TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Landbou
Befondsing en Ondersteuning
Aansoek om 'n Toekenning van die Program vir die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling (HGLO)
Aansoek om 'n Toekenning van die Program vir die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling (HGLO)
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Die HGLO is op swartes ingestel, en sal hulle bystaan om in toenemende mate deur middel van toekennings toegang tot die gebruik en eienaarskap van landbougrond te verkry. Hierdie toekennings, wat deur die Staat voorsien word, is gratis en dit hoef nie terugbetaal te word nie. Daar word egter van aansoekers verwag om minstens R5 000 in die vorm van kontant vir arbeid of vir die aankoop van landbou-implemente by te dra. Hoe groter die aansoeker se bydrae is, hoe groter sal die toekenning van die Staat wees.
Inleiding
Die plek van die vrou in die HGLO
Hoe groot is die toekenning?
Bystand met die beplanning en implementering van die projekte
Wie kom vir die toekenning in aanmerking?
Hoe om aansoek te doen
Kontakinligting
INLEIDING
Die program vir die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling (HGLO) poog om:
voorheen benadeelde indiwidue van meer en beter geleenthede te voorsien om landbougrond te besit;
mense in landelike gebiede by te staan met die verbetering van hul lewenspeil, en toe te sien dat beskikbare landbougrond doeltreffender benut word.
DIE PLEK VAN DIE VROU IN DIE HGLO
Die HGLO probeer om die onreg wat in die verlede met betrekking tot die toegang tot grond en die eienaarskap daarvan aan vroue gedoen is, ongedaan te maak. Gevolglik is vroue nou in staat om as indiwidue om die toekenning aansoek te doen, en nie meer noodwendig as deel van 'n huishouding nie.
HOE GROOT IS DIE TOEKENNING?
Ten einde 'n bedrag van R20 000 te ontvang, wat die minimumbedrag van 'n toekenning is, moet die aansoeker 'n bydrae van R5 000 maak, terwyl 'n bydrae van R40 000 vereis word om die maksimumbedrag van 'n toekenning, naamlik R100 000, te bekom.
Die toekenning mag gebruik word om grond te koop, om in infrastruktuur te belê, vir landbou-insette oor die kort termyn, of om die grond te verbeter in gevalle waar die aansoekers reeds toegang tot grond verkry het. U mag ook om die toekenning aansoek doen indien u tans grond huur en van voorneme is om dit in 'n later stadium aan te koop.
BYSTAND MET DIE BEPLANNING EN IMPLEMENTERING VAN PROJEKTE
Die Departement van Grondsake sal toesien dat aansoekers wat bystand benodig, in aanraking kom met ontwerpagente wat met die beplanning en implementering van die projekte behulpsaam sal wees. Die Departement sal die ontwerpagente wat op dié wyse aangestel word, betaal. Die toekenning wat die aansoekers mag ontvang, sal nie hierdeur beïnvloed word nie.
Aansoekers wat oor die nodige middele beskik om ontwerpagente aan te stel en te betaal, mag dit doen sonder om eers met die Departement te onderhandel. Dit sal dan ook as 'n vorm van 'n eie bydrae tot die projek beskou word.
WIE KOM VIR DIE TOEKENNING IN AANMERKING?
Slegs Suid-Afrikaanse burgers wat ouer as 18 jaar is en wat uit voorheen benadeelde gemeenskappe kom, sal vir die toekenning oorweeg word. Alhoewel aansoekers verkieslik landbouervaring moet hê, is dit nie 'n vereiste nie. Persone wat voorheen 'n toekenning van die Departement ontvang het (R16 000) mag weer aansoek doen, maar prioriteit sal aan diegene verleen word wat vir die eerste keer aansoek doen. Die som waarvoor 'n persoon kwalifiseer, sal afhang van die vlak van die toekenning wat voorheen ontvang is.
Hierdie dokument is ontwerp om lesers met inligting aangaande die program vir die HGLO by te staan, soos byvoorbeeld die doelstellings en sleutelkenmerke van die program. Dit sal lesers ook help om vas te stel of hulle kwalifiseer om aan die program deel te neem, en hoedat hulle te werk moet gaan om aansoek te doen vir 'n toekenning wat as gevolg van hierdie program beskikbaar gestel word.
Hierdie dokument sal lesers ook deur die proses- of projeksiklus begelei wat vir alle HGLO-projekte in die vooruitsig gestel word, en sal van die terminologie, konsepte en institusionele reëlings aan hulle bekend stel wat deel van die HGLO-program uitmaak.
VOORSKRIFTE:
HOE OM AANSOEK TE DOEN
Om vir 'n toekenning aansoek te doen is dit nodig dat u 'n aansoekvorm aan die naaste kantoor van die Departement van Landbou of die Departement van Grondsake rig. Nadat amptenare van Landbou 'n ideeproef uitgevoer het, sal die registrasievorm na die distrikskantoor van die Departement van Grondsake gestuur word, waar 'n beplanner verder met die projek sal werk. Amptenare van Grondsake en Landbou sal inligtingsessies met alle rolspelers reël en waar nodig 'n ontwerpagent aanstel om met die projekbeplanning te help.
Indien aansoekers om leningsfinansiering deur die Landbank aansoek doen, of begerig is om 'n Landbank eiendom in besit te koop, sal die Landbank die HGLO-toekenning administreer. Bevoordeeldes sal HGLO-toekennings dan regstreeks deur die Landbank kan bekom. In so 'n geval moet die ingevulde aansoekvorm by die naaste takkantoor of satellietkantoor van die Landbank ingedien word.
Voltooide besigheidsplanne sal op distriksvlak geassesseer word. Dit sal die tydsverloop verkort wat vir die implementering van die projekte nodig sal wees. Wanneer die lewensvatbaarheid van 'n projek eers bewys is, sal die Provinsiale Direkteur van Grondsake die uitbetaling van die toekenning magtig.
U kan die aansoek- en registrasievorm vir 'n HGLO-toekenning in Engels en Afrikaans van die webwerf aflaai.
KONTAKINLIGTING
Vir verdere inligting, skakel asseblief:
Tel: 021 808 5015
VERSKAF BY:
Kantoor van die Departement van Grondsake
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Die toekenning, wat deur die Staat voorsien word, is gratis en hoef nie terugbetaal te word nie. Daar word egter van aansoekers verwag om minstens R5 000 in die vorm van kontant, arbeid of die aankoop van landbou-implemente by te dra. Hoe groter die aansoeker se bydrae is, hoe groter sal die toekenning van die Staat wees. Ten einde 'n bedrag van R20 000 te ontvang, wat die minimumbedrag van 'n toekenning is, moet die aansoeker 'n bydrae van R5 000 maak, terwyl 'n bydrae van R400 000 vereis word om die maksimumbedrag van 'n toekenning, naamlik R100 000, te bekom.
VERWANTE INLIGTING
Die Grondverkryging- en Vestigingstoelae (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
