TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Premier van die Wes-Kaap
Projekte
Suid Afrika en die Wes Kaap
100 Dae Depositos: Die Tuiste vir Almal
Dae Depositos: Die Tuiste vir Almal
OORSIG
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
KONTAK
EINDE:
BESKRYWING:
Die Wes-Kaap is in die eerste 100 dae as 'n tuiste vir almal bevorder deur:
Regeringsinligting vir almal meer toeganklik te maak
Die versnelling van die wetgewende proses van die Wetsontwerp op die Wes-Kaapse Jeugkommissie en die Wetsontwerp op die Provinsiale Ontwikkelingsraad
Ingryping om die heropening van die Novel-fabriek in Atlantis te verseker
Kaapse Toegang is daarop gemik om aan die armer mense van ons provinsie (wat nie rekenaars kan bekostig nie) toegang tot rekenaars, die internet, e-pos, en inliging oor regeringsdienste, wat tans op die Cape Gateway webblad beskikbaar is, te gee. Kaapse Toegang wil dit met twee projekte bereik:
Die Plattelandse Gemeenskap Toegangprojek
Vorige pogings om rekenaars en die internet na plattelandse of benadeelde gemeenskappe te bring het nie daarin geslaag om eers die belangstelling en belegging van die gemeenskap wat gedien word in te win nie. Dit het veroorsaak dat die bron nie behoorlik benut is nie.
Kaapse Toegang volg 'n langtermyn benadering met die Plattelandse Gemeenskappe Toegangprojek deur eers e-gemeenskapforums in bepaalde gemeenskappe te stig. Die forums bestaan uit verteenwoordigers van alle dele van die gemeenskap wat 'n belang by toegang het.
Die e-gemeenskapforums kan dan vennootskappe vorm en steun rondom bestaande rekenaar- en internet-geriewe opbou. Dit sluit dié in skole en Veeldoelige Gemeenskapsentrums (VDGS's) in. Hulle kan ook deur inisiatiewe soos die Bibliotekeprojek die gepaste en werkbare instelling van toegang tot nuwe geriewe verseker.
Ses toets e-gemeenskapforums, wat uiteenlopende gemeenskappe dek, is in die 100 dae gestig, naamlik:
Bitterfontein
Struisbaai
Die blote gebruik van bestaande geriewe is dalk nie altyd genoeg nie, veral nie in gebiede waar daar min fasiliteite is nie. Die Bibliotekeprojek is dus gemik op die bekendstelling van toegang tot biblioteke.
Drie toetsbiblioteke, wat verspreide kenmerke van diep-platteland, half-stedelik en stedelik het, is gekies. Dié plekke is ook tegnies beoordeel om lewensvatbaarheid te verseker. Waardevolle lesse behoort in die toetstydperk van die biblioteekprojekte geleer te word, wat die uitbreiding van die projek sal rig. Die biblioteke wat in die 100 dae beoordeel en gekies is, is:
Premier Rasool moedig mense aan om Cape Gateway te gebruik om meer oorregeringsinligting en -dienste te wete te kom.
Struisbaai
Bitterfontein
Kaapse Toegang is 'n langtermyn program. Mense wat nie internettoegang het nie, kan egter reeds telefonies toegang tot die inligting oor regeringsdienste op die Cape Gateway webblad kry (0860 142 142), of hulle kan die instapsentrum by Langstraat 142, Kaapstad besoek.
WETGEWING
Die Wetsontwerp op die Wes-Kaapse Jeugkommissie is op 17 Augustus 2004, binne die 100 dae van die nuwe regering, by die Provinsiale Parlement ingedien.
Die Wetsontwerp het toe vir kommentaar in die Staatskoerant verskyn. As die 21-dae kommentaartydperk verstryk het, sal die betrokke Komitee die kommentaar wat ontvang is oorweeg voordat die finale Wetsontwerp bespreek en deurgevoer word.
Die voorgestelde Jeugkommissie se rol sal wees om die regering te help om die programme van die regering te monitor en te beoordeel in soverre die uitkomste daarvan die jeug raak. Sowat 65% van die provinsie se bevolking is jonger as 35.
Die Kommissie sal ook verantwoordelik wees vir die bevordering van eenheid en patriotisme onder die jeug en as 'n verbinding met Nasionale, ander Provinsiale en Plaaslike Regering jeugstrukture dien.
Die voorgestelde struktuur vir die Kommissie is drie voltydse lede en nie meer as ses deeltydse lede nie. 'n Hoof-uitvoerende beampte sal die leiding neem.
Die Wysigingswetsontwerp op die Provinsiale Ontwikkelingsraadwet is binne die 100 dae van die nuwe regering by die Provinsiale Parlement ingedien en op 18 Junie 2004 vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer.
Die Provinsiale Ontwikkelingsraad is 'n statutêre raad wat verantwoordelik is vir die koördinering, inisiëring en fasilitering van konsensus onder belanghebbers in die provinsie. Die wysigingswet is nodig om die uitgediende wet waaronder die raad val op datum te bring.
Met die sluiting van die Novel-fabriek in Atlantis se deure sou sowat 300 werknemers hulle werk verloor het. Die Premier se kantoor het betrokke geraak en gereël dat geld deur 'n swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappy beskikbaar gestel is vir die aankoop en heropening van die fabriek. Die fabriek is een dag na die eerste 100 dae van die nuwe regering geopen.
Terug na 100 Dae Depositos: Rapport
GEBORG DEUR:
Premier van die Wes-Kaap (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 Mei 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
