TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Dienste
Omgewing
Omgewingslisensies en -Permitte
Permitte om met Voertuie op die Strand te Ry en Lisensies om Geriewe vir die Tewaterlating van Bote te Bedryf
Permitte om met Voertuie op die Strand te Ry en Lisensies om Geriewe vir die Tewaterlating van Bote te Bedryf
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Die Department oorweeg aansoeke vir permitte om met voertuie op die strand te ry vir die doeleindes van wetenskaplike navorsing, ontspanning, die bedryf van toerisme en toegang tot private eiendom waar daar geen ander toegangspad is nie. Die Department oorweeg ook aansoeke vir lisensies om geriewe vir die tewaterlating van bote te bedryf.
Die aansoeke word ooreenkomstig die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur van 1998 geëvalueer, met spesifieke verwysing na Artikel 24 van die Wet, ten opsigte van die ondersoek, assessering en kommunikasie van die potensiële impak van die aktiwiteit waarvoor aansoek gedoen word. Die Department sien toe dat hierdie aansoeke met ander verwante aansoeke gekoördineer word, byvoorbeeld 'n huurooreenkoms ooreenkomstig die Strandwet van 1935, of 'n OIA-aansoek waar aansoek gedoen word vir konstruksie onderkant die hoogwatermerk.
Op grond van hierdie assessering sal 'n besluit deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning geneem word of die aktiwiteit waarvoor aansoek gedoen word, gemagtig word of nie.
Die skriftelike besluit word 'n Verslag van Besluit (VVB) genoem. Dit is 'n regsdokument waarin die voorvereistes vir die beskerming van die mens se gesondheid en dié van die omgewing uiteengesit word. Indien die aktiwiteit gemagtig word, word 'n permit of 'n lisensie by die Verslag van Besluit aangeheg - na gelang van watter een toepaslik is.
VOORSKRIFTE:
Nadere besonderhede:
Omgewingsbestuurder
Tel: 021 483 2994
Faks: 021 483 4372
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Akkommodasie en Kampeer-, Voetslaan- en Konferensiegeriewe in Wes-Kaapse Natuurreservate (Diens)
Uitreiking van Natuurbewaringspermitte (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 31 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
