TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
Wes-Kaapse Provinsiale Eerbewyse: Kandidaatstelling
Wes-Kaapse Provinsiale Eerbewyse: Kandidaatstelling
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
Weet jy dalk van iemand wat 'n uitstaande prestasie gelewer of iets besonders in belang van die Wes-Kaap gedoen het?
Die Wes-Kaapse Provinsiale Eerbewysewet maak dit moontlik vir enigeen om 'n Wes-Kapenaar, of ook buitelanders, wat uitsonderlik gepresteer of buitengewoon verdienstelike diens in belang van die Provinsie gelewer het, vir 'n eerbewys te benoem .
Die volgende Provinsiale Eerbewyse word toegeken:
Die Wes-Kaapse Goue Kruis
Uitsonderlike prestasie
Die Orde van die Disa
Kommandeur:
Offisier:
Voortreflike verdienstelike diens
Puik verdienstelike diens
Merkwaardige verdienstelike diens
Die Premiersaanprysingsertifikaat
Eervolle vermelding vir mense wat ander met hul verdienstelike en voorbeeldige optrede geïnspireer het. Hier word veral na die jeug gekyk.
Jy kan mense benoem wat gepresteer het op tegnologiese, nywerheids-, sake-, arbeids-, akademiese, navorsings-, sport- en kunsgebied, of op die gebied van jeugleierskap of gemeenskapsdiens.
Die Adviespaneel sal alle benoemings oorweeg en dan aanbevelings aan die Premier en Provinsiale Kabinet maak, wat die finale besluit neem ten einde vroeg in 2005 die toekennings te maak.
Sê in nie meer nie as twee bladsye waarom jy die persoon benoem, en stuur dit voor 29 Oktober 2004 saam met jou en die benoemde persoon se volledige kontakbesonderhede aan:
Die Sekretariaat: Wes-Kaapse Provinsiale Eerbewyse
of faks dit na: 021 483 3358.
Nadere besonderhede is verkrygbaar van die volgende persone:
Tel: 021 483 4446
Tel: 021 483 8609
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Oktober 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
