlang.
Indien die minderjarige in die sorg van 'n wettige voog is, is slegs die voog se skriftelike toestemming (BI-32) nodig.
Indien 'n ouer wie se toestemming wettig vereis word, nie opgespoor kan word om vergunning te verleen nie, of die ouer handelingsonbevoeg is om vergunning te verleen, kan'n kommissaris van kinderwelsyn toestemming tot die huwelik verleen.
Sou 'n minderjarige se ouers, en/of 'n kommissaris van kinderwelsyn weier om toestemming te verleen, kan die minderjarige by 'n regter van die Hooggeregshof aansoek doen om vergunning. Die regter sal nie toestemming verleen tensy daar voldoende bewyse is dat die huwelik in die belang van die kind is nie en dat vergunning onredelik geweier is.
SPESIALE VERGUNNING VIR SEUNS JONGER AS 18 EN DOGTERS JONGER AS 15
Seuns jonger as 18 en dogters jonger as 15 moet, op dieselfde wyse as in die geval van minderjariges, die skriftelike toestemming van hulle ouers verkry om in die huwelik te tree. Hulle moet ook die toestemming van die Minister van Binnelandse Sake verkry.
U kan ook by die Minister aansoek doen om 'n huwelik wat reeds sonder die verlangde toestemming voltrek is, te kondoneer.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Aansoek om 'n huweliksertifikaat (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Desember 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
