TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Nuus
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BRON: Ministerie van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die verpleegberoep wêreldwyd het verskeie merkwaardige mense opgelewer. Florence Nightingale is vandag 'n internasionaal bekende naam. In die Wes-Kaap spog ons met Machelle Crystal Gordon, naaswenner in die Nasionale Cecilia Makiwane Toekennings en Alec Nicholas Alexander, die Wes-Kaap se kandidaat in die Nasionale Marilyn Lahana Trust Omgee Toekenning, om slegs na twee plaaslike presteerders te verwys. In die Wes-Kaap het 22 verpleegkundiges reeds provinsiale toekennings ontvang.
Verpleegkunde is jarelank reeds 'n hoogs begeerde en eerbare beroep wat toegewyde vrywilligers vanuit alle vlakke van die samelewing trek. Vandag is die verpleegberoep hoogs geskoold wat opgeleide verpleegpersoneel in 'n verskeidenheid dissiplines benodig. Ek ondersteun Verpleegkunde Dag omdat ek glo dat ons, as a nasie, hulde moet bring aan ons duisende der duisende verpleegkundiges wat hul diensbelofte in hospitale en klinieke dwarsoor die land gestalte gee. Dit is 'n belofte van diens aan die mensdom wat die edele tradisie van die beroep vereer deur altyd die gesondheid van pasiënte as 'n prioriteit te beskou.
Gesondheidsdienste dwarsoor die wêreld staar die uitdaging van 'n verpleërtekorte in die gesig. Suid-Afrika, met sy hoë opleidingstandaarde, skep 'n uiters gesogde verpleër gemeenskap. Ons moet weer kyk na ons strategie om verpleegkundiges te behou as ons die uitvloei van verpleegvaardighede uit die land wil stuit.
n Eerste prioriteit is die skepping van beter werksgeleenthede insluitende 'n verbeterde salaris- en toelaagstruktuur. Ons kan nie bekostig om kosbare verpleegvaardighede, wat noodsaaklik is in ons eie gesondheidssentrums, te verloor weens 'n gewaarde traak-my-nie-agtige houding nie.
Mag Verpleegkunde Dag sy doel dien om klem te lê op die hoë dunk wat ons van ons verpleegberoep het. Ek wil ons verpleegkundiges die versekering gee: die Wes-Kaap gee om vir julle. Ons het julle nodig, ons admirer julle en ons bring hulde aan julle. Julle is werklik mense wat geroepe voel om jul medemens te dien. Ons bedank julle vir julle lojaliteit aan julle beroep. Ek weet dit is nie net lojaliteit alleen wat die brood op die tafel sit nie, maar wees verseker dat ek sal veg vir 'n beter bedeling vir al ons verpleegkundiges.
Einde verklaring.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Mei 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
