TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
Verklaring Insake Nuwe Mediese Toerusting vir Openbare Gesondheidsinrigtings om Toegang tot Gesondheidsorg van Gehalte te Bevorder
Verklaring Insake Nuwe Mediese Toerusting vir Openbare Gesondheidsinrigtings om Toegang tot Gesondheidsorg van Gehalte te Bevorder
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BRON: Ministerie van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die beskikbaarheid van mediese toerusting wat in 'n goeie werkende toestand is, is noodsaaklik vir die lewering van gesondheidsdienste van gehalte ,sê Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys. Hy het vandag die Hermanus Hospitaal besoek waar 'n nuwe gastroskoop van R120 000 in ontvangs geneem is asook 3 infusiepompe ter waarde van R30 000 .
Hierdie Desember, as deel van ons Kers-diensleweringsveldtog, sal die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement miljoene bestee aan mediese toerusting in 'n poging om toegang tot mediese dienste van gehalte te verbeter," het Uys gesê.
Die Gesondheidsstelsel kry 'n hupstoot deur die aankoop van verskeie gesofistikeerde en broodnodige mediese toerusting soos die gastroskoop, X-straal kamers en 'n kolposkoop. Die toerusting sal by inrigtings waar die nood die grootste is, geïnstalleer word.
Die departement ondervind'n toename in die aantal pasiënte en dit gaan gepaard met 'n groter vraag na mediese dienste. Tesame met die feit dat toerusting by gesondheidsinrigting dikwels verouderd is, is nuwe toerusting as 'n prioriteit geïdentifiseer. In hierdie finansiele jaar sal die departement bykans R130m aan nuwe toerusting spandeer.
Ons verbeter nie slegs toegang tot beter gehalte mediese diens met die aankoop van hierdie toerusting nie, maar ons vergemaklik ook die taak van ons mediese personeel om daardie dienste te lewer" sê Uys.
Die nuwe toerusting kom op die regte tyd, aangesien die feesseisoen gewoonlik 'n baie groter werklas op gesondheidsdienste plaas, hoofsaaklik weens padongelukke en geweld" het Uys gese.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 Februarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
