






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Toesprake > Wyn Kelders SA Kongres

Wyn Kelders SA Kongres


DEUR: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
IN: Goudini
3 Mei 2006

Baie dankie vir die uitnodiging en die eer om vandag se kongres te kom open en met u 'n paar woorde oor Landbou, en die uitdagings wat ons in die gesig staar, te deel.

Ek is deeglik bewus van die moeilike tye wat landbou op verskillende terreine ervaar, omdat ek in die bevoorregte posisie is dat daar 'n oop verhouding tussen my kantoor en die verskillende bedrywe bestaan. Ons praat op 'n gereelde basis met mekaar oor die probleme en uitdagings wat u ondervind. Ek glo egter dat daar geen opwindender tyd in die Landbou was as juis nou nie.

Ek wil dit waag om te s dat die Wynbedryf die voorloper in die proses van transformasie binne die landbou sektor is en ek wil u hiervoor bedank. Baie dankie dat u lankal reeds die kopskuif gemaak het en die voorbeeld stel.

In die Wes Kaap erken die Provinsiale regering die belangrike rol wat Landbou in sy geheel, en u as 'n bedryf, tot nou toe gespeel het in die skep van groei en welvaart van die ekonomie van die Provinsie. Dit is egter belangrik dat ons hierop sal voortbou en opnuut sal verbind tot 'n vennootskap waarin ons ook alle nuwe toetreders tot die sektor sal omarm en akkommodeer.

Voordat ons verder gaan wil ek net die kwessie aanraak wat miskien nie heeltemal hier op u kongres hoort nie, maar President Mbeki ook Maandag op Swellendam hieroor gepraat, en dit is die kwessie van plaaswerkers en hulle omstandighede en die jongste fokus op uitsettings. Ek is deeglik bewus wat baie boere doen om die omstandighede van hulle werkers te verbeter en watter tipe behuising baie boere aan hulle werkers voorsien. Dit is egter so dat daar nog steeds boere is wie aan hulle werkers 'n honger loon betaal en wat nog nie besef dat daar 'n nuwe stel rels in hierdie land is wanneer dit by die menswaardige behandeling van hulle werkers kom nie.

Grondhervorming en Swart Ekonomiese Bemagtiging bly van kardinale belang vir die sosiale, politieke en ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika en die Wes- Kaap. Ons is reeds besig om saam met die Departement van Grondsake die nodige aanpassings te maak om die program te versnel en glo dat ons saam met al die ander rolspelers inniverende opsies op die tafel moet plaas om die proses te stimuleer en te versnel.

Kritiese oplossings, nie slegs met betrekking tot grond eienaarskap nie, maar ook vir die daaglikse aktiwiteite, moet ontwikkel en geimplementeer word. Dit is van uiterste belang dat sukses-verhale, met rolmodelle wat ander kan inspireer om vinniger deel te word, aan die groot klok gehang sal word. U rol as mentors is hier van groot belang.

Wes-Kaap landbou is die grootste bydraer tot SA landbou-uitvoere en die aandeel van die wynbedryf word jaarliks al hoe groter. Landbou is een van die heel belangrikste bydraers tot die ekonomie van die Wes-Kaap. Dit is ook die grootste bron van werksgeleenthede in ons provinsie en dra derhalwe beduidend by tot die sosio-ekonomiese welstand in ons provinsie.

Die wynbedryf het 'n geweldige groot benvloedingsrol om te speel deur sy reeds gevestigde, positiewe houdingsingesteldheid binne landbou en u moet help om te verseker dat die Wes-Kaap toekomsgerig sal wees. Saam moet ons toesien dat die oorkoepelende beeld van landbou in die Wes-Kaap optimaal positief is en bly!

Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is deeglik bewus daarvan dat u nie die pad alleen kan loop nie, en sou graag wou sien dat ons dit as vennote moet doen. Daarom het dit ook van ons sekere klemverskuiwings gevra sodat ons, ons volledig kon herposisioneer om die leiding te neem en die nodige ondersteuning aan alle rolspelers te verleen.

Ons wil dus aan die voorpunt wees om die klimaat te skep waarbinne u moet opereer ten einde met vertroue voort te gaan op die koers wat u ingeslaan het. Vir ons as Departement l die uitdaging daarin dat ons die totale landbousektor sal dien en ons programme so plooi dat ons te gelykertyd tred sal hou met die behoeftes en probleme van die bestaande industrie en die nodige ontwikkelingsgeleenthede skep vir jong groeiende toetreders soos fynbos, buchu, rooibostee en essensiele olies.

Wat is dus die uitdagings waarmee die meeste bedrywe sal moet deel? Ek noem vir u 'n paar:
a) Grondhervorming en Swart ekonomiese bemagting in Landbou (AgriBEE);
b) Die vervaardiging van veilige, gesonde sowel as omgewings- en sosiaal vriendelike landbou produkte;
c) Die toenemende nasionale en internasionale sensitiwiteit oor die veiligheid van voedsel van dier- en plant oorsprong het addisionele eise geplaas op die Departement se lewering van standaarde wat vereis word vir uitvoer sertifisering op hierdie produkte en vir verspreiding vir nasionale huishoudelike gebruik;
d) As gevolg van die internasionale gemeenskap se sensitiwiteit oor die teenwoordigheid van chemikalie en ander faktore wat gesien word as nadelig vir die omgewing en menslike gesondheid, moet pro-aktiewe monitering van sulke stowwe geinisieer word en sal ons gesonde boerderypraktyke moet toepas wat ook "tracking and tracing rekords" daar sal stel wat bo verdenking is.
e) Die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers as gevolg van subsidies en tarief plafonne en die beskerming van bestaande buitelandse markte.
f) Die skuif van kommoditeits gedrewe produksie na die 21e eeuse niche produkte en markte en die ontwikkeling en verowering van hierdie markte met landbouprodukte met 'n ho voedingswaarde, met gepaardgaande waarde toevoeging deur middle van verwerking van die basiese produk.
g) Konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur NEPAD.

Voorsitter ons sal op 'n effektiewe wyse tegnologiese ontwikkelings moet inisieer wat aan ons die "competitive edge" in die volgende dekade sal voorsien wat ook sal help met lae insetkoste en die versekering van volhoubare boerdery praktyke.

Om in lyn te kom met die groei en ontwikkelingstrategie van die Provinsie sal die departement voortgaan met sy nuwe initiatiewe ten opsigte van landelike ontwikkeling, plaaswerker ontwikkeling, agri-besigheid, die ontwikkeling van waterbronne, opleiding, en die verskerping van uitgebreide navorsing en ontwikkelings programme.

Internasionale vennootskappe wat daarop ingestel is om ons navorsingskapasiteit uit te brei is reeds 'n geruime tyd in plek en ooreenkomste met Bavaria, Florida en Boergondi werp reeds vrugte af. Ons rol in Afrika word ook duideliker namate ons program om Afrika te gaan renetreer, groter beslag kry.

Klimaatsverandering vra van ons om proefnemings te doen met nuwe gewasse en varieteite en die aanwending van sateliet tegnologie om weerstoestande en groeipatrone te bepaal.

Die vooruitgang van die Landbousektor is direk gekoppel aan die mate waartoe primre produksie ooreenstem met die behoeftes van die ekonomie, beide wat direkte verbruik van basiese kommoditeite en die vraag na landbouprodukte vir verwerking aan betref asook rou produkte in die vervaardigingsbedryf. Dit is daarom dat dit belangrik is dat die visie vir Landbou binne die brer visie van die globale ekonomie gesien moet word, eerder as 'n beperkte fokus op basiese Landbouproduksie. Om hierdie rede is dit belangrik dat ons maatskaplike en besigheidsvennote deur hulle ondersteuning ook daarna moet streef dat Landbou kan bydra tot ekonomiese stabiliteit en groei en ontwikkeling wat tot voordeel moet strek van almal, as die ruggraat van 'n florerende plaaslike en provinsiale ekonomie.

Ek het aangedui dat ek glo dat landbou 'n rol te speeI het in Afrika en daarom moet ons beplanning vir die toekoms ook pertinent moet kyk na NEPAD en sy eie visie en program van aksie vir die ontwikkeling van Afrika as ons 'n speller in Afrika wil wees wat op ons drumpel is. Nepad wil onder andere:


* Versnelde volhoubare groei en ontwikkeling bevorder.
* Wydverspreide armoede uitwis.
* Die marginalisering van Afrika binne die globaliserings prosese verhoed.
* Markte binne Afrika skep en tegnologie oordrag bevorder veral met betrekking tot sake van gemeenskaplike belang.


Tydens die NEPAD vergadering van Staatshoofde in Julie 2002 is Landbou en Marktoegang is deur NEPAD as een van ses prioriteits areas bevestig. Daarom is daar reeds 'n projek van stapel gestuur om te fokus op Landbounavorsing en ondersteuning. Ek glo dat ons 'n betekenisvolle bydrae kan lewer.

Ons moet Landbou ontwikkeling aktief ondersteun en terselfdertyd produsente aanmoedig om hulle produksiebasis na die res van Afrika uit te brei wat vir ons 'n legio voordele kan inhou.

Voorsitter ek hoop dat ek vir u so 'n bietjie insig kon gee in die pad wat ons wil loop. Baie van die punte is moontlik nie spesifiek op u bedryf van toepassing nie, maar ek glo dat daar tog 'n hele paar raakpunte is.

Ek wil afsluit deur vir u te vra hoe gereed is ons vir die opwindende uitdagings wat vir ons voorl en hoe bereid is ons om hierdie pad te stap. Ek wil vir u sterkte toewens met u beraadslagings by hierdie kongres en die hoop uitspreek dat u ook na afloop van hierdie kongres met ons in gesprek sal tree sodat ons saam kan werk aan die antwoorde om ook u bedryf sterk te maak.
Navrae: Alie van Jaarsveld
Cell: 084 604 6701




TOESPRAAK-ARGIEF


2009:       JAN      FEB      MAA      APR     

2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2002:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2001:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     




Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 Mei 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





