TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Binnelandse Sake
Dienste
Reis en Toerisme
Reis
Doen aansoek om 'n paspoort
Doen aansoek om 'n paspoort
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Indien jy 'n Suid-Afrikaanse burger is en na 'n ander land reis, moet jy 'n Suid-Afrikaanse paspoort hê.
Daar is verskeie tipes paspoorte:
toeristepaspoort kinderpaspoort amptelike paspoort noodpaspoort tydelike paspoort dokument vir reisdoeleindes
TOERISTEPASPOORT
Toeristepaspoorte word aan Suid-Afrikaanse burgers ouer as 16 jaar uitgereik.
Om aansoek te doen, moet jy vorm BI-73 invul en dit by 'n plaaslike kantoor van Binnelandse Sake indien of, indien jy oorsee is, by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie.
Jy moet ook:
bewys van jou identiteit kan toon;
twee paspoortfoto's indien;
jou vingerafdrukke laat neem, en n bedrag van R165 betaal.
Dit sal ongeveer ses weke duur om die aansoek te verwerk en die paspoort uit te reik.
Hierdie paspoort is vir tien jaar geldig.
KINDERPASPOORT
Hierdie paspoort word aan kinders jonger as 16 jaar uitgereik.
Om aansoek te doen, moet jy vorm BI-73 invul en dit by 'n plaaslike kantoor van Binnelandse Sake indien of, indien jy oorsee is, by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie.
Jy moet ook:
bewys van jou identiteit kan toon;
twee paspoortfoto's indien;
jou vingerafdrukke laat neem, en die bedrag van R125 betaal.
Dit sal ongeveer ses weke duur om die aansoek te verwerk en die paspoort uit te reik.
Hierdie paspoort is vir vyf jaar geldig.
AMPTELIKE PASPOORT
Hierdie paspoort word aan Suid-Afrikaanse amptenare uitgereik wat vir amptelike doeleindes reis.
Om aansoek te doen, moet jy vorm BI-73 invul en dit by 'n plaaslike kantoor van Binnelandse Sake indien of, indien jy oorsee is, by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie.
Jy moet ook:
bewys van jou identiteit kan toon;
twee paspoortfoto's indien, en jou vingerafdrukke laat neem.
Hierdie paspoort is vir vyf jaar geldig.
NOODPASPOORT
Hierdie dokument kan aan Suid-Afrikaanse burgers uitgereik word wat dringend moet reis en waar daar nie genoeg tyd is om 'n aansoek om 'n paspoort te verwerk nie.
Om aansoek te doen, moet jy vorm BI-73 invul en dit by 'n plaaslike kantoor van Binnelandse Sake indien of, indien jy oorsee is, by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie.
Jy moet ook:
bewys van jou identiteit kan toon;
twee paspoortfoto's indien;
jou vingerafdrukke laat neem, en die bedrag van R76 betaal.
Dit sal ongeveer 'n week duur om die aansoek te verwerk en die sertifikaat uit te reik.
Hierdie sertifikaat is vir vyf jaar geldig en kan slegs vir 'n enkele reis gebruik word.
TYDELIKE PASPOORT
Hierdie paspoort word aan Suid-Afrikaanse burgers uitgereik wat weens 'n geldige rede dringend moet reis en nie kan wag tot hul werklike paspoorte uitgereik is nie.
Om aansoek te doen, moet jy vorm BI-73 invul en dit by 'n plaaslike kantoor van Binnelandse Sake indien of, indien jy oorsee is, by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie.
Jy moet ook:
bewys van jou identiteit kan toon;
twee paspoortfoto's indien;
jou vingerafdrukke laat neem, en die bedrag van R96 betaal.
Dit sal ongeveer 'n week duur om die aansoek te verwerk en die tydelike paspoort uit te reik.
Hierdie sertifikaat is vir 12 maande geldig.
Let asseblief daarop dat 'n bedrag van R12 betaalbaar is indien vingerafdrukke per faks gestuur moet word in gevalle waar dringende verifikasie vereis word.
REISDOKUMENT
Hierdie dokument word uitgereik aan mense wat 'n permanente verblyfpermit vir Suid-Afrika het en nie reisdokumente van hul eie lande kan verkry nie, byvoorbeeld vlugtelinge en staatlose mense wat wettig in Suid-Afrika woonagtig is.
Om aansoek te doen, moet jy vorm BI-73 invul en dit by 'n plaaslike kantoor van Binnelandse Sake indien of, indien jy oorsee is, by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie.
Jy moet ook:
bewys van jou identiteit kan toon;
twee paspoortfoto's indien;
jou vingerafdrukke laat neem, en die bedrag van R120 betaal.
Dit sal ongeveer ses weke duur om die aansoek te verwerk en die tydelike reisdokument uit te reik.
Hierdie dokument is vir vyf jaar geldig.
VOORSKRIFTE:
Vir meer inligting, besoek die webwerf van die Departement van Binnelandse Sake of kontak die kantoor van Binnelandse Sake naaste aan jou.
VERSKAF BY:
Binnelandse Sake-kantore
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Paspoort
Aanvanklik
Vervanging
Toeristepaspoort
Kinderpaspoort
Amptelike paspoort
Geen
Geen
Noodpaspoort
Tydelike paspoort
VERWANTE INLIGTING
Werk-, Studie- en Ander Permitte (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 November 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering