TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Verklaring deur die Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys, oor die Bekamping van Diarreale Siekte in die Wes-Kaap
Verklaring deur die Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys, oor die Bekamping van Diarreale Siekte in die Wes-Kaap
BRON: Ministerie van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Minister Uys sê die Wes-Kaap se gesondheidsdepartement wil die siektebeveg deur die provinsie se immuniseringsveldtog uit te brei as deel van sy2005 Kersleweringsveldtog. Die siekte vier hoogty tydens Februarie en Maart.
Diarreale siekte kom veral in die somermaande voor wanneer daar meer vlieë is asook infeksies weens vuil water. Die hoogste voorkoms is in die laer inkomste gebiede en veral in die informele gebiede. Minister Uys sê kinders onder die ouderdom van twee is veral vatbaar en moeders moet gereeld hul hande was.
Die Departement sal die dreigende diarreale siekte die hoof bied deur die aanstelling van 74 gemeenskapswerkers wat opgelei is in die Geïntegreerde Bestuur van Kindersiektes (GBK). Hierdie gemeenskapwerkers is in geaffekteerde gebiede soos Khayelitsha en die Oostelike Klipfontein subdistrikte gebasseer wees. Bykomend is daar ook vier GBK-koördineerdersdeur die Departement aangestel.
Die GBK-strategie is oorspronklik deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie(WGO) ontwikkel en fokus op die kind as geheel eerder as net op 'n enkelesiekte of siektetoestand. "Siek kinders kom dikwels by ons primêregesondheidsentrums aan met 'n hoeveelheid siektes. Hul behandeling moetop 'n geïntegreerde wyse tuis en in 'n kliniek bestuur word," sê Uys.Die Departement wil teen Desember 2005 reeds 60 ekstra opgeleidegemeenskapswerkers in diens hê om die GBK-strategie in werking te stel.
Hulle sal betrokke wees in die implimentering van 'n reeks huishoudelike en gemeenskapsingrype wat daarop gemik is om die hoofoorsake vankindersiektes en -sterftes aan te spreek.
Die doel van die ingryping is om dienste in Khayelitsha uit te brei gerugsteun deur 'n ekstra diens in Mitchell's Plein. Dit is deel van die provinsiale Regering se Ikapa Elihlumayo-strategie aangesien dit deel is van die opbou van menslike kapitaal en die verstewiging van maatskaplike kapitaal. Minister Uys sê teen Kersfees vanjaar sal 134 gemeenskapswerkers die departement se veldtog teen diarreale siekte ondersteun.
Elke jaar sterf sowat 12 miljoen kinders in ontwikkellende lande voordat hulle vyfjarige ouderdom bereik. Die meeste sterf binne die eerste jaar. Sewe uit elke 10 van hierdie sterftes is weens die vyf vernaamste siektes naamlik longinfeksies, diarree, masels, wanvoeding en malaria.
Minister Uys het by moeders aangedring om gereeld hul hande te was. "As jul kinders die siekte onderlede het, moet hulle dadelik vloeistof ingegee word om ontwatering te voorkom" het hy gesê.
Daar is 'n eenvoudige vloeistofresep wat moeders aan hul kinders kan gee:
Was 'n leë 1 liter waterbottel en 'n lepel
Was hande met seep en water
Liter skoon water (indien nodig, kook die water)
teelepels suiker n Halwe teelepel sout
Minister Uys sê die mengsel kan solank gegee word as wat die kind bereid is om te drink.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
