ALGEMENE VERDUIDELIKENDE NOTA:
Woorde in vet druk tussen vierkantige hake dui skrappings uit bestaande verordenings aan.
Woorde met 'n volstreep daaronder dui invoegings in bestaande verordenings aan.
Om op omvattende en uitgebreide wyse alle aspekte van die wette en die implementering van die wette met betrekking tot seksuele misdrywe te hersien en te wysig, en om met alle regsaspekte van of met betrekking tot seksuele misdrywe in 'n enkele statuut te handel, deur--
die gemeneregtelike misdryf van verkragting te herroep en dit met 'n nuwe uitgebreide statutêre misdryf van verkragting te vervang wat op alle vorme van seksuele penetrasie sonder toestemming, ongeag geslag, van toepassing is;
die gemeneregtelike misdryf van onsedelike aanranding te herroep en met 'n nuwe statutêre misdryf van seksuele aanranding te vervang wat op alle vorme van seksuele skending sonder toestemming van toepassing is;
nuwe statutêre misdrywe te skep wat op sekere gedwonge handelinge van penetrasie of skending van toepassing is;
nuwe statutêre misdrywe vir volwassenes te skep deur die gedwonge waarneming of veroorsaking van die waarneming van sekere seksuele gedrag en sekere dele van die menslike anatomie, die blootstelling of vertoon van kinderpornogra.e en die verkryging van seksuele dienste van 'n volwassene strafbaar te stel;
die gemeneregtelike misdrywe van bloedskande, bestialiteit en lykskending, vir soverre sodanige skending van 'n seksuele aard is, te herroep en ooreenstemmende statutêre misdrywe te verorden;
omvattende bepalings te verorden wat handel met die skepping van sekere nuwe, uitgebreide of gewysigde seksuele misdrywe teenoor kinders en persone wat verstandelik gestremd is, met inbegrip van misdrywe met betrekking tot seksuele uitbuiting of aanvoring, blootstelling aan of vertoon van pornogra.e en die skepping van kinderpornogra.e, ongeag dat sommige van die misdrywe soortgelyk is aan dié wat geskep word met betrekking tot volwassenes, aangesien die skepping van hierdie misdrywe ten doel het om die besondere kwesbaarheid van kinders en persone wat verstandelik gestremd is ten opsigte van seksuele misbruik of uitbuiting aan te pak;
die onderskeid wat tussen die ouderdom vir toestemming tot verskillende instemmende seksuele handelinge getref word, uit te skakel en voorsiening te maak vir spesiale bepalings met betrekking tot die vervolging en beregting van instemmende seksuele handelinge tussen kinders ouer as 12 jaar, maar jonger as 16 jaar;
enige poging, sameswering of aansporing om 'n seksuele misdryf te pleeg, strafbaar te stel;
n verpligting te skep om seksuele misdrywe aan te meld wat met of teenoor kinders of persone wat verstandelik gestremd is, gepleeg word;
die Suid-Afrikaanse Polisiediens van nuwe ondersoekmiddele te voorsien by die ondersoek van seksuele of ander misdrywe waar die MIV-status van die pleger betrokke is;
ons howe met ekstra-territoriale jurisdiksie te beklee by die aanhoor van aangeleenthede met betrekking tot seksuele misdrywe;
sekere dienste aan sekere slagoffers van seksuele misdrywe te voorsien, onder andere, om sekondêre traumatisering te verminder of, sover moontlik, uit te skakel, met inbegrip daarvan om aan 'n slagoffer van sekere seksuele misdrywe die reg te verleen om te vereis dat die beweerde pleger vir sy of haar MIV-status getoets word en die reg om Na-blootstellingspro.lakse in sekere omstandighede te ontvang;
n Nasionale Register vir Seks-oortreders in te stel en te reël;
prosedures, verwere en ander bewysregtelike aangeleenthede by die vervolging en beregting van seksuele misdrywe verder te reël;
voorsiening te maak vir die aanvaarding van 'n nasionale beleidsraamwerk wat alle aangeleenthede in hierdie Wet reël, met inbegrip van die wyse waarop seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede op 'n eenvormige, gekoördineerde en sensitiewe wyse deur alle Staatsdepartemente en -instellings mee gehandel moet word en die uitreiking van nasionale opdragte en voorskrifte wat deur die wetstoepassingsagentskappe, die nasionale vervolgingsgesag en gesondheidsorgpraktisyns gevolg moet word om die implementering, toepassing en administrasie van hierdie Wet voor te lig ten einde die oogmerke van die Wet te verwesenlik;
tydelike voorsiening te maak met betrekking tot handeldryf in mense vir seksuele doeleindes; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.
AANHEF
NADEMAAL die pleeg van seksuele misdrywe in die Republiek ernstig sorg baar is aangesien dit 'n besondere nadelige impak op kwesbare persone, die gemeenskap as geheel en die ekonomie het;
NADEMAAL vroue en kinders, synde besonder kwesbaar, meer waarskynlik slagoffers van seksuele misdrywe sal word, met inbegrip van deelname aan volwasse prostitusie en seksuele uitbuiting van kinders;
NADEMAAL die voorkoms van die pleeg van seksuele misdrywe in ons gemeenskap hoofsaaklik 'n sosiale verskynsel is wat die diepliggende, sistemiese abnormale werking in ons gemeenskap re.ekteer, en dat regsmiddele om hierdie sosiale verskynsel aan te pak, beperk en reaksionêr van aard is, maar nietemin noodsaaklik;
NADEMAAL die Suid-Afrikaanse gemenereg en statutêre reg nie voldoende, doeltreffend en op 'n nie-diskriminerende grondslag handel met baie aspekte met betrekking tot of geassosieer met seksuele misdrywe nie, en 'n eenvormige en gekoördineerde benadering tot die implementering van en dienslewering ingevolge die wette met betrekking tot seksuele misdrywe nie konsekwent waarneembaar in die Regering is nie; en as gevolg daarvan, in te veel gevalle, versuim word om voldoende en doeltreffende beskerming aan die slagoffers van seksuele misdrywe te verleen, waardeur hul verknorsing deur sekondêre viktimisasie en traumatisering vererger word;
NADEMAAL verskeie internasionale regsinstrumente, met inbegrip van die Verenigde Nasies Konvensie oor die Uitskakeling van alle Vorme van Diskriminasie teen Vroue, 1979, en die Verenigde Nasies Konvensie oor die Regte van die Kind, 1989, verpligtinge op die Republiek plaas om geweld teenoor vroue en kinders te bestry en, uiteindelik, uit te roei;
EN NADEMAAL die Handves van Regte in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, die regte van alle mense in die Republiek van Suid-Afrika verskans, met inbegrip van die reg op gelykheid, die reg op privaatheid, die reg op menswaardigheid, die reg op vryheid en sekerheid van die persoon, waarby ingelyf is die reg om vry te wees van alle vorme van geweld, hetsy van openbare of private bronne, en die regte van kinders en ander kwesbare persone dat hul beste belange as van die hoogste belang beskou word,
ORD DAAR DERHALWE BEPAAL deur die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika, soos volg:--
INHOUDSOPGAWE
HOOFSTUK 1
WOORDOMSKRYWING EN OOGMERKE
Woordomskrywing en uitleg van Wet
Oogmerke
HOOFSTUK 2
SEKSUELE MISDRYWE
Deel 1: Verkragting en gedwonge verkragting
Verkragting
Gedwonge verkragting
Deel 2: Seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding en gedwonge self-seksuele aanranding
Seksuele aanranding
Gedwonge seksuele aanranding
Gedwonge self-seksuele aanranding
Deel 3: Persone 18 jaar of ouer: Dwang of veroorsaking van persone 18 jaar of ouer om seksuele misdrywe, seksuele handelinge of self-masturbasie waar te neem, blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste (''ontbloting''), kinderpornogra.e aan persone 18 jaar of ouer of verkryging van seksuele dienste van persone 18 jaar of ouer
Dwang of veroorsaking van persone 18 jaar of ouer om seksuele misdrywe, seksuele handelinge of self-masturbasie waar te neem
Blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste aan persone 18 jaar of ouer (''ontbloting'')
Blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderpornogra.e aan persone 18 jaar of ouer
Verkryging van seksuele dienste van persone 18 jaar of ouer
Deel 4: Bloedskande, bestialiteit en seksuele handelinge met lyk
Bloedskande
Bestialiteit
Seksuele handelinge met lyk
HOOFSTUK 3
SEKSUELE MISDRYWE TEENOOR KINDERS
Deel 1: Instemmende seksuele handelinge met sekere kinders
Handelinge van instemmende seksuele penetrasie met sekere kinders (statutêre verkragting)
Handelinge van instemmende seksuele skending met sekere kinders (statutêre seksuele aanranding)
Deel 2: Seksuele uitbuiting en seksuele aanvoring van kinders, blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderpornogra.eof pornogra.e aan kinders en gebruikmaking van kinders vir pornogra.ese doeleindes of voordeeltrekking uit kinderpornogra.e
Seksuele uitbuiting van kinders
Seksuele aanvoring van kinders
Blootstelling of vertoon of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderpornogra.e of pornogra.e aan kinders
Gebruikmaking van kinders vir of voordeeltrekking uit kinderpornogra.e
Deel 3: Dwang of veroorsaking van kinders om seksuele misdrywe, seksuele handelinge of self-masturbasie waar te neem en blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste (''ontbloting'') aan kinders
Dwang of veroorsaking van kinders om seksuele misdrywe, seksuele dade of self-masturbasie waar te neem
Blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste aan kinders (''ontbloting'')
HOOFSTUK 4
SEKSUELE MISDRYWE TEENOOR PERSONE WAT VERSTANDELIK GESTREMD IS
Seksuele uitbuiting en seksuele aanvoring van, blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderpornogra.e of pornogra.e aan persone wat verstandelik gestremd is en gebruikmaking van persone wat verstandelik gestremd is vir pornogra.ese doeleindes of voordeeltrekking daaruit
Seksuele uitbuiting van persone wat verstandelik gestremd is
Seksuele aanvoring van persone wat verstandelik gestremd is
Blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van pornogra.e of skadelike materiaal aan persone wat verstandelik gestremd is
Gebruikmaking van persone wat verstandelik gestremd is vir pornogra.ese doeleindes of voordeeltrekking daaruit
HOOFSTUK 5
DIENSTE VIR SLAGOFFERS VAN SEKSUELE MISDRYWE EN VERPLIGTE MIV-TOETSING VAN BEWEERDE SEKS-OORTREDERS
Deel 1: Woordomskrywing en dienste vir slagoffers van seksuele misdrywe
Woordomskrywing
Dienste vir slagoffers met betrekking tot Na-blootstellingspro.lakse en verpligte MIV-toetsing van beweerde seks-oortreders
Aanwysing van openbare gesondheidsinstellings vir doeleindes van verskaffing van Na-blootstellingspro.lakse en uitvoer van verpligte MIV­toetse
Deel 2: Aansoek om verpligte MIV-toetsing van beweerde seks-oortreder deur slagoffer
Aansoek deur slagoffer of belanghebbende persoon vir MIV-toetsing van beweerde seks-oortreder
Oorweging van aansoek deur landdros en uitreiking van bevel
Deel 3: Aansoek om verpligte MIV-toetsing van beweerde oortreder deur ondersoekbeampte
Aansoek deur ondersoekbeampte vir MIV-toetsing van beweerde oortreder
Deel 4: Uitvoering van bevele vir verpligte MIV-toetsing en MIV-toetsuitslae
Uitvoering van bevel en uitreiking van lasbrief tot inhegtenisneming 5
Gebruik van uitslae van MIV-toetse
Deel 5: Diverse bepalings
Register van aansoeke en bevele
Vertroulikheid van uitslag van aansoek
Misdrywe en strawwe
Regulasies
HOOFSTUK 6
NASIONALE REGISTER VIR SEKS-OORTREDERS
Woordomskrywing 15
Verbod op sekere tipes diens deur sekere persone wat seksuele misdrywe gepleeg het teenoor kinders en persone wat verstandelik gestremd is
Instelling van Nasionale Register vir Seks-oortreders en aanwysing van Registrateur van Register
Oogmerke van Register 20
Verpligtinge van werkgewers ten opsigte van werknemers
Verpligtinge van werknemers
Verpligtinge ten opsigte van aansoeke om lisensies
Verpligtinge ten opsigte van aansoeke om pleegsorg, familieverwante 25 versorging, tydelike veiligheidsorg-versorging, aanneming van kinders of kuratorskap
Inhoud van Register
Persone wie se name in Register opgeneem moet word en verwante aangeleenthede 30
Verwydering van besonderhede uit Register
Vertroulikheid en openbaarmaking van inligting
Regulasies met betrekking tot Register
HOOFSTUK 7
ALGEMENE BEPALINGS 35
Deel 1: Diverse misdrywe: Verpligting om pleeg van seksuele misdrywe teenoor kinders of persone wat verstandelik gestremd is, aan te meld en poging, sameswering, aansporing of oorhaling van iemand anders om seksuele misdryf te pleeg
Verpligting om pleeg van seksuele misdryf teenoor kinders of persone wat 40 verstandelik gestremd is, aan te meld
Poging, sameswering, aansporing of oorhaling van iemand anders om seksuele misdryf te pleeg
Deel 2: Verwere, onbevoegdheid van kinders onder 12 jaar en persone wat verstandelik gestremd is om tot seksuele handelinge toe te stem, ander 45 bewysregtelike aangeleenthede en ekstra-territoriale jurisdiksie
Verwere en vonnisoplegging
Onbevoegdheid van kinders onder 12 jaar en persone wat verstandelik gestremd is om tot seksuele handelinge toe te stem
Getuienis van vorige gelykluidende verklarings
Getuienis van vertraagde aanmelding
Hof mag nie getuienis van klaer of klaagster met versigtigheid bejeën op grond van aard van misdryf nie
Ekstra-territoriale jurisdiksie
Deel 3: Nasionale beleidsraamwerk
Nasionale beleidsraamwerk
Instelling van Inter-sektorale Komitee
Vergaderings van Komitee
Verantwoordelikhede, werksaamhede en pligte van Komitee
Deel 4: Nasionale opdragte en voorskrifte, regulasies en herroeping en wysiging van wette
Nasionale opdragte en voorskrifte
Regulasies
Herroeping en wysiging van wette
Deel 5: Oorgangsbepalings
Oorgangsbepalings
Deel 6: Oorgangsbepalings met betrekking tot handeldryf in mense vir seksuele doeleindes
Toepassing en uitleg
Handeldryf in mense vir seksuele doeleindes
Kort titel en inwerkingtreding
Bylae
Wette gewysig of herroep deur artikel 68
HOOFSTUK 1
WOORDOMSKRYWING EN OOGMERKE
Woordomskrywing en uitleg van Wet
 In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken-- ''Direkteur van Openbare Vervolgings'' 'n Direkteur van Openbare Vervolgings beoog in artikel 179 (b) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en wat ingevolge artikel 13 van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, 1998 (Wet No. 32 van 1998), aangestel is wat ooreenkomstig enige voorskrifte wat kragtens hierdie Wet deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, waar van toepassing, uitgereik is of ooreenkomstig enige ander vervolgingsbeleid of beleidsvoorskrifte beoog in artikel 21 van die Wet op die Nasionale Vervolgings­gesag, 1998, handel; ''geslagsorgane'' ook die hele of 'n gedeelte van manlike of vroulike geslagsorgane, met inbegrip van chirurgies gekonstrueerde of herkonstrueerde geslagsorgane; ''hierdie Wet'' ook enige regulasies kragtens hierdie Wet uitgevaardig, met inbegrip van regulasies kragtens artikels 39, 53 en 67 uitgevaardig; ''kind''--
iemand onder die ouderdom van 18 jaar; of met betrekking tot artikels 15 en 16, iemand van 12 jaar of ouer, maar onder die ouderdom van 16 jaar, en ''kinders'' het 'n ooreenstemmende betekenis; ''kinderpornogra.e'' enige beeld, ongeag hoe dit geskep is, of enige beskrywing of aanbieding van 'n persoon, werklik of nageboots, wat uitgebeeld of beskryf of aangebied word as onder die ouderdom van 18 jaar, van 'n eksplisiete seksuele aard, hetsy sodanige beeld of beskrywing of aanbieding bestem is om erotiese of estetiese gevoelens te stimuleer al dan nie, met inbegrip van enige sodanige beeld of beskrywing van sodanige persoon--
besig met 'n handeling wat 'n seksuele misdryf daarstel;
besig met 'n handeling van seksuele penetrasie;
besig met 'n handeling van seksuele skending;
besig met 'n handeling van self-masturbasie;
wat die geslagsorgane van sodanige persoon in 'n toestand van opwekking of stimulering ten toon stel;
wat die geslagsorgane of anus van sodanige persoon onbehoorlik ten toon stel;
wat enige vorm van stimulasie van 'n seksuele aard van sodanige persoon se borste ten toon stel;
besig met seksueel suggestiewe of wellustige dade;
besig met, of as die onderwerp van, sadistiese of masochistiese dade van 'n seksuele aard;
besig met gedrag of aktiwiteit wat tipies met seksuele omgang vereenselwig word;
wat sodanige persoon wys of beskryf--
deel te neem aan, of behulpsaam te wees by of 'n ander persoon fasiliteer om deel te hê in; of ii in die teenwoordigheid van 'n ander persoon wat pleeg of op enige ander wyse betrokke is by,enige handeling beoog in paragrawe (a) tot (j);of wat die liggaam, of dele van die liggaam, van sodanige persoon wys of beskryf in 'n wyse of onder omstandighede wat, binne die konteks daarvan, die seksuele integriteit of waardigheid van daardie persoon of enige kategorie van persone onder die ouderdom van 18 jaar skend of aanstoot gee of wat in staat is om gebruik te word vir die doeleindes van 'n skending of aanstoot gee van die seksuele integriteit of waardigheid van daardie persoon, enige persoon of groep of kategorie van persone;
klaer'' of ''klaagster'' die beweerde slagoffer van 'n seksuele misdryf;''Minister'' die lid van die Kabinet wat vir die regspleging verantwoordelik is;''Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings'' die persoon beoog in artikel179 (a) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, eningevolge artikel 10 van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, 1998 (WetNo. 32 van 1998), aangestel;''persoon wat verstandelik gestremd is'' iemand wat deur enige verstandelikegestremdheid, met inbegrip van enige afwyking of gestremdheid van die verstand,tot so 'n mate aangetas is dat hy of sy, ten tyde van die beweerde pleeg van diebetrokke misdryf--
nie in staat was om die aard en redelik voorsienbare gevolge van 'n seksuele handeling te begryp nie;
in staat was om die aard en redelik voorsienbare gevolge van sodanige handeling te begryp, maar nie in staat was om in ooreenstemming met daardie besef te handel nie;
nie in staat was om die pleeg van sodanige handeling te weerstaan nie; of nie in staat was om sy of haar onwilligheid om aan sodanige handeling deel te neem, te kommunikeer nie; ''pornogra.e'' enige beeld, ongeag hoe dit geskep is, of enige beskrywing of aanbieding van 'n persoon, werklik of nageboots, wat 18 jaar of ouer is, van 'n eksplisiete seksuele aard, wat bestem is om erotiese gevoelens te stimuleer, met inbegrip van enige sodanige beeld of beskrywing van sodanige persoon--
besig met 'n handeling wat 'n seksuele misdryf daarstel;
besig met 'n handeling van seksuele penetrasie;
besig met 'n handeling van seksuele skending;
besig met 'n handeling van self-masturbasie;
wat die geslagsorgane van sodanige persoon in 'n toestand van opwekking of stimulering ten toon stel;
wat die geslagsorgane of anus van sodanige persoon onbehoorlik ten toon stel;
wat enige vorm van stimulasie van 'n seksuele aard van die vroulike borste ten toon stel;
besig met seksueel suggestiewe of wellustige dade;
in of as die onderwerp van sadistiese of masochistiese dade van 'n seksuele aard;
besig met gedrag of aktiwiteit wat tipies met seksuele omgang vereenselwig word;
wat die liggaam, of dele van die liggaam, van sodanige persoon wys of beskryf in 'n wyse of onder omstandighede wat, binne die konteks daarvan, die seksuele integriteit of waardigheid van daardie persoon of enige kategorie van persone onder die ouderdom van 18 jaar skend of aanstoot gee of wat in staat is om gebruik te word vir die doeleindes van 'n skending of aanstoot gee van die seksuele integriteit of waardigheid van daardie persoon, enige persoon of groep of kategorie van persone;
Republiek'' die Republiek van Suid-Afrika;''seksuele handeling'' 'n handeling van seksuele penetrasie of 'n handeling vanseksuele skending;''seksuele misdryf'' 'n misdryf ingevolge Hoofstukke 2, 3 en 4 en artikels 55 en71 , en van hierdie Wet;''seksuele penetrasie'' ook 'n handeling wat penetrasie, in welke mate ook al,veroorsaak deur--
die geslagsorgane van iemand in of verby die geslagsorgane, anus, of mond van iemand anders;
enige ander deel van die liggaam van iemand of, enige voorwerp, met inbegrip van enige deel van die liggaam van 'n dier, in of verby die geslagsorgane of anus van iemand anders; of die geslagsorgane van 'n dier in of verby die mond van iemand anders,en ''seksueel penetreer'' het 'n ooreenstemmende betekenis;''seksuele skending'' ook enige handeling wat--
direkte of indirekte kontak tussen die--
geslagsorgane of anus van iemand of, in die geval van 'n vrou, haar borste, en enige deel van die liggaam van iemand anders of 'n dier, of enige voorwerp, met inbegrip van enige voorwerp wat die geslagsorgane of anus van iemand of 'n dier voorstel of naboots;
ii mond van iemand en-- (aa) die geslagsorgane of anus van iemand anders of, in die geval van 'n vrou, haar borste;(bb) die mond van iemand anders;
cc enige ander deel van die liggaam van iemand anders, behalwe die geslagsorgane of anus van daardie persoon of, in die geval van 'n vrou, haar borste, wat-- aaa in 'n handeling van seksuele penetrasie gebruik kon word; bbb seksuele opwekking of prikkeling kon veroorsaak; of ccc seksueel daardeur opgewek of geprikkel kon word; of dd enige voorwerp wat die geslagsorgane of anus van iemand, en in die geval van 'n vrou, haar borste, of 'n dier, naboots; of iii mond van die klaer of klaagster en die geslagsorgane of anus van 'n dier;
die masturbasie van iemand deur iemand anders; of die plasing van enige voorwerp wat die geslagsorgane van iemand of 'n dier naboots of voorstel in of verby die mond van iemand anders, veroorsaak, maar nie 'n handeling van seksuele penetrasie nie, en ''seksueel skend'' het 'n ooreenstemmende betekenis; en ''sorggewer'' iemand wat, met betrekking tot iemand wat verstandelik gestremd is, die verantwoordelikheid vir die daaglikse behoeftes van sodanige persoon aanvaar of in wesenlike kontak met sodanige persoon is.
Vir die doeleindes van artikels 3, 4, 5 , 6, 7, 8 , 8 , 8 , 9, 10, 12, 17 , 17 , 17 (a), 19, 20 , 21 , 21 , 21 en 22, beteken ''toestemming'' vrywillige of ongedwonge instemming.
Omstandighede in subartikel ingevolge waarvan 'n persoon (''B'') (die klaer of klaagster) nie vrywillig of sonder dwang tot 'n handeling van seksuele penetrasie, soos beoog in artikels 3 en 4, of 'n handeling van seksuele skending soos beoog in artikels 5 , 6 en 7 of enige ander handeling soos beoog in artikels 8 , 8 , 8 , 9, 10, 12, 17 , 17 , 17 (a), 19, 20 , 21 , 21 , 21 en 22 instem nie, beteken ook, maar is nie beperk nie tot, die volgende:
Waar B (die klaer of klaagster) oorgee aan of aan sodanige seksuele handeling onderwerp word as gevolg van--
die gebruikmaking van geweld of intimidasie deur A (die beskuldigde persoon) teen B, C ('n derde persoon) of D ('n ander persoon) of teen die eiendom van B, C of D; of ii n dreigement van nadeel deur A teen B, C of D of teen die eiendom van B, CofD;
waar daar 'n misbruikmaking van mag of gesag deur A is in die mate dat B daarvan weerhou word om sy of haar onwilligheid of teenstand teen die seksuele handeling, of onwilligheid om aan sodanige seksuele handeling deel te neem, aan te dui;
waar die seksuele handeling onder valse voorwendsels of deur bedrieglike wyse gepleeg word, met inbegrip van waar B deur A daartoe gelei word om te glo dat--
B sodanige seksuele handeling met 'n bepaalde persoon wat inderdaad 'n ander persoon is, pleeg; of ii sodanige seksuele handeling iets anders as daardie handeling is; of waar B regtens onbevoeg is om die aard van die seksuele handeling te begryp, met inbegrip van waar B, tydens die pleeg van sodanige seksuele handeling--
slaap;
ii bewusteloos is;
iii in 'n gewysigde toestand van bewussyn is, met inbegrip van onder die invloed van enige medisyne, dwelmmiddel, alkohol of ander middel, in so 'n mate dat B se bewussyn of oordeel nadelig beïnvloed word;
n kind onder die ouderdom van 12 jaar is; of n persoon is wat verstandelik gestremd is.
Oogmerke
Die oogmerke van hierdie Wet is om klaers en klaagsters van seksuele misdrywe die maksimum en mins-traumatiserende beskerming wat die reg kan voorsien, te bied, om maatreëls in te stel wat daarop gemik is om die betrokke staatsorgane in staat te stel om volle uitvoering aan die bepalings van hierdie Wet te gee en om die relatief hoë voorkoms van seksuele misdrywe wat in die Republiek gepleeg word, te bestry en, uiteindelik, uit te roei deur:
Alle aangeleenthede met betrekking tot seksuele misdrywe in 'n enkele wet te verorden;
alle vorme van seksuele misbruik of uitbuiting strafbaar te stel;
sekere gemeneregtelike seksuele misdrywe te herroep en dit met nuwe en, in sommige gevalle, ontwikkelde of uitgebreide statutêre seksuele misdrywe, ongeag geslag, te vervang;
klaers en klaagsters van seksuele misdrywe en hul families van sekondêre viktimisasie en trauma te beskerm deur 'n samewerkende reaksie tussen alle staatsdepartemente betrokke by die implementering van 'n effektiewe, reagerende en sensitiewe strafregstelsel met betrekking tot seksuele misdrywe te vestig;
die gees van batho pele (''die mense eerste'') ten opsigte van dienslewering in die strafregstelsel wat met seksuele misdrywe handel, te bevorder, deur--
n meer effektiewe en doeltreffende ondersoek en vervolging van plegers van seksuele misdrywe te verseker deur bestaande misdrywe duidelik te omskryf en nuwe misdrywe te skep;
ii behoorlike erkenning aan die behoeftes van slagoffers van seksuele misdrywe te verleen deur tydige, effektiewe en nie-diskriminerende ondersoek en vervolging;
iii 'n eenvormige en gekoördineerde benadering deur betrokke staatsdepartemente in die hantering van seksuele misdrywe te fasiliteer;
die verantwoordingspligtigheid van staatsamptenare te vestig; en verskille in die verskaffing van dienste aan slagoffers van seksuele misdrywe tot die minimum te beperk;
sekere dienste aan slagoffers van seksuele misdrywe te verskaf, met inbegrip daarvan om slagoffers van seksuele misdrywe die reg te gun om onder sekere omstandighede Na-blootstellingspro.lakse te ontvang; en n Nasionale Register vir Seks-oortreders in te stel ten einde 'n rekord van persone in te stel wat aan seksuele misdrywe teenoor kinders en persone wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is ten einde sodanige persone te verbied om in diens geneem te word op 'n wyse wat hulle in 'n posisie plaas om met kinders of persone wat verstandelik gestremd is, te werk of toegang tot hulle te hê of in 'n posisie van gesag of toesig oor hulle geplaas te word.
HOOFSTUK 2
SEKSUELE MISDRYWE
Deel 1: Verkragting en gedwonge verkragting
Verkragting
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik 'n handeling van seksuele penetrasie met 'n klaer of klaagster (''B''), sonder die toestemming van B, pleeg, is skuldig aan die misdryf van verkragting.
Gedwonge verkragting
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik 'n derde persoon (''C''), sonder die toestemming van C, dwing om 'n handeling van seksuele penetrasie met 'n klaer of klaagster (''B''), sonder die toestemming van B, te pleeg, is skuldig aan die misdryf van gedwonge verkragting.
Deel 2: Seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding en gedwonge self-seksuele aanranding
Seksuele aanranding
 Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik 'n klaer of klaagster (''B''), sonder die toestemming van B, seksueel skend, is skuldig aan die misdryf van seksuele aanranding.
Iemand ''A'' wat wederregtelik en opsetlik die oortuiging by 'n klaer of klaagster ''B'' wek dat B seksueel geskend gaan word, is skuldig aan die misdryf van seksuele aanranding.
Gedwonge seksuele aanranding
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik 'n derde persoon (''C''), sonder die toestemming van C, dwing om 'n handeling van seksuele skending met 'n klaer of klaagster (''B''), sonder die toestemming van B, te pleeg, is skuldig aan die misdryf van gedwonge seksuele aanranding.
Gedwonge self-seksuele aanranding
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik 'n klaer of klaagster (''B''), sonder die toestemming van B, dwing om--
met B hom-of haarself--
te masturbeer;
ii enige vorm van opwekking of stimulasie van 'n seksuele aard van die vroulike borste te verrig; of iii seksueel suggestiewe of wellustige handelinge te verrig;
enige handeling wat die seksuele opwekking of seksuele vernedering van B tot gevolg het of mag hê, te verrig; of die penetrasie deur B op welke wyse ook al van sy of haar eie geslagsorgane of anus te bewerkstellig, is skuldig aan die misdryf van gedwonge self-seksuele aanranding.
Deel 3: Persone 18 jaar of ouer: Dwang of veroorsaking van persone 18 jaar of ouer om seksuele misdrywe, seksuele handelinge of self-masturbasie waar te neem, blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste (''ontbloting''), kinderpornogra.e aan persone 18 jaar of ouer of gebruikmaking van seksuele dienste van persone 18 jaar of ouer
Dwang of veroorsaking van persone 18 jaar of ouer om seksuele misdryf, seksuele handeling of self-masturbasie waar te neem
 Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik, hetsy vir die seksuele bevrediging van A of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, 'n klaer of klaagster 18 jaar of ouer (''B''), sonder die toestemming van B, dwing om in die teenwoordigheid van A of C te wees of om na A of C te kyk of veroorsaak dat B in die teenwoordigheid van A of C is of kyk na A of C terwyl hy, sy of hulle 'n seksuele misdryf pleeg, is skuldig aan die misdryf van dwang of veroorsaking van 'n persoon 18 jaar of ouer om 'n seksuele misdryf waar te neem.
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik, hetsy vir die seksuele bevrediging van A of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, 'n klaer of klaagster 18 jaar of ouer (''B''), sonder die toestemming van B, dwing om in die teenwoordigheid te wees van of om te kyk na of te veroorsaak dat B in die teenwoordigheid is of kyk na--
a A terwyl hy of sy aan 'n seksuele handeling met C of 'n ander persoon ''D'' deelneem; of
C terwyl hy of sy aan 'n seksuele handeling met D deelneem, is skuldig aan die misdryf van dwang of veroorsaking van 'n persoon 18 jaar of ouer om 'n seksuele handeling waar te neem.
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik, hetsy vir die seksuele bevrediging van A of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, 'n klaer of klaagster 18 jaar of ouer (''B''), sonder die toestemming van B, dwing om in die teenwoordigheid te wees van of te kyk na A of C of veroorsaak dat B in die teenwoordigheid is of kyk na A of C terwyl hy of sy self-masturbasie verrig, is skuldig aan die misdryf van dwang of veroorsaking van 'n persoon 18 jaar of ouer om self-masturbasie waar te neem.
Blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste aan persone 18 jaar of ouer (''ontbloting'')
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik, hetsy vir die seksuele bevrediging van A of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, die geslagsorgane, anus of vroulike borste van A of C aan 'n klaer of klaagster 18 jaar of ouer (''B''), sonder die toestemming van B, blootstel of vertoon of die blootstelling of vertoon daarvan aan B veroorsaak, is skuldig aan die misdryf van blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste aan 'n persoon 18 jaar of ouer.
Blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderpornogra.e aan persone 18 jaar of ouer
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik, hetsy vir die seksuele bevrediging van A of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, kinderpornogra.e aan 'n klaer of klaagster 18 jaar of ouer (''B''), sonder die toestemming van B, blootstel of vertoon of die blootstelling of vertoon daarvan aan B veroorsaak, is skuldig aan die misdryf van blootstelling of vertoon van of veroorsaking van die blootstelling of vertoon van kinderpornogra.e aan 'n persoon 18 jaar of ouer.
Verkryging van seksuele dienste van persone 18 jaar of ouer
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik die dienste van 'n persoon 18 jaar of ouer (''B''), vir .nansiële of ander beloning, guns of vergoeding aan B of 'n derde persoon (''C''), verkry--
a met die doel om 'n seksuele handeling met B te pleeg, ongeag of die seksuele handeling gepleeg word al dan nie; of b deur 'n seksuele handeling met B te pleeg, is skuldig aan die misdryf van verkryging van die seksuele dienste van 'n persoon 18 jaar of ouer.
Deel 4: Bloedskande, bestialiteit en seksuele handelinge met lyk
Bloedskande
 Persone wat nie wettiglik met mekaar op grond van bloedverwantskap, aanverwantskap of 'n aannemingsverhouding mag trou nie en wat wederregtelik en opsetlik 'n handeling van seksuele penetrasie met mekaar pleeg, is, ondanks hul 5
gesamentlike toestemming om sodanige handeling te pleeg, skuldig aan die misdryf van bloedskande.
Vir die doeleindes van subartikel 1 is--
a die verbode grade van bloedverwantskap die volgende:
i Voorouers en afstammelinge in die direkte linie; of 10
ii bloedverwante, indien die een of ander van hulle in die eerste graad van herkoms aan hul gemeenskaplike voorouer verwant is;
b die verbode grade van aanverwantkap is verwantskappe deur huwelik in die opgaande of neerdalende linie; en c 'n aannemingsverhouding is die verhouding van aanneming soos wat in enige 15
ander wet voorsien word.
a Die instelling van 'n vervolging teen 'n persoon wat 'n kind is ten tyde van die beweerde pleeg van die misdryf bedoel in subartikel moet skriftelik deur die
Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings gemagtig word.
b Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings mag nie sy of haar 20
bevoegdheid om te besluit of 'n vervolging ingevolge hierdie artikel ingestel behoort te word al dan nie, delegeer nie.
Bestialiteit
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik 'n handeling pleeg--
a wat penetrasie veroorsaak in welke mate ook al van die geslagsorgane van-- 25
i A in of verby die mond, geslagsorgane of anus van 'n dier; of ii 'n dier in of verby die mond, geslagsorgane of anus van A; of b van masturbasie van 'n dier, tensy sodanige handeling vir wetenskaplike redes of vir teeldoeleindes verrig word, of van masturbasie met 'n dier, is skuldig aan die misdryf van bestialiteit. 30
Seksuele handeling met lyk
Iemand wat wederregtelik en opsetlik 'n seksuele handeling met 'n menslike lyk pleeg, is skuldig aan die misdryf van die pleeg van 'n seksuele handeling met 'n lyk.
HOOFSTUK 3
SEKSUELE MISDRYWE TEENOOR KINDERS 35
Deel 1: Instemmende seksuele handelinge met sekere kinders
Handelinge van instemmende seksuele penetrasie met sekere kinders statutêre verkragting
 Iemand (''A'') wat 'n handeling van seksuele penetrasie met 'n kind (''B'')
pleeg, is, ondanks die toestemming van B tot die pleeg van sodanige handeling, skuldig 40
aan die misdryf van die pleeg van 'n handeling van instemmende seksuele penetrasie met 'n kind.
a Die instelling van 'n vervolging van 'n misdryf in subartikel 1 bedoel, moet skriftelik deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings gemagtig word indien beide A en B kinders was ten tyde van die beweerde pleeg van die misdryf: Met dien 45
verstande dat, in die geval waar die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings die instel van 'n vervolging magtig, beide A en B van die oortreding van subartikel 
aangekla moet word.
b Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings mag nie sy of haar bevoegdheid om te besluit of 'n vervolging ingevolge hierdie artikel ingestel behoort te 50
word al dan nie, delegeer nie.
Handelinge van instemmende seksuele skending met sekere kinders (statutêre seksuele aanranding)
 Iemand (''A'') wat 'n handeling van seksuele skending met 'n kind (''B'') pleeg, is, ondanks die toestemming van B tot die pleeg van sodanige handeling, skuldig aan die misdryf van die pleeg van 'n handeling van instemmende seksuele skending met 'n kind.
a Die instelling van 'n vervolging van 'n misdryf in subartikel 1 bedoel, moet skriftelik deur die betrokke Direkteur van Openbare Vervolgings gemagtig word indien beide A en B kinders was ten tyde van die beweerde pleeg van die misdryf: Met dien verstande dat, in die geval waar die Direkteur van Openbare Vervolgings die instel van 'n vervolging magtig, beide A en B van die oortreding van subartikel 1 aangekla moet word.
Die betrokke Direkteur van Openbare Vervolgings mag nie sy of haar bevoegdheid om te besluit of 'n vervolging ingevolge hierdie artikel ingestel behoort te word al dan nie, delegeer nie.
Deel 2: Seksuele uitbuiting en seksuele aanvoring van kinders, blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderpornogra.eof pornogra.e aan kinders en gebruikmaking van kinders vir pornogra.ese doeleindes of voordeeltrekking uit kinderpornogra.e
Seksuele uitbuiting van kinders
 Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik die dienste van 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B''), met of sonder die toestemming van B, gebruik vir .nansiële of ander beloning, guns of vergoeding aan B of aan 'n derde persoon (''C'')--
a met die doel om 'n seksuele handeling met B te pleeg, ongeag of die seksuele handeling gepleeg is al dan nie; of deur 'n seksuele handeling met B te pleeg, is, benewens enige ander misdryf waaraan hy of sy skuldig bevind kan word, skuldig aan die seksuele uitbuiting van 'n kind.
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik die dienste van 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B'') aan 'n derde persoon (''C''), met of sonder die toestemming van B, aanbied vir .nansiële of ander beloning, guns of vergoeding aan A, B of 'n ander persoon (''D'')--
met die doel van die pleeg van 'n seksuele handeling met B deur C;
deur B uit te nooi, te oorreed of uit te lok om C toe te laat om 'n seksuele handeling met B te pleeg;
deur deel te neem aan of betrokke te wees by die pleging van 'n seksuele handeling met B deur C of sodanige handeling bevorder, aanmoedig of fasiliteer;
deur B beskikbaar te stel, aan te bied of aan te wend vir doeleindes van die pleging van 'n seksuele handeling met B deur C; of deur B aan te hou, hetsy onder dreigement, mag, dwang, misleiding, misbruik van mag of gesag vir doeleindes van die pleging van 'n seksuele handeling met B deur C, is skuldig aan 'n misdryf van betrokkenheid by die seksuele uitbuiting van 'n kind.
Iemand ''A'' wat--
die pleeg van 'n seksuele handeling deur 'n derde persoon (''C'') met 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B''), met of sonder die toestemming van B, opsetlik toelaat of wetens duld terwyl hy of sy die primêre versorger, soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Maatskaplike Bystand, 2004 (Wet No. 13 van 2004), ouer of voog van B is; of enige roerende of onroerende eiendom besit, huur, verhuur, bestuur, okkupeer of beheer daaroor het en opsetlik toelaat of wetens duld dat sodanige roerende of onroerende eiendom gebruik word vir doeleindes van die pleging van 'n seksuele handeling met B deur C, met of sonder die toestemming van B, is skuldig aan die misdryf van bevordering van die seksuele uitbuiting van 'n kind.
Iemand (''A'') wat opsetlik .nansiële of ander beloning, guns of vergoeding ontvang uit die pleeg van 'n seksuele handeling met 'n klaer of klaagster wat 'n kind is
B'', met of sonder die toestemming van B, deur 'n derde persoon ''C'', is skuldig aan die misdryf van voordeeltrekking uit die seksuele uitbuiting van 'n kind.
Iemand (''A'') wat opsetlik in die geheel of gedeeltelik leef van belonings, gunste of vergoeding vir die pleeg van 'n seksuele handeling met 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B''), met of sonder die toestemming van B, deur 'n derde persoon (''C''), is skuldig aan die misdryf van leef van die opbrengs van die seksuele uitbuiting van 'n kind.
Iemand (''A''), met inbegrip van 'n regspersoon, wat--
enige reisreëlings maak of tref vir of namens enige derde persoon (''C''), hetsy sodanige ander persoon binne of buite die grense van die Republiek woonagtig is, met die opset om die pleging van enige seksuele handeling met 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B''), met of sonder die toestemming van B, te fasiliteer, ongeag of daardie handeling gepleeg word al dan nie; of enige inligting op enige wyse druk of publiseer wat bestem is om gedrag te bevorder of te fasiliteer wat 'n seksuele handeling met B daar sou stel, is skuldig aan die misdryf van die bevordering van kindersekstoere.
Seksuele aanvoring van kinders
 Iemand (''A'') wat--
n artikel vervaardig, produseer, besit of versprei of die vervaardiging, produksie of verspreiding van 'n artikel fasiliteer wat uitsluitlik bestem is om die pleeg van 'n seksuele handeling met of deur 'n kind (''B'') te fasiliteer;
n publikasie of .lm vervaardig, produseer, besit of versprei of die vervaardiging, produksie of verspreiding van 'n publikasie of .lm fasiliteer wat die pleeg van 'n seksuele handeling met 'n kind bevorder of bestem is om gebruik te word in die pleeg van 'n seksuele handeling met of deur 'n kind B;
aan 'n derde persoon (''C'')--
n artikel wat bestem is om in die verrigting van 'n seksuele handeling gebruik te word;
ii kinderpornogra.e of pornogra.e; of iii 'n publikasie of .lm, verskaf, blootstel of ten toon stel met die opset om C aan te moedig, in staat te stel, te onderrig of te oorreed om 'n seksuele handeling met B te verrig; of d 'n ontmoeting of kommunikasie tussen C en B op enige wyse vanaf, na of in enige deel van die wêreld, reël of fasiliteer met die opset dat C 'n seksuele handeling met B sal verrig, is skuldig aan die misdryf van bevordering van die seksuele aanvoring van 'n kind.
Iemand ''A'' wat--
aan 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B'')--
n artikel wat bestem is om in die verrigting van 'n seksuele handeling gebruik te word;
ii kinderpornogra.e of pornogra.e; of iii 'n publikasie of .lm, verskaf, blootstel of ten toon stel met die opset om B aan te moedig, in staat te stel, te onderrig of te oorreed om 'n seksuele handeling te verrig;
enige handeling met of in die teenwoordigheid van B pleeg of wat die pleging van enige handeling aan of in die teenwoordigheid van B beskryf met die opset om B aan te moedig of te oorreed, of om enige weerstand of onwilligheid aan die kant van B in te kort of te verminder, om--
n seksuele handeling met A of 'n derde persoon (''C'') te verrig;
ii n daad van self-masturbasie te verrig in die teenwoordigheid van A of C of terwyl A of C dit aanskou;
iii in die teenwoordigheid van A of C te wees of dit te aanskou terwyl A of C 'n seksuele handeling of 'n handeling van self-masturbasie verrig;
vir pornogra.ese doeleindes soos beoog in artikel 20 gebruik te word; of vi sy of haar liggaam, of dele van sy of haar liggaam aan A of C ten toon stel op 'n wyse of onder omstandighede wat die seksuele integriteit of waardigheid van B skend of krenk;
n ontmoeting of kommunikasie met B op enige wyse vanaf, na of in enige deel van die wêreld reël of fasiliteer, met die opset dat A 'n seksuele handeling met B sal pleeg;
nadat met B ontmoet of gekommunikeer is op enige wyse vanaf, na of in enige deel van die wêreld, vir B versoek, oorhaal, verlei, daartoe beweeg, aanlok of dwing--
om na enige deel van die wêreld te reis ten einde vir A te ontmoet met die opset om 'n seksuele handeling met B te pleeg; of ii tydens sodanige ontmoeting of kommunikasie of enige daaropvolgende ontmoeting of kommunikasie-- (aa) 'n seksuele handeling met A te pleeg; (bb) die pleging van 'n seksuele handeling te bespreek, te verduidelik of te beskryf; of cc aan A, by wyse van enige vorm van kommunikasie, met inbegrip van elektroniese kommunikasie, enige beeld, publikasie, uitbeelding, beskrywing of reeks van kinderpornogra.e van B hom­of haarself of enige ander persoon te verskaf; of e nadat met B ontmoet of gekommunikeer is op enige wyse vanaf, na of in enige deel van die wêreld, opsetlik reis om B te ontmoet of B ontmoet met die opset om 'n seksuele handeling met B te pleeg, is skuldig aan die misdryf van seksuele aanvoring van 'n kind.
Blootstelling of vertoon of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderpornogra.e of pornogra.e aan kinders
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik--
enige beeld, publikasie, uitbeelding, beskrywing of reeks van kinderpornogra.e of pornogra.e;
enige beeld, publikasie, uitbeelding, beskrywing of reeks wat 'n visuele aanbieding, beskrywing of voorstelling van 'n seksuele aard van 'n kind bevat, wat ontstellend of skadelik of ouderdom-onvanpas vir kinders kan wees, soos beoog in die Wet op Films en Publikasies, 1996 (Wet No. 65 van 1996), of ingevolge enige ander wet; of enige beeld, publikasie, uitbeelding, beskrywing of reeks wat 'n visuele aanbieding, beskrywing of voorstelling van pornogra.e of 'n handeling van 'n eksplisiete seksuele aard van 'n persoon 18 jaar of ouer bevat, wat ontstellend of skadelik of ouderdom-onvanpas vir kinders kan wees, soos beoog in die Wet op Films en Publikasies, 1996, of ingevolge enige ander wetgewing, aan 'n kind (''B''), met of sonder die toestemming van B, blootstel of vertoon of die blootstelling of vertoon veroorsaak, is skuldig aan die misdryf van blootstelling of vertoon of veroorsaking van die blootstelling of vertoon van kinderpornogra.eof pornogra.e aan 'n kind.
Gebruik van kinders vir of voordeeltrekking uit kinderpornogra.e
 Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B''), met of sonder die toestemming van B, hetsy vir .nansiële of ander beloning, guns of vergoeding aan B of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, gebruik--
vir die doel van die skepping, maak of vervaardiging;
deur die skepping, maak of vervaardiging; of op enige wyse hulp verleen by die skep, maak of vervaardiging, van enige beeld, publikasie, uitbeelding, beskrywing of reeks op enige wyse ook al van kinderpornogra.e, is skuldig aan die misdryf van die gebruik van 'n kind vir kinderpornogra.e.
Iemand wat wetens en opsetlik op welke wyse ook al .nansiële voordeel trek uit, of enige guns, voordeel, beloning, vergoeding of enige ander voordeel ontvang as gevolg van die pleging van enige handeling beoog in subartikel , is skuldig aan die misdryf van voordeeltrekking uit kinderpornogra.e.
Deel 3: Dwang of veroorsaking van kinders om seksuele misdrywe, seksuele handelinge of self-masturbasie waar te neem en blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste (''ontbloting'') aan kinders
Dwang of veroorsaking van kinders om seksuele misdrywe, seksuele handelinge of self-masturbasie waar te neem
 Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik, hetsy vir die seksuele bevrediging van A of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B''), sonder die toestemming van B, dwing om in die teenwoordigheid van A of C te wees of om na A of C te kyk of veroorsaak dat B in die teenwoordigheid van A of C is of kyk na A of C terwyl hy, sy of hulle 'n seksuele misdryf pleeg, is skuldig aan die misdryf van dwang of veroorsaking van 'n kind om 'n seksuele misdryf waar te neem.
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik, hetsy vir die seksuele bevrediging van A of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B''), sonder die toestemming van B, dwing om in die teenwoordigheid te wees van of om te kyk na of te veroorsaak dat B in die teenwoordigheid is of kyk na--
a A terwyl hy of sy aan 'n seksuele handeling met C of 'n ander persoon ''D'' deelneem; of
C terwyl hy of sy aan 'n seksuele handeling met D deelneem, is skuldig aan die misdryf van dwang of veroorsaking van 'n kind om 'n seksuele handeling waar te neem.
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik, hetsy vir die seksuele bevrediging van A of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B''), sonder die toestemming van B, dwing om in die teenwoordigheid te wees van of te kyk na A of C of veroorsaak dat B in die teenwoordigheid is of kyk na A of C terwyl hy of sy self-masturbasie verrig, is skuldig aan die misdryf van dwang of veroorsaking van 'n kind om self-masturbasie waar te neem.
Blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste aan kinders (''ontbloting'')
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik, hetsy vir die seksuele bevrediging van A of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, die geslagsorgane, anus of vroulike borste van A of C aan 'n klaer of klaagster wat 'n kind is (''B''), met of sonder die toestemming van B, blootstel of vertoon of die blootstelling of vertoon daarvan aan B veroorsaak, is skuldig aan die misdryf van blootstelling of vertoon van of veroorsaking van blootstelling of vertoon van geslagsorgane, anus of vroulike borste aan 'n kind.
HOOFSTUK 4
SEKSUELE MISDRYWE TEENOOR PERSONE WAT VERSTANDELIK GESTREMD IS
Seksuele uitbuiting en seksuele aanvoring van, blootstelling of vertoon of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderporgra.e of pornogra.e aan persone wat verstandelik gestremd is en gebruik van persone wat verstandelik gestremd is vir pornogra.ese doeleindes of voordeeltrekking daaruit
Seksuele uitbuiting van persone wat verstandelik gestremd is
 Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik die dienste van 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B''), gebruik vir .nansiële of ander beloning, guns of vergoeding aan B of aan 'n derde person (''C'')--
a met die doel om 'n seksuele daad met B te pleeg, ongeag of die seksuele daad gepleeg is al dan nie; of deur 'n seksuele handeling met B te pleeg, is, benewens enige ander misdryf waaraan hy of sy skuldig bevind kan word, skuldig aan die seksuele uitbuiting van 'n persoon wat verstandelik gestremd is.
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik die dienste van 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B'') aan 'n derde persoon (''C''), aanbied vir .nansiële of ander beloning, guns of vergoeding aan A, B of 'n ander persoon (''D'')--
vir doeleindes van die pleeg van 'n seksuele handeling met B deur C;
deur B uit te nooi, te oorreed of uit te lok om C toe te laat om 'n seksuele handeling met B te pleeg;
deur deel te neem aan of betrokke te wees by die pleging van 'n seksuele handeling met B deur C of sodanige handeling bevorder, aanmoedig of fasiliteer;
deur B beskikbaar te stel, aan te bied of aan te wend vir doeleindes van die pleging van 'n seksuele handeling met B deur C; of deur B aan te hou, hetsy onder dreigement, mag, dwang, misleiding, misbruik van mag of gesag vir doeleindes van die pleging van 'n seksuele handeling met B deur C, is skuldig aan 'n misdryf van betrokkenheid by die seksuele uitbuiting van 'n persoon wat verstandelik gestremd is.
Iemand ''A'' wat--
die pleeg van 'n seksuele handeling deur 'n derde persoon (''C'') met 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B'') opsetlik toelaat of wetens duld terwyl hy of sy 'n sorggewer, ouer, voog, kurator of onderwyser of onderwyseres van B is; of enige roerende of onroerende eiendom besit, huur, verhuur, bestuur, okkupeer of beheer daaroor het en opsetlik toelaat of wetens duld dat sodanige roerende of onroerende eiendom gebruik word vir doeleindes van die pleging van 'n seksuele handeling met B deur C, is skuldig aan die misdryf van bevordering van die seksuele uitbuiting van 'n persoon wat verstandelik gestremd is.
Iemand (''A'') wat opsetlik .nansiële of ander beloning, guns of vergoeding ontvang uit die pleeg van 'n seksuele handeling met 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B'') deur 'n derde persoon (''C''), is skuldig aan die misdryf van voordeeltrekking uit die seksuele uitbuiting van 'n persoon wat verstandelik gestremd is.
Iemand (''A'') wat opsetlik in die geheel of gedeeltelik leef van belonings, gunste of vergoeding vir die pleeg van 'n seksuele handeling met 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B'') deur 'n derde persoon (''C''), is skuldig aan die misdryf van leef van die opbrengs van die seksuele uitbuiting van 'n persoon wat verstandelik gestremd is.
Iemand (''A''), met inbegrip van 'n regspersoon, wat--
enige reisreëlings maak of tref vir of namens enige derde persoon (''C''), hetsy sodanige ander persoon binne of buite die grense van die Republiek woonagtig is, met die opset om die pleging van enige seksuele handeling met 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B'') te fasiliteer, ongeag of daardie handeling gepleeg is al dan nie; of enige inligting op enige wyse druk of publiseer wat bestem is om gedrag te bevorder of te fasiliteer wat 'n seksuele handeling met B daar sou stel, is skuldig aan die misdryf van die bevordering van sekstoere met persone wat verstandelik gestremd is.
Seksuele aanvoring van persone wat verstandelik gestremd is
 Iemand (''A'') wat--
aan 'n derde persoon (''C'')--
n artikel wat bestem is om in die verrigting van 'n seksuele handeling gebruik te word;
ii kinderpornogra.e of pornogra.e; of iii 'n publikasie of .lm, verskaf, blootstel of ten toon stel met die opset om C aan te moedig, in staat te stel, te onderrig of te oorreed om 'n seksuele handeling met 'n persoon wat verstandelik gestremd is ''B'' te verrig; of b 'n ontmoeting of kommunikasie tussen C en B op enige wyse vanaf, na of in enige deel van die wêreld, reël of fasiliteer met die opset dat C 'n seksuele handeling met B sal verrig, is skuldig aan die misdryf van bevordering van die seksuele aanvoring van 'n persoon wat verstandelik gestremd is.
Iemand ''A'' wat--
aan 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B'')--
n artikel wat bestem is om in die verrigting van 'n seksuele handeling gebruik te word;
ii kinderpornogra.e of pornogra.e; of iii 'n publikasie of .lm, verskaf, blootstel of ten toon stel met die opset om B aan te moedig, in staat te stel, te onderrig of te oorreed om 'n seksuele handeling te verrig;
enige handeling met of in die teenwoordigheid van B pleeg of wat die pleging van enige handeling aan of in die teenwoordigheid van B beskryf met die opset om B aan te moedig of te oorreed, of om enige weerstand of onwilligheid aan die kant van B in te kort of te verminder, om--
n seksuele handeling met A of 'n derde persoon (''C'') te verrig;
ii n daad van self-masturbasie in die teenwoordigheid van A of C te verrig of terwyl A of C dit aanskou;
iii in die teenwoordigheid van A of C te wees of dit te aanskou terwyl A of C 'n seksuele handeling of 'n handeling van self-masturbasie verrig;
vir pornogra.ese doeleindes soos beoog in artikel 26 gebruik te word; of vi sy of haar liggaam, of dele van sy of haar liggaam aan A of C ten toon stel op 'n wyse of onder omstandighede wat die seksuele integriteit of waardigheid van B skend of krenk;
n ontmoeting of kommunikasie met B op enige wyse vanaf, na of in enige deel van die wêreld reël of fasiliteer, met die opset dat A 'n seksuele handeling met B sal verrig;
nadat met B ontmoet of gekommunikeer is op enige wyse vanaf, na of in enige deel van die wêreld, vir B versoek, oorhaal, verlei, daartoe beweeg, aanlok of dwing--
om na enige deel van die wêreld te reis ten einde vir A te ontmoet met die opset om 'n seksuele handeling met B te verrig; of ii tydens sodanige ontmoeting of kommunikasie of enige daaropvolgende ontmoeting of kommunikasie-- (aa) 'n seksuele handeling met A te pleeg; (bb) die pleging van 'n seksuele handeling te bespreek, te verduidelik of te beskryf; of cc aan A, by wyse van enige vorm van kommunikasie, met inbegrip van elektroniese kommunikasie, enige beeld, publikasie, uitbeelding, beskrywing of reeks van pornogra.e van B hom-of haarself of enige ander persoon te voorsien; of e nadat met B ontmoet of gekommunikeer is op enige wyse vanaf, na of in enige deel van die wêreld, opsetlik reis om B te ontmoet of B ontmoet met die opset om 'n seksuele handeling met B te pleeg, is skuldig aan die misdryf van seksuele aanvoring van 'n persoon wat verstandelik gestremd is.
Blootstelling of vertoon of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderpornogra.e of pornogra.e aan persone wat verstandelik gestremd is
Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik enige beeld, publikasie, uitbeelding, beskrywing of reeks van kinderpornogra.e of pornogra.e aan 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B''), blootstel of vertoon of die blootstelling of vertoon veroorsaak, is skuldig aan die misdryf van blootstelling of vertoon of veroorsaking van blootstelling of vertoon van kinderpornogra.e of pornogra.e aan 'n persoon wat verstandelik gestremd is.
Gebruik van persone wat verstandelik gestremd is vir pornogra.ese doeleindes of voordeeltrekking daaruit
 Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B''), hetsy vir .nansiële of ander beloning, guns of vergoeding aan B of 'n derde persoon (''C'') al dan nie, gebruik--
vir die doel van die skepping, maak of vervaardiging;
deur die skepping, maak of vervaardiging; of op enige wyse hulp verleen by die skep, maak of vervaardiging, van enige beeld, publikasie, uitbeelding, beskrywing of reeks op enige wyse ook al van pornogra.e of kinderpornogra.e, is skuldig aan die misdryf van die gebruik van 'n persoon wat verstandelik gestremd is vir pornogra.ese doeleindes.
Iemand wat wetens en opsetlik op welke wyse ook al .nansiële voordeel trek uit, of enige guns, voordeel, beloning, vergoeding of enige ander voordeel ontvang as gevolg van die pleging van enige handeling beoog in subartikel 1, is skuldig aan die misdryf van voordeeltrekking uit die gebruik van 'n persoon wat verstandelik gestremd is vir pornogra.ese doeleindes.
HOOFSTUK 5
DIENSTE VIR SLAGOFFERS VAN SEKSUELE MISDRYWE EN VERPLIGTE MIV-TOETSING VAN BEWEERDE SEKSUELE OORTREDERS
Deel 1: Woordomskrywing en dienste vir slagoffers van seksuele misdrywe
Woordomskrywing
Vir doeleindes van hierdie Hoofstuk, tensy uit die samehang anders blyk, beteken-- ''aansoek'' 'n aansoek ingevolge artikel 30 of 32; ''belanghebbende persoon'' enige persoon wat 'n wesenlike belang in die welstand van 'n slagoffer het, met inbegrip van 'n gade, permanente lewensmaat van dieselfde of teenoorgestelde geslag, ouer, voog, familielid, sorggewer, kurator, berader, geneesheer, gesondheidsorgvoorsiener, sosiale werker of onderwyser of onderwyseres van so 'n slagoffer; ''geneesheer'' 'n persoon wat as 'n geneesheer ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe, 1974 (Wet No. 56 van 1974), geregistreer is en wat, vir doeleindes van artikel 33, gemagtig is om liggaamsmonsters soos in hierdie Hoofstuk beoog, te neem; ''liggaamsmonster'' enige liggaamlike monster wat gebruik kan word om die aan­of afwesigheid van MIV-infeksie vas te stel; ''liggaamsvog'' enige liggaamlike stof wat MIV of 'n ander seksueel oordraagbare infeksie kan bevat, maar nie speeksel, trane of sweet nie; ''misdryf'' 'n misdryf, behalwe 'n seksuele misdryf, ten opsigte waarvan die MIV-status van die beweerde oortreder relevant kan wees vir doeleindes van ondersoek of vervolging; ''MIV'' die Menslike Immunogebreksvirus; ''MIV-toets'' enige aanvaarde of medies erkende toets om die aan-of afwesigheid van MIV-infeksie in 'n persoon vas te stel; ''ondersoekbeampte'' 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat vir die ondersoek van 'n beweerde seksuele misdryf of 'n ander misdryf verantwoordelik is of 'n lid wat kragtens sy of haar bevel optree; ''PEP'' Na-blootstellingspro.lakse (''Post Exposure Prophylaxis''); ''seksuele misdryf'' 'n seksuele misdryf ingevolge hierdie Wet waarin die slagoffer aan die liggaamsvog van die beweerde oortreder blootgestel kon word; ''slagoffer'' enige persoon wat beweer dat 'n seksuele misdryf teenoor hom of haar gepleeg is; en ''verpleër'' of ''verpleegster'' iemand wat as sodanig ingevolge enige tersaaklike wetgewing geregistreer is en wat, vir doeleindes van artikel 33, gemagtig is om liggaamsmonsters in hierdie Hoofstuk beoog, te neem.
Dienste vir slagoffers met betrekking tot Na-blootstellingspro.lakse en verpligte MIV-toetsing van beweerde seksuele oortreders
 Indien 'n slagoffer blootgestel is aan die risiko om met MIV besmet te word as gevolg daarvan dat 'n seksuele misdryf teenoor hom of haar gepleeg is, kan hy of sy--
behoudens subartikel --
teen Staatskoste en in ooreenstemming met die Staat se geldende behandelingskriteria en protokols, PEP vir MIV-infeksie ontvang by 'n openbare gesondheidsinstelling wat van tyd tot tyd deur die kabinetslid wat vir gesondheid verantwoordelik is, by kennisgewing in die Staatskoerant vir daardie doel kragtens artikel 29 aangewys word;
ii gratis mediese advies ontvang omtrent die toediening van PEP alvorens dit toegedien word; en iii voorsien word van 'n voorgeskrewe lys wat die name, adresse en kontakbesonderhede van toeganklike openbare gesondheidsinstellings in artikel 291a beoog, bevat; en b behoudens artikel 30, by 'n landdros aansoek doen om 'n bevel dat die beweerde seksuele oortreder op Staatskoste vir MIV getoets word.
Slegs 'n slagoffer wat binne 72 uur nadat die beweerde seksuele misdryf plaasgevind het--
n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens ten opsigte van die beweerde seksuele misdryf gelê het; of n voorval ten opsigte van 'n beweerde seksuele misdryf op die voorgeskrewe wyse by 'n aangewese gesondheidsinstelling in subartikel (a)(i) beoog, aangemeld het, kan die dienste in subartikel (a) bedoel, ontvang.
'n Slagoffer in subartikel 1 bedoel of 'n belanghebbende persoon moet--
tydens of onmiddellik nadat 'n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens gelê is of 'n voorval ten opsigte van 'n beweerde seksuele misdryf aangemeld is, op die voorgeskrewe wyse deur 'n polisiebeampte by wie die klag gelê is of deur 'n geneesheer of verpleër of verpleegster by wie die voorval aangemeld is, na gelang van die geval, ingelig word van--
die belangrikheid daarvan om PEP vir MIV-infeksie binne 72 uur nadat die beweerde seksuele misdryf plaasgevind het, te ontvang;
ii die noodsaaklikheid om mediese advies en bystand aangaande die moontlikheid van ander seksueel oordraagbare infeksies te bekom; en iii die dienste in subartikel 1 bedoel; en b in die geval van 'n aansoek in artikel 30 bedoel, 'n kennisgewing ontvang wat voorgeskrewe inligting bevat aangaande die verpligte MIV-toetsing van die beweerde oortreder, in welke geval die inhoud daarvan aan hom of haar verduidelik moet word.
Aanwysing van openbare gesondheidsinstellings vir doeleindes van die verskaffing van Na-Blootstellingspro.lakse en die uitvoering van verpligte MIV-toetsing
 Die kabinetslid wat vir gesondheid verantwoordelik is moet, by kennisgewing in die Staatskoerant, 'n openbare gesondheidsinstelling aanwys vir doeleindes van--
a die verskaffing van PEP aan slagoffers; en die uitvoering van verpligte MIV-toetsing, en kan enige aanwysing kragtens hierdie artikel by kennisgewing in die Staatskoerant terugtrek mits 14 dae vooraf kennis in die Staatskoerant van sodanige terugtrekking gegee is.
Die eerste kennisgewing in subartikel bedoel, moet binne twee maande na die implementering van hierdie artikel gepubliseer word, en dan minstens elke ses maande daarna.
Die Direkteur-generaal: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling moet binne 14 dae na die publikasie van elke aanwysing of terugtrekking in subartikel bedoel, 'n afskrif van die kennisgewing verskaf aan--
die tersaaklike rolspelers binne sy of haar jurisdiksie; en die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste en die Direkteur-generaal van Gesondheid.
Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste en die Direkteur-generaal van Gesondheid moet die kennisgewing in subartikel bedoel onder alle tersaaklike rolspelers binne sy of haar jurisdiksie versprei.
Deel 2: Aansoek deur slagoffer vir verpligte MIV-toetsing van beweerde seksuele oortreder
Aansoek deur slagoffer of belanghebbende persoon vir MIV-toetsing van beweerde seksuele oortreder
 (a) Enige slagoffer of enige belanghebbende persoon wat ten behoewe van 'n slagoffer optree kan binne 90 dae na die beweerde pleging van 'n seksuele misdryf op die voorgeskrewe wyse by 'n landdros aansoek doen om 'n bevel dat--
die beweerde seksuele oortreder vir MIV getoets word en dat die uitslae daarvan aan die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, asook aan die beweerde seksuele oortreder openbaar gemaak word; of ii die MIV-toetsuitslae ten opsigte van die beweerde seksuele oortreder wat op aansoek deur 'n polisiebeampte ingevolge artikel 32 bekom is, aan die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, openbaar gemaak word.
Indien die aansoek deur 'n belanghebbende persoon gebring word, moet sodanige aansoek vergesel wees van die skriftelike toestemming van die slagoffer, tensy die slagoffer--
onder die ouderdom van 14 jaar is;
ii n persoon is wat verstandelik gestremd is;
iii bewusteloos is;
n persoon is ten opsigte van wie 'n kurator deur die hof aangestel is; of n persoon is ten opsigte van wie die landdros oortuig is dat hy of sy nie in staat is om die nodige toestemming te kan gee nie.
a Elke aansoek moet--
verklaar dat 'n seksuele misdryf teen die slagoffer deur die beweerde oortreder gepleeg is;
ii bevestig dat die beweerde misdryf gerapporteer is soos in artikel 28 beoog;
iii verklaar dat die slagoffer blootgestel is aan die risiko om met MIV besmet te kon word as gevolg van die beweerde seksuele misdryf;
indien dit deur 'n belanghebbende persoon gebring word, verklaar wat die aard van die verhouding tussen die belanghebbende persoon en die slagoffer is, en indien die belanghebbende persoon nie die gade, permanente lewensmaat van dieselfde of teenoorgestelde geslag of 'n ouer van die slagoffer is nie, die rede waarom die aansoek deur sodanige belanghebbende persoon gebring word; en verklaar dat minder as 90 dae verloop het sedert die datum waarop die betrokke misdryf na bewering plaasgevind het.
Die aangeleenthede in paragraaf (a) bedoel, moet deur die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, by wyse van 'n beëdigde of plegtige verklaring bevestig word.
Die aansoek moet so spoedig moontlik nadat 'n klag gelê is, gebring word, en kan gedoen word voor of nadat 'n inhegtenisneming plaasgevind het.
Die aansoek moet aan die ondersoekbeampte oorhandig word, wat die aansoek so spoedig as wat redelikerwys doenlik is, aan 'n landdros van die landdrosdistrik waarbinne die seksuele misdryf na bewering plaasgevind het, moet voorlê.
Oorweging van aansoek deur landdros en uitreiking van bevel
 Die landdros moet die aansoek beoog in artikel 30 so spoedig as wat redelikerwys doenlik is, in kamers oorweeg en kan aandring op die aanvullende getuienis wat hy of sy goedvind, met inbegrip van mondelinge getuienis of getuienis by wyse van beëdigde verklaring, wat deel moet vorm van die rekord van die verrigtinge.
a Vir die doel van die verrigtinge in subartikel 1 beoog, kan die landdros getuienis deur of ten behoewe van die beweerde oortreder oorweeg indien dit nie sodoende tot enige wesenlike vertraging sou lei nie.
Getuienis in paragraaf (a) beoog, kan in die afwesigheid van die slagoffer aangebied word, indien die landdros van oordeel is dat dit in die beste belang van die slagoffer sou wees.
Indien die landdros tevrede is dat daar prima facie-getuienis is dat--
n seksuele misdryf deur die beweerde oortreder teen die slagoffer gepleeg is;
die slagoffer aan die liggaamsvog van die beweerde oortreder blootgestel kon word; en nie meer as 90 kalenderdae sedert die datum waarop die betrokke misdryf na bewering plaasgevind het, verloop het nie, moet die landdros--
in die geval waar die beweerde oortreder nie vir MIV op aansoek van 'n polisiebeampte soos in artikel 32 beoog, getoets is nie, beveel dat die beweerde oortreder vir MIV getoets word in ooreenstemming met die
Staat se geldende behandelingskriteria en protokols, met inbegrip van,waar nodig--(aa) die neem van twee voorgeskrewe liggaamsmonsters van die beweerde oortreder; en bb die uitvoering van een of meer MIV-toetse op die liggaamsmonsters wat redelikerwys noodsaaklik is om die aan-of afwesigheid van MIV-infeksie by die beweerde oortreder te bepaal, en dat die MIV-toetsuitslae op die voorgeskrewe wyse aan die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, asook aan die beweerde oortreder, openbaar gemaak word; of ii in die geval waar die beweerde oortreder reeds vir MIV op aansoek van 'n polisiebeampte soos in artikel 32 beoog, getoets is, beveel dat die MIV-toetsuitslae op die voorgeskrewe wyse aan die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, openbaar gemaak word.
n Bevel bedoel in subartikel moet op die voorgeskrewe wyse gemaak en aan die ondersoekbeampte oorhandig word.
Die ondersoekbeampte moet, so spoedig as wat redelikerwys na die oorweging van 'n aansoek doenlik is--
die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, van die uitslag van die aansoek verwittig; en die beweerde oortreder, indien 'n bevel ingevolge subartikel toegestaan is, daarvan verwittig deur aan hom of haar 'n kennisgewing wat die voorgeskrewe inligting bevat, te oorhandig en, indien nodig, die inhoud van die kennisgewing te verduidelik.
Deel 3: Aansoek om verpligte MIV-toetsing van beweerde oortreder deur ondersoekbeampte
Aansoek deur ondersoekbeampte om MIV-toetsing van beweerde oortreder
 Behoudens subartikel kan 'n ondersoekbeampte, vir doeleindes van die ondersoek van 'n seksuele misdryf of misdryf, op die voorgeskrewe wyse in kamers by 'n landdros van die landdrosdistrik waarbinne die seksuele misdryf of misdryf na bewering plaasgevind het, aansoek doen om 'n bevel dat--
die beweerde oortreder vir MIV getoets word; of die MIV-toetsuitslag ten opsigte van die beweerde oortreder wat reeds bekom is op aansoek deur 'n slagoffer of enige belanghebbende persoon ten behoewe van 'n slagoffer soos in artikel 30 (a)(i) beoog, aan die ondersoekbeampte beskikbaar gestel word of, waar toepaslik, aan 'n staatsaanklaer wat van die uitslag moet kennis neem vir doeleindes van die vervolging van die betrokke aangeleentheid of enige ander hofverrigtinge.
n Aansoek in subartikel beoog, moet--
op sterkte van inligting wat by wyse van 'n beëdigde of plegtige verklaring bekom is, die gronde uiteensit waarop beweer word dat 'n seksuele misdryf of misdryf deur die beweerde oortreder gepleeg is; en gebring word nadat 'n klag gelê is, en kan gebring word voor of nadat 'n inhegtenisname plaasgevind het, of na skuldigbevinding.
Indien die landdros oortuig is dat daar prima facie-getuienis is dat--
die oortreder 'n seksuele misdryf of misdryf gepleeg het; en
MIV-toetsing noodsaaklik blyk te wees vir doeleindes van die ondersoek of vervolging van die misdryf, moet die landdros, in die geval van 'n aansoek in subartikel (a) beoog, beveel dat die beweerde oortreder vir MIV getoets word in ooreenstemming met die Staat se geldende behandelingskriteria en protokols, met inbegrip van, waar nodig--
die neem van twee voorgeskrewe liggaamsmonsters van die beweerde oortreder; en ii die uitvoering van een of meer MIV-toetse op die liggaamsmonsters wat redelikerwys noodsaaklik is om die aan-of afwesigheid van MIV-infeksie by die beweerde oortreder te bepaal, en dat die MIV-toetsuitslag op die voorgeskrewe wyse aan die ondersoekbeampte openbaar gemaak word of, waar toepaslik, aan 'n staatsaanklaer wat van die uitslag moet kennis neem vir doeleindes van die vervolging van die betrokke aangeleentheid of enige ander hofverrigtinge, asook aan die beweerde oortreder, indien die uitslag nie reeds aan sodanige oortreder ingevolge artikel 30 (a)(i) beskikbaar gestel is nie.
n Bevel in subartikel beoog, moet op die voorgeskrewe wyse gemaak en aan die ondersoekbeampte oorhandig word.
Die ondersoekbeampte moet, so spoedig as wat redelikerwys doenlik is nadat 'n aansoek ingevolge subartikel toegestaan is, die beweerde oortreder verwittig deur aan hom of haar 'n kennisgewing wat die voorgeskrewe inligting bevat, te oorhandig en, indien nodig, die inhoud van die kennisgewing te verduidelik.
Deel 4: Uitvoering van bevele vir verpligte MIV-toetsing en MIV-toetsuitslae
Uitvoering van bevel en uitreiking van lasbrief vir inhegtenisneming
 Nadat 'n bevel in artikel 31 of 32 bedoel aan 'n ondersoekbeampte oorhandig is, moet--
die ondersoekbeampte 'n geneesheer of verpleër of verpleegster versoek om twee voorgeskrewe liggaamsmonsters van die beweerde oortreder te neem, en moet die ondersoekbeampte die beweerde oortreder vir daardie doel beskikbaar stel of toesien dat sodanige persoon beskikbaar gestel word;
die betrokke geneesheer of verpleër of verpleegster twee voorgeskrewe liggaamsmonsters van die beweerde oortreder neem;
die ondersoekbeampte die liggaamsmonsters besorg aan die hoof van 'n ingevolge artikel 29 aangewese openbare gesondheidsinstelling of aan 'n persoon wat skriftelik deur die hoof van so 'n instelling aangewys is;
die hoof van die instelling of die persoon in paragraaf (c) bedoel--
een of meer MIV-toetse op die liggaamsmonsters van die beweerde oortreder uitvoer wat redelikerwys noodsaaklik is om die aan-of afwesigheid van MIV-infeksie by die beweerde oortreder te bepaal;
ii die uitslae van die MIV-toets op die voorgeskrewe wyse aanteken;
iii die ondersoekbeampte van duplikaat verseëlde rekords van die toetsuitslag voorsien; en n verseëlde rekord van die toetsuitslae op die voorgeskrewe wyse en plek behou; en die ondersoekbeampte--
in die geval van 'n bevel in artikel 31 beoog, 'n verseëlde rekord van die toetsuitslae aan die slagoffer of die belanghebbende persoon, na gelang van die geval, asook aan die beweerde oortreder, oorhandig tesame met 'n kennisgewing wat voorgeskrewe inligting bevat oor die vertroulikheid van die MIV-toetsuitslae en die wyse waarop daarmee gehandel moet word en, indien nodig, die inhoud van die kennisgewing verduidelik; of ii in die geval van 'n bevel in artikel 32 beoog, 'n verseëlde rekord van die toetsuitslae aan die beweerde oortreder oorhandig tesame met 'n kennisgewing wat voorgeskrewe inligting bevat oor die die wyse waarop met die toetsuitslag gehandel moet word en, indien nodig, die inhoud van die kennisgewing verduidelik, en die ander rekord van die toetsuitslae op die voorgeskrewe wyse behou of, waar toepaslik, die rekord van die toetsuitslae beskikbaar stel aan 'n staatsaanklaer wat van die uitslae moet kennis neem vir doeleindes van die vervolging van die betrokke aangeleentheid of enige ander hofverrigtinge.
a 'n Bevel wat ingevolge artikel 313 verleen is, verstryk indien die klag deur die vervolging op versoek van die slagoffer teruggetrek word.
Enige monsters wat geneem is of uitslae wat verkry is voor die verstryking van die bevel in paragraaf (a) beoog, indien daar is, moet vernietig word in ooreenstemming met die Departement van Gesondheid se geldende kriteria en protokols of, waar dit tersaaklik is, in ooreenstemming met die nasionale opdragte wat deur die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingevolge artikel 66 (c) uitgereik is.
Die landdros kan, tydens of na die verlening van 'n bevel in artikel 31 of 32 beoog, 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van die beweerde oortreder uitreik indien daar gronde is om te glo dat sodanige oortreder die nakoming van sodanige bevel kan vermy of indien sodanige oortreder die nakoming van sodanige bevel vermy het.
Gebruik van uitslae van MIV-toetse
Die uitslae van 'n MIV-toets wat uitgevoer is ingevolge 'n bevel in artikels 31 en 32 beoog, kan slegs in die volgende omstandighede gebruik word:
Om 'n slagoffer of 'n belanghebbende persoon in te lig of die beweerde oortreder in die betrokke saak met MIV besmet is of nie met die oog daarop om--
sekondêre trauma te verminder en die slagoffer te bemagtig om oorwoë mediese, lewensstylgerigte en ander persoonlike besluite te neem; of ii die toetsuitslae as getuienis aan te wend in enige daaropvolgende siviele verrigtinge na aanleiding van die betrokke seksuele misdryf; of om 'n ondersoekbeampte in staat te stel om inligting te versamel ten einde dit as getuienis in strafregtelike verrigtinge te gebruik.
Deel 5: Diverse aangeleenthede
Register van aansoeke en bevele
 Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet toesien dat alle aansoeke wat ingevolge hierdie Hoofstuk gebring word en alle bevele wat aldus verleen word, in 'n register opgeneem word en gehou word op die wyse wat deur die Nasionale Kommissaris bepaal word, soos voorgeskryf.
Toegang tot die register moet beperk word soos voorgeskryf.
Vertroulikheid van uitslag van aansoek
Die feit dat 'n bevel vir die MIV-toetsing van 'n beweerde oortreder in artikel 31 of 32 beoog, verleen is, mag aan geen persoon bekend gemaak word nie, behalwe aan--
die slagoffer of 'n belanghebbende persoon in artikel 30 bedoel;
die beweerde oortreder;
die ondersoekbeampte en, waar toepaslik--
n staatsaanklaer; of ii behoudens artikel 35 , enige ander persoon wat van die toetsuitslae kennis moet neem vir doeleindes van strafregtelike ondersoeke of verrigtinge of siviele verrigtinge; en die persone aan wie die uitvoering van die bevel in artikel 33 beoog, opgedra is.
 Die uitslae van die MIV-toetse wat op 'n beweerde oortreder ingevolge hierdie Hoofstuk uitgevoer is, kan, behoudens subartikel , slegs bekend gemaak word aan--
die slagoffer of die belanghebbende persoon in artikel 30 bedoel;
die beweerde oortreder; en die ondersoekbeampte en, waar toepaslik--
n staatsaanklaer indien die beweerde oortreder getoets is soos in artikel 32 beoog; of ii enige ander persoon wat van die toetsuitslae kennis moet neem vir doeleindes van siviele verrigtinge of 'n hofbevel.
'n Voorsittende beampte kan, in enige verrigtinge in hierdie Hoofstuk beoog of in enige daaropvolgende strafregtelike of siviele verrigtinge, enige bevel verleen wat hy of sy dienstig ag ten einde aan hierdie artikel uitvoering te gee, met inbegrip van die wyse waarop sodanige uitslae vertroulik gehou moet word en die wyse waarop die betrokke hofrekord mee gehandel moet word.
Misdrywe en strawwe
 (a) Enigiemand wat kwaadwillig 'n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens ten opsigte van 'n beweerde seksuele misdryf lê en wat 'n aansoek ingevolge artikel 30 bring met die doel om die MIV-status van enigiemand vas te stel, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar.
Enigiemand wat kwaadwillig of op 'n growwe nalatige wyse die uitslae van 'n MIV-toets in stryd met artikel 37 bekend maak, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar.
Die instelling van 'n vervolging weens 'n oortreding in paragraaf (a) of (b) bedoel, moet skriftelik deur die betrokke Direkteur van Openbare Vervolgings gemagtig word.
n Beweerde oortreder wat op enige wyse hoegenaamd versuim of weier om aan 'n hofbevel dat hy of sy vir MIV getoets word, te voldoen, of wat voldoening vermy of wat opsetlik 'n poging om sodanige hofbevel op hom of haar te laat beteken, verydel, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar.
Regulasies
 Die Minister kan, na oorlegpleging met die kabinetslede wat onderskeidelik vir veiligheid en sekuriteit en gesondheid verantwoordelik is, regulasies uitvaardig aangaande--
enige vorm wat vereis word om ingevolge hierdie Hoofstuk voorgeskryf te word;
enige aangeleentheid wat noodsaaklik is of vereis word om ingevolge hierdie Hoofstuk voorgeskryf te word; en enige ander aangeleentheid wat die Minister noodsaaklik of dienstig ag ten einde die oogmerke van hierdie Hoofstuk te bereik.
'n Regulasie wat ingevolge subartikel 1 uitgevaardig word, moet--
ten minste 30 dae voor die publikasie daarvan in die Staatskoerant aan die Parlement voorgelê word; en uitgevaardig word na oorlegpleging met die kabinetslede wat onderskeidelik vir veiligheid en sekuriteit en gesondheid verantwoordelik is, behalwe vir die aangeleentheid wat in artikel 35 voorgeskryf word, waar dit in oorleg met die kabinetslid wat vir veiligheid en sekuriteit verantwoordelik is, uitgevaardig moet word.
HOOFSTUK 6
NASIONALE REGISTER VIR SEKS-OORTREDERS
Woordomskrywing
Vir doeleindes van hierdie Hoofstuk, en tensy uit die samehang anders blyk, beteken-- ''betrokke owerheid'' enige--
staatsdepartement of administrasie in die nasionale of provinsiale regeringsfeer of enige munisipaliteit in die plaaslike regeringsfeer; of ander funksionaris of instelling wanneer 'n bevoegdheid of 'n verpligting ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, of 'n provinsiale grondwet uitgeoefen of uitgevoer word, of wat 'n openbare bevoegdheid of 'n openbare funksie ingevolge enige wetgewing uitoefen of uitvoer, wat gemoeid is met die oorweging van aansoeke deur voornemende pleegouers,familieverwante versorgers, tydelike veiligheidsorg-versorgers, aannemende ouersof kurators;''lisensiëringsowerheid'' enige owerheid wat verantwoordelik is vir die toestaanvan lisensies vir of die goedkeuring van die bestuur of bedryf van enige entiteit,besigheidsonderneming of bedryf wat verband hou met die toesig oor of sorg van'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is;''Register'' die Nasionale Register vir Seks-oortreders wat kragtens artikel 42 ingestel is;''Registrateur'' die Registrateur van die Nasionale Register vir Seks-oortreders inartikel 42 beoog;''serti.kaat'' 'n serti.kaat in artikel 44 beoog;''werkgewer''--
enige--
staatsdepartement of administrasie in die nasionale of provinsiale regeringsfeer of enige munisipaliteit in die plaaslike regeringsfeer; of ii ander funksionaris of instelling wanneer 'n bevoegdheid of 'n verpligting ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, of 'n provinsiale grondwet uitgeoefen of uitgevoer word, of wat 'n openbare bevoegdheid of 'n openbare funksie ingevolge enige wetgewing uitoefen of uitvoer, wat--
aa werknemers in diens neem wat op enige wyse en gedurende die loop van hul diens, in 'n posisie geplaas sal word om met 'n kind te werk of in 'n posisie van gesag, toesig of sorg oor 'n kind gestel sal word of toegang sal verkry tot 'n kind of tot plekke waar kinders teenwoordig is of vergader; of bb werknemers in diens neem wat op enige wyse en gedurende die loop van hul diens, in 'n posisie geplaas sal word om met 'n persoon wat verstandelik gestremd is, te werk of wat in 'n posisie van gesag, toesig of sorg oor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gestel sal word of wat toegang sal verkry tot 'n persoon wat verstandelik gestremd is of tot plekke waar persone wat verstandelik gestremd is, teenwoordig is of vergader; of enige persoon, organisasie, instelling, klub, sportklub, assosiasie of liggaam wat, na gelang van die geval--
werknemers in diens neem wat op enige wyse en gedurende die loop van hul diens, in 'n posisie geplaas sal word om met 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, te werk of wat in 'n posisie van gesag, toesig of sorg oor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gestel sal word of wat toegang sal verkry tot 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is of tot plekke waar kinders of persone wat verstandelik gestremd is, teenwoordig is of vergader; of ii enige entiteit of besigheidsonderneming of bedryf besit, bestuur, bedryf of wat daarin 'n besigheids-of ekonomiese belang het of wat op enige wyse verantwoordelik is vir of deelneem of bystand verleen aan die bestuur of bedryf daarvan wat verband hou met die toesig oor of sorg van 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, of met die werk met 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, of met die toegang tot 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is of tot plekke waar kinders of persone wat verstandelik gestremd is, teenwoordig is of vergader, en ''diens'', ''indiensneming'', ''in diens geneem'' en ''diensverhouding'' het ooreenstemmende betekenisse; en ''werknemer''--
iemand wat aansoek doen om vir 'n werkgewer te werk of wat vir 'n werkgewer werk, en wat enige betaling, vergoeding, guns of voordeel ontvang of geregtig is om dit te ontvang; of iemand, behalwe iemand in (a) beoog, wat op enige wyse aansoek doen om bystand te verleen of wat bystand verleen in die uitvoering of bedryf van die besigheid van 'n werkgewer, ongeag of hy of sy geregtig is om enige betaling, vergoeding, guns of voordeel te ontvang.
Verbod op sekere tipes diens deur sekere persone wat seksuele misdrywe gepleeg het teenoor kinders of persone wat verstandelik gestremd is
 Iemand wat aan die pleeg van 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind skuldig bevind is of wat na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind gepleeg het en met wie ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977 (Wet No. 51 van 1977), gehandel is, ongeag of dit voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk gepleeg is en ongeag of dit binne of buite die Republiek gepleeg is, en wie se besonderhede in die Register opgeneem is, mag--
onder geen omstandighede in diens geneem word om met 'n kind te werk nie;
geen posisie vul wat met sy of haar diens verband hou of vir enige kommersiële voordeel wat hom of haar op enige wyse in 'n posisie van gesag, toesig of sorg oor 'n kind sal stel nie of wat hom of haar, op enige ander wyse, in 'n posisie van gesag, toesig of sorg oor 'n kind sal stel nie of waar hy of sy toegang verkry tot 'n kind of tot plekke waar kinders teenwoordig is of vergader nie;
geen lisensie toegestaan word of goedkeuring ontvang om enige entiteit, besigheidsonderneming of bedryf wat met die toesig of sorg oor 'n kind verband hou, of waar kinders teenwoordig is of vergader, te bestuur of te bedryf nie; of nie die pleegouer, familieverwante versorger, tydelike veiligheidsorg­versorger of aannemende ouer van 'n kind word nie.
Iemand wat aan die pleeg van 'n seksuele misdryf teenoor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of wat na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en met wie ingevolge artikel 776 of 786 van die Strafproseswet, 1977, gehandel is, ongeag of dit voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk gepleeg is en ongeag of dit binne of buite die Republiek gepleeg is, en wie se besonderhede in die Register opgeneem is, mag--
onder geen omstandighede in diens geneem word om met 'n persoon wat verstandelik gestremd is, te werk nie;
geen posisie vul wat met sy of haar diens verband hou of vir enige kommersiële voordeel wat hom of haar op enige wyse in 'n posisie van gesag, toesig of sorg oor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, sal stel nie of wat hom of haar, op enige ander wyse, in 'n posisie van gesag, toesig of sorg oor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, sal stel nie of waar hy of sy toegang kan verkry tot 'n persoon wat verstandelik gestremd is, of tot plekke waar persone wat verstandelik gestremd is, teenwoordig is of vergader nie;
geen lisensie toegestaan word of goedkeuring ontvang om enige entiteit, besigheidsonderneming of bedryf wat met die toesig of sorg oor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, verband hou, of waar persone wat verstandelik gestremd is teenwoordig is of vergader, te bestuur of te bedryf nie; of nie die kurator van 'n persoon wat verstandelik gestremd is, word nie.
Instelling van Nasionale Register vir Seks-oortreders en aanwysing van Registrateur van Register
 'n Nasionale Register vir Seks-oortreders wat besonderhede bevat van persone wat aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of wat na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en met wie ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, gehandel is, ongeag of dit voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk gepleeg is en ongeag of dit binne of buite die Republiek gepleeg is, moet binne ses maande vanaf die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk en in ooreenstemming met die bepalings van hierdie Hoofstuk en die regulasies daarkragtens uitgevaardig, ingestel en deur die Minister bygehou word.
Die Minister moet 'n geskikte en gepaste persoon as Registrateur van die Nasionale Register vir Seks-oortreders aanwys, met behoorlike inagneming van sy of haar ondervinding, pligsbesef en integriteit.
Die Registrateur moet sy of haar bevoegdhede, pligte en werksaamhede behoudens die bepalings van hierdie Hoofstuk en die regulasies daarkragtens uitgevaardig, uitoefen en verrig.
Oogmerke van Register
Die oogmerke van die Register is om kinders en persone wat verstandelik gestremd is, teen seksuele oortreders te beskerm deur--
die instelling en byhou van 'n rekord van persone wat--
aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is, ongeag of dit voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk gepleeg is en ongeag of dit binne of buite die Republiek gepleeg is; of ii na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en ten opsigte van wie 'n hof, hetsy voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk--
aa binne die Republiek ingevolge artikel 776 of 786 van die Strafproseswet, 1977, 'n bevinding gemaak en 'n lasgewing uitgereik het; of bb buite die Republiek 'n bevinding en lasgewing in subparagraaf aa beoog, ingevolge 'n wet van die betrokke land gemaak en uitgereik het;
n werkgewer wat aansoek doen om 'n serti.kaat in hierdie Hoofstuk beoog, in te lig of die besonderhede van 'n werknemer in artikel 45 (a) of (b) beoog, in die Register opgeneem is al dan nie;
n lisensiëringsowerheid wat aansoek doen om 'n serti.kaat in hierdie Hoofstuk beoog, in te lig of die besonderhede van 'n applikant in artikel 47 beoog, in die Register opgeneem is al dan nie; en die relevante owerhede wat met pleegsorg, familieverwante versorging, tydelike veiligheidsorg-versorging, aanneming of kuratorskap gemoeid is, en wat aansoek doen om 'n serti.kaat in hierdie Hoofstuk beoog, in te lig of die besonderhede van 'n applikant in artikel 48 beoog, in die Register opgeneem is al dan nie.
Persone wat geregtig is om aansoek te doen om serti.kaat
'n Aansoek om 'n voorgeskrewe serti.kaat wat vermeld of die besonderhede van 'n persoon in die aansoek genoem in die Register opgeneem is al dan nie, kan slegs vir die doel van voldoening aan 'n verpligting kragtens hierdie Hoofstuk op die voorgeskrewe wyse gedoen word deur--
n werkgewer ten opsigte van 'n werknemer soos in artikel 45 beoog;
n lisensiëringsowerheid ten opsigte van 'n applikant soos in artikel 47 beoog;
n relevante owerheid ten opsigte van 'n applikant soos in artikel 48 beoog;
n werknemer in artikel 46 en beoog, ten opsigte van sy of haar eie besonderhede;
iemand in artikel 47 beoog wat om 'n lisensie of goedkeuring aansoek doen om enige entiteit, besigheidsonderneming of bedryf wat verband hou met die toesig of sorg oor kinders of persone wat verstandelik gestremd is, te bestuur of te bedryf, ten opsigte van sy of haar eie besonderhede;
iemand in artikel 48 beoog wat aansoek doen om 'n pleegouer, familieverwante versorger, tydelike veiligheidsorg-versorger of aannemende ouer te word, ten opsigte van sy of haar eie besonderhede; of enigiemand wie se besonderhede in die Register verskyn, ten opsigte van sy of haar eie besonderhede.
Verpligtinge van werkgewers ten opsigte van werknemers
 Enige werkgewer wat--
op die datum van die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk enige werknemer in sy of haar diens het, kan vanaf die datum van die instelling van die Register op die voorgeskrewe wyse by die Registrateur aansoek doen om 'n voorgeskrewe serti.kaat wat vermeld of die besonderhede van die werknemer in die Register opgeneem is al dan nie; of vanaf die datum van die instelling van die Register beoog om 'n werknemer in diens te neem, moet op die voorgeskrewe wyse by die Registrateur aansoek doen om 'n voorgeskrewe serti.kaat wat vermeld of die besonderhede van die voornemende werknemer in die Register opgeneem is al dan nie.
a 'n Werkgewer moet--
behoudens paragraaf (d), nie voortgaan om 'n werknemer in subartikel (a) beoog, in diens te hou nie; of ii nie 'n werknemer in subartikel (b) beoog, in diens neem, wie se besonderhede in die Register opgeneem is nie.
n Werkgewer wat gedurende die loop van 'n diensverhouding vasstel dat die besonderhede van 'n werknemer in subartikel (a) beoog in die Register opgeneem is, moet, ongeag of sodanige oortreding gedurende die loop van sy of haar diens gepleeg is, behoudens paragraaf (d) onmiddellik die diens van sodanige werknemer beëindig.
Ondanks paragraaf (d) moet 'n werkgewer onmiddellik die diens van 'n werknemer beëindig wat versuim om te openbaar dat hy of sy skuldig bevind is aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is of die feit dat hy of sy na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en met wie ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, gehandel is, soos in artikel 41 beoog.
n Werkgewer moet redelike stappe doen om te verhoed dat 'n werknemer wie se besonderhede in die Register opgeneem is, voortgaan om toegang tot 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is in die loop van sy of haar diens te verkry, met inbegrip van stappe, indien dit redelik moontlik of doenlik is, om sodanige persoon uit die pos of posisie deur hom of haar gehou, na 'n ander pos of posisie oor te plaas: Met dien verstande dat indien sodanige stappe wat gedoen moet word nie die veiligheid van 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, sal verseker nie, die diensverhouding, die gebruik van dienste of toegang, na gelang van die geval, onmiddellik beëindig moet word.
n Werkgewer wat versuim om aan 'n bepaling van hierdie artikel te voldoen, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
Verpligtinge van werknemers
 'n Werknemer wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk in die diens van 'n werkgewer is en wat aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of wat na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en met wie ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, gehandel is, ongeag of sodanige misdryf gedurende die loop van sy of haar diens gepleeg of na bewering gepleeg is al dan nie, moet sodanige skuldigbevinding of bevinding onverwyld aan sy of haar werkgewer openbaar.
n Werknemer wat na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk aansoek doen om in diens geneem te word, moet, indien hy of sy aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, mee gehandel is, sodanige skuldigbevinding of bevinding openbaar wanneer die aansoek om indiensneming gedoen word.
n Werknemer wat versuim om aan subartikel of te voldoen, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
Verpligtinge ten opsigte van lisensie-aansoeke
 'n Lisensiëringsowerheid mag nie 'n lisensie toestaan of die bestuur of bedryf van enige entiteit, besigheidsonderneming of bedryf wat met die toesig of sorg oor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, verband hou, goedkeur sonder om by wyse van 'n aansoek by die Registrateur om 'n voorgeskrewe serti.kaat, vas te stel of die besonderhede van sodanige persoon in die Register opgeneem is al dan nie.
Iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk by 'n lisensiëringsowerheid aansoek doen om 'n lisensie in subartikel beoog, moet openbaar dat hy of sy aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, mee gehandel is.
n Lisensiëringsowerheid of persoon wat opsetlik 'n bepaling van hierdie artikel oortree, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
Verpligtinge ten opsigte van aansoeke om pleegsorg, familieverwante versorging, tydelike veiligheidsorg-versorging, aanneming van kinders of kuratorskap
 'n Betrokke owerheid mag nie 'n aansoek oorweeg of die aanstelling goedkeur van iemand as 'n pleegouer, familieverwante versorger, tydelike veiligheidsorg­versorger, aannemende ouer of kurator sonder om by wyse van 'n aansoek by die Registrateur om 'n voorgeskrewe serti.kaat, vas te stel of die besonderhede van sodanige persoon in die Register opgeneem is al dan nie.
Iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk aansoek doen om 'n pleegouer, familieverwante versorger, tydelike veiligheidsorg-versorger, aannemende ouer of kurator te word, moet openbaar dat hy of sy aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, mee gehandel is.
n Betrokke owerheid of 'n persoon wat opsetlik enige bepaling van hierdie artikel oortree, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
Inhoud van Register
Die Register moet--
op die voorgeskrewe wyse en in die voorgeskrewe formaat ingestel en bygehou word;
die volgende besonderhede van persone in artikel 50 bedoel, bevat:
Die persoon se titel, volle name en van, met inbegrip van enige bekende skuilnaam of bynaam en, waar toepaslik, die persoon se beroep of bedryf;
ii die persoon se laas bekende .siese adres, asook enige ander kontakbesonderhede, met inbegrip van 'n posadres, waar toepaslik;
iii die persoon se identiteitsnommer, paspoortnommer en bestuurs­lisensienommer, waar van toepassing;
die seksuele misdryf teenoor 'n kind of iemand wat verstandelik gestremd is waaraan die persoon skuldig bevind is, die vonnis wat opgelê is, die datum en plek van skuldigbevinding en vonnis, asook die betrokke gevangene-identi.kasienommer, waar toepaslik;
die hof waarin die verhoor plaasgevind het en die saaknommer;
vi die naam van 'n persoon se mediese instelling of geneesheer en besonderhede van die seksuele misdryf wat na bewering gepleeg is deur iemand met wie ooreenkomstig artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, mee gehandel is; en vii enige ander besonderhede wat by regulasie voorgeskryf mag word; en c indien die skuldigbevinding en vonnis in 'n buitelandse jurisdiksiegebied plaasgevind het, so ver moontlik inligting bevat soortgelyk aan dit wat in paragraaf b beoog word, soos van die betrokke land of van enige ander regsbron bekom word.
Persone wie se name in Register opgeneem moet word en verwante aangeleenthede
 Die besonderhede van die volgende persone moet in die Register opgeneem word:
Iemand wat ingevolge hierdie Wet of enige ander wet--
aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is;
ii na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en ten opsigte van wie 'n hof 'n bevinding ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, gemaak of 'n lasgewing uitgereik het;
iii 'n vonnis van gevangenisstraf uitdien of 'n vonnis van gevangenisstraf uitgedien het as gevolg van 'n skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is; of n vorige veroordeling vir 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, het, of wat nie 'n vonnis van gevangenisstraf vir sodanige misdryf uitgedien het nie; en enigiemand--
wat in 'n buitelandse jurisdiksiegebied skuldig bevind is aan enige misdryf wat soortgelyk is aan die pleging van 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is;
ii wat in 'n buitelandse jurisdiksiegebied op 'n wyse soortgelyk aan dit wat in paragraaf (a)(ii) beoog word, mee gehandel is; of iii wie se besonderhede op 'n amptelike Register van enige buitelandse jurisdiksiegebied verskyn as gevolg van 'n skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, of as gevolg van 'n bevel soortgelyk aan dit wat in paragraaf aii beoog word, hetsy voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk gepleeg.
a 'n Hof wat ingevolge hierdie Wet of enige ander wet--
iemand skuldig bevind het aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, moet in die teenwoordigheid van die veroordeelde persoon en nadat vonnis deur daardie hof vir die misdryf opgelê is; of ii n bevinding ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, gemaak of 'n lasgewing uitgereik het dat die persoon vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie oor die vermoë beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy of sy sy of haar verdediging na behore kan voer nie, of vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie strafregtelik toerekenbaar was vir die handeling wat 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, uitmaak nie, moet in die teenwoordigheid van daardie persoon, n bevel maak dat die besonderhede van die persoon in die Register opgeneem word.
Wanneer 'n bevel beoog in paragraaf (a) gemaak word, moet die hof die inhoud en implikasies van sodanige bevel, met inbegrip van artikel 45, aan die betrokke persoon verduidelik.
Waar 'n hof 'n bevel kragtens subartikel (a) gemaak het, moet die Griffier van die Hoë Hof of die klerk van die landdroshof, waar moontlik, die werkgewer op die voorgeskrewe wyse in kennis stel van sodanige bevel, en die bevel onverwyld aan die Registrateur aanstuur, tesame met al die besonderhede van die betrokke persoon in artikel 49 bedoel, en moet die Registrateur onmiddellik en voorlopig, hangende die uitslag van enige appèl of hersiening, die besonderhede van die betrokke persoon op die voorgeskrewe wyse in die Register opneem, en moet, na--
verstryking van die tydperk vir aantekening van 'n appèl of op hersiening neem van die aangeleentheid; of afhandeling van die appèl-of hersieningsverrigtinge, in die geval van 'n appèl of hersiening, sodanige besonderhede óf in die Register opneem óf dit daaruit verwyder, afhangende van die uitslag van die appèl of hersiening, indien daar is.
Waar 'n hof, om welke rede ook al, versuim om 'n bevel kragtens subartikel (a) te maak, moet die vervolgingsgesag of enigiemand onmiddellik of te gelegener tyd hierdie oorsig onder die aandag van die hof bring en moet die hof sodanige bevel maak.
a Die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste moet op die voorgeskrewe wyse en binne drie maande na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk, die besonderhede van elke gevangene of voormalige gevangene in artikel 49 bedoel wat hy of sy op rekord het en wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk 'n vonnis van gevangenisstraf uitdien of uitgedien het as gevolg van 'n skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind, met inbegrip van 'n misdryf beoog in artikel 14 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957 Wet No. 23 van 1957, aan die Registrateur stuur, en moet, waar moontlik, die beskikbare besonderhede van elke gevangene of voormalige gevangene wat hy of sy op rekord het en wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk 'n vonnis van gevangenisstraf uitdien of uitgedien het as gevolg van 'n skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, met inbegrip van 'n misdryf in artikel 15 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957, beoog, aan die Registrateur stuur, en die Registrateur moet sodanige besonderhede onverwyld in die Register opneem.
Die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste moet op die voorgeskrewe wyse en binne die voorgeskrewe tydperk elke dienende gevangene wie se besonderhede aan die Registrateur gestuur is, inlig oor die implikasies daarvan.
Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet op die voorgeskrewe wyse en binne drie maande na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk, alle beskikbare besonderhede bedoel in artikel 49 wat hy of sy op rekord het van elke persoon wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk 'n vorige veroordeling vir 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind het, met inbegrip van, in die mate wat dit moontlik is, 'n veroordeling vir 'n misdryf beoog in artikel 14 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957, en wat 'n vorige veroordeling vir 'n seksuele misdryf teenoor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, het, met inbegrip van, in die mate wat dit moontlik is, 'n misdryf in artikel 15 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957, beoog, aan die Registrateur stuur, en die Registrateur moet sodanige besonderhede onverwyld in die Register opneem.
a Die Direkteur-generaal: Gesondheid moet op die voorgeskrewe wyse en binne drie maande na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk, die besonderhede in artikel 49 bedoel van elke persoon wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk onderhewig is aan 'n lasgewing ingevolge artikel 776 of 786 van die Strafproseswet, 1977, as gevolg van 'n handeling wat 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, uitgemaak het, aan die Registrateur stuur, en die Registrateur moet sodanige besonderhede onverwyld in die Register opneem.
Die Direkteur-generaal: Gesondheid moet op die voorgeskrewe wyse en binne die voorgeskrewe tydperk elke persoon in paragraaf (a) bedoel, en wie se besonderhede aan die Registrateur gestuur is, inlig oor die implikasies daarvan.
a Iemand wie se besonderhede aan die Registrateur ingevolge hierdie artikel gestuur is en wie se naam of name, geslag, identiteitsnommer, .siese of posadres of ander besonderhede soos in artikel 49 beoog, verander het, moet die Registrateur binne 14 dae na sodanige verandering van die verandering in kennis stel.
Enigiemand in paragraaf (a) bedoel wat opsetlik versuim om die Registrateur van enige verandering beoog in daardie paragraaf in kennis te stel, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar.
Verwydering van besonderhede uit Register
 Behoudens subartikels en kan die besonderhede van iemand--
wat--
weens die skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gevonnis is tot gevangenisstraf, periodieke gevangenisstraf, korrektiewe toesig of tot gevangenisstraf in artikel 276 (i) van die Strafproseswet, 1977, beoog, sonder die keuse van 'n boete vir 'n tydperk van minstens ses maande maar hoogstens agtien maande, ongeag of die vonnis opgeskort is of nie, op aansoek soos in subartikel beoog, uit die Register verwyder word nadat 'n tydperk van tien jaar verstryk het sedert die persoon uit die gevangenis vrygelaat is of die tydperk van opskorting verstryk het;
ii weens die skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gevonnis is tot gevangenisstraf, periodieke gevangenisstraf, korrektiewe toesig of tot gevangenisstraf in artikel 276 (i) van die Strafproseswet, 1977, beoog, sonder die keuse van 'n boete vir 'n tydperk van ses maande of minder, ongeag of die vonnis opgeskort is of nie, op aansoek soos in subartikel beoog, uit die Register verwyder word nadat 'n tydperk van sewe jaar verstryk het sedert die persoon uit die gevangenis vrygelaat is of die tydperk van opskorting verstryk het; of iii na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het ten opsigte van wie 'n hof, hetsy voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk, 'n bevinding ingevolge artikel 776 of 786 van die Strafproseswet, 1977, gemaak en 'n lasgewing uitgereik het, op aansoek soos in subartikel 3 beoog uit die Register verwyder word nadat 'n tydperk van vyf jaar verstryk het sedert die persoon van die betrokke geestesongesteldheid of -gebrek herstel het en ingevolge die ''Mental Health Care Act, 2002'' Wet No. 17 van 2002, vrygestel is van enige beperkings wat op hom of haar geplaas is; of b wat weens die skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gevonnis is tot 'n mindere vorm van straf of 'n hofbevel, op aansoek soos in subartikel 3 beoog, uit die Register verwyder word nadat 'n tydperk van vyf jaar verstryk het sedert die besonderhede van daardie persoon in die Register opgeneem is.
Die besonderhede van iemand wat--
weens die skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gevonnis is tot gevangenisstraf, periodieke gevangenisstraf, korrektiewe toesig of tot gevangenisstraf in artikel 276 (i) van die Strafproseswet, 1977, beoog, sonder die keuse van 'n boete vir 'n tydperk wat agtien maande oorskry, ongeag of die vonnis opgeskort is of nie; of twee of meer veroordelings van 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, het, mag nie uit die Register verwyder word nie.
a Iemand wat in een van die kategorieë in subartikel 1 beoog, val, kan op die voorgeskrewe wyse by die Registrateur aansoek doen om sy of haar besonderhede uit die Register te laat verwyder.
Die Registrateur moet, na oorweging van die aansoek, die besonderhede van die persoon in paragraaf (a) beoog, uit die Register verwyder, tensy daar 'n ondersoek of 'n klag oor 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, teen die betrokke persoon aanhangig is en die betrokke saak of ondersoek nog nie afgehandel is nie, in welke geval die .nalisering van die aansoek uitgestel moet word totdat die Registrateur, op die voorgeskrewe wyse, in kennis gestel is van die uitslag van die ondersoek of saak.
Die Registrateur kan, op versoek van iemand wie se besonderhede in die Register opgeneem is, daardie besonderhede uit die Register verwyder indien die Registrateur oortuig is dat die besonderhede duidelik foutiewelik in die Register opgeneem is.
Vertroulikheid en openbaarmaking van inligting
 Die Registrateur en enige ander persoon wat die Registrateur met die uitvoering van sy of haar bevoegdhede, pligte en werksaamhede bystaan, mag geen inligting openbaar maak wat hy of sy bekom het in die uitoefening van die bevoegdhede, die verrigting van die werksaamhede of die uitvoering van die pligte wat aan hom of haar kragtens hierdie Hoofstuk verleen, toegewys of opgelê is nie, behalwe--
vir die doel om uitvoering te gee aan die bepalings van hierdie Hoofstuk; of wanneer deur enige bevoegde hof vereis word om dit te doen.
Behalwe in die mate wat dit nodig mag wees vir doeleindes van hierdie Hoofstuk, is die Registrateur en enige ander persoon wat die Registrateur met die uitvoering van sy of haar bevoegdhede, pligte en werksaamhede bystaan, wat opsetlik enige inligting aan 'n ander persoon openbaar, skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
Enigiemand wat enige inligting openbaar maak wat hy of sy bekom het in die uitoefening van die bevoegdhede, die verrigting van die werksaamhede of die uitvoering van die pligte wat aan hom of haar kragtens hierdie Hoofstuk verleen, toegewys of opgelê is, behalwe--
a vir die doel om uitvoering te gee aan die bepalings van hierdie Hoofstuk; of wanneer deur enige bevoegde hof vereis word om dit te doen, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
Behalwe in die mate wat dit nodig mag wees vir doeleindes van hierdie Hoofstuk, is enigiemand wat opsetlik enige inligting wat hy of sy as gevolg van 'n aansoek in artikel 44 beoog, of op enige ander wyse, verkry het, aan 'n ander persoon openbaar of publiseer, skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
Regulasies met betrekking tot Register
 Die Minister moet, na oorleg met die kabinetslede wat vir veiligheid en sekuriteit, korrektiewe dienste, maatskaplike ontwikkeling en gesondheid verantwoordelik is, indien toepaslik, regulasies uitvaardig met betrekking tot--
die wyse waarop en formaat waarin die Register ingestel en bygehou moet word soos in artikel 42 beoog;
enige besonderhede bykomend tot dié wat in artikel 49(b)(i) tot (vi) genoem word, wat in die Register opgeneem moet word;
die wyse waarop die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste die besonderhede van gevangenes wat 'n vonnis van gevangenisstraf uitdien as gevolg van die skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, aan die Registrateur moet stuur soos in artikel 50 (a) beoog;
die wyse waarop en die tydperk waarbinne die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste elke gevangene wie se besonderhede aan die Registrateur gestuur is, soos in artikel 50 (b) beoog, moet inlig;
die wyse waarop die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens die besonderhede van persone wat 'n vorige veroordeling het vir 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, aan die Registrateur moet stuur soos in artikel 50 beoog;
die wyse waarop die Direkteur-generaal: Gesondheid die besonderhede van persone wat onderhewig is aan 'n lasgewing ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, as gevolg van 'n handeling wat 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, uitmaak, aan die Registrateur moet stuur soos in artikel 50 (a) beoog;
die wyse waarop en die tydperk waarbinne die Direkteur-generaal: Gesondheid elke persoon wie se besonderhede aan die Registrateur gestuur is, soos in artikel 50 (b) beoog, moet inlig;
die wyse waarop die persone in artikel 44 genoem, by die Registrateur om 'n serti.kaat aansoek moet doen;
die formaat en inhoud van die serti.kaat in artikel 44 beoog;
persone wat ingevolge artikel 44 vir 'n serti.kaat mag aansoek doen;
enige verdere kategorie werkgewers op wie hierdie Hoofstuk van toepassing moet wees;
die tydperk waarbinne 'n serti.kaat in artikel 44 beoog, deur die Registrateur aan iemand verskaf moet word;
insae in die Register;
die bewaring van en beskikking oor rekords; en enige aangeleentheid in hierdie Hoofstuk ten opsigte waarvan regulasies vereis word of nodig mag wees.
Die bepalings van hierdie Hoofstuk is met die nodige veranderinge van toepassing op die kategorie werkgewers en werknemers wat in hulle diens is vanaf die datum van publikasie van die regulasies in subartikel (k) beoog.
Regulasies wat ingevolge subartikel uitgevaardig is, kan, ten opsigte van enige oortreding daarvan of versuim om daaraan te voldoen, 'n boete of gevangenisstraf van hoogstens 12 maande as 'n straf voorskryf.
n Regulasie ingevolge hierdie artikel uitgevaardig, moet minstens 30 dae voor publikasie daarvan in die Staatskoerant aan die Parlement voorgelê word.
HOOFSTUK 7
ALGEMENE BEPALINGS
Deel 1: Diverse misdrywe: Verpligting om pleeg van seksuele misdrywe teenoor kinders of persone wat verstandelik gestremd is aan te meld en poging, sameswering, aansporing of oorhaling van iemand anders om seksuele misdryf te pleeg
Verpligting om pleeg van seksuele misdrywe teenoor kinders of persone wat verstandelik gestremd is, aan te meld
 (a) Iemand wat kennis daarvan dra dat 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind gepleeg is, moet sodanige kennis onmiddellik by 'n polisiebeampte aanmeld.
Iemand wat versuim om sodanige kennis soos in paragraaf (a) beoog, aan te meld, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
a Iemand wat kennis daarvan dra of 'n redelike oortuiging of vermoede het dat 'n seksuele misdryf teenoor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg is, moet sodanige kennis, oortuiging of vermoede onmiddellik by 'n polisiebeampte aanmeld.
Iemand wat versuim om sodanige kennis, oortuiging of vermoede soos in paragraaf (a) beoog, aan te meld, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
Iemand wat te goeder trou sodanige oortuiging of vermoede aanmeld, is nie siviel of strafregtelik aanspreeklik as gevolg van sodanige aanmelding nie.
Poging, sameswering, aansporing of oorhaling van iemand anders om seksuele misdryf te pleeg
Iemand wat--
poog;
met enigiemand anders saamsweer; of aan iemand anders hulp verleen of so iemand bystaan, oorhaal, aanspoor, aanhits, opdrag gee, beveel, adviseer of beweeg, om 'n seksuele misdryf ingevolge hierdie Wet te pleeg, is aan 'n misdryf skuldig en kan by skuldigbevinding gestraf word met die straf waarmee 'n persoon wat weens die werklike pleging van daardie misdryf skuldig bevind is, gestraf kan word.
Deel 2: Verwere en vonnisoplegging, onbevoegdheid van kinders onder 12 jaar en persone wat verstandelik gestremd is om tot seksuele dade toe te stem, ander bewysregtelike aangeleenthede en ekstra-territoriale jurisdiksie
Verwere en vonnisoplegging
 Wanneer 'n beskuldigde persoon aangekla word van 'n misdryf kragtens artikel 3, 4, 5, 6 of 7, is dit nie 'n geldige verweer vir daardie beskuldigde persoon om aan te voer dat 'n huweliks-of ander verhouding tussen hom of haar en die klaagster of klaer bestaan of bestaan het nie.
Wanneer 'n beskuldigde persoon aangekla word van 'n misdryf kragtens--
artikel 15 of 16, is dit, behoudens subartikel , 'n geldige verweer teen sodanige aanklag om aan te voer dat die kind die beskuldigde persoon mislei het om te glo dat, ten tyde van die beweerde pleeg van die misdryf, hy of sy 16 jaar of ouer was en dat die beskuldigde persoon redelikerwys geglo het dat die kind 16 jaar of ouer was; of artikel 16, is dit 'n geldige verweer teen sodanige aanklag om aan te voer dat beide die beskuldigde persone kinders was en dat die ouderdomsverskil tussen hulle, ten tyde van die beweerde pleeg van die misdryf, nie meer as twee jaar was nie.
Die bepalings van subartikel (a) is nie van toepassing nie indien die beskuldigde persoon binne die verbode bloedskendige grade van bloedverwantskap, aanverwantskap of deur 'n aannemingsverhouding aan die kind verwant is.
Iemand (''A'') kan nie aan 'n misdryf ingevolge artikel 12 skuldig bevind word nie indien, op die tydstip toe die daad van seksuele penetrasie die eerste keer gepleeg is--
A onder die ouderdom van 18 jaar was; en die ander persoon (''B'') in 'n posisie van mag of gesag teenoor A gestaan het of 'n vertrouensverhouding tussen A en B bestaan het.
Iemand kan nie aan 'n misdryf ingevolge artikel 17 of of 23 of of artikel 54 skuldig bevind word nie indien daardie persoon--
n kind is; en nie iemand in artikel 17 en of 23 en beoog, na gelang van die geval, is nie.
Dit is nie 'n geldige verweer nie teen 'n klag kragtens artikel 20 , ten opsigte van visuele aanbieding dat--
die beskuldigde persoon geglo het dat die persoon wat gewys word in die aanbieding wat beweer word kinderpornogra.e te wees, 18 jaar of ouer was of uitgebeeld was as 18 jaar of ouer tensy die beskuldigde redelike stappe gedoen het om die ouderdom van die persoon vas te stel; en alle redelike stappe gedoen het om te verseker dat, waar die persoon 18 jaar of ouer is, die aanbieding nie die persoon as jonger as 18 jaar uitbeeld nie.
Indien 'n persoon aan enige misdryf kragtens hierdie Wet skuldig bevind is, moet die hof wat die vonnis oplê die feit dat die persoon--
die misdryf gepleeg het met die bedoeling om .nansieel daaruit voordeel te trek of enige guns, voordeel, beloning, vergoeding of enige ander voordeel daaruit te ontvang; of nansieël voordeel uit die pleeg van die misdryf getrek het of enige guns, voordeel, beloning, vergoeding of enige ander voordeel daaruit ontvang het, as 'n verswarende faktor in ag neem.
Iemand kan nie aan 'n misdryf ingevolge artikel 9 of 22 skuldig bevind word nie, indien daardie persoon sodanige handeling pleeg in voldoening aan en in die belang van 'n regmatige kulturele gebruik.
Onbevoegdheid van kinders onder 12 jaar en persone wat verstandelik gestremd is om tot seksuele handelinge toe te stem
 Ondanks andersluidende bepalings van enige ander wet is 'n manlike of vroulike persoon onder die ouderdom van 12 jaar, onbevoeg om tot 'n seksuele handeling toe te stem.
Ondanks andersluidende bepalings van enige ander wet is 'n persoon wat verstandelik gestremd is, onbevoeg om tot 'n seksuele handeling toe te stem.
Getuienis van vorige gelykluidende verklarings
Getuienis met betrekking tot vorige gelykluidende verklarings deur 'n klaer of klaagster is toelaatbaar in strafregtelike verrigtinge waarby die beweerde pleeg van 'n seksuele misdryf betrokke is: Met dien verstande dat die hof geen a.eiding mag maak bloot op grond van die afwesigheid van sodanige vorige gelykluidende verklarings nie.
Getuienis van vertraagde aanmelding
In strafregtelike verrigtinge waarby die beweerde pleeg van 'n seksuele misdryf betrokke is, mag die hof geen a.eiding maak bloot op grond van enige vertraging tussen die beweerde pleeg van sodanige misdryf en die aanmelding daarvan nie.
Hof mag nie getuienis van klaer of klaagster met versigtigheid bejeën op grond van aard van misdryf nie
Ondanks die bepalings van enige ander wet mag 'n hof nie die getuienis van 'n klaer of klaagster in strafregtelike verrigtinge waarby die beweerde pleeg van 'n seksuele misdryf betrokke is en wat voor daardie hof hangende is, met versigtigheid bejeën op grond van die aard van die misdryf nie.
Ekstra-territoriale jurisdiksie
 Selfs indien die handeling wat beweer word 'n seksuele misdryf of 'n ander misdryf kragtens hierdie Wet uit te maak buite die Republiek plaasgevind het, het 'n hof van die Republiek, ongeag of die handeling 'n misdryf uitmaak by die plek waar dit gepleeg is of nie, behoudens subartikels en jurisdiksie ten opsigte van daardie misdryf indien die persoon wat aangekla staan te word--
n burger van die Republiek is;
gewoonlik in die Republiek woonagtig is;
in die grondgebied van die Republiek gearresteer is, of in sy territoriale waters of aan boord van 'n skip of vliegtuig wat in die Republiek geregistreer is of vereis geregistreer te gewees het ten tyde van die pleging van die misdryf;
n maatskappy is wat as sodanig in die Republiek ingelyf is of geregistreer is kragtens enige wet; of enige liggaam van persone in die Republiek, ingelyf of oningelyf.
Behoudens subartikels 4 en 5 word enige handeling wat beweer word 'n seksuele misdryf of ander misdryf kragtens hierdie Wet uit te maak en wat buite die Republiek gepleeg word deur iemand, behalwe iemand beoog in subartikel 1, ongeag of die handeling 'n misdryf uitmaak op die plek waar dit gepleeg is of nie, geag in die Republiek gepleeg te gewees het indien daardie--
handeling gepleeg is teenoor iemand in paragraaf (a) of (b) van subartikel bedoel;
persoon binne die Republiek gevind word; en persoon om een of ander rede nie deur die Republiek uitgelewer word nie of indien daar geen aansoek is om daardie persoon uit te lewer nie.
Enige misdryf wat in 'n land buite die Republiek gepleeg is soos beoog in subartikel of word vir doeleindes van die vasstelling van die jurisdiksie van 'n hof om die misdryf te verhoor, geag gepleeg te wees--
by die plek waar die klaer of klaagster gewoonlik woonagtig is; of by die beskuldigde persoon se hoofplek van besigheid.
Geen vervolging mag ingevolge hierdie artikel teen 'n persoon ingestel word nie met betrekking tot gedrag wat die grondslag van 'n misdryf kragtens hierdie Wet uitgemaak het ten opsigte waarvan sodanige persoon reeds deur 'n hof van 'n ander jurisdiksie veroordeel of vrygespreek is.
Die instelling van 'n vervolging ingevolge hierdie artikel moet skriftelik deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings gemagtig word.
Deel 3: Nasionale beleidsraamwerk
Nasionale beleidsraamwerk
 Die Minister moet, na oorlegpleging met die kabinetslede wat vir veiligheid en sekuriteit, korrektiewe dienste, maatskaplike ontwikkeling en gesondheid verantwoordelik is en die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, 'n nasionale beleidsraamwerk opstel met betrekking tot alle aangeleenthede wat in hierdie Wet behandel word, om--
n eenvormige en gekoördineerde benadering deur alle Staatsdepartemente en -instellings ten opsigte van die hantering van aangeleenthede met betrekking tot seksuele misdrywe te verseker;
die implementering, toepassing en administrasie van hierdie Wet te lei; en dienslewering soos in hierdie Wet beoog, te versterk deur die ontwikkeling van 'n plan wat progressief gestalte gee aan dienste vir slagoffers van seksuele misdrywe behoudens beskikbare bronne.
Die Minister moet die beleidsraamwerk--
binne 'n jaar na die implementering van hierdie Wet opstel en in die Parlement ter tafel lê;
binne 'n maand na tertafellegging in die Parlement in die Staatskoerant publiseer;
binne vyf jaar na publisering daarvan in die Staatskoerant en daarna minstens een keer elke vyf jaar hersien; en wanneer nodig, wysig, in welke geval sodanige wysigings in die Parlement ter tafel gelê en in die Staatskoerant gepubliseer moet word soos in paragraaf (b) beoog.
Instelling van Inter-sektorale Komitee
 'n Komitee wat as die Inter-sektorale Komitee vir die Bestuur van Seksuele Misdryf-aangeleenthede bekend sal staan, word hierby ingestel.
Die Komitee moet bestaan uit--
die Direkteur-generaal: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, wat die voorsitter van die Komitee moet wees;
die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens;
die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste;
die Direkteur-generaal: Maatskaplike Ontwikkeling;
die Direkteur-generaal: Gesondheid; en die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings.
Die lede van die Komitee kan 'n sekundus aanwys om namens hulle 'n vergadering van die Komitee by te woon.
a Die lede van die Komitee moet een van die lede as ondervoorsitter van die Komitee aanwys, en wanneer die voorsitter nie beskikbaar is nie, moet die ondervoorsitter as voorsitter optree.
die wyse waarop polisiebeamptes hofbevele vir verpligte MIV-toetsing in artikel 33 beoog, moet uitvoer ten einde die sekuriteit, integriteit en betroubaarheid van die toetsprosedures en toetsuitslae te verseker;
die wyse waarop polisiebeamptes die uitslag van aansoeke wat ingevolge artikel 31 of 32 gedoen en toegestaan is, moet hanteer ten einde vertroulikheid te verseker; en vi die wyse waarop polisiebeamptes die toetsuitslae aan die slagoffer of die belanghebbende persoon, na gelang van die geval, en aan die beweerde oortreder moet oorhandig.
Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet opleidingskursusse ontwikkel, wat--
opleiding oor die nasionale opdragte in paragraaf (a) bedoel, moet insluit;
ii sosiale konteksopleiding ten opsigte van seksuele misdrywe moet insluit; en b Indien die voorsitter en ondervoorsitter nie beskikbaar is nie, moet die lede wat by n vergadering teenwoordig is, uit hul eie geledere 'n persoon kies om by daardie vergadering voor te sit.
Vergaderings van Komitee
 Die Komitee moet minstens twee keer per jaar vergader en vergaderings moet 5
gehou word op die tyd en plek deur die voorsitter bepaal.
Die prosedure, met inbegrip van die wyse waarop besluite geneem word wat by vergaderings van die Komitee gevolg moet word en die wyse waarop die Komitee sy sake moet behartig, moet deur die Komitee bepaal word.
Die Komitee moet binne 'n maand na elke vergadering skriftelik aan die Minister 10
daaroor verslag doen.
Verantwoordelikhede, werksaamhede en pligte van Komitee
 Die Komitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling en opstel van 'n konsep­
nasionale beleidsraamwerk, soos in artikel 62 beoog, wat riglyne moet bevat--
a vir die implementering van die prioriteite en strategieë wat in die nasionale 15
beleidsraamwerk vervat is;
b vir die meet van vordering wat met die verwesenliking van die oogmerke van die nasionale beleidsraamwerk gemaak word;
c om te verseker dat die verskillende staatsorgane voldoen aan die primêre en ondersteunende rolle en verantwoordelikhede wat ingevolge die nasionale 20
beleidsraamwerk en hierdie Wet aan hulle toevertrou is; en d vir die monitering van die implementering van die nasionale beleidsraamwerk en van hierdie Wet.
Die Komitee kan aanbevelings aan die Minister doen met betrekking tot die wysiging van die nasionale beleidsraamwerk. 25
Die Minister moet, na oorlegpleging met die kabinetslede wat vir veiligheid en sekuriteit, korrektiewe dienste, maatskaplike ontwikkeling en gesondheid verantwoordelik is, en die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings--
a binne een jaar na die implementering van hierdie Wet, verslae van elke
Departement of instelling in artikel 63 beoog oor die implementering van 30
hierdie Wet aan die Parlement voorlê; en b sodanige verslae elke jaar daarna aan die Parlement voorlê.
Deel 4: Nasionale opdragte en voorskrifte, regulasies en herroeping en wysiging van wette
Nasionale opdragte en voorskrifte 35
 (a) Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet, in oorleg met die Minister van Veiligheid en Sekuriteit en na oorlegpleging met die
Minister, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, die Nasionale
Kommissaris van Korrektiewe Dienste en die Direkteurs-generaal: Gesondheid en
Maatskaplike Ontwikkeling, nasionale opdragte uitreik en in die Staatskoerant 40
publiseer aangaande alle aangeleenthede wat redelikerwys nodig of gerie.ik is om voorsiening voor te maak en wat gevolg moet word deur alle polisiebeamptes wat verantwoordelik is vir die ondersoek van seksuele misdryfsake of om daaroor verslae te ontvang, ten einde die oogmerke van hierdie Wet soos in artikel 2 en die Aanhef uiteengesit, te verwesenlik, en in die besonder daardie oogmerke wat verband hou met 45
klaers of klaagsters van sodanige misdrywe, met inbegrip van die volgende:
i Die wyse waarop die aanmelding van 'n beweerde seksuele misdryf deur polisiebeamptes hanteer moet word;
ii die wyse waarop seksuele misdryfsake deur polisiebeamptes ondersoek moet word, met inbegrip van die omstandighede waaronder 'n ondersoek na 'n 50
seksuele misdryfsaak gestaak mag word;
iii die omstandighede waaronder en die tersaaklike seksuele misdryf of misdryf ten opsigte waarvan 'n polisiebeampte om die MIV-toetsing van 'n beweerde oortreder aansoek kan doen soos in artikel 33 beoog;
iii vir eenvormige norme, standaarde en prosedures voorsiening moet maak en dit moet bevorder, ten einde te verseker dat soveel as moontlik polisiebeamptes in staat is om seksuele misdryfsake op 'n gepaste, doeltreffende en sensitiewe wyse te hanteer.
Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet, in oorleg met die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, nasionale opdragte uitreik en in die Staatskoerant publiseer met betrekking tot die wyse waarop polisiebeamptes--
ii die rekord van die toetsuitslae aan 'n staatsaanklaer beskikbaar moet stel; en iii die toetsuitslae in artikel 331e beoog, moet vernietig soos in artikel 332b beoog, ten einde die vertroulikheid van sodanige toetsuitslae te verseker.
a Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet, in oorleg met die Minister en na oorlegpleging met die Nasionale Kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Korrektiewe Dienste en die Direkteurs-generaal: Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling, voorskrifte uitreik en in die Staatskoerant publiseer aangaande alle aangeleenthede wat redelikerwys nodig of gerie.ik is om voorsiening voor te maak en wat gevolg moet word deur alle lede van die vervolgingsgesag wat verantwoordelik is vir die instelling en voer van vervolgings in seksuele misdryfsake, ten einde die oogmerke van hierdie Wet soos in artikel 2 en die Aanhef uiteengesit, te verwesenlik, en in die besonder daardie oogmerke wat verband hou met klaers of klaagsters van sodanige misdrywe, met inbegrip van die volgende:
Die wyse waarop seksuele misdryfsake in die algemeen hanteer moet word, met inbegrip van die omstandighede waaronder 'n aanklag teruggetrek of 'n vervolging gestaak mag word;
ii die kriteria wat aangewend moet word en die omstandighede waaronder die vervolging aansoek moet doen vir 'n bevel dat getuies en, in die besonder, kindergetuies onder die ouderdom van 16 jaar, getuienis by wyse van geslotekringtelevisie moet kan gee soos in artikel 158 van die Strafproseswet, 1977, bepaal, indien die hof nie uit eie beweging 'n bevel ingevolge subartikel (a) van daardie artikel maak nie of indien geen aansoek ingevolge subartikel (b) van daardie artikel gedoen word nie;
iii die kriteria wat aangewend moet word en die omstandighede waaronder die vervolging die hof moet versoek om die aanstelling van 'n bevoegde persoon as tussenganger ingevolge artikel 170A van die Strafproseswet, 1977, te oorweeg ten opsigte van getuies en, in die besonder, kindergetuies onder die ouderdom van 16 jaar;
die omstandighede waaronder die vervolging die hof moet versoek om 'n lasgewing te oorweeg dat die verrigtinge nie in 'n ope hof mag plaasvind nie soos in artikel 153 van die Strafproseswet, 1977, beoog;
die omstandighede waaronder die vervolging die hof moet versoek om 'n verbod te oorweeg dat die identiteit van die klaer of klaagster in die saak of van die klaer of klaagster se familie soos in artikel 154 van die Strafproseswet, 1977, beoog, nie gepubliseer mag word nie, met inbegrip van 'n verbod op die publikasie van inligting wat tot die identi.sering van die klaer of klaagster of die klaer of klaagster se familie mag lei;
vi die kriteria wat aangewend moet word, die omstandighede waaronder en die wyse waarop Direkteurs van Openbare Vervolgings 'n vervolging in artikel 16 beoog wat handel met instemmende seksuele skending van 'n kind, behoort te magtig en in te stel ten einde eenvormigheid te verseker;
vii die kriteria wat aangewend moet word, die omstandighede waaronder en die wyse waarop Direkteurs van Openbare Vervolgings 'n vervolging in artikel 381 beoog wat handel met die vasstelling van die MIV-status van 'n beweerde oortreder of die openbaarmaking van die uitslae van enige MIV-toetse, behoort te magtig en in te stel ten einde eenvormigheid te verseker;
viii die inligting wat tydens vonnisoplegging voor 'n hof geplaas moet word, met inbegrip van voorvonnisverslae en inligting oor die impak van die seksuele misdryf op die klaer of klaagster; en ix die wyse waarop staatsaanklaers moet verseker dat 'n bevel in artikel 50 (a) bedoel (wat handel met 'n hofbevel om die beskuldigde se naam in die Register op te neem) aangestuur word na en ontvang word deur die Registrateur van die Nasionale Register vir Seks-oortreders.
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet opleidingskursusse ontwikkel, wat--
opleiding oor die voorskrifte in paragraaf (a) bedoel, moet insluit;
ii sosiale konteksopleiding ten opsigte van seksuele misdrywe moet insluit; en iii vir eenvormige norme, standaarde en prosedures voorsiening moet maak en dit moet bevorder, ten einde te verseker dat soveel as moontlik staatsaanklaers in staat is om seksuele misdryfsake op 'n gepaste, doeltreffende en sensitiewe wyse te hanteer.
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet, in oorleg met die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, voorskrifte uitreik en in die Staatskoerant publiseer aangaande die wyse waarop staatsaanklaers en ander beamptes in die nasionale vervolgingsgesag die MIV-toetsuitslae wat deur polisiebeamptes ingevolge artikel 33 (e)(ii) geopenbaar is, moet hanteer ten einde die vertroulikheid van sodanige toetsuitslae te verseker.
a Die Direkteur-generaal: Gesondheid moet, in oorleg met die Minister van Gesondheid en na oorlegpleging met die Direkteurs-generaal: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling en Maatskaplike Ontwikkeling en die Nasionale Kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Korrektiewe Dienste, voorskrifte in die Staatskoerant publiseer aangaande alle aangeleenthede wat redelikerwys nodig of gerie.ik is om voorsiening voor te maak en wat gevolg moet word deur alle mediese praktisyns en enige ander tersaaklike persone wanneer hulle seksuele misdryfsake hanteer, ten einde die oogmerke van hierdie Wet soos in artikel 2 en die Aanhef uiteengesit, te verwesenlik, en in die besonder daardie oogmerke wat verband hou met klaers of klaagsters van sodanige misdrywe, met besondere verwysing, onder andere, na--
die toediening van Na-Blootstellingspro.lakse (''PEP'');
ii die wyse waarop hofbevele vir verpligte MIV-toetsing in artikel 33 beoog, uitgevoer moet word ten einde die sekuriteit, integriteit en betroubaarheid van die toetsprosedures en toetsuitslae te verseker;
iii die wyse waarop die MIV-toetsuitslae in artikel 37 beoog, hanteer moet word ten einde vertroulikheid te verseker;
die wyse waarop die aanmelding van 'n beweerde seksuele misdryf hanteer moet word indien die misdryf by 'n aangewese openbare gesondheidsinstelling aangemeld word; en die wyse waarop bystand in die algemeen verleen moet word in die ondersoek en vervolging van seksuele misdrywe.
Die Direkteur-generaal: Gesondheid moet opleidingskursusse ontwikkel wat--
opleiding oor die voorskrifte in paragraaf (a) bedoel, moet insluit;
ii sosiale konteksopleiding ten opsigte van seksuele misdrywe moet insluit; en iii vir eenvormige norme, standaarde en prosedures voorsiening moet maak en dit moet bevorder, ten einde te verseker dat soveel moontlik mediese praktisyns en ander tersaaklike persone in staat is om seksuele misdryfsake op 'n gepaste, doeltreffende en sensitiewe wyse te hanteer.
a Die nasionale opdragte en voorskrifte van elke Departement of instelling wat in hierdie artikel beoog word, moet:
Voor publikasie in die Staatskoerant aan die Parlement voorgelê word binne ses maande na die inwerkingtreding van hierdie artikel; en ii in die Staatskoerant gepubliseer word.
Paragraaf (a) is met die veranderinge wat deur die konteks vereis word van toepassing op enige nuwe of gewysigde nasionale opdragte of voorskrifte wat ingevolge hierdie artikel uitgereik is.
a Die opleidingskursusse in hierdie artikel beoog, moet binne ses maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet in die Parlement ter tafel gelê word.
Die kabinetslede wat vir veiligheid en sekuriteit, regspleging en gesondheid verantwoordelikheid is, moet binne 'n jaar na die inwerkingtreding van hierdie Wet en elke 12 maande daarna, 'n verslag in die Parlement ter tafel lê met betrekking tot die implementering van die opleidingskursusse.
Enige nuwe of gewysigde opleidingskursusse wat ingevolge hierdie artikel ontwikkel is, moet binne 14 dae na die .nalisering daarvan in die Parlement ter tafel gelê word.
Regulasies
Die Minister kan, na oorlegpleging met die kabinetslede wat vir veiligheid en sekuriteit, korrektiewe dienste, maatskaplike ontwikkeling en gesondheid verantwoordelik is, en die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, regulasies uitvaardig met betrekking tot--
enige aangeleentheid wat deur hierdie Wet vereis of toegelaat word om by regulasie voorgeskryf te word;
die inter-sektorale implementering van hierdie Wet; en enige ander aangeleentheid wat nodig of gerie.ik is om voor te skryf ten einde die oogmerke van hierdie Wet te bereik of te bevorder.
Herroeping en wysiging van wette
 Die gemenereg met betrekking tot--
die onweerlegbare vermoede dat 'n vroulike persoon onder die ouderdom van 12 jaar onbevoeg is om in te stem tot geslagsgemeenskap; en die misdrywe van verkragting, onsedelike aanranding, bloedskande, bestialiteit en lykskending, in die mate wat dit verband hou met die pleeg van 'n seksuele handeling met 'n lyk, word hierby herroep.
Die wette in die Bylae vermeld, word herroep of gewysig in die mate in die derde kolom van die Bylae aangedui.
Deel 5: Oorgangsbepalings
Oorgangsbepalings
 Alle strafregtelike verrigtinge met betrekking tot die gemeneregtelike misdrywe in artikel 68 (b) bedoel wat voor die inwerkingtreding van hierdie Wet ingestel is en wat nie voor die inwerkingtreding van hierdie Wet afgehandel is nie, moet in alle opsigte voortgaan en afgehandel word asof hierdie Wet nie aangeneem is nie.
n Ondersoek of vervolging of enige ander geregtelike verrigtinge ten opsigte van gedrag wat een van die gemeneregtelike misdrywe in artikel 68 (b) bedoel, sou uitmaak en wat 'n aanvang geneem het voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, kan afgehandel, ingestel of mee voortgegaan word asof hierdie Wet nie aangeneem is nie.
Ondanks die herroeping of wysiging van enige wetsbepaling deur hierdie Wet, bly sodanige bepaling, vir doeleindes van die beskikking oor enige ondersoek, vervolging of enige strafregtelike of geregtelike verrigtinge in subartikel of beoog, van krag asof sodanige bepaling nie herroep of gewysig is nie.
Deel 6: Oorgangsbepalings met betrekking tot mensehandel vir seksuele doeleindes
Toepassing en uitleg
Vir doeleindes van hierdie Deel, sluit--
handeldrywing'' die verskaffing, werwing, bewerkstelliging, vryheidsontneming, verwydering, vervoer, wegplasing, akkommodering, verkoop, beskikking oor of ontvangs van 'n mens, hetsy binne of oor die grense van die Republiek, in, hetsy by wyse van--
n dreigement van leed;
ii n dreigement of die gebruik van geweld, intimidasie of ander vorms van dwang;
iii ontvoering;
bedrog;
misleiding of valse voorwendsels;
vi die misbruik van mag of van 'n posisie van kwesbaarheid, in die mate wat die klaer daarvan weerhou word om sy of haar onwilligheid of teenstand om mee handel gedryf te word, of om aan so 'n daad deel te neem, aan te dui; of vii die toekenning of ontvangs van betalings, vergoeding, beloning, voordele of enige ander voordeel, vir doeleindes van enige vorm of wyse van uitbuiting, aanvoring of misbruik van 'n seksuele aard van sodanige mens, met inbegrip van die pleeg van enige seksuele misdryf of enige misdryf van 'n seksuele aard in enige ander wet vervat teenoor sodanige mens, hetsy dit binne of buite die grense van die Republiek gepleeg word, en het ''handeldryf'' en ''handelgedryf'' 'n ooreenstemmende betekenis; en b ''kommersiële vervoerder'' 'n maatskappy, of die eienaar, operateur of gesagvoerder van enige vorm van vervoer, wat gemoeid is met die vervoer van goedere of mense vir kommersiële gewin, in.
Mensehandel vir seksuele doeleindes
 Iemand (''A'') wat met enige ander persoon (''B''), sonder die toestemming van B, handeldryf, is skuldig aan die misdryf van mensehandel vir seksuele doeleindes.
Iemand wat--
sodanige handeldrywing beveel, gebied, organiseer, daaroor toesig hou, beheer of gelas;
enige handeling verrig wat daarop gemik is om sodanige handeldrywing te pleeg, te veroorsaak, teweeg te bring, aan te moedig, te bevorder, daartoe by te dra of daaraan deel te neem; of enige ander persoon aanspoor, aanhits, beveel, bystaan, adviseer, werf, aanmoedig of verkry om sodanige handeldrywing te pleeg, te veroorsaak, teweeg te bring, te bevorder, te bedryf of daartoe by te dra of daaraan deel te neem, is skuldig aan 'n misdryf van betrokkenheid in mensehandel vir seksuele doeleindes.
By die toepassing van subartikel , beteken ''toestemming'' vrywillige of ongedwonge instemming.
Die omstandighede waaronder B nie vrywillig of ongedwonge toestem om mee handelgedryf te word nie, soos in subartikel beoog, sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie--
a waar B toegee of onderwerp word aan so 'n handeling as gevolg daarvan dat 'n enkele of meerdere van die wyses of omstandighede in subparagrawe i tot vii van die omskrywing van handeldrywing beoog, gebruik of teenwoordig is; of waar B regtens onbevoeg is om die aard van die handeling te begryp, met inbegrip van die geval waar B, ten tyde van die pleging van sodanige handeling--
slaap;
ii bewusteloos is;
iii 'n veranderde bewussynsvlak het, met inbegrip van waar B onder die invloed van enige medikasie, dwelm, alkohol of ander middel is, in die mate dat B se bewussyn of oordeel nadelig geraak word;
n kind onder die ouderdom van 12 jaar is; of n persoon wat verstandelik gestremd is.
Iemand met wie handelgedryf is, mag vir geen strafregtelike misdryf, met inbegrip van enige migrasieverwante misdryf, verhoor word nie indien dit gepleeg is as 'n direkte gevolg van om mee handelgedryf te word.
a 'n Kommersiële vervoerder pleeg 'n misdryf indien die vervoerder iemand in die Republiek bring of iemand uit die Republiek verwyder en die persoon, by aankoms of vertrek uit die Republiek, nie oor die reisdokumente beskik wat vir wettige toegang tot of vertrek uit die Republiek vereis word nie.
b 'n Kommersiële vervoerder is nie aan 'n misdryf kragtens paragraaf a skuldig 5
nie indien--
i die vervoerder redelike gronde gehad het om te glo dat die dokumente waaroor die persoon beskik het, die reisdokumente is wat vereis word vir wettige toegang tot of vertrek uit die Republiek deur die persoon;
ii die persoon oor die reisdokumente wat vir wettige toegang tot of vertrek uit die 10
Republiek vereis word, beskik het toe daardie persoon die vervoermiddel om na of van die Republiek te reis, bestyg het of laaste bestyg het; of iii toegang tot die Republiek verkry is bloot op grond van siekte of 'n besering aan n kind of volwassene aan boord, weerstoestande of ander omstandighede buite die beheer van die kommersiële vervoerder. 15
c 'n Kommersiële vervoerder is, benewens vir enige misdryf kragtens hierdie artikel, aanspreeklik vir die koste van die versorging en veilige bewaring en terugkeer uit die Republiek van die persoon met wie handelgedryf is.
d 'n Hof moet, by veroordeling van 'n kommersiële vervoerder weens 'n misdryf kragtens hierdie artikel, 'n bykomende bevel maak dat die betrokke kommersiële 20
vervoerder die koste in paragraaf (c) beoog, moet betaal.
Kort titel en inwerkingtreding
1 Hierdie Wet heet die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en
Verwante Aangeleenthede, 2007, en tree, behoudens subartikel 2, in werking op 16
Desember 2007, of op 'n vroeëre datum deur die President by proklamasie in die 25
Staatskoerant bepaal.
a Hoofstuk 5 tree in werking op 21 Maart 2008, of op 'n vroeëre datum deur die
President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal.
b Hoofstuk 6 tree in werking op 16 Junie 2008, of op 'n vroeëre datum deur die
President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal. 30
BYLAE WETTE HERROEP OF GEWYSIG DEUR ARTIKEL 68
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Wet 32 van 1944 Wet op Landdroshowe 1. Die wysiging van artikel 89 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Die hof, behalwe die hof van 'n streekafdeling, het jurisdiksie ten opsigte van alle misdrywe behalwe hoogverraad, moord, [en] verkragting en gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikels 3 en 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007.". 2. Bylae 2 word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae 2 Misdrywe ten opsigte waarvan regterlike beamptes ingevolge artikel 93ter deur twee assessore bygestaan moet word: 1. Moord. 2. Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. 3. Roof, indien die slagoffer 'n ernstige liggaamlike besering toegedien is. 4. Aanranding, indien die slagoffer 'n ernstige liggaamlike besering toegedien is. [5. Onsedelike aanranding.]".
Wet 23 van 1957 Wet op Seksuele Misdrywe 1. Die wysiging van artikel 1 deur na die omskrywing van "polisiebeampte" die volgende omskrywing in te voeg: '"vrouspersoon" beteken 'n vroulike persoon van 18 jaar en ouer;'". 2. Die vervanging van subartikel 1 van artikel 12A deur die volgende subartikel: "1 Iemand wat, met die opset of terwyl hy redelikerwys die moontlikheid moes voorsien het dat 'n persoon, wat 18 jaar of ouer is, met 'n ander persoon ontug of 'n onsedelike daad teen vergoeding kan pleeg, enige handeling teen vergoeding verrig wat bereken is om bedoelde ander persoon in staat te stel om met so 'n persoon, wat 18 jaar of ouer is, in verbinding te tree, is aan 'n misdryf skuldig.". 3. Artikel 19 word deur die volgende artikel vervang: "19. 1 Iemand wat-- a in enige openbare plek vir onsedelike doeleindes iemand anders aanlok, uitlok of lastig val; of bhomself of haarself opsetlik en openlik vertoon in onbehoorlike
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging kleding of op 'n onbehoorlike wyse by enige deur of venster of op enige plek waar hy of sy gesien kan word van enige publieke straat of plek of in enige plek waartoe die publiek toegang het, is aan 'n misdryf skuldig. 2 Iemand, 18 jaar of ouer, wat homself of haarself opsetlik en openlik vertoon in onbehoorlike kleding of op 'n onbehoorlike wyse by enige deur of venster of op enige plek waar hy of sy gesien kan word van enige publieke straat of plek of in enige plek waartoe die publiek toegang het, is aan 'n misdryf skuldig.". 4. Artikel 20 word gewysig deur-- a subartikel 1 deur die volgende subartikel te vervang: "1 Iemand wat-- a wetens heeltemal of gedeeltelik van die opbrengs van prostitusie leef; aAontug of 'n onsedelike daad met 'n ander persoon teen vergoeding pleeg; of bin die openbaar 'n onsedelike daad met 'n ander persoon pleeg; of c op enige manier in die openbaar of in afsondering help om die pleeg deur 'n persoon van enige onsedelike daad met 'n ander persoon te bewerkstellig, of enige vergoeding daarvoor ontvang, is skuldig aan 'n misdryf."; en b deur die volgende subartikel na subartikel 1 in te voeg: "1A Iemand, 18 jaar of ouer, wat-- a ontug of 'n onsedelike daad met 'n ander persoon teen vergoeding pleeg; of b in die openbaar 'n onsedelike daad met 'n ander persoon pleeg, is skuldig aan 'n misdryf.". 5. Artikel 22 word deur die volgende artikel vervang: "Strafbepalings 22. Iemand wat skuldig bevind word aan 'n misdryf ingevolge die bepalings van hierdie Wet waarvoor geen spesiale straf voorgeskryf word nie, is strafbaar--­a in die geval van 'n in artikel 2 of 201a of aA 1Aa bedoelde misdryf, met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar met of sonder 'n boete van hoogstens R6 000 benewens bedoelde gevangenisstraf; bin die geval van 'n in artikel 91 bedoelde misdryf, met gevangenisstraf vir 'n tydperk
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging van hoogstens vyf jaar, of, as die betrokke kind 'n seun onder die ouderdom van 14 jaar of 'n meisie onder die ouderdom van 12 jaar is, vir lewenslank; c ... d in die geval van 'n in artikel 11, 12A of 18 bedoelde misdryf, met 'n boete, of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar; e in die geval van 'n in artikel 10 of 121 of 13 1 bedoelde misdryf, met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar; f in die geval van 'n in artikel 141, 143, 15 of 17 bedoelde misdryf, met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens ses jaar met of sonder 'n boete van hoogstens R12000 benewens bedoelde gevangenisstraf; g in die geval van 'n in artikel 18A, 19, 201bof c of 20A1 19 of 201c of 1Ab bedoelde misdryf, met 'n boete van hoogstens R4 000 of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens twee jaar of met sowel daardie boete as daardie gevangenisstraf.". 3. Die herroeping van artikels 9, 11, 122, 13, 14, 15, 18, 18A en 20A.
Wet 8 van 1959 Wet op Korrektiewe Dienste 1. Bylae 2 word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae 2 Artikel 29 5 Moord Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007 Roof waar die hanteer van 'n vuurwapen of 'n ander gevaarlike wapen of die toediening van 'n ernstige liggaamlike besering of die roof van 'n motorvoertuig betrokke is Aanranding met die opset om ernstig te beseer, of wanneer 'n gevaarlike wond toegedien word [Aanranding van 'n seksuele aard] Seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007 Menseroof 'n Misdryf kragtens 'n wet betreffende die onwettige vervoer of verskaffing van afhanklikheidsvormende medisyne. 'n Sameswering, uitlokking of poging om 'n in hierdie Bylae bedoelde misdryf te pleeg.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Wet 68 van 1969 Verjaringswet 1. Die wysiging van artikel 1-- (a) deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Behoudens die bepalings van subartikels , [en] en , begin verjaring loop sodra die skuld opeisbaar is."; en (b) deur na subartikel die volgende subartikel by te voeg: " Verjaring begin nie loop ten opsigte van 'n skuld wat gegrond is op die pleeg van 'n beweerde seksuele misdryf, soos beoog in artikels 3, 4, 17, 18 , 20 , 23, 24 , 26 en 71 of van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, gedurende die tyd waarin die skuldeiser, vanweë sy of haar geestelike of psigologiese toestand, nie daartoe in staat is om verrigtinge in te stel nie.".
Wet 51 van 1977 Strafproseswet 1. Artikel 18 word deur die volgende artikel vervang: "Verjaring van reg om vervolging in te stel 18. Die reg om 'n vervolging in te stel vir 'n misdryf, behalwe die misdrywe van--­(a) moord; (b) hoogverraad gepleeg wanneer die Republiek in 'n staat van oorlog verkeer; (c) roof, indien verswarende omstandighede teenwoordig was; (d) menseroof; (e) kinderdiefstal; [of] (f) verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; (g) die misdaad van volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade, soos beoog in artikel 4 van die wet op die Implementering van die Statuut van Rome oor die Internasionale Strafhof, 2002; (h) mensehandel vir seksuele doeleindes deur iemand soos in artikel 71 of van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, beoog; of (i) die gebruik van 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is vir pornografiese doeleindes soos beoog in artikels 20 en 26 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007,
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging verval by verstryking van 'n tydperk van 20 jaar vanaf die tyd toe die misdryf gepleeg is, tensy 'n ander tydperk regtens uitdruklik daarvoor bepaal word.". 2. Die wysiging van artikel 77 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " (a) Indien die hof wat regsbevoegdheid ingevolge artikel 75 het om die saak te verhoor, bevind dat die beskuldigde nie oor die vermoë beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy of sy sy of haar verdediging na behore kan voer nie, kan die hof indien hy van oordeel is dat dit in die belang van die beskuldigde is, met inagneming van die aard van die beskuldigde se onbevoegdheid soos beoog in subartikel , en tensy dit op 'n oorwig van waarskynlikheid bewys kan word dat op die beperkte getuienis beskikbaar, die beskuldigde die gewraakte handeling gepleeg het, gelas dat die inligting of getuienis voor die hof geplaas word wat hy goeddink ten einde vas te stel of die beskuldigde die gewraakte handeling gepleeg het en gelas dat die beskuldigde-- (i) in die geval van 'n aanklag van moord of strafbare manslag of verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, of 'n aanklag waarby ernstige geweld betrokke is of waar dit na die hof se oordeel in die openbare belang nodig is, indien die hof bevind dat die beskuldigde die gewraakte handeling of enige ander misdryf waarby ernstige geweld betrokke is, gepleeg het, in 'n psigiatriese hospitaal of 'n gevangenis aangehou word hangende die beslissing van 'n regter in kamers ingevolge artikel 47 van die 'Mental Health Care Act, 2002'; of (ii) waar die hof bevind dat die beskuldigde 'n ander misdryf as die een bedoel in subparagraaf (i) gepleeg het of dat hy of sy geen misdryf gepleeg het nie­(aa) opgeneem en aangehou word by 'n in die bevel vermelde inrigting asof hy of sy 'n 'involuntary mental health care user' beoog in artikel 37 van die 'Mental Health Care Act, 2002', is, (bb) ... en indien die hof aldus gelas nadat die beskuldigde op die aanklag gepleit het, is die beskuldigde nie kragtens artikel 106 geregtig om ten opsigte van die betrokke aanklag vrygespreek of skuldig bevind te word nie.
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging b Indien die hof 'n bevinding ingevolge paragraaf a maak nadat die beskuldigde aan die ten laste gelegde misdryf skuldig bevind is maar voordat vonnis opgelê word, stel die hof die skuldigbevinding tersyde, en indien die beskuldigde skuldig gepleit het, word daar geag dat hy onskuldig gepleit het.".
Die wysiging van artikel 78 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Indien die hof bevind dat die beskuldigde die betrokke handeling verrig het en dat hy of sy ten tyde van so 'n verrigting vanweë geestesongesteldheid of intellektuele gebrek nie vir daardie handeling strafregtelik toerekenbaar was nie-- (a) vind die hof die beskuldigde onskuldig; of (b) indien die hof aldus bevind nadat die beskuldigde aan die ten laste gelegde misdryf skuldig bevind is maar voordat vonnis opgelê word, stel die hof die skuldigbevinding tersyde en vind hy die beskuldigde onskuldig, vanweë geestesongesteldheid of intellektuele gebrek, na gelang van die geval, en gelas hy-- (i) in die geval waar die beskuldigde aangekla word van moord of strafbare manslag of verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, of 'n ander aanklag waarby ernstige geweld betrokke is, of indien dit na die hof se oordeel in die openbare belang nodig is dat die beskuldigde-- (aa) in 'n psigiatriese hospitaal of 'n gevangenis aangehou word hangende die beslissing van 'n regter in kamers ingevolge artikel 47 van die 'Mental Health Care Act, 2002'; (bb) opgeneem en aangehou word by 'n in die bevel vermelde inrigting en behandel word asof hy of sy 'n 'involuntary mental health care user' beoog in artikel 37 van die 'Mental Health Care Act, 2002', is; (cc)... (dd) ontslaan word onderworpe aan sodanige voorwaardes wat die hof nodig ag; of (ee) onvoorwaardelik ontslaan word; (ii) in enige ander geval as 'n geval beoog in subparagraaf (i), dat die beskuldigde­
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging aa opgeneem en aangehou word by 'n in die bevel vermelde inrigting en behandel asof hy of sy 'n 'involuntary mental health care user' beoog in artikel 37 van die 'Mental Health Care Act, 2002', is; bb ... cc ontslaan word onderworpe aan sulke voorwaardes as wat die hof nodig ag; of dd onvoorwaardelik ontslaan word.". 4. Die wysiging van artikel 79 deur subartikel 1 deur die volgende subartikel te vervang: "1 Waar 'n hof 'n lasgewing ingevolge artikel 771 of 782 uitreik, word die betrokke ondersoek ingestel en oor verslag gedoen-- a waar die beskuldigde aangekla word weens 'n ander misdryf as 'n misdryf vermeld in paragraaf b, deur die geneeskundige superintendent van 'n psigiatriese hospitaal deur die hof aangewys, of deur 'n psigiater deur bedoelde geneeskundige superintendent op versoek van die hof aangestel; of b waar die beskuldigde aangekla word van moord of strafbare manslag of verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, of van 'n ander aanklag waarby ernstige geweld betrokke is, of waar dit na die hof se oordeel in die openbare belang nodig is, of waar die hof in 'n spesifieke geval so gelas-- i deur die geneeskundige superintendent van 'n psigiatriese hospitaal deur die hof aangewys, of deur 'n psigiater deur so 'n geneeskundige superintendent aangewys op versoek van die hof; ii deur 'n psigiater aangewys deur die hof en wat nie in voltydse diens van die Staat is nie; iii deur 'n psigiater vir die beskuldigde deur die hof aangestel; en iv deur 'n kliniese sielkundige waar die hof so gelas.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Die wysiging van artikel 153 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " In strafregtelike verrigtinge betreffende 'n aanklag dat die beskuldigde-- (a) 'n [onsedelike daad] seksuele misdryf soos beoog in artikel 1 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, teenoor of in verband met 'n ander persoon gepleeg het of gepoog het om dit te pleeg; (b) 'n handeling verrig het of gepoog het om 'n handeling te verrig ten einde die pleging van 'n [onsedelike daad] seksuele misdryf soos beoog in artikel 1 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, teenoor of in verband met 'n ander persoon [te bewerkstellig of] te bevorder; of (c) afpersing of 'n statutêre misdryf dat hy van 'n ander persoon 'n voordeel geëis het wat nie verskuldig was nie en, deur vrees in die gemoed van so 'n ander persoon in te boesem, hom gedwing het om bedoelde voordeel te lewer, gepleeg het of gepoog het om dit te pleeg, kan die hof voor wie bedoelde verrigtinge hangende is, op versoek van so 'n ander persoon of, as hy 'n minderjarige is, op versoek van sy ouer of voog, gelas dat iemand wie se teenwoordigheid by die verrigtinge nie noodsaaklik is nie of 'n persoon of kategorie persone in die versoek vermeld, nie by die verrigtinge teenwoordig mag wees nie: Met dien verstande dat uitspraak gelewer en vonnis opgelê word in die ope hof indien die hof van oordeel is dat die identiteit van die ander persoon wat betrokke is, nie daardeur geopenbaar sal word nie.". 6. Die wysiging van artikel 154-- (a) deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Iemand wat in stryd met hierdie artikel of met 'n lasgewing of magtiging ingevolge hierdie artikel inligting publiseer of wat op enige wyse hoegenaamd die identiteit van 'n getuie in stryd met 'n lasgewing ingevolge artikel 153 openbaar, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete [van hoogstens R1 500] of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens ['n] drie jaar of met sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf indien die persoon ten opsigte van wie die publikasie of openbaring van identiteit gedoen is, bo die ouderdom van 18 jaar is, en indien sodanige persoon onder die ouderdom van 18 jaar is, met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging of met sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf."; en (b) deur die volgende subartikel by te voeg: " Die bepalings van artikel 300 is, met die veranderinge deur die konteks vereis, van toepassing by die skuldigbevinding van iemand ingevolge subartikel en indien-- (a) die strafregtelike verrigtinge wat tot die publikasie van inligting of die openbaring van identiteit soos in daardie subartikel beoog aanleiding gegee het, verband hou met 'n aanklag dat 'n beskuldigde persoon 'n seksuele handeling soos beoog in die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, teenoor of in verband met 'n ander persoon gepleeg het of gepoog het om dit te pleeg of 'n handeling verrig het of gepoog het om 'n handeling te verrig ten einde die pleging van 'n seksuele handeling soos in daardie Wet beoog teenoor of in verband met 'n ander persoon te bewerkstellig of te bevorder; en (b) die ander persoon in paragraaf (a) bedoel enige fisiese, psigologiese of ander skade of verlies aan inkomste of onderhoud gely het.". 7. Die wysiging van artikel 158 deur na subartikel die volgende subartikel by te voeg: " Die hof moet onmiddellik na die weiering van 'n aansoek deur die staatsaanklaer om 'n kinderklaer onder die ouderdom van 14 jaar toe te laat om getuienis by wyse van geslotekringtelevisie of 'n soortgelyke elektroniese medium af te lê, redes vir sodanige weiering verskaf, welke redes op die rekord van die verrigtinge geplaas moet word.". 8. Die wysiging van artikel 164 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Iemand wat[, weens onkunde voortspruitende uit jeugdigheid, gebrekkige opvoeding of ander oorsaak,] bevind word nie die aard en betekenis van die eed of die bevestiging te begryp nie, kan toegelaat word om in strafregtelike verrigtinge getuienis af te lê sonder om dit onder eed te doen of te bevestig: Met dien verstande dat so iemand, in plaas van die eed of bevestiging, deur die voorsittende regter of regterlike amptenaar gewaarsku moet word om die waarheid[, die hele waarheid en net die waarheid] te praat.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Die wysiging van artikel 170A deur-- (a) die vervanging van subartikel deur die volgende subartikel: " Wanneer strafregtelike verrigtinge voor 'n hof hangende is en dit aan daardie hof blyk dat dit 'n getuie onder die biologiese of verstandsouderdom van agtien jaar aan onredelike geestespanning of ­lyding sal blootstel indien hy of sy by daardie verrigtinge getuig, kan die hof, behoudens subartikel , 'n bevoegde persoon as tussenganger aanstel ten einde so 'n getuie in staat te stel om sy of haar getuienis deur bemiddeling van daardie tussen­ganger af te lê."; (b) na subartikel die volgende subartikels by te voeg: " Die hof moet onmiddellik na die weiering van 'n aansoek of versoek deur die staatsaanklaer om die aanstelling van 'n tussenganger ten opsigte van kinderklaers onder die ouderdom van 14 jaar, redes vir sodanige weiering verskaf, welke redes op die rekord van die verrigtinge geplaas moet word. 'n Tussenganger in subartikel bedoel, moet aangesê word om op 'n bepaalde datum, plek en tyd in die hof te verskyn om as tussenganger op te tree. Indien 'n tussenganger wat deur die hof aangestel is by die aanvang of tydens enige stadium voor die voltooiing van die betrokke verrigtinge-- (a) om enige rede afwesig is; (b) na die oordeel van die hof onbekwaam raak om as tussenganger op te tree; of (c) te sterwe kom, kan die hof, in die belang van geregtigheid en na behoorlike oorweging van die betoë deur die beskuldigde persoon en die aanklaer gelewer-- (i) die verrigtinge uitstel ten einde die tussenganger se teenwoordigheid te bekom; (ii) die tussenganger aansê om voor die hof te verskyn om redes aan te voer vir sy of haar afwesigheid; (iii) gelas dat die aanstelling van die tussenganger teruggetrek word en 'n ander tussenganger aanstel; of (iv) gelas dat die aanstelling van die tussenganger teruggetrek word en dat die verrigtinge in die afwesigheid van 'n tussenganger moet voortgaan. Die hof moet onmiddelik redes verskaf vir 'n lasgewing in subartikel (iv) bedoel, welke redes op die rekord van die verrigtinge geplaas moet word.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Die wysiging van artikel 195 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Die eggenote of eggenoot van 'n beskuldigde is bevoeg maar nie verpligbaar nie om getuienis vir die vervolging in strafregtelike verrigtinge af te lê, maar is bevoeg en verpligbaar om getuienis vir die vervolging in sulke verrigtinge af te lê waar die beskuldigde aangekla word van-- (a) 'n misdryf gepleeg teen die persoon van die een of die ander van hulle of van 'n kind van die een of die ander van hulle of van 'n kind wat in die sorg van die een of die ander van hulle is; (b) 'n misdryf ingevolge Hoofstuk 8 van die Wet op Kindersorg, 1983 (Wet No 74 van 1983), ten opsigte van 'n kind van die een of die ander van hulle gepleeg; (c) 'n oortreding van 'n bepaling van artikel 31 van die Wet op Onderhoud, 1998, of van so 'n bepaling soos deur 'n ander wet toegepas; (d) bigamie; (e) bloedskande soos in artikel 12 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, beoog; (f) ontvoering; (g) 'n oortreding van 'n bepaling van artikel 2, 8, [9,] 10, [11,] 12, 12A, [13,] 17 of 20 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957 (Wet No 23 van 1957); (gA) 'n oortreding van enige bepaling van artikel 17 of 23 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; (h) meineed gepleeg in verband met of vir die doeleindes van geregtelike stappe wat deur een van hulle teen die ander ingestel is of ingestel staan te word of beoog word, of in verband met of vir die doeleindes van strafregtelike stappe ten opsigte van 'n misdryf in hierdie subartikel bedoel; (i) die wetteregtelike misdryf van die aflê van 'n valse verklaring in 'n beëdigde of 'n bevestigde, plegtige of geattesteerde verklaring, indien dit afgelê is in verband met of vir die doeleindes van enige van die in paragraaf (h) bedoelde stappe.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Artikel 227 word deur die volgende artikel vervang: "Getuienis van karakter en vorige seksuele ervaring 227. Getuienis betreffende die karakter van 'n beskuldigde of betreffende die karakter van enigiemand teenoor of in verband met wie daar beweer word dat 'n seksuele misdryf soos beoog in die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, gepleeg is, is, behoudens die bepalings van subartikel , toelaatbaar of ontoelaatbaar indien sodanige getuienis op die 30ste dag van Mei 1961 toelaatbaar of ontoelaatbaar sou gewees het. Geen getuienis betreffende enige vorige seksuele ervaring of gedrag van enigiemand teenoor of in verband met wie daar beweer word dat 'n seksuele misdryf gepleeg is, behalwe getuienis betreffende seksuele ervaring of gedrag ten opsigte van die misdryf wat verhoor word, word aangevoer nie, en geen getuienis of ondervraging in kruisverhoor betreffende sodanige seksuele ervaring of gedrag word aan so iemand, die beskuldigde of enige ander getuie by die verrigtinge voor die hof hangend, gestel nie, tensy-- (a) die hof, op aansoek van enige party by die verrigtinge, verlof verleen het dat sodanige getuienis aangevoer mag word of so 'n vraag gestel mag word; of (b) sodanige getuienis deur die vervolging gelei is. Die hof kan, voordat 'n aansoek om verlof in subartikel (a) beoog oorweeg word, gelas dat enigiemand, met inbegrip van die klaer of klaagster, wie se teenwoordigheid nie noodsaaklik is nie, nie by die verrigtinge teenwoordig mag wees nie. Behoudens die bepalings van subartikel staan die hof 'n aansoek in subartikel (a) bedoel, slegs toe indien die hof tevrede is dat sodanige getuienis of ondervraging ter sake is by die verrigtinge hangend voor die hof. By die oorweging of getuienis of ondervraging in hierdie artikel beoog, ter sake is by die verrigtinge hangend voor die hof, neem die hof in ag of sodanige getuienis of ondervraging-- (a) in die belang is van geregtigheid, met behoorlike oorweging van die beskuldigde se reg op 'n billike verhoor; (b) in die belang van die gemeenskap is ter aanmoediging van die aanmelding van seksuele misdrywe; (c) betrekking het op 'n bepaalde geval van seksuele aktiwiteit wat ter sake by 'n feit in geskil;
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging d waarskynlik getuienis wat voorheen deur die vervolging aangevoer is, kan weerlê; e grondliggend is aan die beskuldigde se verweer; f nie wesenlik swaarder weeg as die potensiële skade aan die klaer of klaagster se persoonlike waardigheid en reg op privaatheid nie; of g waarskynlik die teenwoordigheid van semen of die oorsaak van swangerskap of siekte of besering by die klaer of klaagster sou kon verklaar, waar dit ter sake is by 'n feit in geskil. 6 Die hof staan nie 'n aansoek in subartikel 2a bedoel, toe nie indien sodanige getuienis of ondervraging, na die oordeel van die hof, daarop gerig is om 'n afleiding te steun dat weens die seksuele aard van die klaer of klaagster se ervaring of gedrag, die klaer of klaagster-- a meer geneig sou wees om toe te stem tot die misdryf wat verhoor word; of b minder geloofwaardig is. 7 Die hof moet redes verskaf vir die toestaan of weiering van 'n aansoek ingevolge subartikel 2a, welke redes op die rekord van die verrigtinge geplaas moet word.". 12. Die wysiging van artikel 238 deur-- a subartikel 1 deur die volgende subartikel te vervang: "1 By strafregtelike verrigtinge waarby 'n beskuldigde aangekla word weens bloedskande soos beoog in artikel 12 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007-- a is dit voldoende om te bewys dat die [vrou of meisie op] persoon teen wie of deur wie die oortreding na bewering gepleeg is, aanvaar word in die opgaande of neerdalende linie verwant te wees aan, of die suster, broer, stiefmoeder, stiefvader, [of] stiefdogter of stiefseun te wees van, die ander party by die bloedskande; b word vermoed dat die beskuldigde, tensy die teendeel bewys word, ten tyde van die beweerde oortreding bewus was van die verwantskap wat tussen hom of haar en die ander party by die bloedskande bestaan."; en
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging b subartikel 2 deur die volgende subartikel te vervang: "2 Wanneer die feit dat 'n wettige en bindende huwelik voltrek is, by strafregtelike verrigtinge waarby 'n beskuldigde van bloedskande soos beoog in artikel 12 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, aangekla word, by die geskilpunt relevant is, kan daardie feit prima facie bewys word op die wyse wat in artikel 237 bepaal is vir die bewys van die bestaan van 'n wettige en bindende huwelik van iemand wat weens bigamie aangekla word.". 13. Artikel 261 word deur die volgende artikel vervang: "Verkragting, gedwonge verkragting, seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding en gedwonge self-seksuele aanranding 261. 1 Indien die getuienis op 'n aanklag van verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, of 'n poging om enige van daardie misdrywe te pleeg, nie enige sodanige misdryf of 'n poging om enige sodanige misdryf te pleeg, bewys nie, maar die misdryf-- a aanranding met die opset om ernstig te beseer; b gewone aanranding; c seksuele aanranding soos beoog in artikel 5 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007; d gedwonge seksuele aanranding soos beoog in artikel 6 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007; e gedwonge self-seksuele aanranding soos beoog in artikel 7 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007; f bloedskande soos beoog in artikel 12 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007; g van die pleeg van 'n handeling van instemmende seksuele penetrasie met 'n kind soos beoog in artikel 15 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007; of h van die pleeg van 'n handeling van instemmende seksuele skending met 'n kind soos beoog in artikel 16 van die
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word. Indien die getuienis op 'n aanklag van seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, nie enige sodanige misdryf bewys nie, maar die misdryf-- (a) gewone aanranding; of (b) van die pleeg van 'n handeling van instemmende seksuele skending met 'n kind soos bedoel in artikel 16 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.". 14. Die wysiging van artikel 266 deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: "(b) [onsedelike aanranding] seksuele aan­randing, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; of". 15. Artikel 267 word deur die volgende artikel vervang: "Gewone aanranding 267. Indien die getuienis op 'n aanklag van gewone aanranding die misdryf [onsedelike aanranding] seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, bewys, kan die beskuldigde aan [onsedelike aanranding] enige sodanige misdryf skuldig bevind word, of, indien die getuienis op so 'n aanklag nie die misdryf gewone aanranding bewys nie maar die misdryf dat 'n vuurwapen, windbuks of windpistool in stryd met 'n wet gerig is, kan die beskuldigde aan daardie misdryf skuldig bevind word.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Artikel 268 word deur die volgende artikel vervang: "Statutêr-wederregtelike vleeslike gemeenskap 268. Indien die getuienis op 'n aanklag van wederregtelike vleeslike gemeenskap of poging tot wederregtelike vleeslike gemeenskap met 'n ander persoon in stryd met 'n wet nie daardie misdryf bewys nie, maar-- (a) die misdryf [onsedelike aanranding] seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; (b) die misdryf gewone aanranding; of (c) die statutêre misdryf van-- (i) die pleeg van 'n onsedelike of onbehoorlike daad met so 'n ander persoon; (ii) die uitlok, aanlok of lastigval van so 'n ander persoon om wederregtelike vleeslike gemeenskap te voer; (iii) die uitlok, aanlok of lastigval van so 'n ander persoon om 'n onsedelike of onbehoorlike daad te verrig; of (iv) die sameswering met so 'n ander persoon om wederregtelike vleeslike gemeenskap te voer, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.". 17. Die herroeping van artikel 269. 18. Die wysiging van artikel 276A deur-- (a) in subartikel paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: "(b) vir 'n bepaalde tydperk wat nie drie jaar te bowe gaan nie, of in die geval van 'n skuldigbevinding aan enige misdryf bedoel in die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, vir 'n bepaalde tydperk van hoogstens vyf jaar."; en (b) na subartikel die volgende subartikel in te voeg: "(2A) Straf wat kragtens paragraaf (h) of (i) van artikel 276 opgelê is aan iemand weens skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf, sluit, indien uitvoerbaar en indien die veroordeelde persoon die potensiaal toon om baat te vind by behandeling, die bywoning van en deelname aan 'n
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging seksmisdryf-spesifieke behandelingsprogram soos voorgeskryf ingevolge die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, in, en die koste daaraan verbonde word deur die veroordeelde persoon self gedra.". 19. Die wysiging van artikel 299A deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Wanneer 'n hof iemand tot gevangenisstraf vonnis vir-- (a) moord of enige ander misdryf wat met die opsetlike doodmaak van 'n persoon betrekking het; (b) verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; (c) roof waar die hanteer van 'n vuurwapen of 'n ander gevaarlike wapen of die toedeling van 'n ernstige liggaamlike besering of die roof van 'n motorvoertuig betrokke is; (d) [aanranding van 'n seksuele aard] seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; (e) menseroof; of (f) 'n sameswering, uitlokking of poging om 'n misdryf bedoel in paragrawe (a) tot (e) te pleeg, moet die hof-- (i) die klaer; of (ii) in die geval van moord of enige ander misdryf beoog in paragraaf (a), enige familielid van die oorledene, indien hy of sy teenwoordig is, inlig dat hy of sy 'n reg het om, behoudens die voorskrifte wat deur die Kommissaris van Korrektiewe Dienste kragtens subartikel uitgereik is, vertoë te rig wanneer die uitplasing van die gevangene op parool, op dagparool of onder korrektiewe toesig oorweeg word of om 'n tersaaklike vergadering van die paroolraad by te woon.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Die wysiging van artikel 335A deur-- (a) subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Iemand wat die bepalings van subartikel oortree, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldig­bevinding strafbaar met 'n boete [van hoogstens R1 500] of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens [een] drie jaar of met sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf indien die persoon wie se identiteit geopenbaar is, bo die ouderdom van 18 jaar is, en indien sodanige persoon onder die ouderdom van 18 jaar is, met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar of met sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf."; en (b) na subartikel die volgende subartikel by te voeg: " Die bepalings van artikel 300 is, met die veranderinge deur die konteks vereis, van toepassing by die skuldigbevinding van iemand ingevolge subartikel , en indien die persoon wie se identiteit geopenbaar is, enige fisiese, psigologiese of ander skade of verlies aan inkomste of onderhoud gely het.". 21. Die wysiging van artikel 335B deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Indien 'n polisiebeampte belas met die ondersoek van 'n saak van oordeel is dat dit nodig is dat 'n minderjarige persoon of 'n persoon wat verstandelik gestremd is ten opsigte van wie daar beweer word dat 'n [misdryf van 'n onsedelike of gewelddadige aard] seksuele misdryf soos in artikel 1 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, beoog, of 'n misdryf van 'n gewelddadige aard, gepleeg is, deur 'n distriksgeneesheer of, indien hy nie beskikbaar is nie, 'n geregistreerde geneesheer ondersoek moet word, maar dat die ouer of voog of kurator of versorger van sodanige minderjarige of verstandelik gestremde persoon is-- (a) nie binne 'n redelike tyd opgespoor kan word nie; (b) nie betyds toestemming kan verleen nie; (c) 'n verdagte is ten opsigte van die misdryf as gevolg waarvan die ondersoek uitgevoer moet word; (d) onredelik weier om toe te stem dat die ondersoek uitgevoer word; (e) weens geestesongesteldheid onbevoeg is om toe te stem dat die ondersoek uitgevoer word; of (f) oorlede is,
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging kan 'n landdros, op skriftelike aansoek van daardie polisiebeampte en indien hy oortuig is dat die mediese ondersoek noodsaaklik is, die nodige toestemming verleen dat so 'n ondersoek uitgevoer word.". 22. Bylae 1 word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae 1 (Artikels 40 en 42) Hoogverraad. Sedisie. Openbare geweld. Moord. Strafbare Manslag. Verkragting of gedwonge verkragting soos onder­skeidelik beoog in artikels 3 en 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. [Onsedelike aanranding] Seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self­seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. [Sodomie.] 'n Seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is soos onderskeidelik beoog in Deel 2 van Hoofstuk 3 of die geheel van Hoofstuk 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. Mensehandel vir seksuele doeleindes deur iemand beoog in artikel 71 of van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. Bestialiteit soos beoog in artikel 13 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. Roof. Menseroof. Kinderdiefstal. Aanranding, wanneer 'n gevaarlike wond toegedien word. Brandstigting. Opsetlike saakbeskadiging. Inbraak by of betreding van 'n perseel, hetsy ingevolge die gemene reg of 'n statutêre bepaling, met die opset om 'n misdryf te pleeg. Diefstal, hetsy ingevolge die gemene reg of 'n statutêre bepaling. Ontvangs van gesteelde goed wetende dat dit gesteel is. Bedrog. Vervalsing of uitgifte van 'n vervalste stuk wetende dat dit vervals is. Misdrywe betreffende die munt van geld.
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging n Oortreding, behalwe die oortreding van ont­snapping uit wettige bewaring in ander om­standighede as die omstandighede onmiddellik hieronder genoem, waarvoor gevangenisstraf vir 'n langer tydperk as ses maande sonder die keuse van 'n boete opgelê kan word. Ontsnapping uit wettige bewaring, waar die betrokke persoon in sodanige bewaring is ten opsigte van 'n in hierdie Bylae bedoelde misdryf of in sodanige bewaring is ten opsigte van die misdryf van ontsnapping uit wettige bewaring. 'n Sameswering, uitlokking of poging om 'n in hierdie Bylae bedoelde misdryf te pleeg.". 23. Deel II van Bylae 2 word deur die volgende Deel vervang: "DEEL II (Artikels 59, 72) Hoogverraad. Sedisie. Moord. Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. 'n Seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is soos onderskeidelik beoog in Deel 2 van Hoofstuk 3 of die geheel van Hoofstuk 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. Mensehandel vir seksuele doeleindes deur iemand beoog in artikel 71 of van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. Roof. Aanranding, wanneer 'n gevaarlike wond toegedien word. Brandstigting. Inbraak by of betreding van 'n perseel, hetsy ingevolge die gemene reg of 'n statutêre bepaling, met die opset om 'n misdryf te pleeg. Diefstal, hetsy ingevolge die gemene reg of 'n statutêre bepaling, ontvangs van gesteelde goed wetende dat dit gesteel is, bedrog, vervalsing of uitgifte van 'n vervalste stuk wetende dat dit vervals is, in elke geval as die bedrag of waarde betrokke by die misdryf R2 500 te bowe gaan. 'n Misdryf ingevolge 'n wet betreffende die onwettige handel met of besit van edele metale of edelgesteentes. 'n Misdryf ingevolge 'n wet betreffende die on­wettige--
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging a besit van-- i dagga van meer as 115 gram; of ii enige ander afhanklikheids­vormende medisyne; of b vervoer of verskaffing van afhanklikheids­vormende medisyne. 'n Misdryf betreffende die munt van geld. 'n Sameswering, uitlokking of poging om 'n in hierdie Deel bedoelde misdryf te pleeg.". 24. Bylae 5 word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae 5 Artikels 58 en 6011 en 11A en Bylae 6 Hoogverraad. Moord. Poging tot moord waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed betrokke is. Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, onder ander omstandighede as daardie in Bylae 6 bedoel. 'n Misdryf wat verband hou met handeldrywing deur 'n kommersiële vervoerder soos beoog in artikel 716 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007. 'n Misdryf bedoel in artikel 13f van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary, 1992 Wet No 140 van 1992, indien beweer word dat-- a die waarde van die betrokke afhanklikheids­vormende stof meer as R50 000,00 is; b die waarde van die betrokke afhanklikheids­vormende stof meer as R10 000,00 is en dat die misdryf deur 'n persoon, groep persone, sindikaat of 'n onderneming handelende in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering gepleeg is; of c die misdryf gepleeg is deur 'n wets­toepassingsbeampte. 'n Misdryf wat verband hou met die handel in of smokkel met ammunisie, vuurwapens, plofstowwe of wapentuig, of die besit van 'n outomatiese of semi­outomatiese vuurwapen, plofstowwe of wapentuig. 'n Oortreding van artikel 36 van die Wet op Wapens en Ammunisie, 1969 Wet No 75 van 1969, weens besit van meer as 1 000 ammunisiepatrone wat bestem is om afgeskiet te word uit 'n wapen wat in artikel 392ai van daardie Wet, beoog word. 'n Misdryf wat verband hou met deviesebeheer, afpersing, bedrog, vervalsing, uitgifte, diefstal of enige misdryf bedoel in Dele 1 tot 4, of artikel 17, 20 of 21 vir sover dit op voornoemde misdrywe betrekking het van Hoofstuk 2 van die Wet op die
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, 2004-- a waarby bedrae van meer as R500 000,00 betrokke is; b waarby bedrae van meer as R100 000,00 betrokke is, indien beweer word dat die misdryf deur 'n persoon, groep persone, sindikaat of 'n onderneming handelende in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering gepleeg is; of c indien beweer word dat die misdryf gepleeg is deur 'n wetstoepassingsbeampte­i waarby bedrae van meer as R10 000,00 betrokke is; of ii as 'n lid van 'n groep persone, sindikaat of onderneming handelende in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering. [Onsedelike aanranding] Seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self­seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, van 'n kind onder die ouderdom van 16 jaar. 'n Misdryf bedoel in Bylae 1-- a en die beskuldigde is voorheen skuldig bevind aan 'n misdryf bedoel in Bylae 1; of b wat na bewering gepleeg is terwyl hy of sy op borgtog ten opsigte van 'n misdryf bedoel in Bylae 1 vrygelaat was. Die misdrywe bedoel in artikel 42 of 3, 13 of 14 in soverre dit betrekking het op die voormelde artikels van die Wet op Beskerming van Konstitusionele Demokrasie teen Terroriste­en Verwante Aktiwiteite, 2004.". 25. Bylae 6 word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae 6 Artikels 506, 58 en 6011 en 11A Moord, waar-- a dit beplan of met voorbedagte rade gepleeg is; b die slagoffer-- i 'n wetstoepassingsbeampte was wat sy of haar werksaamhede as sodanig verrig het, hetsy op diens al dan nie, of 'n wetstoepassingsbeampte wat dood gemaak is weens die feit dat hy of sy so 'n posisie beklee het; of ii 'n persoon was wat getuienis afgelê het of waarskynlik wesenlike getuienis met betrekking tot 'n in Bylae 1 bedoelde misdryf sou aflê;
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging c) die dood van die slagoffer deur die beskuldigde veroorsaak is by die pleging van een van die volgende misdrywe of die poging om dit te pleeg of nadat hy of sy dit gepleeg of gepoog het om dit te pleeg: (i) Verkragting of gedwonge ver­kragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aan­geleenthede), 2007; of (ii) roof met verswarende omstandig­hede; of (d) die misdryf deur 'n persoon, groep persone of sindikaat wat in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering handel, gepleeg is. Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007-- (a) wanneer gepleeg-- (i) in omstandighede waar die slagoffer meer as een keer deur hetsy die beskuldigde of 'n mededader of medepligtige verkrag is; (ii) deur meer as een persoon, waar sodanige persone in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering gehandel het; (iii) deur 'n persoon wat aangekla word van die pleging van twee of meer misdrywe van verkragting; of (iv) deur 'n persoon, wetende dat hy die verworwe immuniteitsgebreksindroom of die menslike immunogebreksvirus het; (b) waar die slagoffer-- (i) 'n meisie iemand onder die ouderdom van 16 jaar is; (ii) 'n liggaamlik gestremde vrou persoon is wat weens sy of haar liggaamlike gestremdheid veral trefbaar is; of (iii) 'n geestesongestelde vrou iemand is wat verstandelik gestremd is soos in artikel 1 van die Wet op Geestesgesondheid, 1973 (Wet No 18 van 1973) Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, beoog; of (c) waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed betrokke is. Mensehandel vir seksuele doeleindes deur iemand beoog in artikel 71 of van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. Roof--
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging a waarby die gebruik van 'n vuurwapen deur die beskuldigde of enige mededaders of medepligtiges betrokke is; b waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed deur die beskuldigde of enige mededaders of medepligtiges betrokke is; of c van 'n motorvoertuig. [Onsedelike aanranding van 'n kind onder die ouderdom van 16 jaar waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed betrokke is.] 'n Misdryf bedoel in Bylae 5-- a en die beskuldigde is voorheen skuldig bevind aan 'n misdryf bedoel in Bylae 5 of hierdie Bylae; of b wat na bewering gepleeg is terwyl hy of sy op borgtog ten opsigte van 'n misdryf bedoel in Bylae 5 of hierdie Bylae vrygelaat was. Die misdrywe bedoel in artikels 2, 32a, 41, 5, 6, 7, 8, 9, 10 of 14 in soverre dit betrekking het op die voormelde artikels van die Wet op Beskerming van Konstitusionele Demokrasie teen Terroriste­en Verwante Aktiwiteite, 2004, artikel 21 en 2 van die Wet op Misdrywe teen Burgerlike Lugvaart, 1972 Wet No 10 van 1972, artikel 261j van die Wet op die Nie-Proliferasie van Wapens van Grootskaalse Vernietiging, 1993 Wet No 87 van 1993, en artikel 561h van die Wet op Kernenergie, 1999 Wet No 46 van 1999.". 26. Bylae 7 word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae 7 Artikel 59A Openbare geweld. Strafbare Manslag. Bestialiteit soos beoog in artikel 13 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007. Aanranding, waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed betrokke is. Brandstigting. Huisbraak, hetsy ingevolge die gemene reg of 'n statutêre bepaling, met die opset om 'n misdryf te pleeg. Opsetlike saakbeskadiging. Roof, behalwe roof met verswarende omstandighede, indien die bedrag betrokke by die misdryf nie R20 000,00 oorskry nie. Diefstal en 'n misdryf bedoel in artikel 2641a, b en c, indien die bedrag betrokke by die misdryf nie R20 000,00 oorskry nie. 'n Misdryf ingevolge 'n wet betreffende die onwettige besit van afhanklikheidsvormende medisyne. 'n Misdryf wat verband hou met afpersing, bedrog,
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging vervalsing of uitgifte indien die bedrae betrokke nie R20 000,00 oorskry nie. 'n Sameswering, uitlokking of poging om 'n in hierdie Bylae bedoelde misdryf te pleeg.".
Wet 74 van 1983 Wet op Kindersorg 1. Die wysiging van artikel 1 deur die omskrywing van "kommersiële seksuele eksploitering" deur die volgende omskrywing te vervang: "'kommersiële seksuele eksploitering' die [bewerk­stelliging van 'n kind] gebruik van die dienste van 'n kind om 'n seksuele daad te verrig of kinder­pornografie te produseer soos onderskeidelik beoog in artikel 17 of 19 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, teen 'n finansiële of ander vergoeding [te verrig] wat aan die kind, die ouers of voog van die kind[, die bewerkstelliger] of enige ander persoon betaalbaar is;".
Wet 133 van 1993 Wet op die Voorkoming van Gesinsgeweld 1. Die herroeping van artikel 5.
Wet 92 van 1996 Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap 1. Die wysiging van artikel 1 deur die omskrywings van "bloedskande" en "verkragting" onderskeidelik deur die volgende omskrywings te vervang: "'bloedskande' seksuele gemeenskap tussen twee persone wat aan mekaar verwant is in 'n graad wat hulle belet om wettig met mekaar te trou soos beoog in artikel 12 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; 'verkragting' [ook statutêre verkragting in artikels 14 en 15 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957 (Wet No 23 van 1957), bedoel] verwys na die misdrywe in artikels 3, 4 en 15 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, beoog;".
Wet 105 van 1997 Strafregwysigingswet 1. Die wysiging van Bylae 2 deur-- (a) Deel I deur die volgende Deel te vervang: "DEEL I Moord, waar-- (a) dit beplan of met voorbedagte rade gepleeg is; (b) die slagoffer-- (i) 'n wetstoepassingsbeampte was wat sy of haar werksaamhede as sodanig verrig het, hetsy aan diens al dan nie; of (ii) 'n persoon was wat getuienis afgelê het of waarskynlik wesenlike getuienis met
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging betrekking tot 'n in Bylae 1 van die Strafproseswet, 1977 Wet No 51 van 1977, bedoelde misdryf by strafregtelike verrigtinge in 'n hof sou aflê; c die dood van die slagoffer deur die beskuldigde veroorsaak is by die pleging van een van die volgende misdrywe of die poging om dit te pleeg of nadat hy of sy dit gepleeg of gepoog het om dit te pleeg: i Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007; of ii roof met verswarende om­standighede soos in artikel 1 van die Strafproseswet, 1977 Wet No 51 van 1977, omskryf; of d die misdryf deur 'n persoon, groep persone of sindikaat wat in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering handel, gepleeg is. Verkragting soos beoog in artikel 3 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007-- a wanneer gepleeg-- i in omstandighede waar die slagoffer meer as eenkeer deur hetsy die beskuldigde of 'n mededader of medepligtige verkrag is; ii deur meer as een persoon, waar sodanige persone in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering gehandel het; iii deur 'n persoon wat skuldig bevind is aan twee of meer misdrywe van verkragting of gedwonge verkragting, maar wat nog nie ten opsigte van sodanige skuldigbevindings gevonnis is nie; of iv deur 'n persoon, wetende dat hy die verworwe immuniteitsgebrek-sindroom of die menslike immunogebreksvirus het; b waar die slagoffer-- i 'n meisie iemand onder die ouderdom van 16 jaar is; ii 'n liggaamlik gestremde vrou persoon is wat weens sy of haar liggaamlike gestremdheid veral trefbaar is; of iii 'n geestesongestelde vrou iemand is wat verstandelik gestremd is soos in artikel 1 van die Wet op Geestesgesondheid, 1973 Wet No 18 van 1973 Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, beoog; of
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging c waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed betrokke is. Gedwonge verkragting soos beoog in artikel 4 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007-- a wanneer gepleeg-- i in omstandighede waar die slagoffer meer as eenkeer deur een of meer as een persoon verkrag is; ii deur 'n persoon wat skuldig bevind is aan twee of meer misdrywe van verkragting of gedwonge verkragting, maar wat nog nie ten opsigte van sodanige skuldigbevindings gevonnis is nie; iii in omstandighede waar die beskuldigde weet dat die persoon wat die verkragting pleeg, die verworwe immuniteitsgebrek-sindroom of die menslike immunogebreksvirus het; b waar die slagoffer-- i iemand onder die ouderdom van 16 jaar is; ii 'n liggaamlik gestremde persoon is wat weens sy of haar liggaamlike gestremdheid veral trefbaar is; of iii iemand is wat verstandelik gestremd is soos in artikel 1 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, beoog; of c waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed betrokke is. Enige misdryf bedoel in artikel 2, 5, 6, 7, 8, 9, 10 of 14 in soverre dit betrekking het op die voormelde artikels van die Wet op Beskerming van Konstitusionele Demokrasie teen Terroriste­en Verwante Aktiwiteite, 2004, indien dit bewys word dat die misdryf-- a die lewe in gevaar gestel het of ernstige liggaamlike besering of dood van 'n persoon of enige aantal of groep persone veroorsaak het; b 'n ernstige risiko vir die gesondheid of die veiligheid van die publiek of enige gedeelte van die publiek veroorsaak het; c 'n ernstige openbare noodtoestand of algemene opstand veroorsaak het. Mensehandeldrywing vir seksuele doeleindes deur iemand bedoel in artikel 711 of 2 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007."; en
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging b Deel III deur die volgende Deel te vervang: "DEEL III Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, in ander omstandighede as daardie in Deel I bedoel. [Onsedelike aanranding op 'n kind onder die ouderdom van 16 jaar, waarby die toediening van liggaamlike leed betrokke is.] Seksuele uitbuiting van 'n kind of seksuele uitbuiting van iemand wat verstandelik gestremd is soos onderskeidelik beoog in artikels 17 en 23 of die gebruik van 'n kind vir kinderpornografie of die gebruik van iemand wat verstandelik gestremd is vir pornografiese doeleindes soos onderskeidelik beoog in artikel 201 of 261 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007. Aanranding met die opset om ernstig te beseer op 'n kind onder die ouderdom van 16 jaar. 'n Misdryf in stryd met artikel 36 van die Wet op Wapens en Ammunisie, 1969 Wet No 75 van 1969, weens besit van meer as 1000 ammunisiepatrone wat bestem is om afgeskiet te word uit 'n wapen wat in artikel 392ai van daardie Wet, beoog word. 'n Misdryf wat verband hou met handeldrywing deur 'n kommersiële vervoerder soos beoog in artikel 716 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007.".
Wet 112 van 1998 Wet op Getuiebeskerming 1. Die Bylae word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae MISDRYWE TEN OPSIGTE WAARVAN 'N GETUIE OF VERWANTE PERSOON ONDER BESKERMING GEPLAAS KAN WORD 1. Hoogverraad. 2. Sedisie. 3. Moord. 4. Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. 5. Openbare geweld.
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Roof-- (a) wanneer daar verswarende om­standighede is; of (b) van 'n motorvoertuig. 7. Menseroof. 8. Regsverydeling. 9. Meineed. [10. Onsedelike aanranding van 'n kind onder die ouderdom van 16 jaar waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed betrokke is.] 10. 'n Seksuele misdryf teenoor 'n kind of iemand wat verstandelik gestremd is soos onderskeidelik beoog in Deel 2 van Hoofstuk 3 of die geheel van Hoofstuk 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. 10A. Mensehandel vir seksuele doeleindes deur iemand of 'n kommersiële vervoerder soos beoog in artikel 71 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. 11. 'n Misdryf bedoel in artikel 13(f) van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary, 1992 (Wet No 140 van 1992), indien beweer word dat-- (a) die waarde van die betrokke afhank­likheidsvormende stof meer as R10 000,00 is; of (b) die waarde van die betrokke afhank­likheidsvormende stof meer as R5 000,00 is en dat die misdryf deur 'n persoon, groep persone, sindikaat of 'n onderneming handelende in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering gepleeg is; of (c) die misdryf deur 'n wetstoepas­singsbeampte gepleeg is. 12. 'n Misdryf bedoel in artikel 1 of 1A van die Wet op Intimidasie, 1982 (Wet No 72 van 1982). 13. 'n Misdryf wat verband hou-- (a) met die handel in of smokkel met ammunisie, vuurwapens, plofstowwe of wapentuig; of (b) die besit van 'n outomatiese of semi­outomatiese vuurwapen, plofstowwe of wapentuig. 14. 'n Misdryf wat verband hou met deviesebeheer, afpersing, bedrog, vervalsing, uitgifte, diefstal of 'n misdryf bedoel in Dele 1 tot 4, of artikel 17, 20 of 21 (vir sover dit op voornoemde misdrywe betrekking het) van Hoofstuk 2 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Bedrywighede, 2004-- (a) waarby bedrae van meer as R50 000,00 betrokke is; of (b) waarby bedrae van meer as R10 000,00 betrokke is, indien beweer word dat die misdryf deur 'n persoon, groep persone, sindikaat of 'n onderneming handelende in die uitvoering of ter bevor­dering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering gepleeg is; of (c) indien beweer word dat die misdryf gepleeg is deur 'n wetstoepassingsbeampte-- (i) waarby bedrae van meer as R10 000,00 betrokke is; of (ii) as 'n lid van 'n groep persone, sindikaat of onderneming handelende in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering. 15. 'n Misdryf bedoel in die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 1998. 16. 'n Sameswering, uitlokking of poging om 'n in hierdie Bylae bedoelde misdryf te pleeg. 17. 'n Ander misdryf wat die Minister by regulasie bepaal het. 18. 'n Ander misdryf ten opsigte waarvan beweer word dat die misdryf gepleeg is deur-- (a) 'n persoon, groep persone, sindikaat of 'n onderneming handelende in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering; of (b) 'n wetstoepassingsbeampte, en ten opsigte waarvan die Direkteur van oordeel is dat die veiligheid van 'n getuie wat getuienis moet aflê of van wie verlang kan word om getuienis af te lê, of wat getuienis ten opsigte van so 'n misdryf in enige verrigtinge afgelê het of 'n verwante persoon, beskerming regverdig. 19. 'n Ander misdryf ten opsigte waarvan die Direkteur, nadat die faktore in artikel 10 vermeld en enige inligting ingevolge artikel 10 verkry, oorweeg is, van mening is dat die veiligheid van 'n getuie wat getuienis moet aflê of van wie verlang kan word om getuienis af te lê, of wat getuienis ten opsigte van so 'n misdryf in enige verrigtinge afgelê het of verwante persoon, beskerming regverdig.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Wet 121 van 1998 Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad 1. Bylae 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13.14.15. 1 word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae 1 (Artikels 1, 38, 50, 51, 52, 54, 58 en 73) moord; verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; menseroof; brandstigting; openbare geweld; roof; aanranding met die opset om ernstig te beseer; [onsedelike aanranding] seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; [die statutêre misdryf van-- (a) wederregtelike vleeslike gemeen­skap met 'n meisie onder 'n bepaalde ouderdom; (b)die pleging van 'n onbehoorlike of onsedelike daad met 'n meisie of 'n seun onder 'n bepaalde ouderdom; (c)die uitlok of aanlok van so 'n meisie of seun om 'n onbehoorlike of onsedelike daad te pleeg] 'n misdryf in Deel 2 van Hoofstuk 3 of die geheel van Hoofstuk 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007 beoog; enige misdryf kragtens wetgewing wat oor dobbelary, gelukspele of loterye handel; oortreding van artikel 20 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957 (Wet No 23 van 1957); enige misdryf beoog in Dele 1 tot 4, of artikel 17, 20 of 21 (vir sover dit op voornoemde misdrywe betrekking het) van Hoofstuk 2 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, 2004; afpersing; kinderdiefstal; inbraak by of betreding van 'n perseel, hetsy ingevolge die gemenereg of 'n statutêre bepaling, met die opset om 'n misdryf te pleeg;
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging opsetlike saakbeskadiging; 17. diefstal, hetsy ingevolge die gemenereg of 'n statutêre bepaling; 18. enige misdryf kragtens artikel 36 of 37 van die Algemene Regswysigingswet, 1955 (Wet No 62 van 1955); 19. bedrog; 20. vervalsing of uitgifte van 'n vervalste stuk wetende dat dit vervals is; 21. misdrywe betreffende die munt van geld; 22. enige misdryf bedoel in artikel 13 van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelm­smokkelary, 1992 (Wet No 140 van 1992); 23. enige misdryf in verband met die handeldryf in of smokkel van ammunisie, vuurwapens, plofstowwe of wapentuig en die onwettige besit van sodanige ammunisie, vuurwapens, plofstowwe of wapentuig; 24. enige misdryf van 'n oortreding van artikel 36 van die Wet op Wapens en Ammunisie, 1969 (Wet No 75 van 1969); 25. handeldryf in of besit of vervoer van bedreigde, skaars en beskermde wild of plante of dele of oorblyfsels daarvan in stryd met 'n provinsiale ordonnansie; 26. enige misdryf wat verband hou met valutabeheer; 27. 'n misdryf kragtens enige wet wat verband hou met die onwettige handel in of besit van edele metale of edelgesteentes; 28. enige misdryf beoog in artikels 1 en 1A van die Intimidasiewet, 1982 (Wet No 72 van 1982); 29. verydeling of belemmering van die regspleging; 30. meineed; 31. uitlokking tot meineed; 32. enige misdryf bedoel in Hoofstuk 3 of 4 van hierdie Wet; 32A. enige gespesifiseerde misdryf soos omskryf in die Wet op Beskerming van Konstitusionele Demokrasie teen Terroriste- en Verwante Aktiwiteite, 2004; 33. enige misdryf ten opsigte waarvan 'n straf van gevangenisstraf van meer as een jaar sonder die keuse van 'n boete opgelê kan word; 34. enige sameswering, aanhitsing of poging om 'n misdryf bedoel in hierdie Bylae te pleeg.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Wet 16 van 1999 Wet op Aanvullende Maatreëls vir Militêre Dissipline 1. Die wysiging van artikel 3 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Wanneer 'n persoon wat aan die Reglement onderhewig is, verdink word van die pleging van moord, hoogverraad, verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, of strafbare manslag binne die Republiek, word met die aangeleentheid gehandel in ooreenstemming met artikel 27 van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, 1998 (Wet No 32 van 1998), en enige daaropvolgende verhoor vind plaas in 'n burgerlike hof.". 2. Die wysiging van artikel 7 deur paragraaf (a) van subartikel deur die volgende paragraaf te vervang: "(a) in aangeleenthede waar hoogverraad, moord, verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, of strafbare manslag buite die Republiek gepleeg is, of waar oortredings van artikel 4 of 5 van die Reglement betrokke is, bestaande uit vyf lede, te wete-- ". 3. Die wysiging van artikel 9 deur subartikels en deur die volgende subartikels te vervang: " 'n Hof van 'n Senior Militêre Regter kan, behoudens subartikel , enige persoon wat aan die Reglement onderhewig is, verhoor weens enige misdryf, behalwe moord, hoogverraad, verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, of strafbare manslag binne die Republiek gepleeg, en kan by skuldigbevinding die oortreder vonnis tot enige straf in artikel 12 bedoel. In enige saak waarin die aanklag, of een van die aanklagte wat teen die oortreder ingebring is of gaan word, moord, hoogverraad, verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, of strafbare manslag gepleeg buite die grense van die Republiek, of 'n oortreding van artikel 4 of 5 van die Reglement is, word die bevoegdhede wat deur hierdie artikel verleen word, uitgeoefen deur drie senior militêre regters wat saam onder die voorsitterskap van die senior van daardie regters sit.".
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Die wysiging van artikel 30 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Wanneer 'n voorlopige ondersoek gehou word ten opsigte van hoogverraad, moord, verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, of strafbare manslag, gepleeg buite die Republiek, of 'n oortreding van artikel 4 of 5 van die Reglement of enige misdryf strafbaar met gevangenisstraf vir 'n tydperk wat 10 jaar oorskry, lei die vervolgingsregsverteenwoordiger, behoudens subartikel , die getuienis van elke getuie deur hom of haar geroep en kan enige sodanige getuie deur die beskuldigde gekruisondervra word en daarna deur die vervolgingsregsverteenwoordiger herondervra word met betrekking tot enige getuienis deur daardie getuie onder kruisondervraging afgelê, en te eniger stadium tydens die verrigtinge deur die voorsittende regter, bevelvoerder of notulerende offisier herroep word om verder ondervra of gekruisondervra te word, na gelang van die geval.".
Wet 56 van 2001 Wet op die Regulering van die Private Sekuriteitsbedryf 1. Die Bylae word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae TABEL VAN MISDRYWE Hoogverraad. Sedisie. Sabotasie. Terrorisme. Openbare geweld. Brandstigting. Kwaadwillige saakbeskadiging. Intimidasie. Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. Moord. Roof. Strafbare manslag waarby die gebruik van 'n vuurwapen of enige vorm van opsetlike geweld betrokke is. Menseroof. Aanranding met die opset om ernstig te beseer. [Onsedelike aanranding] Seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self­seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. 'n Seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is soos onderskeidelik beoog in Deel 2 van Hoofstuk 3 of die geheel van Hoofstuk 4
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. Mensehandel vir seksuele doeleindes deur iemand beoog in artikel 71 of van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. Kinderdiefstal. Bedrog. Vervalsing of uitgifte van 'n vervalste stuk wetende dat dit vervals is. Huisbraak of betreding van enige perseel, hetsy ingevolge die gemenereg of statutêre reg, met die opset om 'n misdryf te pleeg. Diefstal, hetsy ingevolge die gemenereg of statutêre reg. Ontvangs van gesteelde goed wetende dat dit gesteel is. Afpersing. Regsverydeling. Meineed, hetsy ingevolge die gemenereg of statutêre reg. 'n Misdryf bedoel in Dele 1 tot 4, of artikel 17, 20 of 21 (vir sover dit op voornoemde misdrywe betrekking het) van Hoofstuk 2 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, 2004. 'n Misdryf waarby die onwettige handel in afhanklikheidsvormende stowwe betrokke is. Enige misdryf ingevolge statutêre reg waarby 'n element van oneerlikheid betrokke is. Enige misdryf ingevolge die Wet op Gesinsgeweld, 1998 (Wet No 116 van 1998). Enige misdryf ingevolge die Wet op Ontplofbare Stowwe, 1956 (Wet No 26 van 1956). Enige misdryf ingevolge die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand, 1998 (Wet No 15 van 1998). Enige misdryf ingevolge wetgewing met betrekking tot die beheer oor die besit en gebruik van vuurwapens en ammunisie. Enige misdryf ingevolge die Wet op die Verbod op Onderskepping en Meeluistering, 1992 (Wet No 127 van 1992). Enige misdryf ingevolge die Wet op Intelligensiedienste, 1994 (Wet No 38 van 1994). Enige misdryf ingevolge die Wet op die Beveiliging van Inligting, 1982 (Wet No 84 van 1982). Crimen injuria. Enige misdryf ingevolge statutêre reg waarby wreedheid teenoor 'n dier betrokke is. Enige misdryf ingevolge enige wet met betrekking tot onwettige handel in of besit van edelmetale of edelgesteentes.
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging
Enige misdryf ingevolge statutêre reg waarvoor gevangenisstraf vir 'n tydperk van meer as twee jaar, sonder die keuse van 'n boete, opgelê kan word. Enige sameswering, uitlokking of poging om enige van die bogenoemde misdrywe te pleeg.".
Wet 15 van 2003 Wet op Springstof 1. Die wysiging van artikel 30 deur paragraaf (n) van subartikel deur die volgende paragraaf te vervang: "(n) enige misdryf waarby sabotasie, terrorisme, openbare geweld, brandstigting, intimidasie, verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, ontvoering of kinderdiefstal betrokke is; of".
