






HOME|YOUR LIFE|TOPICS|PUBLICATIONS |DIRECTORIES |YOUR GOVERNMENT|TENDERS|JOBS





Afrikaans
|
isiXhosa
|
About
|
Contact
|
Help
|
Advanced Search  |



 





Home > Publications > Speeches > Wolseley-Anti-Misdaad Saamtrek

Wolseley-Anti-Misdaad Saamtrek


BY: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
AT: Wolseley
7 January 2007

Dit is vir my ? groot voorreg om vandag met u n paar gedagtes te wissel oor misdaad omdat dit in vandag se tye so maklik is om n slagoffer te word en daardeur net nog ? misdaadstatistiek te word.

Ons leef in n gemeenskap waar ons onself omring met mure en doringdraad, ons leef in n gemeenskap waar ons onsself toesluit agter tralies en waar die uitsig wat ons vanuit ons huise het lyk soos die van n tronk. Ons strate is nie meer veilig nie, ons perspektief het totaal verander omdat elke aksie wat ons doen gemeet word aan hoe veilig dit vir my en my kinders is. Daar is nie een van ons wat nie of direk of indirek die impak van misdaad op ons lewens gevoel het of n slagoffer was nie.

Misdaad het die norm geword

Ek gee graag ? kort oorsig oor misdaad statistieke wat in 2006 vrygestel is. Dit is die nuutste syfers wat ons kon bekom en is amptelike SAPD syfers vir die Witzenberg streek:


* Moord: 42
* Verkragting 144
* Poging tot moord: 16
* Aanranding/doel ernstig te beseer: 911
* Algemene aanranding: 849
* Opsetlike saakbeskadiging: 337
* Inbrake: 465
* Dwelmverwante Misdaad:1212


Hierdie syfers is egter nie die ware prentjie nie. Die algemene verwagting is byvoorbeeld dat slegs sowat 50% van verkragtings en poging tot verkragting aangemeld word. Benewens die fisiese trauma van verkragting of n aanval, is een van die ergste gevolge van sulke misdade vir Suid?Afrikaanse vroue die herbevestiging van die persepsie dat vroue, en spesifiek meisies, swak slagoffers en maklike teikens vir mishandeling is. Daar is bereken dat misdaad die land ongeveer R30 miljard n jaar kos wat n astronomiese bedrag is wat eerder ander belangrike prioriteite vir die land se ontwikkeling kon befonds.

Die misdaad agter ons ho mure

Terwyl dit lyk asof misdaad op straat n afname kan beleef is daar kommer oor die misdaad wat in ons huise afspeel agter ons ho mure en waarvoor die gemeenskap sy o sluit en daarmee stilswyend goedkeuring verleen.

Hiervan bly kindermishandeling waarskynlik een van die mees skokkendste. Skrikwekkend is dat in 83% van hierdie gevalle ken die slagoffers die oortreders. Weer eens wys statistieke dat slegs 15 uit 100 gevalle aangemeld word. Die mishandeling van kinders word beskou as ? misdaad wat nie raakgesien word nie en dit lyk asof die gemeenskap sy gevoel van omgee verloor het. Daarom is hierdie inisiatief soveel te meer belangrik want dit lyk asof die gemeenskap in die geval nie sy kinders vergeet nie.

Duisende vroue en kinders word aan geweld en seksuele misbruik in hul eie huise onderwerp. Dikwels is dit juis diegene wat die naaste aan hulle is wat die kinders en of vrouens mishandel en verneder.

Die provinsiale regering doen sy deel

Die provinsiale regering van die Wes-Kaap sit nie op sy louere en verwag dat ander organisasies moet inspring en help om slagoffers by te staan en te ondersteun nie. Daar is veel eerder n interaksie tussen regeringsdepartemente, nie-regeringsorganisasies, kerkorganisasies en belangegroepe wat almal tot n mindere of meerdere mate inspring om die lot van slagoffers te verlig en bystand te verleen waar nodig.

Dit is een van die redes waarom die Wes?Kaap en die nasionale Departement van Onderwys programme in ons skole aanbied om jong dogters toe te rus met selfverdedigingsvaardighede om terug te kan slaan. Die Slaan Misdaad Hok?veldtog verminder nie net die kanse dat vrouestudente aangeval sal word nie, maar spreek ook die wanindruk aan dat vroue en meisies hulleself nie kan verdedig nie en magteloos is. Ons kinders moet geleer word dat mishandeling nie n norm is nie, en dat geweld die uitweg van lafaards is wat nie in die gemeenskap tuishoort nie.

Die Departement van Gemeenskapsveiligheid werk saam met die Departement van Maatskaplike Dienste om vrywilligers op te lei om met die berading van verkragting slagoffers te help, en ook om polisiebeamptes in staat te stel om sulke gevalle op 'n behoorlike en sensitiewe wyse te hanteer.

Voorts het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se projek Veilige Skole 'n begroting toegewys om veiligheidskomitees by elke skool dwarsdeur die provinsie in te stel om veiligheidsplanne vir goedkeuring en inwerkingstelling voor te l.

Gemeenskapspolisiringsforums het ? groot rol te speel in die herstel van vertroue en die bou van bande tussen die gemeenskap en die polisie. Van die projekte wat gereeld deur GPFs aangepak word sluit in:


* Veiligheid by skole veldtog.
* Jeug teen misdaad;
* Motor beveiligings wagte;
* Slagoffer bemagtingsprogramme;
* Bou van vennootskappe met die SAPS.


? Nuwe moraliteit is nodig

Dit alles ges is dit duidelik dat alles wat gedoen word slegs reaktiewe stappe is en dat daar ? dieper liggende probleem in die gemeenskap teenwoordig is. Ons lewe in ? samelewing wat by die dag agteruitgaan en wat die volgende simptome het:


* ? Gebrek aan respek vir menslike lewe;
* Daar is ? afname in beheer van ouers van hul kinders;
* Daar is ? gebrek aan gesag en gesagstrukture;
* Misdaad en korrupsie;
* Misbruik van alkohol en dwelms;
* Misbruik van vroue en kinders en ander weerlose lede van ons gemeenskap;
* ? Gebrek aan respek vir ander mense en hul eiendom;
* ? Algemene benadering van selfgesentreerdheid en n gebrek aan omgee vir andere.


Wat egter kommerwekkend is, is dat ongeveer 3000 jongmense per maand in die Wes-Kaap gearresteer word. 50% van ons leerders verlaat die skole vroeg wat nie help om die werkloosheid wat tans op 26,8% staan te verlig nie.

Iemand het eenkeer ges dat as 10% van mense ? rooi lig verontagsaam dan word dit ? norm en word dit ? algemene gebruik. Geen regering - op watter sfeer ookal kan alleen die taak aanpak om mense weer op die regte pad te bring nie. Wat ons nodig het is n morele herlewing waartoe elke individu homself verbind Oud President Mandela het gepraat van ? RDP van die siel.

Moraliteit hou die sleutel tot 'n gesonde gesinslewe, en 'n gesonde gesinslewe is die sleutel tot soveel goed waarna ons streef, soos suksesvolle opvoeding, 'n misdaadvrye samelewing, standvastige en vredeliewende gemeenskappe - om maar 'n paar te noem. Elkeen van ons moet vandag persoonlik onderneem om 'n verskil by ons huise te maak. Ons moet ons houdings, ons waardes en ons sedes ondersoek.

Daarom het die regering begin met ? veldtog van morele hernuwing en het ons juis in die Wes-Kaap al verskeie werkswinkels gehad oor die morele hernuwing wat so nodig is - ook in ons eie gemeenskap.

Ons het n nuwe moraliteit nodig op elke terrein van ons lewe want ons het n samelewing geword wat sy o gesluit het vir die lot van diegene rondom ons, ons het n samelewing geword wat die materile jaag en nie omgee wie in die proses seerkry of benadeel word nie. Ons het ? samelewing geword wat hul o sluit vir die seer van ? kind wat mishandel word en ons het ? samelewing geword wat diegene verwerp wat MIV/Vigs onder lede het.

Ek wil graag ook in die verband waardering uitspreek teenoor die vrywilligers in die Gemeenskapspolisiringsforums wat onvermoeid werk, saam met die SAPD, om die ideaal van ? misdaadlose gemeenskap te vestig.

Dit is inisiatiewe wat uit die gemeenskap kom wat ? instrumentele rol kan speel in die herstel van vertroue tussen die polisie en die gemeenskap. Projekte wat in vennootskap tussen die gemeenskap en die SAPD plaasvind sal ongetwyfeld bydrae daartoe om misdaad te beperk en ons omgewings weer leefbaar en vry van kriminele aktiwiteite te maak.

================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================

Alie van Jaarsveld: Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Cell: 084 604 6701
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za
A Home for All ~ 'n Tuiste vir Almal ~ iKaya Lethu Sonke
http://www.capegateway.gov.za




SPEECHES ARCHIVE


2009:       JAN      FEB      MAR      APR     

2008:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2007:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2006:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2005:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2004:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2003:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2002:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     

2001:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     




The content on this page was last updated on 8 January 2007



Don't understand government jargon or an acronym? Use the GLOSSARY.



| QUESTIONS? Just ask us: questions@capegateway.gov.za



Terms of Use | Privacy Policy | Copyright







Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government





