DOMESTIC VIOLENCE DOME
STIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOL
ENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOME
STIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOL
ENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOME
STIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOL
ENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOME
STIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOL
ENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOME
STIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOL
ENCE DOMESTIC VIOLENCE DOMESTIC VIOLENCE DOME

Wat gebeur as die beskermingsbevel verbreek word?
Indien die respondent die beskermingsbevel verbreek deur jou fisiese of verbale mishandeling (soos in die begin van hierdie gids beskryf) te herhaal, kan jy n klag by die polisiestasie indien en die lasbrief vir inhegtenisname aan die polisie oorhandig, wat die respondent dan sal arresteer.
Die besluit om die lasbrief vir inhegtenisname te gebruik nadat die bevel verbreek is, is uitsluitlik joune.  Wanneer hy eers gearresteer is, sal n kriminele klag teen die respondent gel word en in n strafhof verhoor word vir die verbreking van die beskermingsbevel.



STAAK
GESINSGEWELD!

Onthou egter dat indien die hof bevind dat die lasbrief vir inhegtenisname kwaadwillig gebruik word (om die respondent te laat arresteer sonder enige gegronde rede), kan jy kragtens die Wet vervolg word.


Die respondent sal in die strafhof verskyn om verhoor te word onder die kriminele klag vir die verbreking van die bepalings van die beskermingsbevel wat aan hom/haar beteken is.

Kan die kriminele klag teruggetrek word?
As die respondent eers gearresteer is vir die verbreking van die beskermingsbevel, kan die applikant nie besluit om die klag terug te trek nie.  Die Senior Openbare Vervolger het die uitsluitlike goeddunke om die klag terug te trek.
Kan ek die bevel ter syde stel?
Jy kan te eniger tyd n aansoek indien om die bevel ter syde te stel.  Dit is egter die landdros se goeddunke of so n bevel ter syde gestel word al dan nie.  Dit beteken dat die beskermingsbevel nietig verklaar word.


WAT JY MOET WEET!

Dit is belangrik om daarop te let dat in n geregshof die landdros finaal beslis of 
n beskermingsbevel ter syde gestel word of nie.

Vir meer inligting, skakel asseblief die volgende:

Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling
Direktoraat: Openbare Opvoeding en Skakeling
Tel:    012 315 1065
Faks: 012 315 1810


8

Staak Gesinsgeweld!

Die saak kan tot n latere hofdatum vir verhoor uitgestel word. Die klerk van die hof sal jou help of jou na iemand verwys wat jou met die opstel van die antwoord kan help. 
Op die dag van die verhoor sal die landdros poog om n beslissing te vel wat gebaseer is op die bedigde verklarings wat deur albei partye ingedien is. Die landdros kan een of albei van julle versoek om sekere aangeleenthede op te klaar. Die landdros kan besluit om die bevel te bekragtig, die bevel ter syde te stel of om te gelas dat verbale getuienis aangehoor word.

Die Wet op Gesinsgeweld, wet 116 van 1998, stel n slagoffer van gesinsmishandeling of -geweld in staat om n beskermingsbevel by die landdroshof aan te vra teen die persoon wat die mishandeling pleeg.  Die doel van hierdie gids is om n slagoffer van die inligting te voorsien wat hy of sy nodig het om kragtens die Wet op Gesinsgeweld vir n beskermingsbevel aansoek te doen. Mans sowel as vroue kan skuldig wees aan of slagoffers wees van gesinsgeweld. Vir die doel van hierdie gids het ons egter mishandeling van vroue beskryf aangesien dit meer algemeen voorkom.


Teen wie kan jy beskerming aanvra?
1.	Die persoon met wie jy getroud is of was, hetsy dit volgens burgerlike of gewoontereg is;
2. 	jou maat (ongeag of hy/sy van dieselfde of teenoorgestelde geslag is) wat saam met jou woon of gewoon het al is julle nie met mekaar getroud nie of al kon julle nie met mekaar trou nie (byvoorbeeld, indien een van julle alreeds met iemand anders getroud was);
3. 	die ander ouer van jou kind of die persone wat ouerlike verantwoordelikhede vir n kind met jou deel;
4. 	persone wat aan jou verwant is as gevolg van bloedverwantskap, die huwelik of aanneming;
5.	die persoon aan wie jy verloof is of was, of met wie jy n gebruiklike verhouding het of met wie jy uitgaan of uitgegaan het, insluitend n werklike of veronderstelde romantiese, intieme of seksuele verhouding van watter tydsduur ook al; en
6. 	n persoon met wie jy dieselfde woning deel of onlangs gedeel het.

Indien die respondent versuim om by die siviele verhoor te verskyn, en jy bewyse het dat die beskermingsbevel wel aan hom beteken is (die relaas van betekening), sal die landdros die bevel bekragtig.


Indien die landdros tevrede is dat die bedigde verklaring wat deur die applikant opgestel is duidelik bevestig dat mishandeling plaasgevind het, sal die landdros die beskermingsbevel bekragtig.

NUTTIGE NOMMERS

People Opposing Women Abuse (POWA) 	011 642 4345
Stop Women Abuse	0800 150 150
Adapt  	011 885 3332
Domestic Violence Network	012 321 4959
NICRO (Crime Prevention)	011 403 2953
Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAHRC)	011 484 8300
Childline  	011 938 8745 
FAMSA Nasionaal  	011 833 2057
LIFELINE	011 728 1347/
	0861 322 322
Kommissie vir Geslagsgelykheid(CGE)	011 403 7182
Onafhanklike Klagtesdirektoraat (ICD)	012 320 0431
Nasionale Polisie 	10111

Sal daar n verhoor wees?

Indien die landdros nie tydens die verhoor in staat is om n beslissing te bereik tydens die verhoor nie omdat daar feitelike teenstrydighede tussen jou weergawe en di van die respondent is, byvoorbeeld indien daar n geskilpunt is in die inligting wat deur albei partye voorsien is, sal die landdros die saak vir verhoor uitstel.
Tydens die verhoor sal albei partye verplig word om getuienis onder eed te lewer en om deur die ander party onder kruisverhoor geneem te word.  Albei partye sal toegelaat word om getuies op te roep en om enige ander getuienis wat hulle nodig het om hul saak te bewys, te lewer, byvoorbeeld mediese sertifikate, hospitaalrekords, fotos, dokumente, ens.

2

7



Onthou dat die polisie jou kragtens die wet op welke manier ook al in die hofbevel gestipuleer word behulpsaam moet wees, byvoorbeeld met die afhaal van persoonlike besittings, jou identiteitsdokument, kinders se boeke of klere, ens.  Indien jy van mening is dat die polisiebeampte onbehulpsaam is en weier om sy samewerking ingevolge die hofbevel te gee, kan jy dit aan die Onhafhanklike Klagtesdirektoraat rapporteer.


 fisiese 
	mishandeling

 teistering



 	agtervolging of betreding van eiendom sonder toestemming, indien
	julle nie dieselfde woning deel nie

 seksuele mishan	deling

Let ook daarop dat dit nie die plig van die polisie is om jou behulpsaam te wees met die verwydering van meubels, rekenaars, breekgoed, ens. nie.

Sal die respondent met die beskermingsbevel gearresteer word?
Die respondent sal nie tydens die betekening van die beskermingsbevel gearresteer word nie. Dit is slegs wanneer die bepalings van die bevel verbreek word dat respondent gearresteer mag word.
Wat is n verbreking van die beskermingsbevel?
Dit is wanneer die respondent versuim om aan die bepalings van die bevel te voldoen. Met ander woorde, hy gaan voort met die onregmatige gedrag wat die beskermingbevel hom verbied om te doen.
Wat is minagting van die hof?
Dit is wanneer die respondent wat die bevel verbreek het, versuim het om in n strafhof te verskyn om op die aanklagte teen hom te pleit.
Wat doen ek met die relaas van betekening?
Jy moet die klerk van die hof so gou moontlik van die relaas van betekening van die beskermingsbevel voorsien.  Wanneer die klerk in besit is van hierdie dokument, sal die hof n lasbrief vir inhegtenisname van die respondent magtig.  Hierdie lasbrief mag slegs teen die respondent gebruik word in die geval van enige toekomstige verbrekings van die beskermingsbevel.
Wat is die keerdatum?
Die keerdatum is die datum wat vasgestel is om die hof die geleentheid te bied om die respondent aan te hoor voordat die beskermingsbevel bekragtig word.
Wat gebeur op die keerdatum?
Die respondent het die geleentheid om in die teenwoordigheid van die applikant sy/haar kant van die saak aan die landdros te stel.  Die respondent sal n bestrede bedigde verklaring indien of die geleentheid aanvra om n bestrede bedigde verklaring in te dien.  Hierdie dokumente sal aan jou beteken word.  Jy sal dan die geleentheid gegun word om n antwoord in te dien.



 	beskadiging van
	eiendom of ander
	persoonlike besittings

 verbale 
	mishandeling



  enige ander    oorheersende of 	mishandelende gedrag teenoor jou waar sodanige optrede jou en jou gesin se veiligheid,
	gesondheid of welstand skaad of dreigende leed ten opsigte van jou en jou gesin se veiligheid, gesondheid of welstand kan meebring.

 ekonomiese 
	mishandeling


 intimidasie


Beide mans en vroue kan hulself skuldig maak aan, of 
slagoffers wees van gesinsgeweld..

6

3

Wat sal in die tussentydse beskermingsbevel staan?
 	Die tussentydse beskermingsbevel sal versoek dat die respondent (die persoon wat hom/haar skuldig maak aan die mishandeling) jou nie op die spesifieke manier wat jy in jou bedigde verklaring aanvoer mishandel nie.
	Die respondent kan beveel word om ng jou ng jou kinders fisies of verbaal te mishandel.
 	In uiterste gevalle sal die landdros dit goeddink om die respondent uit die gedeelde woning te gelas of om hom/haar tot sekere gebiede van die gedeelde woning  te beperk .
 	Indien die kinders die slagoffers van mishandeling is, kan die hof gelas dat die respondent geen kontak met die kinders het nie, of slegs beperkte kontak het.
	Die hof mag n bevel vir geldelike noodbystand gee. Dit beteken dat indien jy mediese koste moet eis of alternatiewe akkommodasiekoste moet betaal wat direk as gevolg van die mishandeling ontstaan het, moet jy bewys lewer van die koste aangegaan en die hof versoek om hierdie aansoek te oorweeg.
	Die hof kan die polisie gelas om op die respondent se vuurwapen beslag te l indien hy/sy jou lewe bedreig het.
Om die aard van die spesifieke mishandeling wat jy ondergaan ten volle te begryp, maak die hof staat op die bedigde verklaring wat jy afl wanneer jy aansoek doen.  In jou bedigde verklaring moet jy die hof dus voorsien van al die toepaslike inligting, byvoorbeeld besonderhede van die insidente van mishandeling, die datum en plek en die aard van die laaste insident.
Jy mag nie onderhoudsgeld van die gesinshof eis nie.
Dit moet deur die onderhoudshof gedoen word.

Wat moet ek doen?


As jy van mening is dat jy n slagoffer is van enige vorm van gesinsgeweld soos hierbo uiteengesit, gaan na die naaste landdroshof en vra hulle om jou te help om aansoek te doen om n beskermingsbevel. Die klerk van die hof sal jou help met die invul van die nodige vorms en sal jou dan na die landdros neem wat sal besluit of hy die bevel toestaan al dan nie. Die besonderhede van diensverskaffers wat jou raad kan gee en jou in hierdie verband kan help, word aan die begin van hierdie gids verskaf.

Onthou dat hierdie diens in noodgevalle 24 uur per dag beskikbaar is.



Wat doen ek met die tussentydse beskermingsbevel?
Die tussentydse beskermingsbevel moet so gou moontlik aan die respondent (die persoon wat skuldig is aan die mishandeling) beteken word. Jy kan nie die bevel persoonlik aan die respondent oorhandig nie, aangesien dit nie behoorlike betekening uitmaak nie.  Met ander woorde, die betekening van die tussentydse beskermingsbevel is die verantwoordelikheid van iemand in n amptelike hoedanigheid, byvoorbeeld n polisiebeampte.
Jy moet die tussentydse beskermingsbevel na die kantore van die balju neem, of na die polisiestasie wat die naaste aan die respondent se woon- of werkadres is. Wanneer jy by die polisiestasie is, onthou asseblief om die naam en/of kentekennommer van die polisiebeampte aan wie jy die bevel oorhandig, neer te skryf.  Dit maak dit vir jou makliker om die bevel by n latere geleentheid na te speur. Die meeste polisiestasies het n aangewese beampte wat sake hanteer wat met gesinsgeweld verband hou.
Rel met die polisiebeampte om die relaas van betekening (bewys van betekening) af te haal.  Dit dien as bewys dat die tussentydse beskermingsbevel aan die respondent beteken is en dat hy/sy dit persoonlik ontvang het.  Moet nie met die polisie rel dat hulle die relaas van betekening aflewer of dit direk aan die hof pos nie, aangesien dit dikwels te lank neem en nie op die keerdatum by die hof uitkom nie.

Die klerk van die hof sal jou help met die invul van die nodige vorms en sal jou dan na die landdros neem.


Na watter hof moet ek gaan?

Gaan na die hof wat die naaste aan jou bly of 
werkplek is.
Indien jy geforseer was om jou woning te verlaat as gevolg van die geweld en jy woon tydelik op n ander plek, kan jy na die hof die naaste aan jou tydelike woonplek gaan.


Wat is n bedigde verklaring?
n Bedigde verklaring is n verklaring wat jy onder eed afl.  Dit beteken dat die persoon wat die verklaring afl, gesweer het om die waarheid te praat en dat hy/sy bewus is dat hy/sy vervolg sal word as daar bevind word dat die inhoud (of gedeeltes daarvan) van die verklaring onwaar is.  Dit is n oortreding om n valse verklaring in n geregshof af te l.


5

4



