HOF
vir
Klein Eise
HOF
vir
Klein Eise
Stel jou eie eis in!
Wie mag 'n eis instel?
Enigeen, behalwe regspersone soos maatskappye, korporasies of assosiasies.
n Persoon jonger as 21-jarige ouderdom, moet deur sy/haar ouer of wettige voog bygestaan word.
Teen wie mag 'n eis ingestel word?
Met uitsondering van die Staat, teen enigeen, insluitende maatskappye, korporasies, munisipaliteite of enige ander entiteite binne die hof se jurisdiksie gebied.
Watter bedrag kan geëis word?
n Bedrag wat nie R7 000 oorskry nie.
As jou eis R7 000 in waarde oorskry, kan jy 'n eis instel vir 'n kleiner bedrag, om sodoende jou eis voort te sit in die hof vir klein eise.
Watter sake word uitgesluit van die hof se jurisdiksie?
Eise wat R7 000 in waarde oorskry.
Eise teen die Staat.
Eise wat gegrond is op die sessie of oordrag van regte.
Eise vir skades aangerig soos laster, kwaadwillige vervolging, wederregtelike opsluiting, wederregtelike inhegtenisneming, verleiding en verbreking van troubelofte.
Eise vir die ontbinding van 'n huwelik.
Eise rakende die geldigheid van 'n testament.
Eise rakende 'n persoon se status in terme van sy geestelike bevoegdheid.
Eise waar sekere optredes gesoek word, sonder enige alterna­tiewe eis vir betaling van skades, behalwe in die geval van 'n eis waar 'n rekening oorgegee is, of vir die transportering van roerende of onroerende eiendom, wat nie die waarde van
R7 000 oorskry nie.
Is jy verplig om jou eis in te stel by die hof vir klein eise?
Nee, jy mag besluit of jy jou eis wil instel by die hof vir klein eise of by enige ander geskikte hof.
Regsverteenwoordiging en bystand in die voorberei-
ding van jou eis.
Verteenwoordiging deur 'n advokaat of prokureur word nie toegelaat nie. Jy mag wel, op eie kostes, vooraf advies inwin van 'n regsgeleerde.
Regsassistente en klerke van die hof vir klein eise sal jou gratis help.
Tolke
Enige van die amptelike tale van Suid-Afrika mag in die hof gebruik word.
Reëlings vir 'n tolk moet vooraf by die klerk van die hof gemaak word, indien bewyse gegee moet word in 'n taal waarmee een van die partye nie ten volle vertroud is nie.
Hoe om 'n eis in te stel
Voorafgaande stappe vir die instelling van 'n eis
Kontak die teenparty (die persoon teen wie jy wettiglik prosedeer) in persoon, telefonies of skriftelik en versoek hom om jou eis na te kom.
As die teenparty nie aan jou eis voldoen nie, stuur aan hom 'n skriftelike aanmaning (lys die besonderhede van die feite waarop die eis gebaseer is, asook die bedrag van die eis) met 14 dae vergunning, vanaf die datum van ontvangs van jou skriftelike aanmaning, om jou eis na te kom.
Lewer die aanmaning af per hand of per aangetekende pos, aan die teenparty (die persoon teen wie jy wettiglik prosedeer).
Na 'n tydperk van 14 dae, rapporteer aan die klerk van die hof, in persoon met jou bewyse, dat die aanmaning afgelewer is aan die teenparty.
Wat om saam te neem na die klerk van die hof
Jou skriftelike aanmaning en die bewys daarvan (bv. die poskantoor strokie) dat dit afgelewer is.
Enige kontrak, dokument of enige ander bewyse waarop jou eis gebaseer is, of wat verband hou daarmee.
Die teenparty se volle name, adres (woon en besigheidsadresse, indien beskikbaar) en telefoon nommers.
Wat is die pligte van die klerk van die hof?
Hy en die regsassistent sal jou dokumente deurgaan en jou help om 'n eenvoudige dagvaarding op te stel.
Hy sal jou verwittig van 'n datum en tyd vir die verhoor van jou eis.
Hy sal die dagvaarding uitreik en aan jou gee.
Wat doen jy met die dagvaarding?
Jy kan die dagvaarding aan die teenparty, in persoon, bestel/beteken. (Probeer om 'n ontvangserkenning te verkry).
Vir die betekening van die dagvaarding kan die dagvaarding en die geregsbode se diensfooi aan hom gegee word vir lewering aan die teenparty wat woonagtig is in sy distrik.
Wat doen jy dan?
As die geregsbode die diens aanvaar het, moet jy voor die verhoorda­tum 'n afskrif kry van sy skriftelike bewys dat hy dit gedoen het.
Hou jou kontrak, dokumentasie of enige ander bewyse waarop jou eis gebaseer is, byderhand.
Stel jou getuies in kennis van die verhoordatum en tyd en reël dat hulle teenwoordig sal wees by die hof op die bepaalde datum en tyd.
Moontlike stappe van die teenparty nadat die dagvaarding ontvang is.
Hy mag dalk voldoen aan die klaer se eis.
Hy mag dalk 'n skriftelike verklaring aan die klerk van die hof en 'n afskrif daarvan laat a.ewer aan die klaer, wat die re­des verskaf vir sy verdediging en die feite waarop dit gegrond is.
Hy mag dalk 'n teeneis instel, deur 'n skriftelike verklaring te laat a.ewer, wat dieselfde besonderhede bevat as dié wat nodig is vir 'n dagvaarding, deur die klerk van die hof.
As 'n pleidooi of teeneis ingestel word moet die hofverigtinge nog steeds bygewoon word.
Wat doen jy as die teenparty intussen jou eis nagekom het?
Voorsien aan hom 'n skriftelike ontvangserkenning daarvoor.
Stel die klerk van die hof onmiddellik in kennis daarvan dat jou eis nagekom is en dat jy dus nie verder sal voortgaan met die saak nie.
Wat doen jy op die bepaalde datum en tyd van die verhoor?
Jy moet persoonlik in die hof verskyn.
Maak seker dat jy al die dokumente by jou het waarop jou eis gebaseer is.
Maak seker dat alle getuies teenwoordig is.
Maak seker dat jy die skriftelike bewys het dat die dagvaarding aan die teenparty bestel is.
Die verhoor
Die hofverrigtinge is informeel en eenvoudig.
Geen advokaat of prokureur mag namens jou verskyn nie.
Die kommissaris van die hof sal jou versoek om jou eis te stel. Stel die feite so kort as moonlik.
Beantwoord die vrae van die kommissaris en dien jou bewysstukke in.
Geen kruisondervraging tussen die partye word toegelaat nie. Alhoewel, met die kommissaris se toestemming, mag jy 'n paar vrae rig aan die teenparty.
Luister aandagtig na die teenparty se verduidelikings en as hy klaar gepraat het, bring al die feite wat hy in jou opinie nie korrek gegee het nie, onder die aandag van die kommissaris.
Nadat die kommissaris na jou, die teenparty en enige getuies wat teenwoordig is, geluister het, kan die hof sy beslissing gee. (Die kommissaris mag dalk ook aandui dat hy jou skrif-telik in kennis sal stel van sy uitspraak op 'n later stadium).
Daar kan nie geappelleer word teen die uitspraak of beslissing van die hof nie.
Die hofverrigtinge kan dalk na die Hoër Hof verwys word vir hersiening op die volgende drie redes alleenlik:
Afwesigheid van die jurisdiksie by die hof, belangstelling in die oorsaak, partydigheid, kwaadwilligheid of korrupsie deur die kommissaris;
Algemene onreëlmatigheid rakende die verrigtinge.
Stappe na die uitspraak
Waar die uitspraak teen jou is
Die hof se beslissing is .naal, behalwe as daar sommige redes vir hersiening bestaan.
Betaal die kostes wat die hof dalk teen jou mag maak. Die enigste kostes wat daar moontlik kan wees, is die kostes wat die teenparty aangegaan het vir die geregsbode.
Aanvaar die beslissing van die hof.
Waar die uitspraak in jou guns is
Die teenparty sal jou onmiddelik die bedrag betaal van die beslissing, as hy of sy die geld beskikbaar het. Gee hom onmiddellik, 'n kwitansie vir die bedrag ontvang.
In 'n geval waar die teenparty nie dadelik aan die beslissing kan voldoen nie, sal die hof sy .nansiële posisie en vermoë om die skuld en kostes te delg ondersoek en daarvolgens 'n bevel vir die betaling uitreik.
As die vonnisskuldenaar nie die beslissing of bevel van die hof nakom nie.
As die vonnisskuldenaar nie die beslissing of bevel van die hof vir klein eise nakom nie en jy wil die betrokke beslissing of bevel afdwing, sal die saak na die magistraatshof verwys word en die uit­voerings prosedures soos beskryf is deur die Magistraatshof Wet, 1944 (Wet 32 van 1944), sal gevolg word. Dit is belangrik om gebruik te maak van regsverteenwoordiging vir hierdie prosedure.
Belangrik
Hierdie pam.et lig jou slegs in oor die belangrikste stappe wat geneem moet word rakende die instel van 'n eis by die hof vir klein eise.
Indien jy hulp benodig met enige saak, kan jy die adres en telefoon nommer van die klerk van die hof vir klein eise ver­kry by jou plaaslike landdroskantoor.
Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling
Privaatsak X81, Pretoria, 0001
