LANDBOU-STEEKPROEFOPNAME
Korrigeer asseblief alle foute op die adresetiket hierbo
Doel van die sensus
Die Landbou-steekproefopname dek al die aktiwiteite op kommersiële plase in Suid-Afrika. Vir die doel van hierdie sensus, is . kommersiële plaas 'n plaas wat geregistreer is vir BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde) en/of IB (Inkomstebelasting). Die resultate van die opname dien as grondslag vir die evaluering van die huidige stand van sake (met betrekking tot produksie, arbeid, boerdery-uitgawes, boerdery-skuld voedselsekuriteit, ens.) en die markbehoeftes vir landbou. Die resultate kan direk tot u voordeel strek, aangesien dit u in staat sal stel om u bedryf te posisioneer in verhouding tot ander ondernemings in Suid-Afrika. Hierdie resultate sal in Statistiese Vrystelling P1101 - Landbou-steekproefopname 2008 en in Verslag 11-02-01 - Landbou-steekproefopname 2008 gepubliseer word.
Versamelingsmagtiging
Die inligting wat verlang word, word versamel kragtens artikel 16 van die Wet op Statistieke (Wet No. 6 van 1999). U samewerking word gevra om hierdie vraelys in te vul en dit teen die keerdatum terug te stuur.
Geheimhouding
Ooreenkomstig artikel 17 van die Wet op Statistieke, 1999 (Wet No. 6 van 1999), sal u ingevulde vraelys deur Statistieke SA (Stats SA) as streng vertroulik hanteer word.
Keerdatum
Vul asseblief hierdie vraelys in en stuur dit in die besigheidsantwoorddienskoevert terug of faks dit aan
Indien presiese syfers nie beskikbaar is nie, verstrek asseblief sorgvuldige ramings.
Hulp beskikbaar
Indien u probleme ondervind met die invul van hierdie vraelys, of vind dat u moeilik by die keerdatum hou, skakel ons asseblief by:
Tolvrye nommer: 0800 212 169
Telefoonnommer: 310-8052 Private Sak X44 310-4681 Pretoria, 0001
Faksnommer: 310-4641 / 4642
Persoon met wie Stats SA kan skakel in ge val van navrae betreffende hierdie vraelys
Naam
Telefoonnommer
Handtekening
Selfoonnommer
Amp/Titel
Faksnommer
Epos-adres
Stats SA beveel aan dat u . afskrif behou om te raadpleeg in geval van . navraag.
Neem asseblief kennis
Vir hierdie sensus:
Hierdie vraelys moet ingevul word deur of namens alle boere wat op hul eie plaas werk, of op . gehuurde plaas of op grond wat bewerk word om 'n deel.
Die items gelys onder subopskrifte 'Sluit in' en 'Sluit uit' is slegs voorbeelde en moet nie gesien word as . volledige lys van items wat ingesluit of uitgesluit moet word nie.
Indien presiese syfers nie beskikbaar is nie, verstrek asseblief sorgvuldige ramings.
Deel 1 - Algemene inligting
Dui asseblief die eienaarskap ten opsigte van die plaaseenheid aan. Word hierdie eenheid besit deur: (Merk asseblief hieronder):
Individu
Beslote korporasie
Familie
Vennootskap
Openbare maatskappy
Private maatskappy
Ander (spesifiseer)
Staatsonderneming
Openbare korporasie
Tydperk deur hierdie vraelys gedek
Let wel
Vanaf Tot
Verstrek asseblief die tydperk wat deur hierdie vraelys gedek word ...
Let wel
Indien u boerderybedrywighede in twee of meer provinsies onderneem, vra asseblief aparte vraelyste aan ten opsigte van die boerderybedrywighede in elke provinsie. Indien meer as een vraelys ingedien word, maak asseblief seker dat geen duplisering plaasvind nie.
In watter provinsie is die plaas geleë? (Merk asseblief een)
Noord-Wes
Wes-Kaap
Oos-Kaap
Noord-Kaap
Deel 2 - Bruto boerdery-inkomste verdien uit oesgewasse en tuinboukundige produkte vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2008
Let wel
Die data word versamel op 'n boerderyeenheid-basis. 'n Boerderyeenheid bestaan uit een of meer plase, kleinhoewes of stukke grond, hetsy aangrensend of nie, wat as 'n enkele eenheid bedryf word in dieselfde provinsie.
n Boerderyeenheid beteken enige eenheid waarop een of meer van die volgende boerderybedrywighede onderneem word vir kommersiële doeleindes: - Die kweek, in die buitelug of onder bedekking, van oesgewasse, vrugte, druiwe, neute, saad, bolle, groente, plante of blomme.
Die bedryf van 'n tee-, koffie- en/of suikerplantasie.
Die teel van lewende hawe, pluimvee, wild of ander diere, met inbegrip van varswatervis, pelsdiere, en handel in lewende hawe.
Die produksie van melk, wol, pelse, eiers of heuning.
Alle huidige uitgawes wat aangegaan word ten opsigte van boerderybedrywighede moet aangedui word in Deel 6A. Kapitaaluitgawes soos vaste koste wat aangegaan is ten opsigte van nuwe boorde en plantasies, moet in Deel 6 aangedui word.
Die waarde van produkte en lewende hawe wat verkoop is, maar waarvoor betaling nog nie ontvang is nie, moet ingesluit word.
Bruto boerdery-inkomste = totale omset voor aftrekkings.
Oesgewasse geproduseer gedurende die onderskeie produksieseisoene (oesjare) wat nie later as 28 Februarie 2008 geëindig het nie (bv. die 2007 mielie-oes)
Bruto boerdery-inkomste
Mielies ...
Koring ...
Suikerriet ...
Ander oesgewasse (bv. gars, droë bone, lusern, ens.) ...
Totale bruto inkomste verdien uit oesgewasse (Vraag 4 tot Vraag 7)
Groente ...
Vrugte (uitsluitend druiwe) ...
Wingerdbou (kweek van druiwe) ...
Ander tuinboukundige produkte (b.v neute, tee, blomme, ens.) ...
Totale bruto inkomste verdien uit tuinboukundige produkte (Vraag 9 tot Vraag 12) ...
Deel 3 - Bruto boerdery-inkomste verdien uit diere en diereprodukte vir die jaar geëindig 28 Februarie 2008
Bruto boerdery-inkomste
Beeste ...
Skape ...
Pluimvee ...
Volstruise ...
Akwakultuur ...
Ander diere ...
Diereprodukte (melk, eiers, wol, ens.) ...
Totale bruto inkomste verdien uit diere en diereprodukte (Vraag 14 tot Vraag 21) ...
Deel 4 - Ander inkomste
Inkomste verdien uit werk gedoen vir ander boere soos ploeg, oes, dors, baal, pluk, bespuiting, skeer, en vervoer , verhuring van boerdery-toerusting, salarisse en pensioene, ens...
Ander inkomste bv. huurgeld vir grond, rente, dividende, kortings, agri-toerisme, bosbou, plaasgebaseerde winkels en klein fabrieksondernemings ...
Totaal (Vraag 23 tot Vraag 24) ...
Deel 5 - Indiensneming
Getal eienaars/gesinswerkers soos op 28 Februarie 2008
Getal
Manlik Vroulik
Eienaar wat vir homself/haarself boer, insluitend deeltydse boere ...
Ander eienaars wat direk betrokke is by die boerderybedrywighede ...
Gesinslede wat betrokke is by boerderybedrywighede, maar wat nie gereelde salarisse ontvang nie ...
Totaal (Vraag 26 tot Vraag 28) ...
Getal voltydse werknemers soos op 28 Februarie 2008
Sluit in
Enige persoon wat . gereelde salaris ontvang.
Kantoorpersoneel (sluit in huishulpe waar moontlik).
Getal
Manlik Vroulik
Kantoorpersoneel ...
Plaasbestuurders ...
Plaasvoormanne ...
Werknemers wat gewoonlik plaaswerk verrig ...
Totaal (Vraag 30 tot Vraag 33) ...
Let wel
Indien presiese syfers nie beskikbaar is nie, verstrek asseblief sorgvuldige ramings.
Getal los- en seisoenswerkers wat gedurende die finansiële jaar in diens geneem is
Sluit uit
Kontrakteurs en hul werknemers.
Sluit in
Gesinslede wat salarisse/vergoeding ontvang vir die tydperke van diens.
Getal los- en seisoenswerkers wat minder as 3 maande gewerk het gedurende die verslagtydperk
Getal los- en seisoenswerkers wat langer as 3 maande gewerk het gedurende die verslagtydperk
Manlik Vroulik Manlik Vroulik
Deel 6A - Lopende uitgawes ten opsigte van hierdie boerderyeenheid aangegaan in verband met boerderybedrywighede gedurende die finansiële jaar
Let wel
Waar boerderybedrywighede in verskillende provinsies geleë is, kan die verdeling van die gegewens tussen die provinsies geraam word op grond van, byvoorbeeld, die oppervlaktes van die verskillende boerderyeenhede.
Spoorvrag en gehuurde vervoer moet by die betrokke aankope ingesluit word.
Kosprys van vergoeding in natura ('in kind') is die koste vir die boer ten opsigte van rantsoene soos mieliemeel, meel, slagdiere, vleis, vis, melk, brood, koffie, suiker, tabak, klere (informeel), skoene (informeel), vervoer, opleiding en medisyne aan plaaswerkers en kantoorpersoneel voorsien, en mediese koste namens hulle aangegaan.
Sluit uit
Kapitaaluitgawes/aankoop van bates (ingesluit in deel 7).
Boerdery-uitgawes
Voltydse werknemers Rand
Salarisse, kontantlone en kontantbonusse (insluitend in natura) ...
Los- en seisoensbetaalde werknemers
Salarisse, kontantlone en kontantbonusse (insluitend in natura)...
Ander lopende uitgawes
Advertensie- en bemarkingskoste ...
Waardevermindering waarvoor voorsiening gemaak is gedurende die finansiële jaar ...
Let wel
Rapporteer waardevermindering of voorsiening vir waardevermindering soos aangeteken in die finansiële of bestuursrekeninge op alle bates soos masjinerie, toerusting, kantoortoerusting (bv. rekenaars), trekkers, motorvoertuie en ander vervoertoerusting.
Elektrisiteitskoste ...
Sluit in
Slegs die belastinggedeelte van dokkoste, hawekoste, landingsfooie en ander invoerkoste.
Sluit uit
Maatskappybelasting.
Bemestingstowwe aangekoop ...
Brandstof, smeerolie en ghries aangekoop ...
Boerdery-uitgawes
Versekeringspremies ...
Rente betaal op verbande en op geleende geld ...
Lisensiegelde betaal vir voertuie, trokke, sleepwaens, trekkers, ens...
Lidmaatskap- of affiliasiekoste (ledegeld) ...
Bediening, verhuring en huring van installasies, masjinerie, toerusting en voertuie ...
Verpakkingsmateriaal aangekoop ...
Eiendomsbelasting betaal aan munisipaliteite ...
Beskermende klere aangekoop vir boerdery of plaaswerkers ...
Middels aangekoop vir die bestryding van siektes en plae ten opsigte van lewende hawe, pluimvee en akwakultuur, soos dipstowwe, doseermiddels, ontsmettingsmiddels en entstowwe ...
Middels aangekoop vir voer-, oes- en tuinbougewasse, soos insekdoders, swamdoders, onkruiddoders saadbehandelingsmiddels ...
Huurgeld, vruggebruik en weidingsregte betaal ten opsigte van grond insluitend betaling ten opsigte van grond waarop daar om 'n deel geboer word ...
Herstelwerk en instandhouding ...
Navorsingskoste ...
Saad, saailinge, aartappelmoere en ander plantmateriaal aangekoop uitgesonderd wingerdstokkies en plantmateriaal vir plantasies en boorde ...
Sekuriteitsdienste (indien van toepassing) om die plaas te beveilig en instandhoudingskoste van sekuriteitstelsels ...
ploeg, oes, dors, baal, pluk, bespuiting en skeer ...
Vee-, pluimvee- en akwakultuurvoer aangekoop ...
Vervoer van u landbouprodukte ...
Water aangekoop ...
Boerdery-uitgawes
Ander boerdery-uitgawes bv. bankkoste en telefoonrekenings, maar uitgesonderd salarisse en lone soos aangtoon in Deel 6A, en aangekoopte bates (bv. lewende hawe). Spesifiseer die belangrikste items: Rand
Totale lopende uitgawes (Vraag 36 tot Vraag 65) ...
Deel 6B - Aangekoopte diere en diereprodukte
Beeste ...
Skape ...
Pluimvee ...
Volstruise ...
Akwakultuur ...
Ander diere ...
Bykomende landbouprodukte (bv. melk, eiers, ens.) aangekoop in kombinasie met eie/gevestigde produkte om aan 'n gespesifiseerde kwota te voldoen of dit te bereik ...
Totale aankope (Vraag 67 tot Vraag 74) ...
Deel 7 - Boekwaarde van eiendom, installasies en toerusting en nie-tasbare bates vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2008
Boekwaarde van eiendom, installasies en toerusting en ander nie-tasbare bates
Tipe bate
Boekwaarde aan begin van finansiële jaar volgens balansstaat
Kapitaaluitgawes aan oprigting van nuwe geboue en werke; aanbouings aan en verbouings van bestaande geboue en werke; werk aan die gang gekapitaliseer; nuwe installasies en masjinerie; gebruikte installasies en masjinerie indien deur u of namens u ingevoer (hetsy aan buite-kontrakteurs/instellings betaal of deur u eie onderneming gedoen)
Kapitaaluitgawes aan die verkryging van grond; bestaande geboue en werke; en gebruikte installasies, masjinerie en voertuie; en oordragte in
Verkoop van bates(-), en hervaluering en ander wysigings aan boekwaarde
Waardevermindering en skuldaflossing gedurende die jaar (nie akkumulatiewe waardevermindering nie)
IS GELYK AAN
Boekwaarde aan die einde van die finansiële jaar volgens balansstaat
Grond ...
Woonhuise ...
Konstruksiewerke, paaie en parkeerareas ..
Rekenaars en ander IT-toerusting ...
Motorvoertuie, trekkers en ander vervoertoerusting ...
Installasies, masjinerie meubels en ander kantoortoerusting ...
Nie-tasbare vaste bates
Rekenaarsagteware ...
Ander ...
Nie-tasbare, nie-geproduseerde bates welwillendheid, gepatenteerde entiteite, ens.
Ander bates (spesifiseer) ...
Totaal ...
Deel 8 - Verliese en uitgawes as gevolg van diefstal, rampe, ongelukke en geweldsmisdade
Totale waarde van verliese en uitgawes gedurende die finansiële jaar as gevolg van-
Veediefstal ...
Verdwyning en steel van gereedskap, plaasimplemente, masjinerie en elektriese toebehore ...
Skade aan geboue en voertuie as gevolg van diefstal ...
Stropery en steel van gewasse en ander produkte ...
Veld- en bosbrande en natuurrampe ...
Ander (spesifiseer) ...
Totale waarde van verliese gely (uitgesonderd as gevolg van brande) gedurende die finansiële jaar as gevolg van rampe en ongelukke (insluitend droogte, peste en siektes, vloede, ens.) ten opsigte van-
Weiding ...
Produkte (lewende hawe, oesgewasse en akwakultuur) ...
Geboue en toerusting ...
Ander (spesifiseer) ...
Totale waarde van verliese gely aan produksie as gevolg van afwesigheid (gebaseer op mandae), voortspruitend uit beserings of die hantering van die gevolge van misdaad ...
Totale waarde van verliese gely gedurende die finansiële jaar as gevolg van roofdiere ...
Totale verliese (Vraag 77 tot Vraag 80) ...
Deel 9 - Boerderyskuld soos op 28 Februarie 2008
Sluit in
Alle verpligtinge (soos verbande, lenings en krediet ontvang van instansies soos banke en koöperasies en private persone) vir normale boerderybedrywighede.
Skuld ten opsigte van belange in ander sake-ondernemings waarvan u die alleen- of mede-eienaar is, of waarby u op die een of ander wyse belang het.
Instelling of persoon
Uitstaande skuld soos op 28 Februarie 2008
Alle ander lenings en skulde nie deur verbande gesekureer nie
Uitstaande bedrae van lenings oorspronklik aangegaan vir-
Minder as een jaar, bv. oortrokke rekenings en korttermyn-
Lenings tot 5 jaar (bv. huurkope)
Meer as 5 jaar
Uitstaande skuld, insluitend huurkope, verskuldig aan-
Staatsdepartemente ...
maatskappye ...
Handelsbanke ...
Ander finansiële instellings soos ander banke en versekeringsmaatskappye ...
Private persone (met inbegrip van ander boere) ...
Totale uitstaande skuld ...
