Moeilike tye lê voor verlangsaming beinvloed. Ekonomiese inligting van verskeie lande, insluitend ontwikkelde lande soos die Verenigde State, Brittanje en Frankryk, wek toenemend kommer. SuidAfrika word nie heeltemal so negatief beinvloed nie, en ons wil dit graag so hou. Ons wil egter met hernieude pogings voortgaan om na die beste van ons vermoë in die behoeftes van ons mense te voorsien. Ons wil die tydperk wat voorlê maksimaal benut om die talle uitdagings wat ons in die gesig staar, te hanteer.
Soos die res van die wêreld is ons ekonomie besig om stadiger te groei. Ons ondervind ook werkverliese en baie mense gaan gebuk onder die las van hoë maandelikse huishoudelike uitgawes. Wanneer die ekonomie stadiger groei, vorder die regering minder belasting in. As gevolg van verlaagde inkomste uit belasting, sal die regering geld moet leen om verskeie uitgawes waartoe ons verbind is na te kom.
Regeringsbesteding aan dienste wat behoeftige gemeenskappe bedien, asook openbare werke programme gemik op werkskepping, sal toenemend groei. Meer as R780 miljard sal oor die volgende vyf jaar spandeer word aan infrastruktuur, insluitende die bou van meer kragstasies, paaie en spoorlyne, opgradering van water en sanitasienetwerke en die voorsiening van meer huise. Noue samewerking tussen die regering, besighede en vakbonde sal verseker dat werksverliese tot die minimum beperk word.
Baie lande kan nie in hierdie situasie reageer soos ons nie. Suid-Afrika kan hierdie voorsorgmaatreëls neem om ons ekonomie en armes te beskerm omdat ons in vorige jare ons finansies met dissipline hanteer het. Ons het geld gespaar toe ons ekonomie goed gedoen het. In ruil daarvoor kan ons besteding op openbare dienste vermeerder sonder om die ekonomie te benadeel.
Die vernaamste areas in die begroting waar meer fondse bewillig is:
R12 miljard meer vir maatskaplike toelaes
R45 miljard meer vir provinsies om onderwys, gesondheid en paaie te verbeter en om meer op landelike ontwikkeling te bestee
R10.9 miljard meer vir behuising, water, sanitasie en munisipale dienste
R5.4 miljard meer vir die verbetering van die strafregsektor
R6.4 miljard meer vir openbare vervoer, nasionale paaie en spoor infrastruktuur
Ten spyte van die regering se beste pogings, gaan dit in die tydperk wat voorlê toenemend moeiliker word om in die behoeftes van alle Suid-Afrikaners te voorsien. Regeringsbeamptes moet ingedagte hou dat die hulpbronne tot ons beskikking aan alle Suid-Afrikaners behoort. Ons is almal toevertrou met die verantwoordelikheid om te verseker dat die beskikbare fondse nie deur ons amptenare vermors word nie.
Die regering is verbind tot die skep van werksgeleenthede vir werklose Suid-Afrikaners. Die uitgebreide openbare werke program het in die eerste vyf jaar meer as 70 000 voltyds gelykwaardige werksgeleenthede per jaar geskep vir onopgeleide en werklose mense.
Werksgeleenthede is geskep deurdat die getal werkers wat in regeringsinfrastruktuur projekte en in die lewering van openbare dienste gebruik word, vermeerder is. Baie van hierdie werksgeleenthede was korttermyn of deeltyds van aard, maar het gelei tot werkskepping en die oordra van vaardighede. 2009 lei 'n nuwe fase van die regering se uitgebreide openbare werke program in. Meer as R4.1 miljard is bewillig oor die volgende vyf jaar met die doel om werkskepping te versnel. Werksgeleenthede sal geskep word in:
Tuisversorging en gemeenskapsgesondheidsdienste
Konstruksie, onderhoud en omgewingsbeskermingsprojekte
Nuwe programme wat deur nie-winsgewende, godsdienstige en gemeenskapsgebaseerde organisasies onderneem word
Die regering beoog om die getal voltydse gelykwaardige werksgeleenthede na 400 000 in 'n jaar te vermeerder teen 2014, wat sal help om armoede en werkloosheid te veminder.
Die regering voorsien maatskaplike toelaes aan meer as 13 miljoen Suid-Afrikaners. Hierdie program skep 'n veiligheidsnet wat armoede onder jong kinders, mense met gestremdhede en bejaardes help verminder. Die staat voorsien ook voordele aan diegene wat onlangs hul werk verloor het, gratis skoolonderrig aan armes, gratis primêre gesondheidsorg, en gratis water en elektrisiteit aan behoeftige huishoudings. Verder kan mense wat uitermatige ontbering in die gesig staar, korttermynverligting vir tot ses maande ontvang. Kinders tot op die ouderdom van 15 jaar wie se ouers minder as R2 300 per maand verdien, kom in aanmerking vir die kinderondersteuningstoelaag. Mans bo die ouderdom van 63 jaar en vroue ouer as 60 jaar kan toegang kry tot ouderdomspensioen sou hulle minder as 'n sekere inkomste verdien. Die ouderdomsperk vir mans om hierdie toelaag te ontvang, word in April 2009 en April 2010 na onderskeidelik 61 en 60 jaar verlaag.
Maatskaplike toelaes word met ingang van 1 April 2009 soos volg aangepas:
Die ouderdomspensioen, ongeskiktheids- en sorgafhanklikheidstoelaag verhoog met R50 tot R1 010 per maand
Kinderondersteuningstoelaag verhoog met R10 tot R240 per maand
Pleegkindtoelaag verhoog met R30 tot R680 per maand
Besteding aan toelaes sal gedurende 2009/10 tot R80 miljard verhoog, wat 12% van die totale staatsuitgawes uitmaak. Dit maak Suid-Afrika een van die wêreld se grootste betalers van maatskaplike toelaes.
