TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Vervoer en Openbare Werke
Publikasies
Vorms: 
DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE - VORMS: 
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
FASILITEITE
KONTAK
Vorms alfabeties gelys volgens titel.
Vorm ADS: Aansoek om Registrasie as Motorhandelaar
Hierdie aansoekvorm moet ingevul word om 'n besigheid as motorhandelaar te registreer. 
Vorm ADV: Aansoek om Deregistrasie (Skrapping) van Motorvoertuig
Hierdie vorm moet ingevul word indien u u voertuig om enige rede moet deregistreer, byvoorbeeld indien u voertuig gesteel word. 
Vorm ALV moet ingevul word wanneer 'n voertuig vir die eerste keer gelisensieer word of wanneer die voertuiglisensie jaarliks hernu word. 
Indien 'n voertuig uit onderdele opgebou is, moet die persoon wat dit gebou het, 'n beëdigde verklaring te dien effekte aflê. 
Vorm CDV: Aansoek om Sertifikaat/Duplikaatdokument ten opsigte van Motorvoertuig
Hierdie vorm moet ingevul word indien u 'n gewaarmerkte of duplikaatafskrif van u motorregistrasiedokumente verlang. 
Vorm CNV: Verandering van Besonderhede van / Kennisgewing ten opsigte van Motorvoertuig
Indien u voertuigbesonderhede verander, moet u die registrasiebesonderhede bywerk deur hierdie vorm in te vul. 
Vorm KVB: Kennisgewing van Verandering van Adres of Besonderhede van Persoon of Instelling
Hierdie vorm moet ingevul word om die owerheid van verandering van u adres of ander besonderhede in kennis te stel. 
Vorm MHN1: Aansoek en Kennisgewing ten opsigte van Motorhandelnommer en Permitte
Hierdie vorm moet ingevul word om aansoek te doen om 'n motorhandelnommer of motorhandelpermit. 
Vorm MNP: Aansoek en Kennisgewing ten opsigte van Registrasie van 'n Vervaardiger van Nommerplate
Hierdie aansoekvorm moet ingevul word om 'n besigheid as 'n vervaardiger van nommerplate te registreer. 
Vorm NCO: Kennisgewing van Verandering van Eienaarskap/Verkoop van Motorvoertuig
Indien u u voertuig verkoop, word van u vereis om die owerheid daarvan in kennis te stel deur vorm NCO in te vul. 
Hierdie aansoekvorm moet ingevul word om 'n nuut-aangeskafte voertuig (nuut of tweedehands) te registreer. 
Vorm SLN1: Aansoek ten opsigte van Spesiale Lisensienommer vir Motorvoertuig
Hierdie vorm moet ingevul word om aansoek te doen om 'n spesiale of persoonlike lisensienommer. 
Vorm TLG: Aansoek om Terugbetaling van Lisensiegelde
U lisensiegelde kan in sekere gevalle aan u terugbetaal word. Om vir terugbetaling aansoek te doen, moet vorm RLF ingevul word. 
Vorm TSP1: Aansoek om Tydelike/Spesiale Permit
Hierdie vorm moet ingevul word om aansoek om 'n tydelike of spesiale permit te doen. 
Vorm VIB: Aansoek en Kennisgewing ten opsigte van Registrasie van 'n Vervaardiger / Invoerder / Bouer van Voertuie
Hierdie aansoekvorm moet ingevul word om 'n maatskappy as 'n vervaardiger, invoerder of bouer van motorvoertuie te registreer. 
Vorm VRK: Verklaring ten opsigte van Verlore Dokumente
Indien u voertuigdokumente verlore geraak het, moet u dit verklaar deur hierdie vorm in te vul. 
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 28 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
