Nommer 33
Die Verklarende Memorandums tot die bogenoemde Wette.
Die wysigings sluit onder andere die volgende in:
Artikels 11 (s) en (t) - Landhervorming en vergoedingstransaksies
Vaste eiendom verkry deur 'n begunstigde ingevolge die Wet op die Beskikbaarstelling van Grond en Bystand, 1993 en die Wet op Herstel van Grondregte, 1994, kwalifiseer om belas te word teen die nulkoers indien die Department van Grondsake (DGS) die betaling namens die begunstigde, direk aan die ondernemer wat die eiendom voorsien, maak. Die nulkoers is slegs van toepassing tot die mate wat die betaling deur die DGS die koopprys van die eiendom dek. Enige addisionele vergoeding betaalbaar deur die begunstigde aan die verskaffer is onderhewig aan BTW teen die standaardkoers.
Artikels 11 (u), 12(k), en 13 (ii) - Verkoop van ingevoerde goed in opslagpakhuise
Die lewering van enige ingevoerde goed, gestoor in 'n gelisensieerde Doeane- en Aksynsopslagpakhuis, voor dit vir binnelandse verbruik geklaar word is aan BTW teen die nulkoers onderhewig. Indien die leweraar 'n nie-inwoner is, is die bedrag vrygestel van BTW indien aansoek by die Kommissaris gedoen is om kwytskelding van die vrystelling tesame met die inhandiging van die VAT101 registrasievorm. Nie-inwoners het gevolglik die keuse om vrygestel te wees, of om vir BTW te registreer en BTW teen die nulkoers te hef op sodanige lewerings mits aan die vereistes vir BTW registrasie voldoen word.
Artikel 23 - Verpligte BTW registrasie drempel
Die verpligte BTW registrasie drempel verhoog met ingang van 1Maart 2009 van R300000 na R1miljoen. (Sien artikel oor VEREENVOUDIGDE BELASTINGSTELSEL VIR MIKRO ONDERNEMINGS.)
Artikels 28 en - Opgawes en betalings
Die wysiging bepaal dat die Minister van Finansies 'n ander datum vir die indien van ogawes en die maak van betalings ten opsigte van enige belastingtydperk, kan voorskryf. Die voorgeskrewe datum mag egter nie val op 'n dag meer as twee besigheidsdae voor die datum wat die ondernemer normaalweg die opgawe sou indien en betaling sou maak vir daardie belastingtydperk nie. Die kennisgewing moet ten minste 30 dae vóór die voorgeskrewe datum in die Staatskoerant gepubliseer word.
Artikels 44 (d) en 45 (iiA) - Terugbetalings, rente en bank besonderhede
Die BTW Wet is ook gewysig om voorsiening te maak dat die 21-dae rentevrye periode vir BTW terugbetalings slegs in werking tree vanaf die datum wat die ondernemer se nuwe bankbesonderhede ontvang is. In die geval waar 'n ondernemer toegelaat word om 'n derdeparty bankrekening te gebruik, sal die rentevrye periode in werking tree vanaf die datum wat die vrywaringsvorm VAT119i ontvang is.
Aangesien die wysiging aan articles 44 en 45 op 1 April 2009 in werking tree, moet ondernemers wat deur hierdie wysiging geraak word hul plaaslike SAID kantoor van die opgedateerde bankbesonderhede voorsien deur die nodige VAT 126 en VAT119i vorms te voltooi en in te handig vóór einde Maart 2009 om te voorkom dat terugbetalings teruggehou word.
Menige van die gepubliseerde algemene geskrewe beslissings het sedert die bekendstelling van BTW in 1991, gefokus op basiese konsepte wat sedertdien in verskeie handleidings en ander publikasies deur die SAID aangespreek is. Hierdie beslissings het mettertyd verouderd geraak en behalwe vir die gebruik van verskillende style en formate, lei die bewoording in sommige van die beslissings tot onsekerheid in die toepassing van die Wet.
Die beslissingsregister word gevolglik geleidelik onttrek en 'n nuwe beslissingsregister sal geskep word. Enige persoon wat steun op die ou algemene skriftelike beslissings word derhalweaangeraai om aansoek te doen by die plaaslike SAID kantoor om 'n skriftelike beslissing indien sekerheid verlang word oor die BTW gevolge van sekere lewerings. Enige aansoek om 'n beslissing moet op skrif wees en moet al die nodige besonderhede bevat soos uiteengesit in BTW Nuus 32 (Augustus 2008 uitgawe).
Aangesien die huidige register onttrek word, wordbelanghebbendesuitgenooiomvoorstelletestuurna
Bladsy 2
Versoeke moet skriftelik wees en moet 'n duidelike beskrywing van al die betrokke feite en omstandighede van die partye tot die kontrak, die aard van die transaksies, en 'n beskrywing van die gevolgtrekking insluit, asook redes waarom 'n bindende algemene beslissing oor die onderwerp uitgereik moet word.
Die vereenvoudigde belastingstelsel is in wese 'n alternatief tot die huidige inkomstebelasting en BTW stelsels, wat beteken dat 'n mikro onderneming nog steeds die keuse het om die konvensionele belastingstelsel te gebruik. Dit sal beskikbaar wees vir eenmansake, vennootskappe, beslote korporasies, maatskappye en koöperasies met ingang van 1 Maart 2009.
In teenstelling met die inkomstebelastingstelsel wat gebruik maak van omvattende insluitingsreëls en 'n kortingsproses wat vereis dat bewyse van uitgawes gehou word, sal die omsetbelasting bereken word deur eenvoudig 'n belastingkoers op die belasbare omset toe te pas. Die belasbare omset sal hoofsaaklik bestaan uit die omset van die onderneming met 'n paar spesifieke insluitings en uitsluitings.
Omset Belastingkoerse
Omset Marginale Koerse (R)
R100 001 tot R300 000 1% van elke R1 bo R100 000
R300 001 tot R500 000 R2 000 + 3% van die bedrag bo R300 000
R500 001 tot R750 000 R8 000 + 5% van die bedrag bo R500 000
R750 001 en meer R20 500 + 7% van die bedrag bo R750 000
Die omsetbelasting sal gehef word vir 'n jaar van aanslag wat strek vanaf die eerste dag van Maart tot die laaste dag van Februarie van die volgende jaar. Dit sal twee sesmaandelikse tussentydse betalings insluit, gevolg deur 'n finale betaling. 'n Mikro onderneming wat die omsetbelasting kies moet aansoek doen voor 1 Maar 2009
en moet in die stelsel bly vir ten minste drie jaar, tensy dit spesifiek gediskwalifiseer word. In gelyke mate sal 'n mikro onderneming wat die omsetbelasting stelsel verlaat, nie weer toegelaat word om te herregistreer vir 'n tydperk van drie jaar nie.
Mikro ondernemings wat die omsetbelasting kies sal spesifiek vrygestel word van KWB. Die omsetbelasting sal eenvoudig 50% van die opbrengs op die verkoop van ondernemingsbates in die belasbare omset insluit. Die opbrengs met verkoop van onroerende eiendom sal slegs ingesluit word in die berekening tot die mate wat die eiendom vir doeleindes van die onderneming aangewend is.
Mikro ondernemings wat die omsetbelasting kies sal ook vrygestel word van SBM, tot die mate wat dividenduitkerings nie R200000 per jaar oorskry nie. Enige oorskot sal aan SBM onderhewig wees.
Die vereenvoudigde belastingstelsel verskaf nie spesifieke verligting ten opsigte van besoldiginsbelastings/heffings soos werknemersbelasting (behalwe waar 'n werknemer nie aanspreeklik is nie), die vaardigheidontwikkelingsheffing (vrygestel as besoldiging nie R500000 per jaar oorskry nie) en werkloosheidsversekeringfondsbydraes nie.
Die bestaande BTW registrasiedrempel sal vanaf 1Maart2009 van R300000 na R1miljoen verhoog word. Aangesien die vereenvoudigde belastingstelsel 'n pakket is met die oogmerk om intensiewe rekordhouding te verlig, sal 'n mikro onderneming wat vir die omsetbelasting geregistreer is, nie toegelaat word om vir BTW te registreer nie, omrede dit intensiewe rekordhouding vereis.
n Ondernemer wat deregistreer vir BTW, moet BTW (uitgang BTW) op die minste van die koste of die ope markwaarde van bates wat gehou was vir ondernemingsdoeleindes vóór datum van deregistrasie betaal. Ondernemers wat deregistreer vir BTW vanweë die verhoging in die BTW registrasiedrempel na R1miljoen mag die uitgang BTW oor 'n tydperk van ses maande afbetaal. 'n Ondernemer wat deregistreer vir BTW om vir die omsetbelasting te registreer, sal verdere verligting ontvang in die vorm van 'n aftrekking van tot R100000 van die waarde van die bates wat deur die ondernemer vóór datum van registrasie gehou is. Hierdie aftrekking is gelykstaande aan 'n vermindering van tot R12281 in die uitgang BTW wat betaalbaar is. Aan die anderkant, indien 'n persoon as 'n BTW ondernemer deregistreer om vir die omsetbelasting te registreer en later herregistreer vir BTW, sal die waarde van bates waarop BTW inset krediete geëis kan word by herregistrasie verminder word met tot R100000.
n Mikro onderneming wat vir die omsetbelasting geregistreer is, moet die SAID binne 21 dae in kennis stel van die datum waarop die kwalifiserende omset R1miljoen vir die jaar van aanslag oorskry het, of waar daar redelike gronde is om te glo dat die perk oorskry gaan word. Die onderneming sal dan gederegistreer word van omsetbelasting, tensy die SAID van mening is dat die oorskot gering en tydelik van aard is. Die deregistrasie en aanspreeklikheid vir BTW sal in werking tree vanaf die begin van die maand wat volg op die maand waarin die kwalifiserende omset die perk oorskry of dit waarskynlik gaan oorskry.
Die SAID mag ook, in oorleg met die mikro onderneming, die mikro onderneming deregistreer van omsetbelasting indien die SAID oortuig is dat die belasbare omset van die mikroonderneming genoeg is om 'n BTW registrasie aanspreeklkheidtot gevolg te hê.
Meer inligting rakende die kwalifikasie vereistes en besonderhedevan die vereenvoudigde belasting op omset is beskikbaar op dieSAID webtuiste.
