TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
FASILITEITE
KONTAK
-8 Augustus 2003 is Agri Femina Week. Die Wes-Kaapse Departement Landbou erken die rol wat vroue in hierdie voorheen deur mans gedomineerde sektor speel deur middel van 'n diverse weeklange program gemik op alle vroue wat op enige vlak van die landbousektor betrokke is.
Vir jare is landbou beskou as die uitsluitlike domein van die man, terwyl vroue vir net so lank reeds verantwoordelik is vir voedselsekuriteit in die samelewing. Een van die uitdagings van die Departement Landbou is om hierdie persepsie wat vroue ontmoedig om landbou as loopbaan te oorweeg, reg te stel.
Een van die maniere waarop die Departement vroue vir hul onontbeerlike bydrae vereer en hulle aandmoedig om by landbou betrokke te raak en te bly, is die jaarlikse Vroue Boer van die Jaar Kompetisie. Die Wes-Kaapse Departement Landbou het egter vanjaar besluit om hierdie fokus op vroue boere uit te brei na alle vroue betrokke in die landboubedryf, soos vroulike plaaswerkers, agri-besigheidsvroue en vroulike uitvoerders van landbouprodukte. Vir hierdie doel is Agri Femina Week 2003 in die lewe geroep en val die week saam met vieringe vir Nasionale Vrouedag op 9 Augustus.
Die program van die week maak voorsiening vir die onderskeie groepe op verskillende dae met uiteenlopende onderwerpe en voorleggings wat nou aansluit by die spesifieke behoeftes van die betrokke groep.
Op Maandag, 4 Augustus, bied die Elsenburg Landboukollege 'n program aan vir 'n groep hulpbronarm vroue boere wat deelneem aan die jaarlikse Vroue Boer Kompetisie in die kategorie vir produsente vir huishoudelike gebruik. Die fokus van die kursus is gemeenskapsontwikkeling aangesien hierdie vroue rolmodelle in hulle onderskeie gemeenskappe is en daar 'n bydrae het om te lewer.
Dinsdag, 5 Augustus se program is vir alle vroue betrokke by kommersiële boerdery. Die program dek onderwerpe soos marknavorsing aangebied deur Markinor, 'n voorlegging oor wat die verbruiker wil hê deur Woolworths, die Beginners Gids oor Euregap: naspeurbaarheid van produkte, asook die kwessie van kostemodelle.
Die Departement, in samewerking met die Kaapse Vroue Forum, bied op Woensdag, 6 Augustus 'n program aan 'n groep vroue plaaswerkers wat deur die Forum as gesondheidswerkers opgelei is en op verskillende plase in die omgewing werksaam is.
Donderdag, 7 Augustus, word gewy aan alle besigheidsvroue in die landbousektor, en spesifiek dié betrokke by uitvoere. Aanbiedings sal handel oor onder andere vrye handelsooreenkomste, kredietwaarborge, marknavorsing en inspeksies van uitvoerprodukte.
Alle programme sal op die plaas, Elsenburg, hoofkantoor van die Wes-Kaapse Departement Landbou buite Stellenbosch, aangebied word. Vroue wat belangstel om die onderskeie halfdag werkswinkels by te woon, kontak vir Charlene Nieuwoudt by 808 5008 of charlenen@elsenburg.com vir verdere inligting en inskrywingsvorms. Kostes vir die dag vir vroue betrokke by kommersiële boerdery en die dag vir landboubesigheidsvroue en dié betrokke by landbou-uitvoere beloop R100 per persoon. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Julie 2003.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Desember 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
