TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Toesprake
Provinsiale Regering Gee Om - Selfs Vir Die Kleinste Gemeenskap
Provinsiale Regering Gee Om - Selfs Vir Die Kleinste Gemeenskap
IN: Beaufort-Wes, tydens 'n tjek oorhandiging vir infrastruktuur ontwikkeling aan die burgemeester van die Sentraal-Karoo
Daar is nie 'n gemeenskap in die Wes-Kaap wat nie geraak word deur die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program van die Wes-Kaap nie. Van die kleinste dorp, regdeur tot in Kaapstad word gemeenskappe se behoeftes in ag geneem en word projekte geloods wat 'n direkte positiewe impak het op die lewenskwaliteit van gemeenskappe - Dit geld ook vir Murraysburg, 160 km vanaf Beaufort-Wes wat 'n bevolking van 6082 het.
Daarom is dit 'n voorreg om 'n bedrag van R3,4 miljoen te oorhandig aan die Burgemeester van die Sentraal-Karoo Distriksmunisipaliteit vir infrastruktuur projekte in Murraysburg. Hierdie fondse is bewillig uit die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program. (GMIP) Die volgende projekte in Murraysburg sal hieruit befonds word: Die opgradering van stormwaterdreinering, nuwe hoëmasbeligting, opgradering van sportfasiliteite, en die opgradering van die hoof rioolpompstasie.
Regoor die Wes-Kaap laat GMIP sy teenwoordigheid geld in alle gemeenskappe. Daar is tans 154 infrastruktuur projekte, in alle fases van konstruksie, met 'n totale waarde van R 247,02 miljoen wat regoor die provinsie geïmplementeer word. In die huidige finansiële jaar befonds die Departement van Plaaslike Regering deur die GMIP program 'n bedrag van R183,7 miljoen.
In die huidige finansiële jaar is reeds: 17 projekte ter waarde van R8,85 miljoen voltooi, projekte ter waarde van R166,4 miljoen in konstruksie fase, projekte ter waarde van R54,5 miljoen in ontwerp en tender fase, en;
Is 2 projekte ter waarde van R17,2 miljoen in die goedkeuringsproses.
GMIP ondersteun munisipaliteite in die voorsiening van nuwe infrastruktuur sowel as die rehabilitasie en opgradering van bestaande infrastruktuur. GMIP fondse word toegewys aan sewe projek kategorieë naamlik (water, riolering, paaie, vullis terreine, gemeenskapsbeligting, stormwater en gemeenskapsfasiliteite en dienste.)
Die ideaal is om al ons gemeenskappe in staat te stel om 'n normale lewe te lei wat vry is van beperkinge wat infrastruktuur of die gebrek daaraan stel. Dit is waarom GMIP se bydrae so waardevol is, en waarom die program so 'n groot rol te speel het in armoedeverligting. Deur GMIP lê die Departement van Plaaslike Regering in die Wes-Kaap 'n stewige fondament vir die provinsiale visie van iKapa elihlumayo: Hoop, Lewering & Waardigheid vir die volgende dekade.
Sel: 083 775 5312
TOESPRAAK-ARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 25 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
