

2

3





INHOUDSOPGAWE

VOORWOORD DEUR DIE MINISTER	3
AANHEF
	Bevestig 	 5
	Glo	6
	Erken	 6
	Neem kennis	 6
	Aanvaar	hiermee	hierdie	Slagofferhandves		7
JOU REGTE AS N SLAGOFFER VAN MISDAAD	 8
1.	Die	reg	om	met	billikheid	en	met	respek	vir	jou	waardigheid	en	privaatheid	behandel	te	word		8
2.		Die	reg	om	inligting	aan	te	bied		9
3.		Die	reg	om	inligting	te	ontvang		10
4.		Die	reg	op	beskerming		11
5.		Die	reg	op	bystand		12
6.		Die	reg	op	vergoeding	13
7.		Die	reg	op	restitusie	14
KLAGTES	15
MEER INLIGTING	17
ERKENNINGS	18
AANTEKENINGE	19

VOORWOORD 


VOORWOORD DEUR DIE MINISTER VIR JUSTISIE EN 
STAATKUNDIGE ONTWIKKELING 
Die	Dienshandves	vir	Slagoffers	van Misdaad in Suid-Afrika (die Slagofferhandves)	is	n	belang-rike instrument ter bevordering van geregtigheid vir almal. Die Slagofferhandves	staan	in	die	gees	van	die	Suid-Afrikaanse	Grondwet	(Wet	108	van	1996)en die Verenigde Nasies se Deklarasie	van	Basiese	Beginsels	van Geregtigheid vir Slagoffers van Misdaad en Magsmisbruik,1985 (GA/RES/40/34).
Sedert	1994,	en	in	ooreenstemming	met	die	kweek	van	n menseregtekultuur, het	die	fokus	geleidelik	verskuif,	van	n	adversoriese	en	vergeldende	strafregstelsel	na	n	stelsel	van	Herstellende	Geregtigheid.	Die kern van die konsep van Herstellende Geregtigheid is die erkenning van misdaad nie as bloot n oortreding teen die	staat	nie,	maar	ook	as	onregmatige	daad	of	onreg	wat	n ander persoon aangedoen is. 
Dit	is	in	ooreenstemming	met	die	Nasionale	Misdaadvoorkomingstrategie se slagoffergesentreerde visie vir die strafregstelsel. Die uiteindelik doelwit is slagofferbemagtiging	deur	in	slagoffers	se	behoeftes	te	voorsien,	hetsy	materieel of emosioneel. 
Die Slagofferhandves en die aangehegte Minimumstandaarde-dokument	is	belangrike	instrumente	wat	die	regte	en	verpligtinge	met	betrekking	tot	dienste	van	toepassing op slagoffers en oorlewendes van misdaad in Suid-Afrika	verduidelik	en	konsolideer.	Die	Slagofferhandves	is	in	ooreenstemming	met	die	bepalings	van	artikel	234	van die Grondwet. 
Ek is vol vertroue dat, met die verbintenis en toewyding van alle	rolspelers	in	die	strafregproses,	hierdie	Slagofferhandves	sal bydra tot die implementering van die toepaslike wette op so n wyse dat dit sy doel sal dien - om geregtigheid n werklikheid vir almal te maak! 
AANHEF 
Die Regering van Suid-Afrika in die algemeen, en spesifiek die	agentskappe	wat	in	die	strafregstelsel	betrokke	is:	
Bevestig 
die	Regering	se	verbintenis	tot	die	implementering	van	maatrels	wat	gemik	is	op	die	deurlopende	hervorming	van	die	strafregstelsel	om	die	regte	van	slagoffers	te	beskerm	en	te	bevorder	ooreenkomstig	internasionale	verpligtinge	kragtens internasionale menseregte-instrumente soos die VN se Deklarasie van Basiese Beginsels van Geregtigheid vir Slagoffers van Misdaad en Magsmisbruik (1985) en die addendum	oor	die	Voorkoming	en	Uitwissing	van	Geweld	teen Vroue en Kinders by die SAOG se Deklarasie oor Geslagsgelykheid en Ontwikkeling (1997). 
Glo 
dat	dit	deels	die	staat	se	verantwoordelikheid	is	om	die	gelyke	deelneming	deur	almal	van	al	die	regte	en	vryhede	wat	in	die	Grondwet	gewaarborg	word,	te	bevorder	-	dat	n	billike	strafregstelsel	slegs	verwesenlik	kan	word	indien	die	regte van slagoffers sowel as beskuldigdes erken, beskerm en gebalanseer word; 
Erken 
die ernstige impak van misdaad op slagoffers, en die potensiaal	daarvan	vir	die	ondermyning	van	n	slagoffer	se	menseregte; 
Neem kennis
dat	beduidende	vordering	sedert	die	begin	van	demokrasie	met	betrekking	tot	die	transformering	van	die	strafregstelsel	gemaak	is	om	te	verseker	dat	almal,	ongeag	van	ras,	geslag,	kultuur	en	klas,	toegang	tot	geregtigheid	en	regsprosesse	het.	Dat	verskeie	maatrels	as	deel	van	die	transformasie	van	die	regstelsel	gemplementeer	is,	om	te	verseker	dat	slagoffers	sentraal	staan	terwyl	hul	regte	opgeweeg	word	teen	die	regte	van	beskuldigdes,	en	sekondre	viktimisasie	in	die	onderskeie	stadiums	van	die	strafregproses	tot	die	minimum beperk word; 
AANVAAR HIERMEE HIERDIE SLAGOFFERHANDVES 
Om	voorsiening	te	maak	vir	die	konsolidasie	van	die	huidige	regsraamwerk	in	Suid-Afrika	met	betrekking	tot	die	regte	van, en dienste gelewer aan misdaadslagoffers en om: 
	sekondre	viktimisasie	in	die	strafregproses	uit	te	skakel;
	te	verseker	dat	slagoffers	sentraal	in	die	strafregproses		bly staan;
		die	diensstandaarde	duidelik	te	omskryf	wat	verwag	kan	word	deur,	en	verleen	word	aan	slagoffers	wanneer hulle ook al in kontak met die strafregstelsel kom; 
en 
	om	voorsiening	te	maak	vir	regres	vir	slagoffers	wanneer	standaarde	nie	nagekom	word	nie.
JOU REGTE AS N SLAGOFFER VAN MISDAAD 
As	jy	n	misdaadslagoffer	was,	sal	die	volgende	regte,	
soos	vervat	in	die	Grondwet	en	relevante	wetgewing,	
gehandhaaf	word	gedurende	jou	interaksie	met	die	straf-regstelsel: 
1.	Die reg om met billikheid en met respek vir jou waardigheid en privaatheid behandel te word
			Jy	het	die	reg	om	flink	en	hoflik	bedien	te	word,	met	respek	vir	jou	waardigheid	en	privaatheid	deur	alle	lede 	van enige departement, instelling, agentskap of organisasie	wat	regstreeks	of	onregstreeks	n	diens	aan	jou lewer (hierna diensverskaffers genoem). 
			Die	polisie,	tydens	ondersoeke;	die	aanklaers	en	hof-amptenare	tydens	voorbereiding	van	en	gedurende	die	verhoor;	asook	alle	ander	diensverskaffers,	sal	stappe	doen om jou enige onnodige ongerief te spaar deur onder meer onderhoude met jou in jou voorkeurtaal en, indien nodig, privaat te voer. 
	Hierdie	maatrels	sal	verhoed	dat	jy	aan	sekondre	viktimisasie blootgestel word
2.	Die reg om inligting aan te bied
	Jy	het	die	reg	om	inligting	tydens	die	kriminele	ondersoek en verhoor aan te bied.
		Die	polisie,	aanklaer	en	korrektiewedienste-amptenaar	sal stappe doen om te verseker dat enigiets wat jy tot die	ondersoek,	vervolging	en	paroolverhoor	wil	bydra,	aangehoor	en	oorweeg	sal	word	in	die	besluit	of	daar	met die ondersoek voortgegaan moet word, of tydens die	verloop	van	die	vervolging	of	paroolraadverhoor.	
		Hierdie	reg	beteken	dat	jy	kan	deelneem	(indien	nodig en waar moontlik) aan strafregverrigtinge deur die borgtogverhoor,	die	verhoor,	vonnisoplegging	en/of		paroolraadverhoor by te woon.
			Dit	beteken	dat	jy	die	geleentheid	sal	h	om	ng	n	
verklaring	by	die	polisie	af	te	l	as	jy	meen	dat	jou	eerste	verklaring	onvolledig	was;	jy	mag	ook,	waar	toepaslik, n verklaring voor die hof afl of tydens vonnisverrigtinge	getuig	om	die	hof	se	aandag	op	die	erns	van die misdaad te vestig.
	Jy mag ook n skriftelike aansoek tot die voorsitter van die	paroolraad	rig	om	die	paroolverhoor	by	te	woon	en skriftelike verto voor te l.
3.  Die reg om inligting te ontvang
	Jy	het	die	reg	om	oor	jou	regte	ingelig	te	word	en	hoe	om dit uit te oefen.
	As	deel	van	hierdie	reg	mag	jy	vra	dat	enigiets	wat	jy	nie	verstaan	nie	in	jou	eie	taal	aan	jou	verduidelik	word.
	Jy	het	die	reg	om	inligting	te	ontvang	en	ingelig	te	word	oor alle relevante dienste wat diensverskaffers aan jou kan lewer. 
	Jy	sal	oor	jou	rol	in	die	saak	ingelig	word	en	jy	mag	ook weet ongeveer hoe lank die saak sal duur. Jy mag inligting	aanvra	oor	hofdatums,	getuiefooie	en	die	getuiebeskermingsprogram. 
	Jy	mag	weet	hoe	die	saak	vorder,	of	die	oortreder	in	hegtenis	geneem	is,	aangekla	is,	of	borgtog	toegestaan	is en of sy/hy skuldig bevind of gevonnis is.
	Jy	mag	redes	aanvra	vir	n	besluit	wat	in	jou	saak	geneem is oor vervolging al dan nie.
	Jy	is	geregtig	om	dokumente	te	ontvang	waartoe	jy	regtens toegang mag h.
	Jy	mag	versoek	dat	jy	in	kennis	gestel	word	van	verrigtinge wat jy mag bywoon.
		Jy	mag	die	aanklaer	versoek	om	jou	werkgewer	in	kennis te stel van verrigtinge wat jy in werkstyd moet bywoon. 
4. Die reg op beskerming
	Jy	het	die	reg	om	vry	te	wees	van	intimidasie,	teistering,	vrees,	bemoeienis,	omkopery,	korrupsie	en	mishandeling.	As	jy	n	getuie	is,	moet	jy	enige	sodanige dreigemente by die polisie of senior aanklaer aanmeld. 
	Mits	jy	aan	sekere	vereistes	voldoen,	sal	die	polisie		aansoek doen dat jy in n getuiebeskermingsprogram geplaas word. 
	As	di	aansoek	slaag,	sal	jy	in	n	getuiebeskermings-program	opgeneem	word	waar	jy	so	ver	moontlik	beskerm	sal	word	teen	alle	vorms	van	onbehoorlike	benvloeding, teistering of intimidasie.
	Dit	sal	jou	veiligheid	as	getuie	en	die	beskikbaarheid	van	jou getuienis verseker, en verhoed dat jy jou getuienis weerhou as gevolg van onbehoorlike benvloeding. 
	Hierdie	reg	beteken	ook	dat	die	hof	in	sekere	omstandighede die publikasie van enige inligting (waaronder jou identiteit) mag verbied, of dat die hof gelas dat die verhoor agter geslote deure (in camera) plaasvind. 
		Jy	mag	Korrektiewe	Dienste	versoek	om	jou	te	verwittig	as	die	oortreder	ontsnap	het	of	oorgeplaas	is.	
5.	Die reg op bystand
		Jy	het	die	reg	om	bystand	aan	te	vra	en,	waar	toepaslik,	toegang	te	kry	by	tot	beskikbare	maatskaplike,	gesondheids- en beradingsdienste asook regshulp wat jou behoeftes in aanmerking neem. 
	Die	polisie	sal	jou	bystaan	deur	polisieprosedures	te	verduidelik,	jou	oor	jou	regte	in	te	lig	en	jou	na	ander	relevante	diensverskaffers	te	verwys.	
	Die	kantoorbestuurder	of	kantoorhoof	by	die	hof	sal	vir	die dienste van n tolk rel. 
	Die	aanklaer	sal	verseker	dat	spesiale	maatrels	met	betrekking	tot	seksuele	oortredings,	gesinsgeweld	en	kinderondersteuning	of	onderhoudsake	getref	word	en dat sulke sake, indien moontlik, in gespesialiseerde howe verhoor word. 
	As	jy	spesiale	behoeftes	het,	sal	alle	diensverskaffers,	binne	hulle	lynfunksie,	alle	redelike	stappe	doen	om	jou	tegemoet te kom en te verseker dat jy op n sensitiewe wyse behandel word. 
6.	Die reg op vergoeding
	Jy	het	die	reg	op	vergoeding	vir	verlies	van	of	skade	aan eiendom wat gely is as gevolg van misdaad wat teen jou gepleeg is. 
	Jy	mag	versoek	om	teenwoordig	te	wees	in	die	hof	op	die	datum	van	vonnisoplegging	en	die	aanklaer	versoek	om	by	die	hof	aansoek	te	doen	om	n	vergoedingsbevel	ingevolge	artikels	297	en	300	van	die	Strafproseswet,		1977 (Wet 51 van 1977). 
	Vergoeding	het	betrekking	op	n	bedrag	geld	wat	n	strafhof	toeken	aan	die	slagoffer	wat	verlies	of	skade	aan	eiendom	gely	het,	met	inbegrip	van	geld,	as	gevolg	van	n kriminele daad of versuim deur die aangeklaagde. 
		Die	aanklaer	sal	jou	in	kennis	stel	indien	n	vergoedingsbevel	toegestaan	is,	die	inhoud	daarvan	verduidelik	en	hoe	om	dit	af	te	dwing.	Jy	kan	ook	n	siviele	geding	teen	die beskuldigde instel as die strafhof nie n vergoedingsbevel toestaan nie. Dit gebeur gewoonlik wanneer die skade	nie	maklik	in	terme	van	geld	bepaal	kan	word	nie,	soos byvoorbeeld sielkundige letsel of pyn en lyding. 
	Die	klerk	van	die	hof	sal	jou	bystaan	met	die	afdwing	van	n	vergoedingsbevel	wat	deur	die	hof	toegestaan	is.	
7.	Die reg op restitusie
	Jy	het	die	reg	op	restitusie	indien	jy	wederregtelik	van	jou	goedere	of	eiendom	ontneem	is,	of	indien	jou	goedere	of	eiendom	wederregtelik	beskadig	is.	
	Restitusie	het	betrekking	op	gevalle	waar	die	hof,	n	skuldigbevinding, die aangeklaagde gelas om die eiendom	of	goedere	waarvan	jy	wederregtelik	ontneem	is	aan	jou	terug	te	besorg,	of	om	die	eiendom	of	goedere	wat wederregtelik beskadig is, te herstel sodat jy weer die posisie kan geniet waarin jy was voordat die misdaad gepleeg is. 
		Die	aanklaer	sal	jou	verwittig	wat	restitusie	behels,	en	die	klerk	van	die	hof	sal	jou	help	om	hierdie	reg	uit	te	oefen. 
KLAGTES 
Met inagneming van die feit dat jy die reg het om te kla, mag	jy	die	betrokke	staatsdepartement	of	diensverskaffer	kontak as jy enige klagte het oor die diens wat jy ontvang, of	as	jou	regte	oor	die	hoof	gesien	word.		As	jy	nie	tevrede	is	met	die	wyse	waarop	jou	klagte	gehanteer	word	nie,	kan	jy by die volgende instansies om hulp aanklop: 
a.	Die	Kantoor	van	die	Openbare	Beskermer	
b.	Die	Suid-Afrikaanse	Menseregtekommissie	
c.	Die Kommissie op Geslagsgelykheid 
d.	Die	Onafhanklike	Klagtedirektoraat	
e.	Metropolisie 
f.	Die	Raad	vir	die	Gesondheidsprofessies	van	Suid-Afrika	
g.	n	Prokureur	van	jou	keuse	en	vir	jou	eie	rekening	 
Lees asseblief die Minimum Diensstandaarde ten opsigte van Misdaadslagoffers as jy meer inligting oor enige aspek van die Slagofferhandves verlang. Hierdie dokument is beskikbaar by die kantore van rolspelende staatsdepartemente. 
Die	rolspelers	in	die	strafregstelsel	sal	seker	maak	dat	eksemplare	van	die	Slagofferhandves	by	die	volgende	kantore	beskikbaar is: 
	Howe
	Kantore	van	die	Departement	van	Korrektiewe	Dienste
	Kantore	van	Direkteure	van	Openbare	Vervolgings
	Gevangenisse
	Polisiestasies en Ondersoekeenhede
	Kantore van Maatskaplike Dienste of agentskappe
	Kantore	van	die	Metropolisiediens
	Staatshospitale en -klinieke
MEER INLIGTING 
As	jy	meer	inligting	verlang	oor	enigiets	in	hierdie	dokument,	kan	jy	met	die	Departement	van	Justisie	en	Staatkundige	Ontwikkeling se Geslagsgelykheidsdirektoraat by die volgende nommers in verbinding tree: 
Tel:	(012) 315 1670
Faks:	(012) 315 1960 
E-pos:	VictimCharter@justice.gov.za 
Tolvry nommer: 
0800 011 022 
ERKENNINGS 
Die	Dienshandves	vir	Misdaadslagoffers	in	Suid-Afrika	is	opgestel	deur	die	Geslagsgelykheidsdirektoraat	in	die	Departement	van	Justisie	en	Staatkundige	Ontwikkeling,	in	samewerking	met	die	departemente	van	Maatskaplike	Ontwikkeling,	Korrektiewe	Dienste,	Onderwys,	en	Gesondheid, asook die Nasionale Vervolgingsgesag, die Suid-Afrikaanse Polisie-diens, die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, die Kantoor	van	die	Openbare	Beskermer,	die	Onafhanklike	Klagtedirektoraat,	lede	van	die	Landdroste-	en	Regterlike	Dienskommissie asook lede van die Tshwane-metropolisie. 
Die	Departement	van	Justisie	en	Staatkundige	Ontwikkeling	stel ook die bydraes van verskeie nie-regeringsorganisasies en akademiese instellings tot die ontwikkeling van die Slagofferhandves hoog op prys. 

Mev BS Mabandla, LP,
Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling

JOU REGTE AS N SLAGOFFER VAN MISDAAD

AANTEKENINGE

Privaatsak X81 
Pretoria, 0001 
Pretoriusstraat 329, Momentumgebou, 
Pretoria, 0002 




