TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Beroepsgesondheidspamflet
Departement van Arbeid (Die Regering van Suid-Afrika)
OPSOMMING
Maklik toeganklike inligting vir werkers oor wat gebeur wanneer iemand 'n werksbesering of -siekte opdoen.
Wat gebeur as ek by die werk beseer word?
En as ek 'n siekte opdoen?
Wat van wetgewing?
n Paar handige kontaknommers
WAT GEBEUR AS EK BY DIE WERK BESEER WORD?
Stappe om te doen:
Stel Dadelik jou Toesighouer in Kennis (skriftelik, indien moontlik, maar beslis voor die einde van die skof). Kry Noodhulpbehandeling indien nodig.
Die Werkgewer moet die "Werkgewer se Verslag oor Ongeluk-"vorm invul en Deel B aan jou gee, wat jy aan die dokter moet gee wat jou behandel.
Die dokter wat jou behandel moet die "Eerste Mediese Verslag" en 'n Mediese Rekening voltooi.
As jou besering baie ernstig is en lank neem om te genees, moet jou dokter elke maand 'n "Vorderings Mediese Verslag" invul.
As jou toestand bestendig is, sal jou dokter die "Finale Mediese Verslag" invul.
Jou werkgewer moet die "Hervattingsverslag" voltooi wanneer jy na die werk terugkeer.
EN AS EK 'N SIEKTE OPDOEN?
Beroepsiektes word veroorsaak deur toestande waaraan 'n persoon blootgestel word in die werkplek. Daar is 28 kategorië van Beroepsiektes wat erken word deur die Kompensasiekommissaris (Skedule 3).
Stappe om te Doen:
Werker stel werkgewer in kennis.
Werkgewer stuur die verslag aan die Kommissaris.
Dokter dien die mediese verslae in (waaronder die vorderings- en finale mediese verslae).
Werkgewer vul die "Hervattingsverslag" in.
WAT VAN WETGEWING?
Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, 1993 (soos gewysig)
Dek Gesondheid en Veiligheid in die meeste beroepe
Geadministreer deur die Departement van Arbeid
Wet op Myngesondheid en -veiligheid, 1996
Dek Gesondheid en Veiligheid in die Mynbedryf
Geadministreer deur die Departement van Minerale en Energie
Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1993
Dek vergoeding vir ongelukke en siektes in die meeste werkplekke en die mynbedryf
Geadministreer deur die Departement van Arbeid
Wet op Beroepsbeserings in Myne en Werke, 1973
Wysigingswet op Beroepsiektes in Myne en Werke, wet 60 van 2002
Dek vergoeding vir siektes in die Mynbedryf
Geadministreer deur die Departement van Gesondheid
Wet op Basiese Indiensnemingsvoorwaardes, wet 75 van 1997
Dek, onder meer, basiese indiensnemingsvoorwaardes
Geadministreer deur die Departement van Arbeid
Wet op Arbeidsverhoudinge
Dek, onder meer, hoe die verhouding tussen werkgewer en werknemer gereguleer word
Geadministreer deur die Departement van Arbeid
HANDIGE KONTAKNOMMERS
Departement van Arbeid
Departement van Minerale en Energie
Hoofinspekteur Beroepsgesondheid en -veiligheid
Pretoria
Nasionale Sentrum vir Beroepsgesondheid (NSBG)
Pretoria
Pretoria
Vir Vergoedingseise, Raad en Bystand
Vergoedingskommissaris
Pretoria
Departement van Arbeid
Advieskantoor
Advieskantoor
Advieskantoor
Advieskantoor
Advieskantoor
Vir Programsteun
Provinsiale Regering van die Wes-Kaap
Departement van Gesondheid
Vir Beroepsbeserings of -siektes
Werksgesondheid-beroepsiekteskliniek
Kaap
VERWANTE INLIGTING
Beroepsgesondheidsdienste (Diens)
Meld 'n Gevaarlike Werkplek aan (Diens)
Vergoedingseise vir Beroepsbeserings of -siektes (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 2 Februarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
