TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
Provinsiale Regering van die Wes-Kaap Stel 'n e-Geletterdheidsprojek Bekend
Provinsiale Regering van die Wes-Kaap Stel 'n e-Geletterdheidsprojek Bekend
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
Die Kaapse Vaardighede e-Geletterdheid-loodsprojek is op 17 Maart 2005 afgeskop met die ondertekening van 'n ooreenkoms tussen die provinsiale regering en bridges.org, 'n nie-regeringsorganisasie wat die doeltreffende gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) in ontwikkelende lande bevorder om 'n verskil in mense se lewens te maak.
Met die iKapa Elihlumayo-strategie wys die provinsiale regering hoe ernstig hy is oor die uitbou van menslike en sosiale kapitaal, met die klem op die voorbereiding van die jeug vir indiensneming. Met dié e-geletterdheidprojek maak ons op 'n baie praktiese manier 'n werklikheid van dié erns", is die kommentaar van Dr Harold Wesso, die hoof van die Sentrum vir e-Vernuwing, die provinsiale regering se eenheid wat die projek beheer.
Katherine de Tolly en Dr Harold Wesso - Sentrum vir e-innovering; Seated: Dr Gilbert Lawrence - Direkteur-Generaal, Philipp Schmidt en Edwin Blake - bridges.org e-Geletterdheid werk aan die kombinasie van rekenaargeletterdheid en inligtingsgeletterdheid. "Dit beteken dat ons nie net mense leer hoe om rekenaars te gebruik nie; ons wys hulle ook hoe om IKT's te gebruik om toegang te kry tot inligting en kennis en hoe om dit op te wek en te beoordeel", sê Katherine de Tolly, die aanvoerder van die projek. "e-Geletterdheid is belangrik omdat ons in 'n era leef waarin mense al hoe meer dié vaardighede moet hê om deel van die ekonomie te wees."
As e-geletterdheid nie aandag kry nie, word die digitale kloof al hoe wyer: diegene met toegang en vernuf trek voordeel uit tegnologie en toegang tot inligting, terwyl diegene daarsonder al hoe meer opsygeskuif word (dit wil sê uitgesluit word uit werksgeleenthede, en van deelname aan regeringsprosesse en die openbare gesprek oor die kwessies wat hulle lewens raak).
Die Wes-Kaap kan dit nie bekostig om die verantwoordelikheid te ignoreer om inwoners e-geletterdheidsvernuf te gee nie; die gevaar bestaan om verder in die globale inligtinggemeenskap agter te raak as dit nie gedoen word nie.
Die Kaapse Vaardighede e-Geletterdheidsprojek sal toegespits wees op die ontwikkeling van opleidingsmateriaal en die gee van onderrig by verskeie plattelandse Internettoegangspunte in die Wes-Kaap. Gegrond op lesse wat in die aanvanklike opleidingsessies geleer word, sal 'n strategie vir e-geletterdheid met 'n breë grondslag oor die hele provinsie ontwikkel word.
Die opleidingsmateriaal sal as oop inhoud gepubliseer word, wat beteken dat enigeen dit kan gebruik en aanpas, of dit nou nie-regeringsorganisasies, ander regerings, ondernemings of indiwidue is.
Tel: 483 5461
Sel: 083 324 4043
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Maart 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
