TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
FASILITEITE
KONTAK
In die voortdurende interaksie met produsente, Agri Wes-Kaap en ander rolspelers in landbou het dit duidelik geword dat daar 'n dringende behoefte is aan interaksie en bespreking met landbouers/produsente in die Wes-Kaap en die noodsaak aan terugvoer tot die regering.
Gevolglik het Cobus Dowry, Minister van Landbou in die Wes-Kaap 'n Boere Beraad belê wat op Dinsdag 5 September 2006 te Elsenburg, Stellenbosch gehou sal word. Die doel van die dag is om aan 180-200 leidende kommersiële produsente, bedrywe en meningsvormers die geleentheid te bied om knelpunte op die tafel te plaas en ook deur sinvolle gesprek te kyk na moontlike oplossings.
Van die kwessies wat aangespreek gaan word sluit in Tolpaaie, Effek van Wisselkoerse, landbou subsidies, Munisipale heffings en belastings, die All Pay maatskaplike stelsel, Behuising, Mediese versorging, Veiligheid op plase, Grond Hervorming, ESTA wetgewing en implikasies.
Verskeie lede van die Wes-Kaap se kabinet, lede van die provinsiale Staande Komitee op Gemeenskapsontwikkeling, Hoofde van Departemente en Burgemeesters van die Wes-Kaap gaan die geleentheid bywoon. Na afloop van die beraad sal die insette van die dag ook aan die verskillende vlakke van regering voorsien word vir die nodige aandag.
Navrae:
Tel: 021 483 4930
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 September 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
