-vooruitbetalingsbedrogspul en loteryswendelary
Beskrywing
Die sogenaamde Nigeriese briefswendelary is in wese vooruitbetalingsbedrog. Hierdie bedrogspul staan ook as die "419-swendelary" bekend en word gepleeg deur 'n swendelaar ; gewoonlik iemand wat lid van 'n misdaadsindikaat is.
Die swendelary word aan die gang gesit wanneer een van die swendelaars per faks, brief of e-pos in verbinding tree met 'n onderneming wat deur hulle as teiken gekies is. Hulle lê 'n sakevoorstel aan die onderneming voor, gewoonlik deur 'n sindikaat wat hulself as senior regeringsamptenare voordoen. Die swendelaars beweer dat hulle oor 'n groot bedrag oorbegrote geld beskik; gewoonlik in Amerikaanse dollar. Hulle stel dan voor om die oorbegrote geld oor te plaas in 'n bankrekening buite die land waar die swendelary sy ontstaan het. Hulle belowe die persoon aan wie die voorstel gerig is gewoonlik dat hulle tussen 20 en 35 persent van die geld wat oorgeplaas gaan word as kommissie aan hom of haar sal betaal in ruil vir die gebruik van sy of haar bankrekening.
Daar is verskillende maniere waarop die slagoffer se geld by hom of haar gesteel word:
Die swendelaars vra die slagoffer om geld in 'n gespesifiseerde bankrekening in te betaal om die koste van die afhandeling van die transaksie te help dra.
Sodra die oorspronklike bedrag betaal is, kan daar "komplikasies" intree, wat dit kastig vir die slagoffer nodig maak om meer geld in te betaal.
n Ontmoeting kan moontlik daarna in sekere lande gereël word, en sodra die slagoffer in daardie land aankom, word sy of haar paspoort gekonfiskeer en hy of sy word aangehou tot genoeg geld aan die swendelaars oorbetaal is.
Bankbesonderhede op ampelike briefhoofde kan ook gebruik word om geld uit die slagoffer se bankrekening oor te plaas in 'n rekening wat deur die misdadigers beheer word.
n Loteryswendelary word aan die gang gesit wanneer die swendelaar met verskeie individue in verbinding tree. Hierdie slagoffers word na willekeur gekies en gewoonlik per e-pos genader. Die swendelaar doen hom voor as 'n amptenaar in diens van 'n loterymaatskappy en lig die individu in dat hy of sy 'n lotery gewen het waarvoor die individu nooit 'n kaartjie gekoop het nie. Die wennommers word in die skriftelike mededeling verstrek, en al mag die loterymaatskappy waartoe die swendelaar kastig behoort werklik bestaan en die nommers werklik wennommers wees , is hierdie 'n bedrogspul. Geld word op dieselfde maniere as wat hierbo beskryf is, van die gekose slagoffer verhaal.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se webwerf bied meer inligting oor hierdie soort swendelary, soos besonderhede oor die manier waarop die swendelary bedryf word, waarskuwingstekens van 'n moontlike swendelary, die getal maniere waarop geld van die slagoffer verhaal word, asook voorkomingsmaatreëls, uiteengesit word.
Kry meer inligting by die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Stappe om te volg
Suid-Afrikaans burgers en inwoners:
As jy 'n swendelbrief ontvang, moet jy alle dokumente, inligting en korrespondensie na Interpol aanstuur.
Vermeld óf "Geen finansiële verlies nie" óf "Finansiële verlies gely" op die dokumente.
Verstre jou kontakbesonderhede en telefoonnommer, of dié van die individue wat deur die swendelary geraak is.
Buitelandse burgers en inwoners:
Faks 'n kopie van die "419"-korrespondensie wat jy ontvang het aan die Superintendent van die SAPD se Eenheid vir Kommersiële Bedrog, of na jou Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat of ambassade of konsulaat-generaal sodat dit na die SAPD aangestuur kan word.
Verstrek jou bankbesonderhede .
Indien die "419"-swendelary 'n Suid-Afrikaans verbintenis het, moet jy al die besonderhede wat ter sake kan wees duidelik uiteensit.
Verstrek jou kontakbesonderhede en telefoonnommer of dié van die individue wat deur die swendelary geraak is.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Die SAPD bepaal die tydsduur vir die uitreik van vorderingsverslae. Daar word gewoonlik tweeweekliks verslag gedoen, na gelang van die omstandighede van die saak.
Indien 'n individu geen finansiële verlies gely het nie, sal geen vorderingsverslag aan hom of haar gelewer word nie. Dit is egter belangrik dat jy nogtans kopieë van die "419"-swendelbriewe aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet stuur vir insluiting op hulle databasis.
Indien 'n individu wel 'n finansiële verlies gely het, sal amptenare verbonde aan Suid-Afrikaanse konsulate in die buiteland die dokumente binne 48 uur na ontvangs daarvan vir die SAPD aanstuur.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Daar is geen vorms om in te vul nie, maar dit is belangrik dat jy in die dokumentasie moet aandui of jy geld verloor het.
Kontakbesonderhede
