VOORWAARDES VIR N SPESIALE BEDELING VIR DIE PRESIDENSILE BEGENADIGINGSPROSES TEN OPSIGTE VAN SEKERE OORTREDERS
1. 	
NADEMAAL daar individue is wat veroordeel is vir die pleging van oortredings wat hulle glo ter bevordering van politieke doelwitte was; 

2. 	
EN NADEMAAL daar voor die aanvang van die nuwe Grondwetlike bedeling en daarna amnestie- en vrywaringswette verorden en toegepas is om kriminele (en in sommige gevalle, siviele) aanspreeklikheid by persone wat voor 1994 oortredings voortvloeiend uit konflikte in die verlede [met n politieke doelwit] begaan het, uit te wis of van hul kriminele rekords te skrap, het sodanige wette, naamlik die Vrywaringswet (Wet 35 van 1990), die Aanvullende Vrywaringswet (Wet 15 van 1992) en die Wet op Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening (Wet 34 van 1995) (die WVK-wet), verval en kan dit nie langer aangewend word om die saak onder bespreking te behandel nie. 

3. 	
EN NADEMAAL die President alle ander tersaaklike statutre bepalinge oorweeg het en daarin geen bestaande maatrels kon vind wat geskik is om op die spesifieke saak onder bespreking toegepas te word nie;  

4. 	
EN NADEMAAL Artikel 84(2)(j) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, Wet 108 van 1996) soos gewysig) bepaal dat die President verantwoordelik is vir die algehele grasie of begenadiging van oortredings en die terugverwysing van enige boetes, vergoedingsomme of verbeurdverklarings. 

5. 	
EN NADEMAAL die President n spesiale bedeling verklaar het om 


afsluiting te verkry van sake rakende die veroordelings van  persone wat na 
bewering oortredings begaan het in die nastrewing van politieke doelwitte. 
DERHALWE 
1 	STIGTING VAN N VERWYSINGSGROEP (VG) 
1.1 	     Word n Verwysingsgroep (VG) bestaande uit verteenwoordigers van politieke organisasies hiermee tot stand gebring. 
1.2 	
By die eerste sitting van die Verwysingsgroep moet lede onder mekaar n Voorsitter aanwys wat al die vergaderings van die Verwysingsgroep sal lei. 

2. 	
VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE VERWYSINGSGROEP 


2.1 	Ontvang alle gekeurde aansoeke om begenadiging van die  Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling (DJ&GO). 
2.2 	Verseker dat elke aansoek om begenadiging op die voorgeskrewe wyse voltooi is. 
2.3 	Oorweeg elke aansoek om begenadiging  en maak aanbevelings aan die  President. 
2.4 	Die VG moet sy eie regulasies en prosedures ontwikkel vir die oorweging van elke    aansoek om begenadiging met die doel om op grond van elke aansoek aanbevelings aan die President te maak. 
2.5 	
Die VG moet sy regulasies en prosedures binne veertien dae (14 dae) van sy eerste sitting aan die DJ&GO kommunikeer. 

3. 	
ADMINISTRATIEWE ONDERSTEUNING AAN DIE VG 


3.1 	Die DJ&GO sal administratiewe en sekretarile ondersteuning aan die VG verleen. 
4. 	SITTING VAN DIE VERWYSINGSGROEP 
4.1 	
Die sitting van die VG moet in Kaapstad plaasvind of op enige ander plek soos deur die VG in oorleg met die DJ&GO bepaal word. 

5.	
FINANSILE IMPLIKASIES 


5.1 	Geen lid sal vir sy of haar dienste in die VG vergoed word nie. 
5.2 	The DJ&GO is verantwoordelik vir alle logistieke en reiskostes van lede van die VG. 
5.3 	
Alle logistieke relings rakende die werk van die VG sal deur n aangewese amptenaar binne die DJ&KO getref word. 

6. 	
WERKSDUUR VAN DIE VERWYSINGSGROEP 


6.1 	
Die VG se werksduur sal strek vir die tydperk vanaf die datum van sy eerste vergadering tot en met die datum waarop sy werk afgehandel is, albei datums inklusief, waarvan die laaste nie later sal wees nie as 30 September 2008. 

7. 	
WIE KWALIFISEER VIR BEGENADIGING 


7.1 	Persone wat voor 16 Junie 1999 skuldig bevind en gevonnis is uitsluitlik op grond van beweerde polities gemotiveerde oortredings;  en 
7.2 	Voldoen van die voorafbepaalde kriteria en prosedures soos uiteengesit in die aansoekvorm, mag op die voorgeskrewe wyse by die President aansoek doen om begenadiging. 
7.3 	n Persoon kwalifiseer slegs vir oorweging van begenadiging indien   
(a) 	
hy of sy 

(i)
 teenswoordig n vonnis van gevangenisstraf uitdien;  

(ii)
 tot n straftermyn of n boete gevonnis is vir n oortreding wat voortgespruit het uit of in verband staan met n daad of n versuim wat geassosieer word met n politieke doelwit in die verloop van die konflikte van die verlede; 



(b) 	
die oortreding waarna in paragraaf (a) verwys word, op of voor die datum van die inhuldiging van die President op 16 Junie 1999 begaan is; en 

(c) 	
sy of haar aansoek om begenadiging vergesel gaan van n voorgeskrewe bedigde verklaring of bevestiging volgens getuienis van n persoon  wat gemagtig is deur n politieke party of organisasie, instansie, bevrydingsbeweging of -liggaam, en waarin bevestig word dat die daad of versuim wat die onderhawige oortreding uitgemaak het, plaasgevind het onder die leiding van, of in die uitvoering van n opdrag, instruksie, bevel, onder aanvoering van, advies, plan of projek van of namens, of met die goedkeuring van of ter bevordering of bereiking van die beleide, doelwitte of belange van die voornoemde party, organisasie, instansie, bevrydingsbeweging of -liggaam waarvan die aansoeker n lid, agent of n ondersteuner was. 


8. 	WIE KWALIFISEER NIE VIR BEGENADIGING NIE 
8.1 	n Persoon sal nie vir oorweging vir begenadiging kwalifiseer nie indien 
(a) 	
hy of sy skuldig bevind is aan n oortreding wat verband hou met: 

(i) 	
enige daad van seksuele aard; 

(ii) 	
enige daad in die orde van huishoudelike geweld;  


(iii) enige oortreding waarna verwys word in artikel 13 van die Wet op Dwelms en Dwelmsmokkelary, 1992 (Wet 140 van 1992), wat verband hou met die vervaardiging en verskaffing van geskeduleerde stowwe, die gebruik en besit van dwelms, en dwelmhandel; 

(b) 	
hy of sy by die Komissie vir Amnestie, gestig onder die WVK-Wet, aansoek gedoen het en sy aansoek om amnestie afgewys is; en 

(c) 	
hy of sy NIE aan al die voorgeskrewe voorvereistes voldoen het op of voor die drie-(3)-maande-vensterperiode (window of opportunity) verstryk het nie. 


9.	INDIENING VAN AANSOEK 
9.1 	Slegs aansoeke wat behoorlik en volledig op die voorgeskrewe wyse voltooi is, asook op n voorgeskrewe vorm wat spesiaal ontwerp is vir die doel van hierdie spesiale bedeling, binne die vensterperiode genoem die window of opportunity, sal oorweeg word. 
9.2 	Slegs n aansoek wat deur n individu ingedien is, sal oorweeg word. n Aansoek moet deur n individuele applikant gedoen word soos voorgeskryf, en aan die DJ&GO voorgel word. 
9.3 	n Politieke party waaraan die aansoeker behoort, kan ook die aansoek namens hom / haar aan die DJ&GO voorl.  
9.4 	In die geval waar n aansoek deur die politieke party namens die aansoeker voorgel word, moet die politieke party: 
9.4.1 	verseker dat die aansoek op die voorgeskrewe wyse voltooi is; 
9.4.2 	onder eed verklaar dat die beweerde omstandighede waaromheen die oortreding begaan is, korrek is of ooreenstem met die politieke gebeure / aktiwiteite waarvan die politieke party deel was.  
10. 	AANBEVELINGS DEUR DIE VG 
10.1 	Alle aanbevelings wat gemaak word oor aansoeke om begenadiging moet aan die President voorgel word. 
10.2 	Aanbeveling deur VG moet gemaak word ten opsigte van elke aansoek om begenadiging. 
10.3  Die aanbeveling wat deur die VG gemaak word met betreking tot elke aansoek om begenadiging moet sowel die meerderheid- as minderheidsienings, indien enige,  van lede weergee oor van elke aansoek.  
10.4  Die President het die mag om die aanbevelings  deur die VG te verwerp.  
MAG OM TE BEGENADIG  
11.1  Die President besit die mag om, na oorweging van die aanbevelings deur die VG, n aansoek om begenadiging toe te staan of af te wys.  
11.2  Geen persoon het die reg om deur die President begenadig te word nie.  
11.3  Die begenadiging van enige persoon sal lei tot die skrapping van die skuldigbevinding en die kriminele rekord van die oortreding waarvoor hy of sy begenadiging ontvang het.  

Navrae: 
Mnr Neville Gawula Direkteur: Kantoor van die Hoof Litigasiebeampte / Office of the Chief Litigation Officer Departement of Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling Tel: (012) 357 8573 Drafoon: 082 466 8968 


