TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Ministerie van Gesondheid
Nuus
Internasionale Verpleegstersdag 2006
Internasionale Verpleegstersdag 2006
OORSIG
NUUS
TOESPRAKE
KONTAK
BRON: Ministerie van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die welstand van ons pasiënte in ons fasiliteite geniet die hoogste prioriteit en die behandeling wat hulle ontvang moet vergelyk met die beste in die wêreld. Dit is egter net moontlik as ons vir ons verpleegpersoneel omstandighede skep waarbinne hulle diens van hoogstaande gehalte kan lewer" het min. Uys gesê.
Min Uys het tydens 'n saamtrek van verpleegpersoneel hulde gebring aan die onbaatsugtige taak wat verpleegsters daagliks lewer. " Ek weet dat die druk op julle daagliks toeneem, maar is bemoedig deur die positiewe gesindheid van ons verpleegsters dwarsoor die provinsie " het Uys gesê.
Die Wes-Kaap gaan ook , soos wêreldwyd, gebuk onder 'n ernstige tekort aan genoeg verpleegsters, maar ons is daagliks besig om kreatief en doelgerig aan oplossings te werk" sê Uys.
Min Uys het bekend gemaak dat die departement van gesondheid ver gevorder het om 'n Direktoraat vir Verpleegdienste te skep en dat die poste binnekort geadverteer sal word. Die Direktoraat sal verantwoordelik wees vir advies aan die departement en die koordinering van verpleegstersverwante sake. Daar sal ook sterk gefokus word op aangeleenthede wat dienslewering raak.
Min Uys het ook gewys op ander terreine waar gewoeker word om die werksomstadighede van verpleegsters te verbeter :
Gereelde vergaderings met 'n verteenwoordigende verpleegsters bestuurskomitee waar aangeleenthede soos oortydbetaling en skaarsvaardighede toelae aangespreek word.
Die opgradering en uitbreiding van fasiliteite om 'n vriendelike werksomgewing te skep soos die groot projekte tans by die hospitale in George, Worcester, Paarl, Stikland en Vredenburg.
Die toekenning van meer beurse vir verpleegstudente. Vanjaar is 2948 beurse toegeken.
Die vervanging en opgradering van toerusting. In die huidige boekjaar spandeer die departement R174m aan nuwe mediese toerusting.
Verpleegster welsynprogramme is in plek om druk en spanning te hanteer, emosionele bystand te lewer en selfs te help met huishoudelike probleme.
Min Uys het gesê op nasionale vlak is hy deel van 'n proses wat ver gevorder het om te kyk na die verbetering van professionele verpleegsters se salarisse. Dit is tyd dat verpleegsters beter vergoed word vir die onmisbare diens wat hulle lewer.
Daar is geen twyfel dat genoeg verpleegsters direk gelyk gestel kan word aan beter behandeling van pasiënte en dus laer sterftegevalle nie. Ek doen 'n beroep op jong mense om die verpleegberoep ernstig as 'n loopbaan te oorweeg. Dit is 'n opwindende beroep met vele fasette en bied die geleentheid vir bevordering, veral as u lief is om met mense te werk" het Uys afgesluit.
Tel: +27 21 483 3235
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
