DEPARTEMENT VAN JUSTISIE EN STAATKUNDIGE ONTWIKKELING
WET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING, 2000
REGULASIES BETREFFENDE DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT
INLIGTING
WYSIGING VAN REGULASIES
Ek, Brigitte Sylvia Mabandla, Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, kragtens artikel 92 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000), vaardig hiermee die regulasies in die Bylae uit.
BYLAE Woordomskrywing
In hierdie regulasies beteken "die Regulasies" die Regulasies uitgevaardig deur Goewermentskennisgewing No. R. 187 van 15 Februarie 2002, soos gewysig deur Goewermentskennisgewings Nos. R. 1244 van 5 September 2003 en R. 990 van 13 Oktober 2006.
Invoeging van Regulasie 5A in die Regulasies
Die volgende regulasie word hierby na regulasie 5 van die Regulasies ingevoeg:
Vrywillige openbaarmaking en automatiese beskikbaarheid van sekere rekords: openbare liggaam
A. 'n Voorlegging deur die inligtingsbeampte van 'n openbare liggaam van 'n beskrywing van -
a die kategorieë rekords van die liggaam wat outomaties beskikbaar is sonder dat 'n persoon toegang ingevolge die Wet hoef te versoek; en b hoe om toegang tot sodanige rekords te verkry, soos in artikel 15 van die Wet bedoel, moet wesenlik ooreenstem met Vorm D van Aanhangsel B.".
Invoeging van Regulasie 9A in die Regulasies
Die volgende regulasie word hierby na regulasie 9 van die Regulasies ingevoeg:
Vrywillige openbaarmaking en automatiese beskikbaarheid van sekere rekords: privaat liggaam
A. 'n Voorlegging deur die hoof van 'n privaat liggaam van 'n beskrywing van -
a die kategorieë rekords van die liggaam wat outomaties beskikbaar is sonder dat 'n persoon toegang ingevolge die Wet hoef te versoek; en b hoe om toegang tot sodanige rekords te verkry, soos in artikel 52 van die Wet bedoel, moet wesenlik ooreenstem met Vorm E van Aanhangsel B.".
Wysiging van Aanhangsel B van die Regulasies
Die volgende vorms word hierby na Vorm C van Aanhangsel B ingevoeg:
VORM D
OUTOMATIESE BESKIKBARE REKORDS EN TOEGANG TOT SODANIGE
REKORDS:
Artikel 15 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000
Regulasie 5A
BESKRYWING VAN KATEGORIE REKORDS WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS INGEVOLGE ARTIKEL 151a VAN DIE WET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING, 2000 WYSE VAN TOEGANG TOT REKORDS bv webtuiste ARTIKEL 151b
VIR INSPEKSIE INGEVOLGE ARTIKEL 15 (a)(i):
VIR KOOP INGEVOLGE ARTIKEL 15 (a)(ii):
VIR DIE MAAK VAN AFSKRIFTE INGEVOLGE ARTIKEL 15 (a)(ii):
GRATIS BESKIKBAAR INGEVOLGE ARTIKEL15 (a)(iii):
VORM E
OUTOMATIESE BESKIKBARE REKORDS EN TOEGANG TOT SODANIGE
REKORDS:
Artikel 52 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000
Regulasie 9A
BESKRYWING VAN KATEGORIE REKORDS WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS INGEVOLGE ARTIKEL 521a VAN DIE WET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING, 2000 WYSE VAN TOEGANG TOT REKORDS bv webtuiste ARTIKEL 521b
VIR INSPEKSIE INGEVOLGE ARTIKEL 52 (a)(i):
VIR KOOP INGEVOLGE ARTIKEL 52 (a)(ii):
VIR DIE MAAK VAN AFSKRIFTE INGEVOLGE ARTIKEL 52 (a)(ii):
GRATIS BESKIKBAAR INGEVOLGE ARTIKEL52 (a)(iii):
