TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
Droogte - Alles Moontlik Moet Nou Gedoen Word Om Boere By Te Staan - R9 Miljoen Addisoneel Bewillig
Droogte - Alles Moontlik Moet Nou Gedoen Word Om Boere By Te Staan - R9 Miljoen Addisoneel Bewillig
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BRON: Ministerie van Landbou (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
OPMERKINGS DEUR COBUS DOWRY, MINISTER VAN LANDBOU TYDENS 'N BESOEK AAN DIE PIKETBERG LANDBOUGEBIED EN 'N GESPREK MET BOERE OOR DROOGTE
Laat my toe om eerstens te sê dat ek besondere simpatie en empatie het met boere wie hierdie jaar nie stropers op die lande gaan hê om 'n oes in te bring nie. Ek het verneem van hartseer verhale van boere wat genoodsaak is om implemente te moet verkoop om veevoer te kan koop. U verlies en skade is die Wes-Kaap se verlies en skade en van u moet begin kyk na volgende jaar omdat daar hierdie jaar geen inkomste sal wees nie.
Vanaf regeringskant het ons tot sover alles moontlik gedoen om u by te staan en sal ek nog steeds alles moontlik doen om u lot te verlig. U het reeds verneem dat die nasionale regering R400 miljoen bewillig het vir droogtehulp. Hiervan gaan die Wes-Kaap slegs R9 miljoen ontvang. Hiervan moet R1 miljoen gebruik word vir die sink van nuwe boorgate. Ons is nog nie ingelig oor die riglyne vir die toekenning van die fondse en die boorgate nie. Dit moet nog geproklameer word. Laat my egter toe om te sê dat my departement nie sal voete sleep met die uitbetaling van hierdie fondse nie.
Dit is egter duidelik dat daar nie net oë op die regering moet wees vir hulp aan boere nie. Ek het reeds 'n maand terug gesprek gevoer met al ons groot kommersiële banke en die Landbank waarin ek versoek het dat ons boere simpatiek hanteer moet word en dat krane, by wyse van spreke, nie summier toegedraai moet word nie. Dit sal vroeg in Desember opgevolg word met nog 'n gesprek.
Dit is egter duidelik dat meer rolspelers nou moet betrokke raak. Ek verwys na ons koöperasies wie, net soos die banke, simpatiek moet staan teenoor ons boere. Vandag wil ek gebruik om 'n beroep op die besture van koöperasies te doen om vir die volgende ruk met geduld, met begrip en met meelewing te handel teenoor ons boere veal die wat bitter swaar geraak word deur die knellende droogte.
Ander sfere van regering sal egter ook na die tafel moet kom met praktiese en tasbare hulp vir ons boere. Daarom doen ek vandag ook 'n beroep op munisipaliteite met droogte gebiede binne hulle geografiese areas van verantwoordelikheid om baie dringend en daadwerklik hulp te oorweeg vir ons boere of dit nou grondbelasting toegewings is, spesiale kortings op water en elektrisiteit ef enige ander vorm van hulp wat prakties moontlik is.
Ek wil u weer eens verseker van my voortgesette ondersteuning en wil ek vandag ook weer onderneem dat, waar u 'n bate is van die provinsie wat tydelik noustrop trek, ek alles moontlik sal doen om u las te verlig.
Navrae:
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 November 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
