TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
Dienste
Gesondheid
Geestesgesondheid
Hulp met Dwelmmisbruik
Hulp met Dwelmmisbruik
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Gemeenskapsgebaseerde geestesgesondheidsorgdienste is op primêre en hospitaalvlak beskikbaar vir kinders, adolessente en volwassenes met probleme met die misbruik van dwelmmiddels.
Kliënte met probleme met die misbruik van dwelmmiddels kan toegang kry tot behandeling by klinieke vir primêre geestesgesondheid.
Detoksifikasie vir buitepasiënte kan, indien nodig, op primêre vlak aangebied word. Kliënte wat van dwelmmiddels afhanklik is, kan, afhangend van die middel en ander faktore, matige tot erge onttrekkingsimptome ervaar wanneer hulle ophou om die middels te gebruik. Detoksifikasie is 'n mediese ingryping wat help om die fisiese en psigologiese impak te beperk en om moontlike mediese risiko's van onttrekking van die middel te bestuur voordat die kliënt vir verdere behandeling en rehabilitasie gaan.
Wanneer 'n kliënt se probleem met die misbruik van dwelmmiddels meer intensiewe dienste benodig, is die onderstaande dienste beskikbaar.
Streekshospitale (sekondêre vlak) bied detoksifikasiedienste aan vir mense met alkohol- en dwelmafhanklikheid voor toelating tot die sentrums vir die behandeling van dwelmmisbruik vir verdere behandeling en rehabilitasie.
De Nova Behandelingsentrum in Kraaifontein word ten volle deur die Departement van Maatskaplike Dienste gesubsidieer en verskaf binnepasiëntbehandeling vir mense met alkohol- en dwelmafhanklikheid. Die diens is vir behoeftige kliënte en vir dié wat deur die kriminele regstelsel verwys is. Psigiatriese en psigologiese dienste word op 'n sessiebasis aangebied deur professionele geestesgesondheidswerkers wat in diens van die Departement van Gesondheid is.
Sekere sentrums vir die behandeling van dwelmmisbruik wat deur nie-regeringsorganisasies bedryf word, is geregistreer by en word gedeeltelik gesubsidieer deur die Departement van Maatskaplike Dienste. 'n Paar private sentrums vir die behandeling van dwelmafhanklikheid is deur die Departement van Gesondheid gelisensieer om programme vir die misbruik van dwelmmiddels, met inbegrip van detoksifikasieprogramme, aan te bied. Stikland Hospitaal bied ook 'n alkoholrehabilitasiediens vir binnepasiënte aan.
VOORSKRIFTE:
Elke sentrum het spesifieke prosedures vir verwysing. Inligting oor hierdie prosedures kan verkry word deur die sentrums te skakel. Kontakbesonderhede van die sentrums verskyn in die geestesgesondheidsgids.
VERSKAF BY:
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Rehabilitasiedienste (Diens)
Ingryping by Risiko-jeugdiges (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
