TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
Nuusbrokkies uit die Raadsvergadering van die Stad Kaapstad van 25 & 27 Oktober 2006
Nuusbrokkies uit die Raadsvergadering van die Stad Kaapstad van 25 & 27 Oktober 2006
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
Kernpunte
Stad brei leerlingskappe na gemeenskappe uit
Konsepbeleid oor witdoodhaaie goedgekeur
Onthulling- en Bedrogsvoorkomingbeleid goedgekeur
R1,3 miljoen se padprojekte vir Du Noon
Loerbroer hou wag oor Klipfonteinkorridor
Stad bevestig vennootskap met lewensredders
Khayelitsha kry R1 miljoen vir nuwe begraafplaas
Driehoekige ooreenkoms met Oos-Kaap
Wykstoekennings vir Sub-Rade goedgekeur: (volgens agenda se itemvolgorde)
Sub-Rade 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, & 21
Stad Brei Leerlingskappe Na Gemeenskappe Uit
Die Stad Kaapstad het 'n gemeenskapsgebaseerde leerlingskaptoetsprojek vir 2007 goedgekeur. 'n Tussentydse komitee van Stadsbeamptes en raadslede sal die beplanning doen. Die Stad ondersteun tans 13 leerlingskappe vir 285 leerders. Die huidige programme fokus hoofsaaklik op interne personeel met slegs 24 werklose leerders. Die projek is daarop gemik om die konsep na die breeër gemeenskap uit te brei. (Item C10/10/06)
Konsepbeleid Oor Witdoodhaaie Goedgekeur
Twee suksesvolle haaiwaarskuwingsprogramme is die afgelope 18 maande in werking. Dit het daartoe gelei het dat strande by 187 geleenthede gesluit is om die publiek te beskerm. 'n Konsepbeleid wat daarop gemik is om die risiko van haai aanvalle in strandgebiede te beperk sal 'n langtermyn benadering verseker vir 'n aangeleentheid wat verskeie maatskaplike en ekonomiese gevolge inhou. 'n Finale haaiwaarsku-wingsprogram met besonderhede van die bedryfs- en begrotingsvereistes sal in Maart volgende jaar ter tafel gelê word. (Item 12/10/06)
Onthulling- En Bedrogsvoorkomingbeleid Goedgekeur
Die Stadsraad het 'n Onthullings- en Bedrogsvoorkomingsbeleid goedgekeur om 'n kultuur te skep om bedrog en korrupsie hok te slaan. Volgens die beleid sal personeel wat inligting jeens kriminele en ander onreëlmatige gedrag in die Stad openbaar, beskerming geniet . Die Beleid maak ook voorsiening vir regstellende stappe in gevalle waar werkers weens hulle openbaarmakings mog ly. (Item C44/10/06)
R1,3 Miljoen Se Padprojekte Vir Du Noon
Die toegangs- en hoofroetes in Du Noon gaan verbeter word met sypaadjies, fietsrypaadjies en taxi staanplekke ter waarde van R1,28 miljoen. Die Stadsraad het die Gemeenskaps Toegangspadprojek (CARP), wat deur die provinsiale regering gefinansier word, goedgekeur. Die hoofdoelwit, buiten die verskaffing van infrastruktuur, is gemik op werkskepping, opleiding en die bemagtiging van die plaaslike gemeenskap. (Item C48/10/06)
Loerbroer Hou Wag Oor Klipfonteinkorridor
Die Stadsraad het 'n R15 miljoen projek vir die installering van geslotebaan televisie op die Klipfonteinkorridor goedgekeur. Die provinsiale regering het 'n ooreenkoms met die Stad gesluit om die projek as deel van die Klipfonteinkorridor Mobiliteitstrategie te finansier. (Item C55/10/06)
Stad Bevestig Vennootskap Met Lewensredders
Die Stadsraad het die voortsetting van die formele vennootskap tussen die Stad en die Westelike Provinsie Lewensreddersvereniging vir die verskaffing van lewensreddingsdienste op strande goedgekeur. Die vennootskap het twee jaar gelede begin en het tot doeltreffende strandbestuur gedurende die spitsseisoen en die vermindering van verdrinkingsinsidente gelei. (Item C58/10/06)
Khayelitsha Kry R1 Miljoen Vir Nuwe Begraafplaas n Bedrag van R1 miljoen gaan van die Metro Suid-oos begraafplaas in Mfuleni na die nuwe Khayelitsha begraafplaas oorgeplaas word. Die provinsiale grondoordrag van die Mfuleni-grond kan nie in die huidige finansiele jaar geskied nie. Die Stadsraad het die oordrag van R1 miljoen tot die Khayelitsha ontwikkeling goedgekeur ten einde vanjaar groter vordering te bewerkstellig. (Item C59/10/06)
Die Stadsraad het die voortsetting van die drieparty vennootskap tussen die Stad Kaapstad, the OR Tambo Distriksmunisipaliteit en die Walter Sisulu-universiteit ondersteun. Die Uitvoerende Burgemeester en Stadsbestuurder mag voortgaan om 'n befondsingooreenkoms van R950 000 met die Ontwikkelingsbank te teken om 'n projekbestuurskantoor te vestig wat die vennootskapprojekte sal bestuur. (Item C77/10/06).
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 3 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 3 in die noordelike voorstede goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal R200 000 vir kapitale projekte soos sypaadjies, verkeerstekens, omheinings, landskapontwerp, speel-parktoerusting en sportklubgeriewe ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte insluitende hulptoekennings, onkruidbeheer, die snoei van bome, die oorverf van padtekens, die vee van strate, dam-onderhoud en die verbetering van sportgronde aangewend word. (Item C25/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 4 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 4 in die noordelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal R200 000 vir kapitaalprojekte soos plaveisels vir mediaaneilande, spreiligte, hoë-mas sekuriteitsbeligting, sopkombuise, heinings en die opgradering van crèches ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte insluitende onkruid- en pesbeheer, parkonderhoud, die snoei van bome, gemeenskapsopruiming en hulptoekennings gebruik word. (Item C26/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 5 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 5 in die noord-oostelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal nie noodwendig gelyke bedrae ontvang nie omdat die Sub-raad besluit het om die beskikbare fondse volgens die dringendste behoeftes van die gebied toe te ken. R265 000 gaan vir die teer van die Bishop Lavis SSG en R130 000 op 'n nuwe dak vir die Valhallapark-kliniek gegee word. Die orige R800 000 sal vir bedryfsprojekte soos hulptoekennings, maatskaplike ontwikkelingsprojekte, parkonderhoud en gemeenskapsopruimingsprojekte gebruik word. (Item C27/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 6 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 6 in die noord-oostelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vyf wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatreëls en beligting, speelparke, sportgeriewe en 'n leeskamer ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos werkskeppingsprojekte, parkonderhoud en toerusting vir sopkombuise aangewend word. (Item C28/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 7 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 7 in die noord-westelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Kapitale projekte sluit in verkeerskalmeringsmaatreëls en beligting, sportgeriewe en bergingshouers. Bedryfsprojekte sluit in betaling van vrywillige bibliotekarisse, parkonderhoud, boomaanplanting, en straat- en bosopruiming.
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 8 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R2,4 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 8 in die Helderberg-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die ses wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatreëls, sportgeriewe, omheinings, plaveisels en sypaadjies ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos die opgradering van parke, sopkombuise, verskeie ondrhoudsprojekte en hulptoekennings gebruik word. (Item C30/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 9 Goedgekeur
DIE Stadsraad het R2,8 milljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 9 in die noordoostelike deel van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale en bedryfsprojekte verdeel. Elke wyk sal sowat R200 000 vir kapitale projekte ontvang om onder meer drie crèches en vier jeugsentrums te bou. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos werkskepping, jeugontwikkeling en hulptoekennings aangewend word. (Item C17/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 10 Goedgekeur
Die Stadsraad het R2,8 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 10 in die Khayelitsha-omgewing goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale en bedryfsprojekte verdeel. Elke wyk sal R200 000 vir kapitale projekte soos gemeenskapsgeriewe, hoë-mas beligting, 'n nuwe veeldoelige sentrum en die aankoop van meubels kry. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos hulptoekennings, die ontwikkeling van sportgeriewe, gebiedopruiming en kapasiteitsontwikkeling gebruik word. (Item C18/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 11 Goedgekeur
Die Stadsraad het R2,8 milljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 9 in die Guguletu, Manenberg en Langa gebiede goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale en bedryfsprojekte verdeel. Elke wyk sal R200 000 vir kapitale projekte ontvang vir onder meer 'n spazahouer, 'n mini-saal, sypaadies, speelparke en die uitbreiding van crèches. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte wat wissel van voedseltuine, naaldwerkprojekte en sportontwikkeling tot senior burgeronderrig, spreiligte en 'n gospelkompetisie gebruik word. (Item C19/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 12 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R2,4 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 12 in die Mitchells Plain-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die ses wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos die opgradering van parke, sypaadjies, toiletgeriewe en beligting ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos werkskepping en hulptoekennings aangewend word. (Item C31/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 13 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R2,4 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 13 in die Philippi/Khayelitsha-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die ses wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte insluitende speelparke, beligting, verkeerskalmerings-maatreëls, parkopgraderings, en 'n veeldoelige sentrum by Brown's Farm kry. Die orige R200 000 per wyk sal vir projekte soos gebiedsopruiming, jeugontwikkeling, kostuine en onderhoud gebruik word. (Item C32/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 14 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 14 in die Nyanga/Guguletu-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatreëls, opvoedkundige sorgsentrums, beligting en uitbreidings aan 'n saal ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir projekte soos gebiedsopruiming, jeug- en sportontwikkeling, voedseltuine en opvoekundige sorg gebruik word. (Item C33/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 15 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R1,2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 15 in die sentraal suid-oostelike gebiede goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die drie wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatreëls, sypaadjies, ouetehuise en parkopgraderings en heinings kry. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos parkonderhoud, herstelwerk en opruiming aangewend word. (Item C34/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 16 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R1,2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 15 wat die Atlantiese kus en 'n deel van die stadsentrum dek goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. 'n Bedrag van R400 000 gaan vir die bou van 'n sokkerveld in Houtbaai gebruik word. Die res van die kapitale begroting sal vir straatligte en toerusting in Seepunt se biblioteek en burgersentrum, en die omheining van die Meulstraatbrug in die SSG gebruik word. R600 000 sal op bedryfsprojekte soos parkonderhoud, reiniging, werkskepping en haweloses bestee word. (Item C35/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 17 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 14 in die Athlone-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte ontvang insluitende die herbedekking en teer van gebiede, opgra-dering van sportvelde en stedelike vernuwing. Die orige R200 000 per wyk sal vir hulptoekenningsprojekte gebruik word (Item C36/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 18 Goedgekeur
Die Stadsraad het 'n bedrag van R1,3 miljoen se kapitale wykstoekennings vir Sub-raad 18 in die suidelike gebiede goedgekeur. 'n Bedrag van R744 000 sal aan bedryfsprojekte gaan wat hulptoekennings, werk-skepping, gemenskapsopheffing en HIV/Vigsbewustheid. (Item C37/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 19 Goedgekeur
Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 14 in die Suid-Skiereiland-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte wat wissel van voedseltuine en fynbos rehabilitering to die opgra-dering van sportgeriewe, burgersentrums en museums aangewend word. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos hulptoekeningsprojekte, die toesig en onderhoud van openbare toilette, reiniging, en die verwydering van graffiti gebruik word. (Item C38/10/06)
Wykstoekennings Vir Sub-Raad 20 Goedgekeur
Wykstoekennings van R2 miljoen is vir kapitale en bedryfsprojekte in Sub-raad 20 in die suidelike voorstede goedgekeur. Kapitale projekte sluit in die opgradering van speelparke en die Maynardville-park, en die oprigting van heinings, bou van voetpaaie en die installering van 'n vloeimonitor by Hoofweg in Dieprivier. Die bedryfprojektoekennings maak voorsiening vir biblioteekmateriaal, straattekens, vergroeningsprojekte, bosopruiming en die verwydering van graffiti. (Item C39/10/06)
Uitgereik duur:
Tel: 021 400 1292
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 November 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
