






HOME|YOUR LIFE|TOPICS|PUBLICATIONS |DIRECTORIES |YOUR GOVERNMENT|TENDERS|JOBS





Afrikaans
|
isiXhosa
|
About
|
Contact
|
Help
|
Advanced Search  |



 





Home > Publications > Speeches > Wreld Voedseldag Vieringe Murraysburg

Wreld Voedseldag Vieringe Murraysburg


BY: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
AT: Murraysburg
12 October 2007

Wreld Voedseldag is 'n baie belangrike datum op die landboukalender, nie net hier by ons nie maar dwarsdeur die wreld, aangesien 16 Oktober die datum is waarop die Voedsel en Landbou Organisasie van die Verenigde Nasies in 1945 gestig is. Die tema vir Wreld Voedsel Dag 2007 is "DIE REG TOT VOEDSEL".

Dit is die reg van elke persoon om gereelde toegang te h tot genoegsame, voedsame en kultureel aanvaarbare voedsel om 'n aktiewe gesonde lewe te lei. Dit is die reg van elkeen om hom of haarself op ? waardige wyse te voed eerder as om gevoer te word.

Met meer as 850 miljoen mense wat dwarsdeur die wreld honger ly is die reg tot voedsel nie net 'n ekonomiese morele en politieke gegewe nie, maar rus daar ook 'n wetlike verpligting op regerings dwarsoor die Wreld om seker te maak dat daar genoegsame voedsel is vir die mense van die land.

Die Regering van die Wes-Kaap is baie ernstig oor voedselsekuriteit aangesien die grondwet van ons land voedselsekuriteit as 'n basiese mensereg beskou.

Daarom is dit die reg van elke Suid-Afrikaner om te alle tye toegang te h tot genoeg veilige en voedsame voedsel en maak die Departement van Landbou in die Wes-Kaap jaarliks in sy begroting voorsiening vir die vestiging van voedseltuine en ander projekte om van ons mense in staat te stel om selfvoorsienend te wees deur middel van hierdie projekte.

We say that we recognise food security as a priority and it is our duty to create sustainable interventions to prevent food insecurity through agricultural solutions as a contribution to a sustainable safety net. And in our Mission Statement it is very aptly stated and I quote: "To enhance the economic, ecological and social wealth of the people of the Western Cape through reducing hunger in the Western Cape."

Ek het reeds ges dat die FOA bereken dat daar meer 850 miljoen mense deur die wreld honger ly. Tydens die wreld voedsel beraad wat in 1996 in Rome gehou is en ook weer 5 jaar later tydens die wreld voedsel beraad in 2002, het wreldleiers onderneem dat hierdie syfer teen 2015 met die helfte verminder moet wees.

Ons is gelukkig dat Suid-Afrika selfonderhoudend is wat die beskikbaarheid van voedsel aan betref, maar ten spyte hiervan is daar baie mense wat daagliks honger ly en selfs gevalle waar mense aan wan en ondervoeding ly. Die hartseer hiervan is dat dit in baie gevalle ons kinders en bejaardes is wat die swaarste getref word. In baie gevalle is die kos beskikbaar, maar mense het nie die finansile middele om dit te koop nie. Met ander woorde, mense ly honger as gevolg van armoede.

Dit is om hierdie rede dat die voedselsekuriteitsprogram van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap op twee bene staan, naamlik om programme te volg wat daarop ingestel is om mense in staat te stel om die nodige finansile middele te bekom en sodoende armoede te verlig en tweedens is ons daarop ingestel om ons mense te help om hulle eie voedsel te produseer.

Binne die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het ons oor die laaste paar jaar 'n nuwe program gevestig met die naam van FSD of anders gestel Farmer Support and Development. Die mandaat van hierdie program is om om te sien na voedselsekuriteit, vestiging van nuwe boere, verdere ondersteuning van nuwe boere en ook die ontwikkeling van plaaswerkers.

Die sub-program Voedsel Sekuriteit kordineer en vestig nuwe voedselproduksie projekte wat op hulle beurt weer inpas by die gentegreerde voedsel sekuriteit strategie van die Nasionale Departement. Ons het ook amptenare in die vyf streke wat baie nou met die gemeenskap werk om voedseltuine te vestig wat aan families of gemeenskappe voedsel kan voorsien.

Dit het onder ons aandag gekom dat die werkloosheid in hierdie omgewing waar u woon, amper 90% is, en daarom maak baie van u staat op die maatskaplike toelae van die regering af. U area is deur die President gedentifiseer as een waar daar op ? praktiese manier ? oplossing gevind moet word om u kwaliteit van lewe te verbeter.

By landbou is dit ons uitgangspunt dat waar mense gesond genoeg is en daar ? wil is om te werk, daar probeer ons u in staat stel om u eie bestaan te maak. Dit is dan ook om die rede dat ons hierdie 40 projekte op Murraysburg kom vestig. Ons gaan vir 40 families, 25 hoenders gee om ? boerdery te begin, met ander woorde ons gee 'n 1000 hoenders vir die mense van Murraysburg om u lewensomstandighede hier te verbeter.

Soos ek ges het, is die departement by baie projekte betrokke so het ons verlede jaar met die hulp van ons beamptes projekte ondersteun dwarsdeur die provinsie, naamlik:

1. Kaap wynland 30 projekte
2. Metropool 21 projekte
3. Weskus 30 projekte
4. Eden 22 projekte
5. Sentraal Karoo 4 projekte
6. Overberg 26 projekte

Verder het ons met fondse wat ons van die Provinsie af gekry het, nog projekte ondersteun, naamlik:

1. Metropool 17 projekte
2. Weskus 5 projekte
3. Eden 5 projekte
4. Sentraal Karoo 7 projekte
5. Kaapse Wynland 8 projekte
6. Overberg 10 projekte

Dit is in totaal 185 projekte.

Hierdie jaar is ons besig om R4,5 miljoen aan nuwe projekte te bestee. Ons hoop om ? hoeveelheid voedsel-sekuriteitsprojekte, en hiermee bedoel ek hoofsaaklik groentetuinprojekte, provinsiewyd met 20% uitbrei. So gaan ons byvoorbeeld meer as R4 miljoen net in die Kaapse Metropool op projekte spandeer. Terwyl landbou hoofsaaklik in die landelike gebiede gesentreer is, is hierdie een van die maniere waarop Departement Landbou sy bydrae lewer tot die werkloosheid en dus hongerstryd wat ook in stedelike gebiede hoogty vier.

Landbou speel ? belangrike rol in elkeen van ons se lewe. Ek wil so ver gaan as om vir u te s dat sonder Landbou kan ons nie bestaan nie. Kyk maar net rondom u en u sal sien. Waar kom die klere vandaan wat u aan het? Waar kom die kos vandaan wat u eet? Waar kom die hout vandaan waarmee baie meubels van gemaak word en so kan ek aangaan.

Ons wil h dat u ons vennote moet word om landbou in die Wes-Kaap te laat groei. U moet saam met ons daaraan werk dat ons kan sorg dat daar genoeg kos op die tafel is. Daardeur gaan u nie net sorg dat u nie honger ly nie, maar gaan u ook sorg dat u ? inkomste het om van te leef.

Hierdie regering het in die verkiesing van 2004 opnuut met u 'n kontrak aangegaan om armoede te beveg deur planne te implementeer en projekte in werking te stel waarby u as individue en as gemeenskap baat sal vind. So byvoorbeeld spandeer ons in die Departement van Landbou in die Wes-Kaap amper 80% van ons totale begroting op programme en projekte wat daarop gemik is om die ongelykhede van die verlede uit te wis.

Ek wil ook terselfdertyd vir u as gemeenskap vra om u kinders bewus te maak van Landbou sodat hulle miskien eendag ? loopbaan in Landbou kan volg. Ons stel beurse aan jong kinders van plaaswerkers beskikbaar om op Elsenburg te kom studeer in landbou. Ons borg programme saam met ander regerings om van ons plaaswerkers oorsee te stuur om te gaan leer hoe word kaas en wyn gemaak in ander lande.

Ons wil h dat u moet weet dat u nie alleen staan in u geveg teen armoede nie. Ons wil nie h dat u moedeloos moet wees nie. Ons wil h dat u mense van hoop moet wees.

Die Regering van die Wes-Kaap het 'n plan waarvan u deel is. Ons praat van 'n "tuiste vir almal" in die "Groeiende Kaap" of IKAPA ELIHLUMAYO". Hierdie twee begrippe is die basis waarvandaan die Regering van die Wes-Kaap werk om vir al die inwoners van die Provinsie te help veg teen werkloosheid, armoede en sosiale verval sodat elkeen ? ware lid van die tuiste kan wees waarna ons as regering streef.

Elke huis het 'n fondament waarop dit gebou word, so het hierdie huis van IKAPA ELIHLUMAYO ook ? fondament, en hierdie fondament is, waardigheid, billikheid en welvaart. Ons wil h dat elke persoon, ook jongmense, met waardigheid en billikheid hanteer sal word sodat ons almal ewe menswaardig sal voel. Dit is nie al nie. Ons wil welvaart skep sodat ons mense nie van maatskaplike pensioene en kindergrants afhanklik moet wees nie. Die geleerde mense praat van 'n paradigma skuif. Ek praat sommer van 'n kopskuif of "mindchange" As ons 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap wil skep, sal baie mense paradigma skuiwe moet maak sodat ons kan wegkom van maatskaplike afhanklikheid om ekonomies selfstandig te word. U moet nie na ander mense kyk om die dice vir jou reg te laat val nie. Jy moet jou eie dice skommel en homself gooi. Hou op om na ander te kyk vir ? aalmoesie anders gaan jy ? mens sonder hoop bly vir die res van jou lewe.

Ons het vandag hiernatoe gekom om vir u nuwe hoop te gee. Ek vra vir u om saam met ons te werk en te sorg dat hierdie programme oor 'n jaar van nou af, nie meer programme of projekte sal wees nie, maar volwaardige boerderye wat aan u 'n behoorlike inkomste sal verskaf en terselfdertyd sal sorg dat daar kos op die tafel is.

Navrae:

Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Cell: 084 604 6701
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za

A Home for All ~ 'n Tuiste vir Almal ~ iKaya Lethu Sonke
http://www.capegateway.gov.za/agriculture




SPEECHES ARCHIVE


2009:       JAN      FEB      MAR      APR     

2008:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2007:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2006:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2005:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2004:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2003:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2002:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2001:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     




The content on this page was last updated on 12 October 2007



Don't understand government jargon or an acronym? Use the GLOSSARY.



| QUESTIONS? Just ask us: questions@capegateway.gov.za



Terms of Use | Privacy Policy | Copyright







Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government





