TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Dienste
Eiendomsontwikkeling en Bestuur
Ontwikkelingsbeplanning
GIS Karteringsdienste
GIS Karteringsdienste
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Die Department bied twee soorte karteringsdienste aan:
GIS-kaarte op Aanvraag
Die maak van jou eie Kaarte met behulp van Vormlêers
GIS-KAARTE OP AANVRAAG
Die Department stel kaarte van die Wes-Kaap Provinsie saam waarop verskillende geografiese kenmerke met gebruik van die Geografiese Inligtingstelsel (GIS) uitgebeeld word. Hierdie kaarte is beskikbaar vir interne en buite-kliënte. Verskaf die volgende besonderhede wanneer 'n kaart aangevra word:
die grootte van die kaart (A0, A1, A2, A3, A4)
die kadastrale kenmerke (erwe, plase, strate, servitute)
die omgewingkenmerke (reservate, plantegroei CAPE-data)
die gesondheidkenmerke hospitale, klinieke, gesondheiddistrikte, gesondheidstreke die infrastruktuur kenmerke (rioolpype, kragdrade)
die streekskenmerke distrik- en munisipale grense, sensusgebied grense die maatskaplike kenmerke (polisiekantore, skole)
die topografiese kenmerke (kontoere, natuurlike kenmerke)
die vervoer kenmerke (paaie, spoorlyne)
die water kenmerke (damme, riviere)
die aantal kopieë verlang die kontakbesonderhede en afleweringsadres die voorgestelde spertyd
Kaarte moet skriftelik (per e-pos/faks/brief) aangevra word van die Inligtingsdienste komponent by die adres wat verskaf word.
Tjek- of kontantbetalings sal aanvaar word. Tjeks moet uitgemaak word aan die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning.
Die volgende tariewe is op buite-kliënte van toepassing:
A0 papier - R44 per vel
A1 papier - R37 per vel
A2 papier - R30 per vel
A3 papier - R24 per vel
A4 papier - R24 per vel
DIE MAAK VAN JOU EIE KAARTE MET BEHULP VAN VORMLêERS
n Handleiding (162 KB - 4 bladsye) oor die saamstel van kaarte met die gebruik van ArcExplorer, kan afgelaai word.
Die vormlêers word in kompaklêerargiewe geberg. Daar word aanbeveel dat WinZip of 'n soortgelyke toepassing daarvoor gebruik word.
Sentrale Karoo
Weskus
VRYWARING
Die Department kan nie verantwoordelik gehou word vir enige foute wat in die datastelle mag voorkom nie.
GEBRUIK VAN RUIMTELIKE DATA
Alle ruimtelike data word sonder verspreidingsregte verskaf. Ruimtelike data wat deur die Departement verskaf is, mag nie in enige vorm (waarde toegevoeg of nie) vir enige liggame/partye buite jou betrokke organisasie/departement gekopieer, herversprei of verkoop word nie.
VOORSKRIFTE:
Kry meer besonderhede by:
Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Inligtingsdienste
Privaatsak X9086
Tel: 021 483 3688
Faks: 021 483 4185
Tel: 021 483 3499
Faks: 021 483 4185
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 April 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
