






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Mediaverklaring Tydens Wreld Gesondheidsdag

Mediaverklaring Tydens Wreld Gesondheidsdag


7 uEpreli 2006
UMTHOMBO WEENDABA Icandelo loMphathiswa Wezempilo (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)

"Vanjaar se tema vir Wreld Gesondheidsdag, Werk Saam vir Gesondheid, plaas die kritieke rol van ons gesondheidswerkers in die kollig asook die belangrikheid van saam werk om die beste resultate vir ons pasinte te behaal", het Minister Uys op 'n saamtrek van gesondheidswerkers op George ges.

"Gesondheidswerkers is die hartklop van gesondheidssorg in ons provinsie. Hulle is die manne en vroue wat onselfsugtig hul pligte nakom, dikwels onder moeilike omstandighede", s Uys. Dit sluit tandartse, verplers, vroedvroue, aptekers, tuiversogers, tegnici, kokke, skoonmakers en die hele spektrum van gesondheidswerkers in.

Met verwysing na die tekort aan gesondheidswerkers in die Wes-Kaap en die geweldige druk waaronder gesondheidswerkers hul pligte moet uitvoer, het Minister Uys ges sy departement konsentreer nou op alle gesondheidswerkers, die uitdagings waarmee hulle op 'n daaglikse basis gekonfronteer word en die behoefte van bestuur om te begryp, ondersteuning te verleun en vraagstukke aan te spreek. Van die stappe wat reeds in plek is sluit in:


* Die vul van vakatures waar moontlik;
* Opleiding van gesondheidswerkers;
* Beskikbaarstelling van meer studiebeurse;
* Uitbreiding van ondersteuningstrukture soos tuissorg;
* Verskaffing van skaars vaardigheidstoelaes en ander aansporings;
* Die skepping van beter werksomstandighede deur middel van hernuwings- en instandhoudingsprogramme aan infrastruktuur.


"Dit is belangrik dat die bre gemeenskap ook meer waardering toon vir ons gesondheidswerkers, en hulle dienste nie net as vanselfsprekend aanvaar nie", het Uys ges.

"Die rol wat ons gesondheidswerkers speel in die verskaffing van 'n aanvaarbare, volhoubare, kwaliteit- en kosteffektiewe gesondheidsdiens is noodsaaklik vir die gesondheid van die mense van die Wes-Kaap. "'n Gesonde provinsie is 'n gelukkige provinsie", s Uys.

Gesondheidsinstansies dwarsdeur die hele provinsie vier Wreldgesondheidsdag vandag. "Oop dae" word by alle klinieke beplan en gemeenskappe sal uitgenooi word om self te kom kyk wat 'n dag in die lewe van 'n gesondheidswerker behels deur dit met hulle te deel die oomblik dat hulle deur die veiligheidshekke stap totdat hulle hul medikasie ontvang.

"Met die ondersteuning van ons gesondheidswerkers, ons vrywilligers, ons gemeenskapswerkers, ons gesondheidsforums en tuisversorgers, kan ons die gehalte diens lewer wat van ons verwag word", s Uys.

" Die Wes - Kaap Regering is trots op sy gesondheidswerkers en sal uit sy pad gaan om hulle te ondersteun in die uitvoering van hul lewensnoodsaaklike plig. Ons het groot waardering vir u toewyding en gee om vir u elkeen ", het Uys ges.

Op Wreldgesondheidsdag sal Minister Uys en Prof Craig Househam, Hoof van die Departement van Gesondheid - Wes-Kaap, gesondheidswerkers van die Suid-Kaap en Karoo more toespreek op George. Dit vind plaas in die Banketsaal van die munisipaliteit vanaf 11:00.
Navrae:
Ministerie van Gesondheid in die Wes - Kaap
Herman v.d. Westhuizen
Mediaskakeling
Tel: 021 483 2627




This content also available in English

UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 6 uJuni 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





