






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > B &gt Borsselfondersoek

Borsselfondersoek



2003

Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)

OUTEUR: Department of Health



OPSOMMING

Die brosjure bevat redes waarom 'n borsselfondersoek gereeld gedoen moet word.





ONTHOU

'n Borsselfondersoek kan jou bors en jou lewe red. Die meeste borsknoppe word deur vroue self opgespoor. Maar die meeste knoppe wat in die bors opgespoor word, is nie kanker nie. Wees veilig, wees seker.

WANNEER OM 'N BORSSELFONDERSOEK TE DOEN

Die beste tyd om 'n borsselfondersoek te doen is net na jou stonde, wanneer jou borste nie teer of geswel is nie. As jy nie gereelde stondes het nie en soms 'n maand oorslaan, moet jy die ondersoek op dieselfde dag elke maand doen.



HOE OM 'N BORSSELFONDERSOEK TE DOEN


1. L op jou rug en sit 'n kussing onder jou regterskouer. Plaas jou regterarm agter jou kop.
2. Gebruik die vingerkussings van die drie middelvingers aan jou linkerhand om te voel vir knoppe of verdikkings. Jou vingerkussings in die boonste derde van elke vinger.
3. Druk hard genoeg om te weet hoe jou bors voel. As jy nie seker is hoe hard om te druk nie, vra jou gesondheidsorgverskaffer. Of probeer die manier namaak waarop jou gesondheidsorgverskaffer die vingerkussings tydens 'n borsondersoek gebruik. Leer hoe jou bors die meeste van die tyd voel. 'n Ferm rif in die onderste kurwe van elke bors is normaal.
4. Beweeg op 'n vaste manier om die bors. Jy kan of die sirkel (A), die op-en-aflyn (B), of die wig (C) kies. Doen dit elke keer op dieselfde manier. Dit sal jou help om seker te maak dat jy die hele borsgebied gedek het, en om te onthou hoe jou bors voel.
5. Ondersoek nou jou linkerbors met jou regterhand se vingerkussings.
6. As jy op enige veranderings afkom, spreek dadelik jou dokter.


VIR BYKOMENDE VEILIGHEID

Jy behoort ook jou borste na te gaan terwyl jy voor 'n spiel staan nadat jy elke maand jou borsselfondersoek gedoen het. Kyk of jou borste enigsins anders lyk: dimpels op die vel, veranderings aan die tepel, of rooiheid of swelsels. Jy kan ook dalk 'n borsondersoek doen terwyl jy stort. Jou seperinge hande sal oor die nat vel gly en dit maklik maak om seker te maak hoe jou borste voel.








This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Toetsing vir Borskanker (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Junie 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





