TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
Dienste
Gesondheid
Geestesgesondheid
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Die Primêre Gesondheidsorgdiens spoor algemene geestesgesondheidstoestande op, diagnoseer en behandel dié toestande, en reël die verwysing van meer ingewikkelde geestesgesondheidsprobleme na meer gepaste vlakke van geestesgesondheidsorg.
As jy aan 'n geestesgesondheidstoestand ly, kan jy na jou plaaslike kliniek gaan waar 'n gesondheidswerker jou sal assesseer en aanvanklike behandeling sal aanbied.
In die Metro-, Suid-Kaap/Karoo- en Weskus/Wynland-streke, kan die gesondheidswerker jou verwys na meer gespesialiseerde sorg wat aangebied word deur 'n geestesgesondheidsverpleegkundige (psigiatriese verpleegkundige), waar beskikbaar. Jy sal 'n afspraak moet maak om die geestesgesondheidsverpleegkundige by die kliniek te spreek, aangesien die verpleegkundige elke week verskeie klinieke besoek. Die geestesgesondheidsverpleegkundige kan jou geestesgesondheidstoestand verder assesseer om haar in staat te stel om die mees doeltreffende behandeling te gee. Behandeling kan medikasie sowel as individuele of groepsberading en ondersteuning oor die kort termyn behels. Die geestesgesondheidsverpleegkundige kan die streekspsigoloog of -psigiater (of ander lede van die geestesgesondheidspan in die streek) raadpleeg wanneer bykomende kundigheid benodig word. Indien nodig, kan die geestesgesondheidsverpleegkundige 'n afspraak met een van hierdie spesialiste reël vir verdere assessering by die primêregesondheidsorgkliniek. In die Boland/Overberg-streek word geestesgesondheidsorg by primêregesondheidsorgklinieke aangebied. Die verpleegkundiges kan ondersteuning kry by die geestesgesondheidsverpleegkundige of die psigiater.
Buiten kliniekbesoeke mag bykomende ondersteuning nodig wees om goeie geestesgesondheid te bevorder en in stand te hou en, waar nodig en waar beskikbaar, kan kliënte aangeraai word om aan te sluit by ondersteuningsgroepe vir psigososiale rehabilitasie. Raadpleeg die geestesgesondheidsgids of vra jou plaaslike kliniek of geestesgesondheidsverpleegkundige vir inligting oor groepe in jou omgewing. Sommige groepe word gelei deur werkers van die Departement van Gesondheid terwyl ander, veral dié in die Metro-streek, deur NRO's aangebied word en gedeeltelik deur die Departement gesubsidieer word.
Die Departement van Gesondheid gee ook gedeeltelike subsidies aan NRO's in sommige streke wat groephuise het vir volwassenes met geestesiektes en dagsorgsentrums vir kinders onder die ouderdom van 18 jaar met diepgaande en ernstige intellektuele gestremdhede. Navrae oor plek by hierdie fasiliteite wat deur NRO's bedryf word, moet aan die betrokke NRO gerig word. (Kyk geestesgesondheidsgids)
Die volgende hulplyne kan ook geskakel word vir hulp:
Angs- en Depressie hulplyn: 011 783 1474
Dwelmverslawinghulplyn: 088 130 0327
Alkoholiste Anoniem: 021 592 5047
Die onderstaande organisasies kan ook van hulp wees:
Privaat sak X46
Tel. 011 242 9600
Tel. 021 447 9040
Wes-Kaapse Forum vir Geestesgestremdheid
Tel. 021 510 4686
Inligtingsentrum vir Geestesgesondheid
Departement Psigiatrie
Posbus 19063
Tolvry: 0800 600 411
Kindersorg-inligtingsentrum
Moeder- en Kindergesondheidsinligting- en Hulpbronsentrum
Die Kindergesondheidseenheid
Tel. 021 685 4103
VOORSKRIFTE:
Persone wat 'n plaaslike kliniek die eerste keer besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal verlang word as jy 'n hospitaal besoek. Hospitale sal jou vra om jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) te toon. Bring jou hospitaalkaart saam indien jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
VERWANTE INLIGTING
Wat Is Geestesgesondheid? (Openbare Inligting)
Geestesgesondheidshospitaaldienste (Diens)
Rehabilitasiedienste (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 Julie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
