






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > U &gt Handves van Pasinteregte

Handves van Pasinteregte



2002

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)



OPSOMMING

Di dokument omskryf die regte en verantwoordelikhede van pasinte wat gesondheidsorg betref.






REGTE


Dekades lank het die oorgrote meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking f 'n ontkenning f die skending van basiese menseregte ervaar, waaronder die reg tot gesondheidsorgdienste. Om die verwesenliking te verseker van die reg tot toegang tot gesondheidsorgdienste soos gewaarborg in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet Nr 108 van 1996), is die Departement van Gesondheid daaraan toegewy om die reg gestand te doen, te bevorder en te beskerm en verklaar dus di HANDVES VAN PASINTEREGTE tot 'n algemene standaard vir die bereiking van die verwesenliking van die reg.

Die Handves is onderworpe aan die voorskrifte van enige wet wat in die Republiek van Suid-Afrika van krag is en aan die geldelike vermo van die land.


'n Gesonde en veilige omgewing

Almal het die reg op 'n gesonde en veilige omgewing wat hulle fisiese en geestelike gesondheid of welstand verseker, waaronder 'n voldoende voorraad water, sanitasie en vullisverwydering, sowel as beskerming teen alle vorme van omgewingsgevaar, soos besoedeling, ekologiese agteruitgang of besmetting.





Deelname aan besluitneming

Elke burger het die reg om deel te neem aan die ontwikkeling van die gesondheidsbeleid en almal het die reg om deel te neem aan besluitneming oor sake wat mense se gesondheid raak





Toegang tot gesondheidsorg

Almal het die reg op toegang tot gesondheidsorgdienste, waaronder:

1. tydige noodsorg by enige gesondheidsorggerief wat oop is, ongeag of die persoon in staat is om te betaal;
2. behandeling en rehabilitasie waaroor die pasint ingelig moet word om die pasint in staat te stel om die behandeling of rehabilitasie en die gevolge daarvan te verstaan;






1. voorsiening vir spesiale behoeftes in die geval van pasgebore babas, kinders, swanger vroue, bejaardes, gestremde mense, pasinte wat pyn verduur, mense wat met MIV leef of vigspasinte;
2. berading sonder diskriminasie, dwang of geweld oor sake soos voortplantingsgesondheid, kanker of MIV en vigs;
3. verligtingsorg wat bekostigbaar en doeltreffend is by ongeneeslike of terminale siektes;
4. 'n positiewe houding deur gesondheidsorgverskaffers wat hoflik is en respek, geduld, empatie en verdraagsaamheid toon; en
5. gesondheidsinligting waaronder die beskikbaarheid van gesondheidsdienste en hoe om die dienste ten beste te gebruik. Die inligting sal beskikbaar wees in die taal wat die pasint verstaan.



Knowledge of one's health insurance/medical aid scheme

'n Lid van 'n gesondheidsversekeringskema of mediese hulpskema is geregtig op inligting oor die versekering of mediese hulpskema en om waar nodig, die besluite van die gesondheidsversekerings- of mediese hulpskema wat die lid raak, uit te daag.





Keuse van gesondheidsdienste

Almal het die reg om 'n spesifieke gesondheidsorgverskaffer te kies vir dienste of 'n spesifieke gesondheidsgerief vir behandeling, mits die keuse nie indruis teen die etiese standaarde wat van toepassing is op sulke gesondheidsorgverskaffers of geriewe nie, en die keuse van geriewe ooreenstem met voorgeskrewe diensverskaffingsriglyne.





Om behandel te word deur 'n uitgekende gesondheidsorgverskaffer

Almal het die reg om te weet wie die persoon is wat die gesondheidsorg verskaf en moet daarom versorg word deur duidelik uitgekende gesondheidsorgverskaffers.





Vertroulikheid en privaatheid

Inligting oor iemand se gesondheid, waaronder inligting oor die behandeling, mag net bekend gemaak word met ingeligte toestemming, behalwe wanneer dit vereis word kragtens enige wet of hofbevel.





Ingeligte toestemming

Almal het die reg op volledige en akkurate inligting oor die aard van 'n mens se siekte, diagnostiese prosedures, die voorgestelde behandeling en die betrokke koste, sodat 'n besluit geneem kan word oor enige van die aspekte.





Weiering van behandeling

'n Mens mag behandeling weier en die weiering kan mondelings of skriftelik wees, op voorwaarde dat die weiering nie ander mense se gesondheid in gevaar stel nie.





Verwysing vir 'n tweede opinie

Almal het die reg om op versoek vir 'n tweede opinie verwys te word na 'n gesondheidsorgverskaffer van 'n mens se keuse.








Voortgesette sorg

Niemand mag eenkant geskuif word deur 'n professionele gesondheidswerker of gesondheidsgerief wat aanvanklik verantwoordelikheid aanvaar het vir die persoon se gesondheid nie.





Klagtes oor gesondheidsdienste

Almal het die reg om te kla oor gesondheidsorgdienste, om sulke klagtes te laat ondersoek en om 'n volledige antwoord te kry oor die ondersoek.








VERANTWOORDELIKHEDE

Elke pasint of klint het die volgende verantwoordelikhede:


* om gesondheidsorgverskaffers in te lig oor hulle wense rakende hulle dood.
* om te voldoen aan die voorgeskrewe behandeling- of rehabilitasieprosedures.
* om navraag te doen oor die koste van behandeling en/of rehabilitasie en om relings te tref vir die betaling.
* om gesondheidsrekords wat in hulle besit is te bewaar.
* om hulle gesondheid op te pas.
* om die omgewing te bewaar en te beskerm.
* om die regte te respekteer van ander pasinte en gesondheidsorgverskaffers.
* om die gesondheidsorgstelsel reg te gebruik en nie misbruik daarvan te maak nie.
* om hulle plaaslike gesondheidsdienste te ken en te weet wat hulle aanbied.
* om toepaslike en korrekte inligting te verskaf aan gesondheidsorgverskaffers vir diagnostiese, behandelings, rehabilitasie of beradingsdoeleindes.






This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* HIV/AIDS and Rights (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 274 KB) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Desember 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





