






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > K &gt Beskerm jou Gesondheid

Beskerm jou Gesondheid



2002

Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)

OUTEUR: Provinsiale Departement van Gesondheid





ELKE VROU BO 30 BEHOORT 'N PAPSMEER TE ONDERGAAN

ALLE VROUE BENODIG 'N PAPSMEER

Wat is 'n Papsmeer?


* 'n Papsmeer is 'n eenvoudige, vinnige vaginale ondersoek om seker te maak dat die serviks (die baarmoederhals) gesond is.
* 'n Spesiale instrument wat 'n dokterstregter genoem word, word gebruik om die vagina oop te hou sodat die dokter of verpleegster die baarmoeder kan sien.
* 'n Paar selle word liggies van die baarmoeder afgeskraap en vir toetse na 'n laboratorium gestuur.
* Die uitslag van die toets sal na jou kliniek gestuur word, dus moet jy onthou om terug te gaan vir die uitslag.

Hoekom Behoort jy 'n Papsmeer te Ondergaan

'n Papsmeer spoor abnormale selle op wat later kanker van die serviks kan word.

Wat is Kanker van die Serviks?


* Kanker van die serviks is een van die mees algemene vorms van kanker onder vroue
* As kanker van die serviks vroeg opgespoor word, kan dit behandel en genees word.
* Alle vroue loop gevaar om kanker van die serviks te kry.
* Die gevaar om kanker van die serviks te kry verhoog namate jy ouer word.
* Jy loop steeds gevaar selfs al:
  * is jy nie seksueel aktief nie
  * is jy in of deur jou menopouse
  * beplan jy nie om nog kinders te h nie
  * is jy gesteriliseer
  * toon jy geen tekens of simptome nie.


Wanneer Behoort jy 'n Papsmeer te Ondergaan?


* Jy behoort minstens elke tien jaar van die vroe dertig af, 'n papsmeer te ondergaan.
* Jy behoort drie GRATIS papsmere te ondergaan, een in die dertig, een in die veertig en een in die vyftig.
* Di GRATIS papsmere is by jou naaste kliniek of gesondheidsentrum beskikbaar.

Jou Gesondheidregte

Jy is geregtig:
* op drie gratis papsmere in jou lewe, een elke tien jaar, van die vroe dertig af.
* om met waardigheid, respek en privaatheid behandel te word wanneer jy 'n papsmeer ondergaan.
* om jou gesondheidwerker te vra om die prosedure uiteen te sit.

Jou Verantwoordelikhede


* Jy moet verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid aanvaar.
* Jy moet teruggaan vir die uitslag van jou papsmeer.
* Jy moet opvolgbehandeling ondergaan as dit aanbeveel word.
* Jy moet die regte kontakbesonderhede gee sodat gesondheidwerkers met jou in verbinding kan tree as jy behandeling nodig het.


Die inligting kom uit 'n pamflet wat saamgestel is as deel van die Servikale Gesondheid Toepassingprogram (SGIP).





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Toetsing vir Servikale Kanker (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 28 Junie 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





